Gelukkig is alle NG Kerke in die Kaap nog nie saam met NG Kerk Parke op 'n duistere dwaalpad nie. Die leraar van die NG Kerk Tafelberg het 'n duidelike brief van beswaar en vermaning aan die NG Kerk Parke en die Ring van Durbanville gestuur. Dankie dr. Chris Saayman!
Van: Dr C Saayman
Leraar: Tafelberg NG Kerk
Leraar: Tafelberg NG Kerk
Aan: Die Voorsitter van die Kerkraad
NG Kerk Parke >> kantoor@parke.co.za
NG Kerk Parke >> kantoor@parke.co.za
Aan: Die Voorsitter van die Ringskommissie
Ring van Durbanville >> carika@sonstraal.org.za
Ring van Durbanville >> carika@sonstraal.org.za
6 Maart 2019
Geagte kollegas
BEROEP EN BEVESTIGING VAN DS L VAN DER RIET
Met groot ontsteltenis het ek daarvan kennis geneem dat
‘n praktiserende homoseksuele persoon in NG Parke as leraar bevestig is
aangesien dit strydig is met die Skrif asook die besluit van AS 2016.
Uit ‘n onlangse media-onderhoud met die leraar, blyk
dit dat daar geen vooraf onderneming tot selibaatskap van hom vereis was nie.
Hy verklaar naamlik - volgens Netwerk 24 - dat hy (sonder enige berou) voorheen
in ‘n homoseksuele verhouding met ‘n priester van die VSA betrokke was en dat
hy - indien die geleentheid hom voordoen - weer in ‘n verhouding betrokke sal
raak en ook met ‘n man sal trou in dieselfde gemeente waar hy tans predikant
is. Hy is immers “nie net homoseksueel van sy middellyf af boontoe” nie.
Dit kom dus voor asof AS 2016 eenvoudig onder die mat
ingevee is. Wat nog te sê die heldere en duidelike getuienis van die Skrif.
My vrees is dat nie net die kerkraad nie, maar ook die
Ring wat instemming verleen het, skuldig is aan iets wat indruis teen God se
Woord. Dit sluit die Moderator van die NG Kerk in - wat namens die kerk
verklaar het dat die kerk “oneindig trots” is op Ds vd Riet. Hier is diepe
inkeer en bekering nodig.
Het die kerk se skande dan nou sy trots geword? Is dit
nie tragies dat kerkleiers so maklik kapituleer voor die aanslag van die wêreld se “gay-agenda”
en liberale Bybelloënende progressiewe denke nie?
Hierdie aangeleentheid gaan die NG Kerk onberekenbare
skade berokken. Daarom my afkeur en beswaar teen hierdie toedrag van sake.
Ek dink die kerkraad en Ring is aan die NG Kerk as
geheel ‘n verduideliking & apologie verskuldig.
Daarbenewens behoort daar onmiddelik van die betrokke
leraar ‘n skriftelike onderneming tot selibaatskap vereis te word.
Die uwe

