BAIE WELKOM!

Deel in die ryk seëninge uit God se WOORD! Dit sal ook lekker wees om van jou te hoor! Neem dus vrymoedigheid om kommentaar te lewer (by OPMERKINGS), maar doen dit asseblief altyd op 'n smaakvolle en verantwoordbare manier. Onbeheerste galbrakery sal nie geplaas word nie... Die opinies hier uitgespreek is my eie tensy duidelik anders vermeld. Hierdie webjoernaal is nie 'n amptelike spreekbuis van die NG Kerk in Namibië of die Tsumeb gemeente nie.

Vrydag 10 Februarie 2023

Vier goeie redes om ALTYD vol HOOP te wees! (2)

 [Ons is besig met die opwindende en troosvolle boodskap uit 2 Korintiërs hoofstukke 4 en 5]


Jy sou al agtergekom het - om 'n kind van God te wees, beteken nie dat ek skielik 'n superwese sonder swakheid en probleme geword het nie. Inteendeel. En tog is die kind van God uniek, iemand met wie 'n bonatuurlike wonder gebeur het! Hoe moet ons hierdie teenstrydigheid verstaan? Paulus verduidelik dit met die raak metafoor van die kleipot in 2 Korintiërs 4 vers 7! Dis so vol troos en belofte!





Luister na die volledig troosvolle boodskap op YouTube . Kliek op SKAT IN KLEIPOTTE