BAIE WELKOM!

Deel in die ryk seëninge uit God se WOORD! Dit sal ook lekker wees om van jou te hoor! Neem dus vrymoedigheid om kommentaar te lewer (by OPMERKINGS), maar doen dit asseblief altyd op 'n smaakvolle en verantwoordbare manier. Onbeheerste galbrakery sal nie geplaas word nie... Die opinies hier uitgespreek is my eie tensy duidelik anders vermeld. Hierdie webjoernaal is nie 'n amptelike spreekbuis van die NG Kerk in Namibië of die Tsumeb gemeente nie.
Wys tans plasings met die etiket Tug - liefdeloos?. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket Tug - liefdeloos?. Wys alle plasings

Donderdag 05 Desember 2013

WAS PAULUS LIEFDELOOS?

- ‘n reaksie op Johan Rossouw se gedagtes in die FELDMUIS

[Ene Johan Rossouw het na aanleiding van ‘n vorige berig rondom Ds. Kökö in die Feldmuis (omsendbrief van die kerkkantoor van die NGK in Namibië) nogal wilde stellings kwytgeraak en ‘n klomp aantygings teen die kerk gemaak. Dis in die jongste Feldmuis opgeneem.*Sekere aspekte van Johan se “Kersbrief” het my so ontstel dat ek nie anders kan as om gou daarop te reageer nie.]

Beste Johan, aangesien jou bewerings in die openbare domein is, vergun my om ook in die openbaar sekere opmerkings daaromtrent te maak ter wille van die eer van God en die opbou van die gelowiges: