- watter soort gebede word deur God verhoor?
Verlede Sondag het ons gekyk na die allesoortreffende belangrikheid van gebed. (kliek op KRAGTELOSE KERK) Ware gebed, gebed wat kontak maak met God! Gebed is praktiese geloof, geloof in aksie. Gebed is ‘n uitdrukking van ons afhanklikheid van God. Gebed is die kragdraad wat ons verbind met God as kragbron. Sonder hierdie verbintenis kan ons lampe nie skyn nie.
Gebed is so belangrik en tog is baie mense teleurgesteld in gebed. “Ek het ernstig gebid, maar dit werk nie! Nee, wat gebed help nie vir my nie, kyk wat het gebeur...”