BAIE WELKOM!

Deel in die ryk seëninge uit God se WOORD! Dit sal ook lekker wees om van jou te hoor! Neem dus vrymoedigheid om kommentaar te lewer (by OPMERKINGS), maar doen dit asseblief altyd op 'n smaakvolle en verantwoordbare manier. Onbeheerste galbrakery sal nie geplaas word nie... Die opinies hier uitgespreek is my eie tensy duidelik anders vermeld. Hierdie webjoernaal is nie 'n amptelike spreekbuis van die NG Kerk in Namibië of die Tsumeb gemeente nie.

Saterdag 14 Oktober 2017

ISRAELVISIE EN DIE GEMEENTES VAN DIE VERBONDSVOLK

- ‘n sameflansing van verbeelding, onkunde en dwaling.

Hulle is/was onder verskeie name bekend soos Die Ekklesia-Evangeliegroep, Gemeentes van die Verbondsvolk,  Orde van die Verbondsvolk, Karmelbediening en wie weet wat nog. ‘n Mens voel eintlik verleë om op die onsinnighede wat hulle kwytraak te reageer, aangesien daar dan ‘n mate van legitimiteit aan die groep(e) verleen word en die Bybel ons duidelik waarsku om nie ‘n dwaas na sy sotheid te antwoord nie!

Tog is dit dalk nodig om iets oor hierdie groep en hulle afgryslike dwalings te sê. Ekself kom al ‘n lang pad “saam” met hulle. Reeds in my kinderdae was een van die boeke van pastoor FWC Neser wat oor die sogenaamde verlore tien stamme van Israel handel al in Windhoek bekend waar dit toe al verwarring by Christene veroorsaak was. Dit was so ‘n rooi boek as ek reg onthou... Later as student het ek ‘n kamer in die Jeugtuiste in Pretoria gedeel met ‘n familielid van ds. Gert Steenkamp wat een van die groot voorbokke van die beweging was. Ons het soos dit studente betaam, lang gesprekke gevoer... En dis juis hier op Tsumeb, waar ek tans die voorreg het om die Woord te bedien, waar die einste ds. Steenkamp vir ‘n tyd leraar in die NG Kerk was voordat hy by hierdie vreemde leringe betrokke geraak en na Kuruman verhuis het. Tsumeb het dalk dus ‘n ereplig om te help om kosbare broers en susters wat mislei is weer vriendelik terug te roep en ander wat na hierdie dwalinge begin luister, baie ernstig te waarsku.

Hierdie Israel groepe toon geweldig baie ooreenkomste met ander gevaarlike sektes soos die Sewendedaagse Adventiste, die Jehova getuies en veral die Hebrew Roots Movement.* Oor laasgenoemde het ek reeds breedvoerig geskryf en onder andere die naamkwessie en die voedsel debat aangeraak. (Kliek op HRM en Maankykers) As jy meer oor die sabbatkwessie wil weet, kliek op SABBAT.

Wat is dan eiesoortig aan die Israelvisie?** Hulle glo dat die blanke volkere van die wêreld die verlore tien stamme van Israel is. Dit sluit dan veral ook die blanke Afrikanervolk in. Die wortels van hierdie denke kom van ‘n beweging bekend as British Israelism en is geïnspireer deur Engelse geskrifte van die 19 de eeu waaronder John Wilson se Our Israelitish Origin (1840). Ten spyte daarvan dat daar geen argeologiese, etnologiese, genetiese en linguistiese wetenskaplike gronde is vir hulle basiese vertrekpunte nie, volhard hulle in hulle dwalinge. Die vraag is nou, hoekom? En die antwoord is eenvoudig. Hierdie denkwyse pas goed in by baie Afrikaners se diepste rasse gevoelens veral in die huidige omstandighede in Suider Afrika waar baie van ons volksgenote tans bedreig en verontreg voel. 

Volgens hierdie bewegings is die Adamiete (nageslag van Adam) slegs blankes (Kaukasiërs). Slegs blankes kan volgens hulle dus toegang tot die koninkryk van God verkry. Hulle is baie gou om vir jou te vertel dat al die nasies waarvan Openbaring praat, slegs blanke nasies is! 'n Mens wonder of hierdie mense regtig kan lees? Openbaring 5:9 kan dit tog nie duideliker stel nie! "Toe sing hulle 'n nuwe lied en sê: U is waardig om die boek te neem en sy seëls oop te maak, want U is geslag en het ons vir God met u bloed gekoop uit elke stam en taal en volk en nasie,"  Wat beteken ELKE dan? Hierdie dwaalleraars is so vasgevang in hulle blanke meerderwaardigheidsgvoelens dat die duidelik boodskap van die Skrif maar net gesystap word as dit nie by hulle denke pas nie.*** So is dit vir hulle ongemaklik om te erken dat God reeds in die Ou Testament ook alreeds heidene buite Israel begenadig en in die verbondsvolk opgeneem het. Dink aan Ragab en Rut. Wees maar seker vir hierdie voorbeelde sal hulle wel ook hulle gefabriseerde teenargumente gereed hê!

Blank wees is vir hulle die deursslaggewende saak. Die ander volkere is vir hulle sogenaamde "boknasies" en die sendingopdrag van Jesus geld nie vir hulle nie!**** Net hier sal elke kind van God alreeds die gevaarligte sien aangaan. Die basiese boodskap van die Bybel is dat sondaars uit genade op grond van Christus se verdienste aan die kruis gered word en nie vanweë etniese afkoms nie. Fisiese geboorte is nie die bepalende faktor vir my saligheid nie, maar wedergeboorte! (Johannes 3) En nou wonder ek sommer net waar pas mense met (effens) gemengde bloed in, diegene wat wel as blankes deurgaan, maar wie se voorgeslagte nie heeltemal so suiwer geleef het nie...?

Dis baie moeilik en eintlik nutteloos om met hierdie mense op ‘n nugtere manier te probeer redeneer, aangesien basiese taalkundige en teologiese insig grootliks by hulle ontbreek. Hulle gebruik ‘n tipe van op-die-klankaf teologie en taalkunde. Byvoorbeeld : Hulle beweer dat die woord British afgelei is van die Hebreeuse woorde “berit” (verbond) en “ish” (man). Dan word beweer dat al die lede van die verbondsras, al die nasies wat afstam van Israel, gevind word onder die “Berith-ish” of te wel “British”. (Dis natuurlik nou uitgebrei tot alle blanke volke) Verder word gesê dat die Angele, die Saksers en die Kelte, wat die basiese samestelling van die nasie van die Britse eilande vorm, die direkte afstamming van Israel is, deur wie God beloof het dat Hy sy koninkryk op aarde sou vestig.

En as jy wonder, wel hier is die “bewys” - die Engelse woord vir Saksers is “Saxon” en hierdie woord is ‘n verbastering van die begrip “Isaac-sons”. Dus begryplik dat mens met sulke skyn redenasies letterlik enigiets kan bewys. So sou ek kon bewys dat die eerste kar op Karasburg vervaardig is en dat mal mense van Maltahöhe afkomstig is!

Hulle lukrake en bedenklike Skrifgebruik (eintlik misbruik) skreeu ten hemele. Volgens (ten minste sommige van) hulle is swart mense net diere. Hoe kom hulle by so ‘n drogredenasie uit? Hulle sal byvoorbeeld na ‘n teks soos Esegiël 36:32 verwys: “Skaam julle en bloos oor julle weë, o huis van Israel”. Dan word daar soos volg geredeneer: Israel was en is mense wat kan bloos, met ‘n blanke vel en blosende rooi wange en lippe. Dan word ‘n skrikwekkende gevolgtrekking gemaak: “Israel van die Bybel was blankes net soos u en ek terwyl die kinders van die Bose, die krom en verdraaide geslag, anderskleuriges was”. Daar is nog baie ander voorbeelde van uiters belaglike eksegese, wat maar liewer hier verswyg moet word... Hierdie mense se Bybelkennis is uiters gebrekkig, maar hulle beïndruk die eenvoudiges met lang aanhalings uit veral Strongs wat baie indrukwekkend klink en lyk vir mense wat nie taalkundig geskoold is nie.

Hierdie wit teologie en rou rassisme van die Israelbeweging is ‘n ernstige dwaling wat mense wegvoer buite die histories Christelike kerk van alle eeue! (net soos die sogenaamde Swart Teologie van die Marxistiese bevrydingsbewegings) Dit skreeu ook teen die kerk se sendingwerk van twee duisend jaar! Hoe kan mens so blind wees? Wat weet hulle van die menigtes gekleurde Christene wat deur die loop van die eeue hulle getuienis van hulle geloof in ons Here Jesus met hulle bloed verseël het? Erger nog dit is ‘n ontkenning van die Nuwe Verbond en die evangelie self! Dit kom neer op ‘n minagting van Jesus ons Verlosser!

*Hulle geskrifte wemel dan ook van wolhaarstories en verdagmakery. Een so 'n bewering lui dat Calvyn se van eintlik Cohen was en dus is hy eintlik net ’n Jood wat die blankes vir eeue deur sy Institusie mislei het. 

**Hulle gebruik gewoonlik nie hierdie naam vir hulle self nie.


***Prof Malan het hierdie dwaling ook sterk aangevat :

Die volgende teks verskaf aan die Israelvisie groot hoofbrekens omdat dit hulle dogma ondubbelsinnig  weerlê:

“Die Edomiet moet jy nie as ‘n gruwel beskou nie, want hy is jou broer; die Egiptenaar moet jy nie as ‘n gruwel beskou nie, want jy was ‘n vreemdeling in sy land. Kinders wat vir hulle in die derde geslag gebore word, mag in die vergadering van die HERE kom” (Deut. 23:7-8).

Ds. Steenkamp voel verplig om hierdie gedeelte as verkeerd te beskou en gevolglik te verwerp:

“Die onmoontlike van die bestaande teks is dat dit bots met die res van die Skrif. Jahweh is onveranderlik, konsekwent. Hy sal nie die een oomblik dít sê en die volgende oomblik iets anders bedoel nie. Die Egiptenare was vyande, en uit dié slawehuis is Israel uitgelei. Die Edomiete word genoem ‘n volk op wie God vertoorn is tot in ewigheid (Mal. 1:1-4). Ek sou ook graag wou weet hoe en waar die derde geslag bepaal kon word in die praktyk van die lewe. En as die derde geslag dan kon inkom, waarom dan nie die tweede of die eerste nie? Nee, dié teksgedeelte het geen sin nie. Moses het die Egiptenare ook nie as sy naaste behandel nie (Ex. 2:12-13). Ons het hier met ‘n foutiewe teks te doen.”   (Soos aangehaal deur Prof. Johan Malan)

**** Dit lees mens in 'n sekere PJJ van Rensburg van die Orde van die Verbondsvolk se geskrif.  In hierdie uiters rasbehepte geskrif gee hy onder andere erkenning aan Neser en Steenkamp.




[ 'n Stukkie geskiedenis: Dominee Gert Steenkamp was van 1969 tot 1973 in die bediening op Tsumeb.]

Vir meer duidelikheid en Skrifuitleg kliek op HONDE

41 opmerkings:

  1. Ds de Koning

    Ek merk dat die opmerkings van u lesers eers goedgekeur moet word, alvorens ander internet verbruikers dit kan sien... Vraag: Wie keur die snert goed wat u kwytraak? Duidelik wil u nie in die openbaar weerspreek word nie....Ek sal graag met u in 'n openbare gesprek wil tree.... So ek nooi u uit voor die Lewende God op hierdie skrywe te plaas....

    Dominee Steenkamp kan nie homself en die saak verdedig nie. Hy is ruim 'n paar jaar gelede oorlede...U bring beskuldiging in teen een van u voorgangers.. Duidelik is dit dat hy die Woord lynreg bedien het, as u steeds mense teen hom waarsku na 44 jaar sedert hy uit Tsumeb is. Dit is moeilik om teen die prikkels te skop.....Ope vraag: Terwyl u nou terugdeins in die verlede....Wat sê die Skrif moet jy doen as een skaap afdwaal? Wat het die NG kerk gedoen toe Ds Steenkamp volgens hul opinie begin dwaal het? Het hulle daardie skaap teruggebring "kraal" toe? Nee hulle het alle deure voor hom toegemaak.

    U fel oordele soos o.a.
    "Dis baie moeilik en eintlik nutteloos om met hierdie mense op ‘n nugtere manier te probeer redeneer, aangesien basiese taalkundige en teologiese insig grootliks by hulle ontbreek."
    .... Geweldig aanmatigend sou ek reken. Ds. Steenkamp het sy studies by Stellenbosch voltooi as topstudent. Hy het die voorreg gehad om by een van die top professore, nl. Dr Kolie Kotzé, klas te kon loop. Die het hom bekwaam bevind... Wie is u om ander gelowiges te oordeel, het u die persoon se binnekamer geken?


    U sê: ek haal aan: "Hierdie mense se Bybelkennis is uiters gebrekkig, maar hulle beïndruk die eenvoudiges met lang aanhalings uit veral Strongs wat baie indrukwekkend klink en lyk vir mense wat nie taalkundig geskoold is nie."

    Gebrekkige Bybelkennis.... Sjoe dominee: jy is welkom om te kom toets, nie met dogmatiese stellings nie, met die Woord....
    U sê:
    Hierdie Israel groepe toon geweldig baie ooreenkomste met ander gevaarlike sektes soos die Sewendedaagse Adventiste, die Jehova getuies en veral die Hebrew Roots Movement." Ek daag u uit tot 'n openbare debat om bewyse te lewer.
    Met die Skrif, Dit wil sê die ou vertaling waarmee ons voorgeslagte grootgeword het. Nie die nuwe verdraaide vertaling wat u as kansel-Bybel gebruik nie..Want daar is geen verskil tussen die nuwe vertaling en die Jehovah getuie bybel nie.

    Laastens, u sê: Hulle glo dat die blanke volkere van die wêreld die verlore tien stamme van Israel is. Dit sluit dan veral ook die blanke Afrikanervolk in.

    Waar het Ds Steenkamp slegs van 10 stamme gepraat? Bewys u stellings in die openbaar.

    Die Bybel sê ook, antwoord die dwaas na sy sotheid dat hy nie wys in sy eie oë word nie.

    Die uwe
    FK Schoonebeek



    AntwoordVee uit
    Antwoorde
    1. Geagte Vriend

      Ek antwoord graag sommer 'n paar van jou vrae of aannames.

      1. Ekself lees die Ou Vertaling in my stiltetyd en ek gebruik dit vir gemeente Bybelstudies en ek verwys ook daarna in my prediking. Ek haal dit ook dikwels aan in hierdie webjoernaal skrywes.
      2.Prof Kolie sou nooit ds. Steenkamp se latere dwalings goedkeur nie. Jou argument maak dus nie sin nie. Ds. Steenkamp het nie sy dwalings reeds op kweekskool gehuldig of openbaar gemaak nie.
      3.Dis maklik om bewyse te voer vir die stelling dat die Israelvisie groep van die dwalings van die HRM, Jehovas en Sewendedaagse Adventiste deel byv. sienigs oor die name van God, die Sabbat, die voedselwette en rondom die Drie-eenheid. Natuurlik is alle Israelvisie groepe nie dieselfde nie. As jy my wil nader oor 'n debat, is jy welkom, my kontakbesonderhede is beskikbaar op hierdie blog.
      4.Ek plaas gereeld kommentaar wat krities teenoor my is, jy hoef my nie uit te nooi nie. Ek was nog nooit bang vir debat of kritiek nie!
      5. Ek is jammer as die kerk nie destyds moeite met ds. Steenkamp gedoen het nie. Ek kan ongelukkig nie verantwoordelikheid daarvoor aanvaar nie. Ek was nog 'n skoolkind.
      . Ja, jy is reg, ons voorgeslagte het eerstens natuurlik met die Hollandse Statenvertaling grootgeword en later met die OAV, maar dit het hulle nie in die dwaling van die Israelvisie laat beland nie. Een van ons grootse volkshelde Paul Kruger was 'n baanbreker voorstander van sendingwerk onder die swart volkere vir wie sommige van julle as diere beskou. (kyk op hierdie einste blog onder sy naam) Om jou vir julle dwalings op die voorgeslagte te beroep, is dus 'n hersenskim en dagdromery.

      vriendelike groete
      Johannes

      Vee uit
    2. BAIE DANKIE! Frederik Schoonebeek het die moeite gedoen om my telefonies uit SA te kontak om verskoning te vra vir sy kras reaksie. Vriend ek waardeer dit baie en ek aanvaar dit. Ons het 'n baie aangename gesprek gehad waartydens hy my vertel het van die positiewe impak van ds. Steenkamp op sy lewe. Ek aanvaar dit ook. Ekself het ook al positiewe dinge van ds. Steenkamp gehoor. My bedoeling is nie om sy naam sleg te maak nie, hy was sekerlik 'n baie beter mens as ek, maar dit bly steeds my plig om te waarsku teen 'n teologie wat op kernpunte afwyk van die leer van die Skrif.

      Nogmaals baie dankie vir die aangename gespek wat ons kon voer, miskien kom daar weer 'n geleentheid. En mag die Heilige Gees ons deur die Woord lei in die volle Waarheid!

      Vee uit
  2. Mnr de Koning. Kan u asb spesifiseer watter kerk is uitverkore want daar is duisende kerke. In die lig hiervan moet ek dan Openbaring 21:12 verstaan dat daar 12 kerke deur die 12 poorte gegaan het na die nuwe Jerusalem. Watter 12 kerke is dit dan want volgens u het die kerk Israel vervang. Kan u ook vir my aanwys waar in die bybel word gese dat God woon in geboue wat met hande gebou was. Miskien kan u ook vir my sê waar kom die kerktoring vandaan en watter bybel simboliek dit uitbeeld.
    Verder was ek al by vele Ng kerke sowel as Apk kerke en nog nooit een nie blanke in die gemeente gesien nie. Nog nooit het n predikant of die gemeente swartes of nie blankes uitgenooi om saam met hulle die Here te kom dien nie. Hoekom wil dit vir my voorkom af daar n skynheiligheid onder hle is? Maklik om te sê almal gaan hemel toe maar dit moet tog deur werke bekragtig word anders het dit geen nut nie.
    Ek sien uit na u verduideliking van wie die uitverkore kerke is, baie dankie

    AntwoordVee uit
    Antwoorde
    1. Goeie dag vriend
      Dis vir my ‘n groot voorreg om op jou vrae te antwoord en misverstande te help opklaar. Die meeste van hierdie sake word reeds op ander plekke op hierdie webjoernaal aangespreek. Maak gerus gebruik van die sleutelwoord indeks.
      Die uitverkore kerk is almal wat gewas is in die bloed van die Lam. Hulle kom uit elke stam en taal en volk en nasie. En hulle behoort nie aan net sekere denominasies nie. In elke denominasie of groepering is daar valses en opregtes. God alleen ken die harte. Hierdie mense wat waarlik in Jesus glo is God se uitverkore volk, want elkeen wat aan Christus behoort is ‘n kind van Abram. “Julle verstaan dan dat die wat uit die geloof is, hulle is kinders van Abraham.” (Gal 3:7)
      Daar is blykbaar ‘n groot misverstand oor wat die kerk is. Natuurlik woon die Here nie in ‘n gebou wat met hande gemaak is nie. Jesus het immers die tempelgebou vervang. Hy is nou die tempel en ons wat in Hom glo vorm die gebou van God! Die bepaalde plek waar ons aanbid is van weinig belang soos Jesus aan die Samaritaanse vrou (bastervrou!) verduidelik het. Dit gaan nie oor ‘n fisiese plek nie, maar oor ware aanbidding in Gees en Waarheid. Oor boustyle en al die wolhaarstories daaraan verbonde wil ek nie redeneer nie. Dis irrelevant. (Ekself sal beslis nie ‘n kerkgebou met ‘n toring bou nie, want daar is net onnodige koste aan verbonde.)
      Ja, ek dink daar is soos jy sê by baie gemeentes skynheiligheid rondom die kwessie van gesamentlike aanbidding met swartmense. Maar jy skets net ‘n halwe prentjie. Onlangs was ek in ‘n NG kerkdiens waar Boere, Boesmans, Herero’s ens. saam die Nagmaal gevier het. En ek kan jou uit my hart verseker dat daar opregte kinders van God onder ons gekleurde volkere is. Ons gemeente het ook gekleurde lidmate. Vandat ek hier op Tsumeb is het ek weer Boesman Christene ontmoet wat veertig jaar gelede onder my pa se dienste tot bekering gekom het en nog steeds volhard! Hulle lewens wys dit. Ja, hulle is deel van God se uitverkorenes!
      Groete
      Johannes de Koning

      Vee uit
    2. Ek is nie 'n lidmaat van enige denominasie nie, my lidmaatskap is in Jesus Christus my verlosser. Ek woon egter die dienste van die NG Kerk Ladismith W-Kaap by en kan getuig dat hierdie gemeente etlike Kleurling lidmate het wie elke Sondag die eredienste bywoon en aan die gemeente aktiwiteite deelneem.

      Vee uit
  3. Baie dankie. U het nog nie Openbaring 12:12 vir my verklaar nie.
    Net ten opsigte van die Samaritaanse vrou, u verwys na haar as n bastervrou - word dit so beskryf in die bybel dat sy n baster was. As ek vandag vir u sê ek is n Zimbabwiër beteken dit ek is swart?
    Ek waardeer ten minste u opregtheid in die handelinge teenoor andere alhoewel ons verskil, die meeste predikante wat ek ken blaas net mooi woordjies in die lig van gelykheid maar skramweg van die dade
    U antwoord op voorafgenoemde sal waardeer word
    Groete

    AntwoordVee uit
    Antwoorde
    1. Ek neem aan jy verwys na Openbaring 21:12 (waarna jy in jy eerste kommentaar verwys het)wat as volg lees : “En dit het 'n groot en hoë muur met twaalf poorte gehad, en by die poorte twaalf engele, en name daarop geskrywe, naamlik dié van die twaalf stamme van die kinders van Israel.”

      Dit gaan hier oor ‘n beskrywing van die nuwe Jerusalem, die bruid van Jesus. Die nuwe Jerusalem staan in kontras met Babilon die hoer. Simbool van afvalligheid en onreinheid. Die idee van twaalf poorte slaan terug op Esegiël 40:30-35. Dit dra die simboliek van ruim toegang. Wie het deel aan die Nuwe Jerusalem? Volgens Openbaring 21:7 is dit elkeen wat die oorwinning behaal. Wie is die mense wat die oorwinning behaal het? Hulle het oorwin omdat hulle gewas is in die bloed van die Lam en aan Hom getrou gebly het. Die twaalf name is die logiese uitvloeisel van Openbaring 7:1-8.

      Belangrik : die twee groepe mense in Openbaring 7 is nie verskillende mense nie, maar dieselfde mense (God se kinders) vanuit verskillende hoeke gesien. Die twee groepe is die 144 000 en die groot menigte.
      ~ Die 144 000 (12x12x10x10x10) Dis baie duidelik ’n simboliese getal! Die 12 stamme van Israel m.a.w die gelowiges van die Ou Bedeling en die 12 Apostels as verteenwoordigers van God se volk in die Nuwe Testament maal 10 tot die mag drie. Tien is die volheidsgetal. Hierdie groep is nie etniese Israel nie, maar die volle getal van God se kinders wat veilig is teen die finale oordele en wraak van God! Nie een van God se kinders wat bedoel is vir die Koninkryk gaan kortkom nie! “The kingdom of God will not lack one member that belongs to its perfection” Elke plek wat Jesus gaan voorberei het (Joh 14) gaan gevul wees! God het sy uitverkore kinders se name reeds voor die skepping in die boek van die lewe geskryf! (Openb 13:8 vgl. Ef 1:4) Nie een van hulle sal kort nie!
      ~ Die groot menigte. Die tweede prentjie komplementeer die eerste. Die groot menigte lê die klem op die wydheid van die kerk uit alle volke en nasies! (Vers 9) Die kerk is universeel!

      Oor wie Israel is, kyk gerus by
      https://skattegemynuitgodsewoordintsumeb.blogspot.com/2014/08/uitverkore-volk-en-beloofde-land.html

      Jou poging om die waarheid oor die Samaritaanse vrou te ontduik werk nie. Natuurlik, “Zimbabwiër” is nie ‘n verwysing na ‘n etniese groep nie, maar na ‘n nasionaliteit wat verskeie volke insluit en dus nie noodwendig swart is nie. In die Nuwe Testament verwys Samaritane na ‘n bepaalde etniese groep van gemengde afkoms. Dis waarom hulle so verag was en Jesus se vyande ook na Hom op ‘n beledigende manier as ‘n Samaritaan verwys het.
      Die punt is maar net dat julle etniese beheptheid en verabsolutering van ras en afkoms nie in die Bybel te vind is nie! My vriend, daar is een saak wat tel : Behoort jy aan Jesus Christus? Net die wat aan Hom behoort is ware kinders van Abraham!

      groetnis

      Vee uit
  4. Geagte ds De Koning
    As u maar die voorreg gehad het om Ds GJ Steenkamp te kon ken sou u nie al die valse beweerings gemaak het nie en u sou moeite gedoen het om regtig uit te vind waarvoor hy gestaan het en van watter Gemeente in SA hy 'n leraar was,
    U Koppel hom aan Gemeentes en Organisasies waaraan hy nie behoort het nie. Hy was wel die Leraar van die Gemeente van die Verbondsvolk en tog het u nie die waarheid beet waarvoor hierdie Gemeente staan nie, die uitlatings rondom die Gemeente is ook fataal..
    Die hartseer is dat die NG kerk hulle beleid in 1981 verander het soos 'n MArtin Luther het ds GJ Steenkamp opgestaan teen die Politieke leiers en Predikante van die tyd wat die Woord verdraai het om by hulle beleid te pas.
    ds GJ Steenkamp het by die Woord van God gebly onder gesag van die HEilige Gees gebly wat hy geleer het as kind, student aan die Kweekskool van Stellenbocsh hy het nie verander toe die kerkbeleid in 1981 verander het nie..
    Hy was 'n Godvresende man wat gebly het by die 1933/1953 vertaalde Bybel.
    Hand 5vers 29 en Petrus en die apostols antwoord en sê Ons moet God meer gehoorsaam wees as aan die mense
    U kruid hom ook uit as 'n Leraar van 'n sekte
    Hand 24 vers 14 Maar dit erken ek voor u dat ek volgens die Weg wat hulle 'n sekte noem so die God van my vaders dien, terwyl ek alles glo wat in die wet en in die profete geskrywe staan
    Hand 26 vers 6 tot8 En nou staan ek tereg oor die hoop op di ebelofte wat aan die vaders deur God gedoen is waartoe ons twaalf stamme van God aanhoudend dag en nag dien hoop om te kom oor hierdie hoop koning Agrippa word ek deur die Judiers beskuldig..
    Ek pleit by u om ds GJ Steenkamp se nagedagtenis nie verder valslik te beskuldig nie hy is reeds in 2009 oorlede en kan homself nie verdedig nie
    Ek sou graag die afskeids brief van die Tsumeb gemeente aan ds GJ steenkamp vir u mail maar ek haal vir u aan wat die Kerkraad van 1973 geskryf het
    Vanaand na 4 jaar en 8 maande en 11 dae neem ons afskeid van hierdie jong dienskneg van GOD en kan ons as kerkraad en Gemeente getuig dat hy nooit skaam was om die Evangelie volgends die eis van Gods Woord te verkondig nie: al sou dit ook aanstoot gee het hy nie die eer van die mense gesoek nie, maar alle eer aan GOD gebring.
    In die wêreld van vandag is die humanitêre en afgewaterde sentimentele vir die mens van ons tyd dikwels meer aanvaarbaar as die REGUIT LYN VAN GODS WOORD. Hoe dankbaar is ons as kerkraad nie dat u uself nie laat verlei het deur die populêre roepstem van die wêreld nie. Vir u was die WOORD van God Lewend en kragtig en skerper as enige tweesnydende sward.
    Ds de Koning ek sal graag die brief van die Tsumeb kerkraad vir u wil mail dan kan u dit bysit by u uiteensetting.
    Ek wil by u pleit om ds GJ Steenkamp in vrede te los, Op die regte tyd sal GOD aan ons openbaar wie was reg en wie was verkeerd Wie aanbid waaragtig die Lewende God en Wie nie Wie is Sy Volk en wie nie.....
    Baie dankie
    Reinet Blom

    AntwoordVee uit
  5. Hierdie opmerking is deur die outeur verwyder.

    AntwoordVee uit
  6. Geagte ds de Koning, baie duidelik het u nie ds Gert Steenkamp geken nie. As persoonlike vriend en gemeente voorganger het ek die voorreg gehad om ds Gert vir 14 jaar te geken het. Het ek n baie naby verhouding met hom gehad. n Man in ons midde geplaas as gestuurde van YHWH.
    n Gestuurde nie n gehuurde soos meeste sogenaamde leraars vandag nie.

    Ek rig ook aan u n uitnodiging om my as leek in die openbaar te vat oor die Woord veral met betrekking tot God se baie besonderse uitverkiesingsplan wat u duidelik aan die stert beet het. Sowel die vals dogmas van u kerk wat maar net n dogter van die groot hoer Rome is.
    Dis as gevolg van die predikante op die preekstoele in die land en in SWA wat die blanke volk laat tuimel het tot die gemors waarin ons ons bevind.

    Die politieke leiers oor die tyd ( na Verwoerd ) sou die volk se kop nie kon swaai as die predikante nie die Woord begin verdraai het deur die apartheid wat gepreek en onderhou was stadig maar seker om te draai tot n evangelie van vermenging en gelykheid.
    Immers is ons ou volkie nog altyd so goedgelowig gewees . “Die dominee sal mos nie vir my jok nie”.
    Geen wonder dat die Woord waarsku teen die vals profeet en leraar wat die Woord verdraai. Teen hulle word daar meer as teen die duiwel self gewaarsku. Doen uself die guns en lees al die menige tekse en hoofstukke in die verband. Dit sal u redelik lank besig hou.
    Ek wonder of die Bybel dan teen n enkeling soos ds Gert Steenkamp soveel waarskuwings sou nodig geag het of teen die hoofstroom sogenaamde Christendom leraars.? Ek wonder maar...

    Wee die herders wat My volk nie weiding verskaf nie. Besef u die volle konsekwensie van die woordie “ wee” as God dit uitspreek. Ek wil in sulke skoene nie staan op die dag van oordeel nie.
    Die verskil is Ds Gert het die Woord gepredik u predik kerkleer en dogma. “ ons het maar gedog”
    Daar bestaan meer as n duisend van ds Gert se preke wat op band bewaar gebly het. Doen uself die guns en luister n slag na Waarheid. Moontlk kan u oë ook oopgaan.
    Jammer as ek kras klink. Dit maak my net die duiwel in as u uitsprake maak oor n persoon soos ds Gert waarvan u niks weet nie.
    In ds Gert se bedieningstyd binne die Israelwaarheid ( ongeweer 27 jaar ) het hy self hoevele kere die uitnodiging aan julle predikante gerig om hom in die publiek te vat oor die Woord. Nie een het ooit die moed gehad nie.

    Andre Snyman

    AntwoordVee uit
  7. Geagte ds de Koning

    Dis met ontsteltenis dat ek lees wat u te sê het van my gemeente leraar, baie spesiale vriend, geestelike mentor en Boere Afrikaner volksman, oorlêde ds Gert Steenkamp.

    Vergewis uself eerstens van feite rondom die man ( wat nie hier is om vir homself en vir sy goeie naam op te kom nie ) en die feite rondom die Israelwaarheid waarvan u klaarblyklik weinig verstaan.
    U aanhalings en aannames is tiperend van die hoofstroom oningeligte liberale predikers in die land. Dieselfde groep wat hierdie Afrikanervolk in hul huidige dilema gedompel het.

    U het reg gehoor, inderdaad is dit die verskuiwing in die kerkleer en prediking van konserwatief behoudend tot liberaal vermengend oor die afgelope 50 jaar wat ons val veroorsaak het.
    Opsigself sou die liberale politieke leiers die Boervolk se kop nooit kon skuif tot volkselfmoord nie maar het u en u mede kerkleiers dit bewerk. Immers ons ou volkie vertrou mos sonder voorbehoud die dominee. Wat n val het dit nie vir ons bewerk nie.

    Sal dit op oordeelsdag uitgewys word wie die “ Judasbokke” was wat die skape slagpale toe gelei het. As die dierbare Woord sê : “ Wee die herders wat my volk nie weiding verskaf nie” Sidder ek om in julle skoene te staan.

    Vat die ongeveer 1000 preke van ds Gert Steenkamp van 1982 tot 2009 wat behoue gebly het. Luister hulle van hoek tot kant - lig dan u mening. Anders bly eerder stil dat die oordele oor u uitsprake nie groter teen u opstapel nie.

    Laastens as leek daag ek u om in die publiek met my te debateer oor die Waarheids Woord versus die dogma van u kerk . ( “ dog maar ons weet”)

    Vriendelike groete
    Andre Snyman


    AntwoordVee uit
    Antwoorde
    1. Geagte André Snyman

      Baie dankie vir die moeite om hier op my nederige webjoernaal te reageer. Ek waardeer dit baie. Vergun my net ‘n paar opmerkings:
      1. Die dogma (soos u dit sou stel, “het gedog”) van die Israelvisie staan lynreg teenoor die Woord en die boodskap van die kerk van alle eeue van ons Here Jesus Christus. Dis nie net iets wat met die siening van NG predikante bots nie.
      2. Dis teen hierdie leer uit die hel waarteen ek opstaan en nie teen ds. Steenkamp as persoon nie. (Trouens, ds. Steenkamp se portret hang nog steeds in die konsistorie waarin ek elke Sondag my gereed maak vir die erediens!)
      3. U pogings om my as ‘n liberalis te etiketteer is lagwekkend. Die mense wat my goed ken sal dit uiters amusant vind. (Dis nou soos om Julius Malema daarvan te beskuldig dat hy die HNP gestig het!) Nee, vriend u sal geen liberalisme in my prediking of op my webjoernaal vind nie! Trouens die hele webjoernaal getuig van my stryd juis teen die liberalisme in die NG Kerk.
      4. Ek wonder net ook hoe goed u die geskiedenis van ons Boerevolk (waarvan ek ‘n trotse lid is) ken? Nie dr. Verwoerd, Paul Kruger of enige van ons volksleiers het die snert van die Israelvisie geglo nie, maar was lidmate van kerke wat die Drie Formuliere van Eenheid onderskryf het. Die beroemde generaal CF Beyers het tydens die Tweede Vryheidsoorlog , De Commando Dank Zendingvereeniging gestig om die evangelieverkondiging onder swart mense te bevorder! Gaan kyk maar die geskiedenis… In die Boerekrygsgevange kampe was daar ‘n herlewing van sendingbelangstelling, wat onder andere gelei het tot die NGK se sendingwerk in Ceylon (Sri Lanka).
      5. Ek is dus enige tyd bereid om met u te debatteer uit die Woord en sommer ook oor ons volk se geskiedenis! Kom maar net met ‘n werkbare voorstel, want ek woon in die noorde van Namibië…
      Groete
      Johannes de Koning

      Vee uit
  8. Geagte ds de Koning

    Dankie vir jou reaksie op my skrywe. Ek kan duidelik merk dat u steeds nul van die Israelwaarheid verstaan nie.

    Om dit dan nou maklik vir ons albei te maak kom ons gebruik die platform om debat te voer oor die onderwerp. Tensy u bang is vir waarheid . Ek sal dit waardeer indien al u lidmate dit sal meeleef.

    Gun my die geleentheid om dit wat u “ leer uit die hel” noem uit die Woord te verduidelik. Hopenlik gaan u oë oop of minstens sal u eendag nie kan sê: “ ek het nie geweet nie”.

    Groetnis

    Andre Snyman

    AntwoordVee uit
    Antwoorde
    1. Geagte mnr. Snyman, ek dink nie daar is enige nodigheid om 'n lang debat te voer nie. Die leringe van die Israelvisie met al die onderlinge variasies is goed bekend. Die Woord waarsku ons ook immers teen 'n lang gestryery oor geslagregisters wat tot geen nut van die hoorders strek nie.

      Antwoord my asseblief net EEN vraag met 'n duidelike JA of NEE.

      VRAAG : Beskou u, Andre Snyman die soendood van Jesus Christus die Seun van die Lewende God aan die kruis as algenoegsaam en voldoende sodat enige sondaar, ongeag ras, volk, taal of afkoms wat in Hom glo volledige vergifnis en vryspraak ontvang en sodoende 'n kind van Abraham word?


      Gal 3:7 "Julle verstaan dan dat die wat uit die geloof is, hulle is kinders van Abraham."

      Vee uit
  9. Geagte dominee se Koning

    Ek het wél onverskoning gevra vir my aanvallende optrede. Ek wil net beklemtoon dat ek nie verskoning maak vir dit wat die Woord my leer nie. Ek, as nietige mens ,gaan geen verdere woord uiter nie, maar maak plek dat die Woord alleen u kan antwoord.

    U kwoteer Galasiërs 3:7" Julle verstaan dan dat die wat uit die geloof is, hulle is kinders van Abraham".

    Galasiërs 4
    :22 " Want daar is geskrywe dat Abraham twee seuns gehad het, een uit die slavin en een uit die vrye.
    :23 Maar die een uit die slavin is gebore na die VLEES, en die ander een uit die vrye deur die belofte".

    Romeine 9
    :6 "MAAR ek sê dit nie asof die Woord van God verval het nie; want hulle is nie almal Israel wat uit Israel is nie.
    :7 Ook nie omdat hulle Abraham se nageslag is, is hulle almal kinders nie; maar: in Isak sal jou nageslag genoem word.
    :8 Dit wil sê, nie hulle is kinders van God wat kinders van die VLEES is nie, maar die kinders van die belofte word gereken as die nageslag".

    Galasiërs 3
    :23 "Maar voordat die geloof gekom het, is ons onder die wet in bewaring gehou......"

    (Net Israel was onder die wet.)

    Tot wedersiens
    FK Schoonebeek

    AntwoordVee uit
    Antwoorde
    1. Vriend Schoonebeek

      Ek ervaar jou as 'n opregte persoon en daarom is dit vir my dubbeld hartseer dat jy so deur ds. Steenkamp gebreinspoel is. Soveel so dat jy die sentrale argument van die Gal brief nie kan insien nie. Sy hele punt is juis dat ware afstamming van Abraham nie 'n fisiese saak is nie, maar 'n geestelike saak. Die Israelvisie keer dit presies om want julle leer dat net fisiese afstammelinge van Abraham gered kan word as hulle glo. Dit maak 'n bespotting van Jesus se werk aan die kruis, dit verwerp ook die kerk van alle eeue se lering en dit misken die werklikheid van duisende nie Blanke gelowiges. Nee, vriend, die Bybel leer dat daar uitverkorenes is onder ELKE stam, taal, volk en nasie. Om dit te beperk net tot Blanke volke is blote domastrantheid!

      Miskien moet jy eendag vir my kom kuier dat ek jou aan 'n paar nie Blanke gelowiges bekendstel...

      groete
      Johannes

      Vee uit
    2. Dominee Johannes

      Kan ek in alle nederigheid vra dat u die volgende Skrifgedeeltes aan my moet verklaar. Nie op grond van die leerstellings van die kerk van alle eeue nie. Maar op grond van die Skrif. Immers kan geen mens die Skrif verklaar nie. Die Skrif alleen verklaar die Skrif. En in Homself kan daar geen verskille wees nie. Die Ou-Testament is die Skrif, en die Nuwe-Testament is prediking vanuit die Skrif, oftewel die verklaring van die Skrif. Dus, as ek iets raaklees in die Nuwe-Testament, sal ek wel daarvan lees in die Ou-Testament.

      Openbaring 2:14-(Bileam se leer)

      2 Petrus 2 :15 (die valse leraars wat die regte pad verlaat en verdwaal het)

      Númeri 24:17

      Númeri 25:1-18

      Númeri 31:16

      I Korinthiërs 10:8

      Psalm 106 :28-31

      1 Konings 11:1-4
      Nehemía 13:22 -27.

      Ek glo u antwoord gaan wees, " alles het verander van die kruisiging af; die Ou-Testament is afgehandel"

      Terwyl die Almagtige sê:
      Maleagi 3:6
      "Want Ek, YHWH het nie verander nie; en julle kinders van Jakob, is nie verteer nie".

      Romeine 9:4..

      Die waarheid kan van 'n webblad verwyder word, maar die Woord staan vas oor alle eeue..

      Wie 'n vriend van die wêreld wil wees, staan in vyandskap met God....

      Ek antwoord u in die liefde van die Koning van die konings, die Verlosser van Israel.

      Vee uit
    3. Geagte Anoniem (ek neem aan Mnr.Schoonebeek)

      Om aan elke teks individueel aandag te gee is prakties bietjie moeilik. In my Blog as geheel word, so vertrou ek die meeste van die kwessies ter sprake reeds aangespreek.

      Wat die teks oor Bileam betref; ek het self daaroor gepreek. Kyk by die onderwerpsgids onder Bileam. Of http://skattegemynuitgodsewoordintsumeb.blogspot.com/2016/08/onskuldige-plesier.html
      Ek glo elke woord en elke teks van die Ou sowel as die Nuwe Testament.
      Inderdaad het Jesus se kruisdood baie dinge verander! Jy glo dit tog seker ook? Julle bring darem seker ook nie meer bloedoffers nie, juis omdat Jesus se eenmalige kruisoffer voldoende was? Ek vertrou so.
      Die goot punt is : Jesus is die Middelaar van die Nuwe Verbond.

      “En Hy sê vir hulle: Dit is my bloed, die bloed van die nuwe testament (verbond), wat vir baie uitgestort word.” (Markus 14:24)
      Ons sal egter nooit saamstem nie! Julle beweer dat net Blankes gered kan word, want net Blankes is fisies afstammelinge van Abraham. (Bewys dit tog asseblief) God was egter reeds in die Ou Testament al genadig teenoor mense uit die heidenvolke soos Ragab en Rut. (Ek weet, ja julle probeer dit wegredeneer, maar dit staan in die Skrif) Reeds in die Ou Testament word die heerlikheid van die kerk wat heidennasies insluit, voorspel binne die konteks van die Nuwe Verbond. “En die uitlanders wat hulle by die HERE aangesluit het, om Hom te dien en om die Naam van die HERE lief te hê deur sy knegte te wees--elkeen wat die sabbat hou, sodat hy dit nie ontheilig nie, en hulle wat vashou aan my verbond, hulle sal Ek bring na my heilige berg, en Ek sal hulle vreugde laat smaak in my huis van gebed; hulle brandoffers en hulle slagoffers sal welgevallig wees op my altaar; want my huis sal 'n huis van gebed genoem word vir al die volke.” (Jesaja 56:7)

      Uitlanders in die konteks van Jesaja is mense wat nie deel van die volk Israel was nie! Jesus haal self hierdie gedeelte aan met die reiniging van die tempel.

      Om verdere antwoorde te kry, lees gerus die reeks LUGFOTO VAN DIE BYBEL hier op my webjoernaal. Lees ook die gedeeltes wat ek oor die Sabbat geskryf het.

      Groete
      Johannes

      Vee uit
  10. Ek dink aan my verbond met Jakob; en ook aan my verbond met Isak en ook aan my verbond met Abraham sal Ek dink, en aan die land sal Ek dink. Maar ook dan, as hulle in die land van hul vyande is, verwerp Ek hulle nie en het Ek van hulle geen afsku, sodat Ek ’n einde aan hulle sou maak en my verbond met hulle sou verbreek nie; want Ek is YAHWEH hulle God. Maar Ek sal tot hulle beswil dink aan die verbond van die voorvaders wat Ek uit Egipteland voor die oë van die nasies uitgelei het om vir hulle ’n God te wees. Ek is YAHWEH. Dit is die insettinge en die verordeninge en die wette wat YHWH tussen Hom en die kinders van Israel by die berg Sinai deur die diens van Moses gegee het.

    Geagte Johannes De Koning.

    As kind het ek groot geword met die "sekte" wat u "uit die hel" noem.

    Ek verwys dan nou na die teks hierbo wat ek glo u as predikant vir my as gebreinspoelde verdwaalde onder geliefde ds Gert Steenkamp se lering sal kan verklaar.

    Jakob word ook in die skrif geklassifiseer as Israel omdat hy twaalf seuns gehad het wat later twaalf nasies geword het volgens God se verbond aan Abraham - Isak - Jakob.

    Is dit dan nie vir u wonderbaar hoe God uit die menigtes vir Hom 'n volk gekies het waarvoor Hy gesê het. Ek is jou God en jy Israel is my beminde.

    Ek vraag tog weer mnr. Waar het God Sy ewige verbond verlaat?
    So het ds Gert Steenkamp getuig dat ons nie uit ons eie aksies en besluite na God aan geskarrel gekom het en ons redding "'n reg op het nie". Maar dat Hy gekies het wie Syne is en nie die wêreld nie.

    Ek vertrou' n sal kan verklaar.

    Groete
    JJ Bezuidenhout

    AntwoordVee uit
    Antwoorde
    1. Hierdie opmerking is deur die outeur verwyder.

      Vee uit
    2. Geagte JJ Bezuidenhout

      Niemand het nog dit ooit betwis dat God 'n ewige verbond met Israel gesluit het nie.
      Israel het egter vir Jesus verwerp wat baie hartseer is, maar in Romeine 11 brei Paulus daarop uit dat God dit ten goede gebruik het om ook die heidene wat glo op Israel, die Olyfboom in te ent. Diegene uit Israel wat glo sal egter ook weer ingeënt word!
      Julle probleem is julle dwaling om (Israel/Jakob) tot slegs blanke nasies te beperk... Dis 'n wilde raaiskoot waarvoor daar geen Bybelse, historiese en antropologiese bewyse bestaan nie, maar wat suiwer gebou is op julle rassevooroordele. Dit druis direk in teen die evangelie wat ons Gereformeerde voorvaders en ook ons volksleiers soos Paul Kruger geglo het! Skande! En dan noem julle julleself Afrikaners! Dis julle wat God se mag betwyfel om self uit die Boesmans vir Hom 'n volk J te kies in ooreenstemming met die nuwe verbond! Skaamteloos verwerp julle Jesus se opdragte om na AL die nasies te gaan en sy herinnering dat die huis van God 'n huis van gebed vir al die nasies moet wees! Gelukkig was daar altyd nog Christene wat Hom gehoorsaam het, en dit het heerlike vrug gedra! Gaan lees bietjie kerk en sendinggeskiedenis, kyk bietjie wyer as Steenkamp en Neser se propagandastukkies!

      Ek stem heeltemal saam dat ons nie uit ons eie na God aangeskarrel kom nie (as u die res van die webjoernaal lees sal u my waardering vir die uitverkiesingsleer vind)... Ek stel dit net dat God vir Hom uit ELKE stam, taal, volk en nasie mense gekies het! God kies onverdienstelik, beslis het Hy ook nie 'n kleurkwalifikasie nie...

      Groetnis
      Johannes

      Vee uit
  11. Geagte ds de Koning,
    U praat namens die grootste godsdiensgroepering op aarde nl. die Christendom met sy Roomskatolistiese leerstellings, die Moeder van al die dogters wat uit haar gebore is.
    Die basis waarvandaan u argumenteer , het u oor eksamen geskryf op Universiteit. U moes harde werk insit om hierdie voorgeskrewe boekekennis te absorbeer en op papier weer te gee en ek moet eerstens erken ek het my al verstom oor die vermoë van die teoloë om die Woord van God verkeerd te bewys! Dit is werklik my persoonlike ervaring dat die predikers in die Christendom almal dieselfde tekse in die Skrif gebruik om die Bybel verkeerd te bewys.
    U sou egter nooit kon slaag indien u nie die leerstellings van Rome onder die knie gekry het nie. Dit is dus nie vreemd dat u met afkeer reageer op elke skrywer wat 'n onderskeid maak tussen die waarheid van die Woord en die teologie wat u aanhang en verkondig nie. U maak duidelik nie onderskeid tussen Kerk en Volk nie. Hierin moet mens u toegee dat u antwoorde altyd 100% korrek is en presies geskoei is op die universele godsdiensmodel van die Antichristelike Roomskatolisime waarvan Paulus praat :
    2Th_2:4 die teëstander wat hom verhef bo al wat God genoem word of voorwerp van aanbidding is, sodat hy in die tempel van God as God sal sit en voorgee dat hy God is.
    Ja en u is veral reg dat alle godsdientse gelyk is en dieselfde god aanbid. Dit staan so geskryf
    Deut_4:19 dat jy ook jou oë nie na die hemel opslaan, en as jy die son sien en die maan en die sterre, die hele leër van die hemel, jou laat verlei en voor hulle neerbuig en hulle dien nie—dinge wat YAHWEH jou God aan al die volke onder die hele hemel uitgedeel het.
    Deut._17:3 en ander gode gaan dien en voor hulle neerbuig, en voor die son of die maan of die hele leër van die hemel—wat Ek nie beveel het nie—
    Miga_4:5 Want al die volke mag wandel elkeen in die naam van sy god, maar óns sal wandel in die Naam van YAHWEH onse God vir ewig en altoos.
    As ons u 'n bietjie advies mag gee; moenie ontsteld raak wanneer mense u met die Skrif konfronteer nie. U teologiese agtergrond het nie vir u die antwoorde oor die skrif nie net so ook moet 'n mens billik wees deur te sê dat ons ook nie antwoorde vir u vind in die Woord van YHWH vir u teologiese stellings nie. Die naaste wat ons daaraan kom is
    Jes.29:13 En YAHWEH het gesê: Omdat hierdie volk nader kom met hulle mond en My eer met hulle lippe, terwyl hulle hul hart ver van My hou, sodat hulle vrees vir My ‘n aangeleerde mensegebod is. Hierdie aangeleerde mensegebod dit is wat u op Universiteit geleer het.
    Laastens wil ek u beleefd versoek om nie wyle ds. G.J.Steenkamp as 'n dwaalleraar te brandmerk nie. U moet nooit vergeet dat hy ook teolgiese opleiding ontvang het soos u nie. Die verskil is egter dat hy die Woord van die Almagtige ontvang het, na sy teologiese opleiding, deur die werking van die Heilige Gees. Ek vertrou werklik dat u ook 'n Damskus oomblik op u pad sal beleef.

    AntwoordVee uit
  12. Beste Johan, myy geloofsfondasies is nie op universiteit gevorm nie, maar in 'n vroom Godvresende ouerhuis. Dis waar ek Jesus as my Here leer ken het en omdat ek Hom ken is ek ook begenadigd om 'n kind van Abram te wees!

    AntwoordVee uit
  13. Geagte ds de Koning
    Ek probeer maar weereens om n opmerking van myself geplaas te kry . Dis vir my hartseer dat u kan “ filter” en besluit wat geplaas en wat nie geplaas sal word nie.
    Gaan lees terug oor ons gesprekke op die forum ten opsigte van die Israel waarheid en wyle ds Gert Steenkamp . U sal merk dat u my vra om n geloofsbeleidenis te bevestig, soos deur u en u kerk onder invloed van Rome voorgeskryf.
    Dan ( vir al u lesers ) lyk dit asof ek weghardloop deur nie te reageer nie. U weet dis nie waar nie. U weet hoeveelkere ek daarna gereageer het maar u dit bloot uitgefilter het. Dit nooit wou plaas nie. Ek wonder waarom? Iets om weg te steek ?
    So ek verwag weereens dat u die plasing nie sal doen nie. Maar dit sal my die finale antwoord op u eerlikheid en intensies bevestig. Ek hoop u het die moed van n mossie om dit te plaas. Indien nie nou ja , u sal eendag daarvoor moet antwoord.
    Vriendelike groete
    André Snyman

    AntwoordVee uit
    Antwoorde
    1. Geagte AF Snyman

      Ek is nie bang om enige kritiek te plaas nie. Ek kan egter nie toelaat dat hierdie platform vir wilde bewerings en persoonlike beledigings misbruik word nie.

      My eenvoudige vraag aan u was soos volg : Beskou u, Andre Snyman die soendood van Jesus Christus die Seun van die Lewende God aan die kruis as algenoegsaam en voldoende sodat enige sondaar, ongeag ras, volk, taal of afkoms wat in Hom glo volledige vergifnis en vryspraak ontvang en sodoende 'n kind van Abraham word?

      Dis nie 'n belydenis wat vanuit Rome af kom nie! Dit kom uit die Skrif. As u die moeite doen om verder in my Blog te lees, sal u tog seker duidelik sien dat ek sterk gekant is teen alle Roomse leerstellings en liberalistiese dwalings. Wees tog net oop en eerlik, vra ek mooi asseblief!

      Antwoord net Ja of Nee. As u die genoegsaamheid van Jesus se soendood bely is u my broer, al sou ons ook watter verskille hê. As u die genoegsaamheid van sy soendood ontken, kan ek u ongelukkig nie broer noem nie. (al is dit vir my baie hartseer)

      Gee 'n kort en duidelike antwoord , dan plaas ek dit. Kom met 'n lang reeks ongegronde bewerings en beledigings, dan plaas ek dit nie. Dis so eenvoudig dit is!

      Vriendelike groete
      Johannes

      Vee uit
  14. Gaan vas en bid 40 dae Johannes dan lees jy weer die profete deur dan sal jy ook sien Vader gaan Kusiete doodmaak.

    AntwoordVee uit
    Antwoorde
    1. Evangelis? Dan weet jy seker van die man uit Afrika wat die evangelie dankbaar aanvaar het? Handelinge 8.

      Vee uit
  15. Ai, Ds de Koning,u en eendersdenkendes trap almal altyd in dieselfde slagyster wat Hand.8:27-38 betref. (Ek merk niemand het u sedert Oktober geantwoord nie. Het u hulle antwoorde geweier, of het hulle bloot moeg geraak vir al u teologiese kennis sonder logika?) "Die man op die wa" soos daardie stuk bekend staan, was verseker nie ’n swart Afrikaan soos wat u voorgee nie. Hy was by die tempel om te aanbid en hy het die boek van Jesaja by hom gehad en hy kon dit lees. Nou wat maak hom ’n swart Afrikaan? Oor hy in Afrika woonagtig was? Kom nou, dominee, daardie man was in diens van die regering van Ethiopië, nes Josef tevore in diens was van Egipte se regering. Onthou, Egipte lê grotendeels in Afrika. Dit maak Josef nie ’n swart Afrikaan nie. Die man op die wa was ’n Israeliet, alles dui daarop!
    Ek merk ook op dat u die Israelbeweging vergelyk met o.a. die Jehova Getuies? Dit openbaar ’n reuse onkunde by u. Terwyl die JG vir Jesus sien as bloot ’n soort super persoon en glad nie as God self nie, terwyl die Israelbeweging Jesus se Godheid erken, wonder mens waarop u u bewerings grond?
    Ek wil nie by ellelange redenasies met u betyrokke raak nie, want u het ’n stewige teologiese klap weg (wat ’n doodloopstraat vir debat beteken), maar ek kon die versoeking nie weerstaan om op Hand.8 te reageer nie.
    Vriendelike groete,
    Martin Beukes.

    AntwoordVee uit
  16. Geen aanvals kommentaar, net dit: as jy wil klou aan ou testamentiese voorskrifte onthou dan alle offers ook. Jesus het met Sy bloed betaal sodat ELKEEN wat in Hom glo nie verlore sal gaan nie maar die Ewige Lewe kan hê.
    Jesusgroete

    AntwoordVee uit
  17. Oky my eerste vraag ? 10 jaar terug was daar nie n swart “ mens” in die kerk toegelaat nie
    Vraag 2 10 jaar terug mag geen gay “ mens” in die kerk toegelaat nie
    10 jaar later is gay en swart toegelaat……. So jou wit seun mag met n swart seun wettig trou in n NG kerk🤣🤣🤣 Baster ……Hoer …… Kerk ….. is die 3 eenige god van julle

    AntwoordVee uit
    Antwoorde
    1. Ek gaan regtig nie 'n gesprek met die duiwel voer nie... maar as jy regtig antwoorde op jou vrae soek sal jy dit beslis in die res van die blog vind...

      Vee uit

  18. Goeie dag,

    Ek het toevallig op hierdie "debat" afgekom nadat ek Ds Steenkamp geGoogle het.
    Hy is reeds in 2009 oorlede en het 'n geweldige positiewe rol in my lewe gehad. Vandag het ek 'n persoonlike verhouding met my Hemelse Vader en 'n diepe dankbaarheid teenoor my Verlosser, Yahshua Messiah vir Sy Genade in my lewe.

    Ds de Koning, die vraag wat ek lees wat u aan die lesers vra is of die lesers glo dat Jesus vir elke persoon se sondes gesterf het, ongeag ras, etniese groep, ens?

    Die vraag wat ek wil vra, is vir watter "sondes" moes Jesus kom sterf het buiten Sy Eie volk se sondes?
    Om die vraag duideliker te maak, watter sondes het die Filistyne gehad? Was hulle sondes dat hulle Dagon aanbid het? Deut 4 wys juis dat gode soos Dagon juis vir ander volke daar gestel is om te aanbid.

    Sonde, is oortreding van die wet. As ek 'n blom pluk, is dit nie Sonde nie, maar as die Skrif sou sê "Jy mag nie 'n blom pluk nie", dan was dit Sonde.

    Die Filistyn het nooit die Wet ontvang nie, dws, die Filistyne het nie Sonde gehad nie. Waarom het die Filistyn dan verlossing van sonde nodig, of te wel, waarom moes 'n Losser vir 'n Filistyn intree?

    Lossing, soos u seker weet is 'n Israelietiese beginsel. n Bloedverwante van jou kon intree en jou skuld koop en as Losser vir jou intree.
    Mat 1:21 "en sy sal ‘n seun baar, en jy moet Hom Yahshua noem, want dit is Hy wat sy volk van hulle sondes sal verlos." AOV

    Nee, ek glo nie dat Jesus vir almal se sondes kom sterf het nie. Hy het vir Sy volk se sondes kom sterf en die van Sy volk wat in hom glo, het kinders van God geword.

    Joh 1:12 Maar almal wat Hom aangeneem het, aan hulle het Hy mag gegee om kinders van God te word, aan hulle wat in sy Naam glo;

    Joh 1:13  wat nie uit die bloed of uit die wil van die vlees of uit die wil van ‘n man nie, maar uit God gebore is.

    Sien, Joh 1:13 tref 'n onderskeid tussen diegene wat uit God gebore is en diegene uit die wil van die vlees gebore is.

    Deu 23: 2 Geen baster mag in die vergadering van YHWH kom nie; selfs sy tiende geslag mag in die vergadering van YHWH nie kom nie.

    Indien ek na Deu 2 kyk, skep God self 'n onderskeid tussen Sy Wil en die wil van die vlees.

    Die verhaal van Isak is netso duidelike bewys. God sê vir Abraham om sy ENIGSTE seun te gaan offer, alhoewel Abraham twee seuns gehad het (Ismael was aansienlik ouer as Isak). Ismael se ma was Hagar, n Egiptiese slavin...

    Dis ook duidelik in die Skrif dat Ismael nooit saam met Isak sou erf nie en Ismael was 'n kind uit die vlees en Isak n kind uit die belofte (of te wel, God se Wil)
    Wie is dus kinders van God?

    Rom 9:4 Hulle is Israeliete aan wie die aanneming tot kinders behoort en die heerlikheid en die verbonde en die wetgewing en die erediens en die beloftes;

    Die Skrif is self duidelik oor die verbonde, die beloftes en Yahweh se Karakter.

    Kyk na die volgende:

    Mat 10:12 Yahshua het hierdie twaalf uitgestuur en hulle bevel gegee en gesê: Moenie gaan op pad na die heidene nie, en moenie ingaan in ‘n stad van die Samaritane nie;
    Mat 10:13 maar gaan liewer na die verlore skape van die huis van Israel.

    Vir die Kananese vrou sê Hy die volgende:
    Mat 15:24 Maar Hy antwoord en sê: Ek is net gestuur na die verlore skape van die huis van Israel.

    In die tuin van Getsemane bid Hy vir Sy dissipels:
    Joh 17: 18 Soos U my gestuur het in die wêreld, het Ek ook hulle in die wêreld gestuur.

    Die sendingsopdrag is slegs vir Israel, nie vir die wêreld nie. Dis slegs Israel wat sonde het, nie die wêreld nie.

    Groete
    Johan Bothma

    AntwoordVee uit
    Antwoorde
    1. Baie dankie Johan vir jou bydra. Jy moet egter nie net tekste in isolasie aanhaal nie, maar in die groter konteks verreken. God het 'n spesiale doel met Israel. Dis reeds duidelik in Sy beloftes aan Abraham. "In jou sal al die geslagte van die aarde geseën wees!" Israel en die beloofde Saad van Abrham, Jesus bring redding na alle mense. Alle mense het gesondig, ook die wat nie onder die wet was nie. Lees die hele Romeine! Die wilde takke (nasies) word ingeënt op die mak olyfboom. (Israel) Lees ook die hele Matteus - "Gaan na al die nasies...!"

      Groete
      Johannes

      Vee uit
  19. My begrip is u teologie sê dat bv. Deut. 23:2 tot nuut is ongeag van Matt. 5:18? U skop soos Paulus teen die prikkels. U antwoorde moet logika bevat en krities wees, nie bloot net sê die vraer is 'n duiwel nie. Hulle het gesê Hy het ook 'n duiwel wil ek u herhinner.

    Glo u Sy Gees het vandag berou dat Hy oor Simson vaardig geword het soos Rig.15:14 verduidelik?

    Glo u Petrus was die klits kwyt dat nadat hy die laken sien neerdaal het, hy sy brief steeds aan die vreemdelinge van die verstrooiing rig? As u nie die skeuring tussen die 2 en 10 stamme verstaan nie staan u geen kans om die nuwe testament te verstaan nie. Die Samaritaanse vrou noem Jakob haar vader en u noem haar 'n baster. Waar kom u aan hierdie versinsel? Sy was nageslag van vrygeraaktes uit die 10 stamme ballingskap. Die 2 en 10 stamme was steeds in vyandskap tydens Sy wandel op aarde en met die barmhartige Samaritaan wys Hy 2 stamme luisteraars hulle moet die strydbyl begrawe, Hy het die middelmuur van skeiding afgebreek.

    Troos u daaraan, as die Israel waarheid nie van Hom is nie, sal dit nie oorleef en ons hele weermag van gewone mense wat hierdie waarheid uitbasuin sal misluk. Dieselfde met die kerk. Die begrip is groter as wyle Ds Steenkamp of enige van die ander leraars so om hom na sy dood te beswadder getuig ongelukkig van swak smaak, daar is geen ander verklaring.

    Tiaan

    AntwoordVee uit
    Antwoorde
    1. Loer gerus by https://youtu.be/O6DJ5Y67YeY?si=USbYa3-6CDfGC13v

      Vee uit
    2. Daar is konsensus onder akademici dat Jes 19:16-25 nie deur die profeet Jesaja geskryf is nie.

      Vee uit
  20. Ek was in Hoërskool Bergvesting as kind.
    Voor dit in die NG Kerk
    Na dit in Lofdal buite Klerksdorp
    Toe begin my Ma antieke geskiendis swot en daar leer ek van verskillende mense se vaste geloof in die belaglikste goed.
    Toe word ek sommer maar n Ateis, want eerder “koud of warm, as lou” reg?
    Ek het by n wonderwerk die lewe geskenk aan n perfekte dogtertjie, en toe ek in haar ogies kyk, TOE ontmoet ek die OORSPRONG van alles.
    Aan elke bewonderaar van Dominee Gert:
    Raak net n oomblik stil. Gaan binne u self, sonder ego, sonder meerwaardigheid of minderwaardigheid. Sonder woede (duidelik is julle kwaad) en soek daardie “Skeppers-Energie” wat in u woon. Daar is soveel vrede en rustigheid by daardie spesiale plek waar die Skepper u sal ontmoet. Dan sal alles duidelik raak, ook die pad wat die Afrikaner moes en nog moet stap.
    Daar is baie in die wêreld eenvoudig net grillerig geword het omdat ons niemand wil “offend” nie, maar daar is ook baie grillerige goed in die wêreld omdat mense nie vir hulle self dink nie. U is nie spesiaal omdat u wit is nie. U is spesiaal omdat u in bestaan gekom het en wanneer alles wat materieel is vergaan, sal ons almal weer bymekaar wees. Soos in die primordial begin.

    AntwoordVee uit
    Antwoorde
    1. Mag jy rus vind in Jesus, die enigste weg, waarheid en lewe!

      Vee uit
  21. Mag die skrywer van die artikel rus vind in Jesus. Mag sy fokus skuif om die Here dieper te leer ken as om oordele uit te spreek teen oor ander mense. Amen

    AntwoordVee uit
    Antwoorde
    1. Baie dankie, ek het volmaakte rus in Jesus en sy volledige offer. Dis juis ter wille van Sy Naam dat ek valse evangelies en vals Jesusse ontbloot. Die Jesus wat die Israelvisie verkondig is 'n mensuitgedinkte Jesus wat ontwerp is om sekeres se plotieke agenda gedienstig te wees...

      Vee uit

Jy is welkom om kommentaar te lewer. Hou dit kort, beleef en op die punt af.
As jy nie iewers geregistreer is nie, gebruik die anonymous opsie.