BAIE WELKOM!

Deel in die ryk seëninge uit God se WOORD! Dit sal ook lekker wees om van jou te hoor! Neem dus vrymoedigheid om kommentaar te lewer (by OPMERKINGS), maar doen dit asseblief altyd op 'n smaakvolle en verantwoordbare manier. Onbeheerste galbrakery sal nie geplaas word nie... Die opinies hier uitgespreek is my eie tensy duidelik anders vermeld. Hierdie webjoernaal is nie 'n amptelike spreekbuis van die NG Kerk in Namibië of die Tsumeb gemeente nie.
Wys tans plasings met die etiket Jongmense sterf. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket Jongmense sterf. Wys alle plasings

Vrydag 17 Julie 2015

TSUMEB IS STUKKEND

Ons dorp is in rou, want ons het drie pragtige jongmense in een ongeluk verloor...

Dis 'n onbeskryflike hartseer gebeurtenis, dis ook onherroeplik verby... Niks kan hulle weer terugbring nie, daarom is dit nie nou 'n tyd vir verwyte en verduidelikings nie, ook nie vir blameer en bespiegel nie. Dis wel 'n tyd om stil te word en voor God en sy Woord te buig... "Here, wat sê U vir ons, vir my..."

Om die boodskap by Magda se roudiens te lees, kliek op GOEIE NUUS OP 'N SLEGTE DAG.