Die afskuwelike besluit van die Algemene sinode veroorsaak soveel ellende en ontsteltenis... Meer as dit, pyn, werklike pyn. Slapelose nagte. Om te beleef dat ons geliefde kerk, die kerk wat soveel seëninge beleef het en tot soveel seën vir ander was, gekies het vir radikale humanisme teen God se Woord...
[Die liberales hierteenoor juig! Dit herinner weer sterk aan die bekende John Piper se stelling : "At this moment in history, contrary to the other sins listed..., homosexuality is celebrated by our larger society with pioneering excitement. It’s seen as a good thing, as the new hallmark of progress."]
Soveel telefoonoproepe, e-posse*, gesprekke... verbasing en verbystering, vrae en vertwyfeling... "wat nou, moet ek bedank? En waarheen dan?" Die oplossings is nie eenvoudig nie, die antwoorde nie maklik nie... Daar is skape van die Here wat gaan skade ly, as ons oorhaastig optree, (Daar is seker nou 'n hele paar aspirant praktiserende homoseksuele wat beroepe soek... en kan mens jou indink die skade wat dit aan God se kudde gaan doen! Dis om van te sidder!) Aan die anderkant moet ons nie vergeet dat God heilig is nie! Die realiteit is ook dat die kanse op bekering vir die NG Kerk skraal is solank die teologiese fakulteite wat die voorbokke van verval is, toegelaat word om hulle gif onder ons studente te versprei en hulle immuun teen die Woord te maak! En tog kan God in sy soewereine almag bekering skenk, as Hy besluit om te werk, wie kan Hom keer?
WAT NOU?
Voorlopig dink ek... [dis voorlopig, want ek moet nog met my kerkraad saam besin...]
Moenie oorhaastig optree en juis so in die hande van die liberale kerkvernietigers speel nie! (Gaan lees maar op sosiale media hoe van die grootste NG haters juig oor die AS se besluit...hoekom?)
Teken hard en duidelik protes aan. Daar is te veel leraars en lidmate wat tevrede is dat ander ouens namens hulle die stryd stry. Neem die aansporing van Judas vers 3,4 baie ernstig op : " Geliefdes, ek was vas van plan om aan julle te skrywe oor die verlossing waaraan ons almal deel het. Maar nou voel ek my verplig om julle met my brief aan te spoor om te stry vir die geloof wat een maal oorgelewer is aan dié wat God vir Hom afgesonder het.
Die rede hiervoor is dat sekere mense ongemerk julle geledere binnegedring het, goddelose mense wie se veroordeling lank reeds vas staan. Hulle misbruik die genade van ons God. Hulle gebruik dit as dekmantel om losbandig te lewe, en hulle verwerp ons enigste Meester en Here, Jesus Christus."
Terloops. Die kastige pastorale brief van die Algemene Sinode walg my, dis net mooi woorde sonder betekenis. Hulle paai nou hard, want hulle weet die kerk gaan nou lidmate verloor. Ons moet nie mislei word nie, maar duidelik opkom vir die waarheid!
Terloops. Die kastige pastorale brief van die Algemene Sinode walg my, dis net mooi woorde sonder betekenis. Hulle paai nou hard, want hulle weet die kerk gaan nou lidmate verloor. Ons moet nie mislei word nie, maar duidelik opkom vir die waarheid!
Daar rus 'n plig op ons elkeen wat die waarheid liefhet om juis nou meer as ooit tevore die skape van die Here Jesus te versorg. Hulle is verward, geskok, stukkend, want ons kerk steek ons in die rug, die kerk waarvoor hulle hard werk, opgeoffer het, vir wie ons opkom in 'n vyandige omgewing. Ander kerke verdink ons nou van als wat sleg is (kan mens hulle kwalik neem?), ja selfs die Rooms Katolieke verstaan die Woord nou beter as ons op hierdie bepaalde punt! Ons moet mekaar vashou en bemoedig. Ek het vele bewyse van die diepe geskoktheid en volslae verbystering wat getroue lidmate nou beleef...
Wees voorbereid op vervolging! Vanoggend in my stiltetyd is ek getref deur Jesus se woorde in Johannes 15:18,19 - "As die wêreld julle haat, onthou: Hy het My voor julle gehaat.
As julle aan die wêreld behoort het, sou die wêreld julle as sy eiendom liefgehad het. Omdat julle egter nie aan die wêreld behoort nie, maar Ek julle uit die wêreld uitgekies het, daarom haat die wêreld julle."
Dieselfde manne wat so mooi oor verdraagsaamheid praat, gaan die eerste en die hardste byt... Gaan lees die sosiale media.
Dieselfde manne wat so mooi oor verdraagsaamheid praat, gaan die eerste en die hardste byt... Gaan lees die sosiale media.
Dink nugter oor wat gebeur het. Die Algemene Sinode se besluit verteenwoordig 'n minderheid in ons kerk. Ek het geen twyfel dat as ons gemeentes hieroor sou stem soos in die geval van die voorgestelde Artikel 1 wysiging, die meerderheid teen hierdie verval sou stem nie! En buitendien, ons weet dat die Woord en die Belydenisskrifte aan ons kant is, waarom sou ons terugdeins? Wat ek wil sê, moenie te gou skrik vir die AS nie. Hulle is nie die kerk nie!
Soek God se wil biddend saam met medegelowiges! Die Here sal sy getroues nie in die steek laat nie en sal aan ons genade en wysheid skenk...Hy doen dit veral binne die gemeenskap van gelowiges. As ons dan moet vlug, dan sal Hy vir ons bekendmaak wanneer en waarheen deur die gesamentlike wysheid wat die Heilige Gees ons gee.
Intussen, laat ons die Woord tydig en ontydig bring...
Intussen, laat ons die Woord tydig en ontydig bring...
[Laat weet hoe jy dink en kom ons bemoedig mekaar, maak gerus gebruik van die kommentaar funksie hieronder]
*So skryf 'n kosbare broer wat die Here in die sendingveld dien :
" Beste Johannes,
Ek is nou erg ontsteld en verward – inderdaad in ‘n
krisis - n.a.v. gister se besluit deur die Algemene Sinode dat homo-paartjies
OK is en nou mag “trou” en dat teologiese studente en leraars nie meer selibaat
hoef te wees nie."
*So skryf 'n kosbare broer wat die Here in die sendingveld dien :
" Beste Johannes,
[Mariental NG Kerk - oudste gemeente van die NGK in ons land, eers bekend as die Gibeon gemeente]