BAIE WELKOM!

Deel in die ryk seëninge uit God se WOORD! Dit sal ook lekker wees om van jou te hoor! Neem dus vrymoedigheid om kommentaar te lewer (by OPMERKINGS), maar doen dit asseblief altyd op 'n smaakvolle en verantwoordbare manier. Onbeheerste galbrakery sal nie geplaas word nie... Die opinies hier uitgespreek is my eie tensy duidelik anders vermeld. Hierdie webjoernaal is nie 'n amptelike spreekbuis van die NG Kerk in Namibië of die Tsumeb gemeente nie.
Wys tans plasings met die etiket Projekte. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket Projekte. Wys alle plasings

Saterdag 07 Junie 2014

DIE HANDELINGE VAN JESUS

- maak ons erns met Jesus se voortgaande teenwoordigheid in en betrokkenheid by sy Kerk?

Handelinge is die een Bybelboek wat nog nie “klaar” geskryf is nie! Ek sit “klaar” geskryf in aanhalingstekens, want natuurlik glo ons die Nuwe Testamentiese kanon is afgesluit – ons mag nie iets by God se Woord byvoeg (of wegvat) nie! Ek bedoel maar net Handelinge gaan oor die verhaal van die kerk en dis ‘n opwindende verhaal wat nog steeds elke dag aangaan. Tot by die wederkoms van Jesus. Dis die verhaal van die verowerings wat die evangelie in die wêreld behaal, soos Josua toe hy destyds die land Kanaän ingeneem het. Maar dis terselfdertyd ook die verhaal van Jesus (as Kaptein van die veroweringstog) wat nog steeds voortgaan...