- ‘n persoonlike perspektief.
Die sing van die DIE STEM is die afgelope tyd ‘n gewilde onderwerp van debatvoering wat emosies nogal sterk opjaag. Behoort dit omstrede te wees? Die lied, wat ‘n pragtige gedig is, bevat ongetwyfeld opsigself geen rassisme of haatspraak nie. Natuurlik hou dit weens verstaanbare redes vir sommiges ‘n negatiewe klank en nasmaak in. Natuurlik is dit ‘n vraag of dit wys is om in die sensitiewe Suid-Afrikaanse situasie daarvan ‘n issue te maak. Steve Hofmeyr moet maar eers seker maak of hy die Afrikaner se saak regtig bevorder... Aan die ander kant is ‘n oorgevoelige gedienstigheid ter wille van politieke korrektheid ook seker ‘n pyn...
Ek persoonlik het egter ‘n heel ander rede hoekom ek bedenkinge (of ten minste huiwering) het oor die sing van DIE STEM.