- maar net 'n mens wat ook eendag voor die Troon moet verskyn.
Nelson Rolihlahla Mandela is dood! Die onafwendbare het toe gebeur. Die
weg van alle vlees… Die wêreld se mense (en veral ook opportunistiese Suid-Afrikaanse politici) vertrap en verdring mekaar byna om plek te kry in die
kore wat nou vir hom prysliedere wil sing. Geen wonder nie, want hy word nou al lankal deur miljoene mateloos
bewonder en besing as die groot bevryder uit die slawerny van apartheid, die simbool van versoening, "Tata", die vader van die nasie... Bekend en bemind vir sy “Madiba Magic”. Gelukbringer van die Springbokke.* 'n Hedendaagse mesiasfiguur**... Die immergroen ikoon vir elke
humanis. Sulke sienings skep al klaar ongemak vir die
Christen, want vir ons is daar maar
net Een Messias en ware Bevryder van sonde, Satan, dood en hel, ons enigste
Verlosser, Jesus Christus! Net Een is ons oneindige bewondering waardig tot in
alle ewigheid, die Lam wat geslag is en ons losgekoop het met sy bloed!
SPRINGBOKTRUI EN NOBELPRYS
Maar wie was Nelson Mandela? Opinies oor hom wissel...
.jpg)