BAIE WELKOM!

Deel in die ryk seëninge uit God se WOORD! Dit sal ook lekker wees om van jou te hoor! Neem dus vrymoedigheid om kommentaar te lewer (by OPMERKINGS), maar doen dit asseblief altyd op 'n smaakvolle en verantwoordbare manier. Onbeheerste galbrakery sal nie geplaas word nie... Die opinies hier uitgespreek is my eie tensy duidelik anders vermeld. Hierdie webjoernaal is nie 'n amptelike spreekbuis van die NG Kerk in Namibië of die Tsumeb gemeente nie.

Sondag 08 Januarie 2012

HEIDENDOM IN BLOEMFONTEIN

- Zuma offer aan die voorvadergeeste.

Kulturele verskeidenheid is iets waarmee ons (veral in Suider Afrika) positief moet saamleef en inderdaad kan waardeer. In ander kulture is daar dikwels prysenswaardige eienskappe wat ons lewensuitkyk kan verryk. Maar wanneer ’n betrokke kultuur (ongeag of dit ’n Westerse, Oosterse of Afrika kultuur is) gebruike en seremonies volg wat deur God se Woord verbied en as ’n gruwel verklaar word, durf die kerk van Jesus nie ter wille van politieke korrektheid en gedienstigheid stilbly nie.

Daarom moet ons die diere offers en kontak met voorvadergeeste tydens die ANC se afgelope eeufeesvieringe in Bloemfontein ten sterkste betreur en al die betrokkenes tot bekering oproep. Die kastige reinigingsseremonie is nie maar bloot ’n onskuldige kulturele praktyk nie, dis gruwelike afgodery!

Dat ons hier te make het met tradisionele Afrika voorvadergodsdiens is baie duidelik. Die Mail&Guardian berig as volg :

Renowned poet and ANC member Walley Serote told reporters the sacrifice is part of "remembering African traditions" in the hopes of invoking the spirits of the ancestors to offer guidance.

"We spill the blood of these animals in the hopes that our ancestors will help us prevent spilling human blood in the future," he said.

Die skokkende is, die president van Suid-Afrika was persoonlik hierby betrokke. Weereens die Mail&Guardian:

President Jacob Zuma brought the cleansing ceremony to a close by sacrificing a black bull. He carried out the symbolic slaughter with a spear presented to him by a former Umkhonto we Sizwe member.

Oor die betekenis hiervan het Zuma homself as volg uitgelaat :

"We have spoken to the ancestors, it is done. The spear once used to fight apartheid is now used to protect our nation. Let us go out and enjoy the centenary celebrations"

Die Woord van God is baie duidelik dat ons geen kontak met die geeste van dooies mag maak nie. (Deuteronomium 18:9-14) Die sogenaamde geeste van die voorvaders met wie daar kontak gemaak word,  is nie net afgode wie se hulp (in plaas van God) nou gevra word nie, maar is in werklikheid niks anders as demone nie. (en terloops, laat die Westerlinge wat so graag via ’n spiritistiese medium, kastig met ’n oupa of ander familielid praat, maar ook hiervan kennis neem) Wie met hulle praat en aan hulle offer is besig om aan demone eer te bewys. Paulus waarsku ernstig teen sulke gemeenskap met die bose geeste. (1 Korintiërs 10:20)

Om die bloed van ’n bul te laat vloei in ’n heidense seremonie kom neer op die minagting van die bloed van die Lam van God wat vir eens en altyd gevloei het. Jesus se bloed was genoegsaam om die sondes van die wêreld weg te neem. (Johannes 1:29; 1 Johannes 1:7) Dis net die Satan wat nou bloedoffers wil hê. Dis presies waarmee Zuma, die heidense poligamis besig was (miskien onwetend); hy het ’n offer aan Satan gebring!

Gaan die Christelike kerk in Suid-Adrika die moed hê om op te staan en te getuig vir die waarheid?





























Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Jy is welkom om kommentaar te lewer. Hou dit kort, beleef en op die punt af.
As jy nie iewers geregistreer is nie, gebruik die anonymous opsie.