BAIE WELKOM!

Deel in die ryk seëninge uit God se WOORD! Dit sal ook lekker wees om van jou te hoor! Neem dus vrymoedigheid om kommentaar te lewer (by OPMERKINGS), maar doen dit asseblief altyd op 'n smaakvolle en verantwoordbare manier. Onbeheerste galbrakery sal nie geplaas word nie... Die opinies hier uitgespreek is my eie tensy duidelik anders vermeld. Hierdie webjoernaal is nie 'n amptelike spreekbuis van die NG Kerk in Namibië of die Tsumeb gemeente nie.
Wys tans plasings met die etiket Buitengewone Algemene Sinode 2016. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket Buitengewone Algemene Sinode 2016. Wys alle plasings

Saterdag 19 November 2016

"SY VRYE REG"

Ons het seker nou almal reeds kennis geneem van  die beswaar teen ds. Dirkie van der Spuy wat via DIE KERKBODE se digitale weergawe gevoer word. (kliek op VELDTOG TEEN VAN DER SPUY)

Die verblydende nuus is dat die voorsitter, onder voorsitter en algemene sekrataris van die moderamen 'n verklaring uitgereik het waarin gemeld word dat dit ds. Dirkie se "vrye reg" is om sy tevredenheid met die AS 2016 besluit in 'n e-pos aan sy gebedsondersteuningsgroep uit te spreek. Volgens die verklaring kan dit nie veroordeel word as 'n persoon bly is oor 'n besluit van die AS nie.

Ek is werklik dankbaar dat nugtere oordeel geseëvier het! Weereens 'n oorwinning vir die waarheid en liefde!


Dinsdag 15 November 2016

OP HULLE AGTERPOTE

- die liberales het hulle mes in vir Ds. Dirkie van der Spuy.

[Kom ons bid vir hom en ondersteun hom]

Dis nou reeds algemeen bekend dat die Buitengewone Algemene Sinode (BAS) van 2016 'n baie meer Skrifgetroue besluit oor die selfdegeslagkwessie geneem het as die AS 2015 wat aan praktiserende homseksuele predikante die groen lig gegee het. Die BAS 2016 besluite is baie versigtig  (myns insiens te vaag) verwoord, maar dit kom in wese wel neer op 'n omkering van AS 2015 se besluite en kan beslis as 'n oorwinning vir die evangelie beskou word. Ja, inderdaad kan ons die hand van die Here hierin sien, al moet ons besef dat die stryd om die hart en siel van die NG Kerk beslis nie verby is nie. Met die teologiese fakulteite as teelaardes vir liberalisme sou dit uiters kortsigtig wees om te dink dat die draers van die pro-gay agenda nou gaan stilbly en hulle by die BAS 2016 se besluite gaan neerlê. Dit het nou reeds duidelik geword in die aanvallende ope brief wat aanvanklik deur 172 persone onderteken is en gemik is teen ds. Dirkie van der Spuy van Moreleta Park NGK op grond van 'n e-pos wat hy kort na die BAS 2016 besluit uitgestuur het.

Intussen het die getal ondertekenaars aangegroei tot meer as 600. Natuurlik het elke persoon seker die vryheid om te teken wat hy wil, maar ek wonder net of dit nou eties korrek en normaal is dat 'n blad soos DIE KERKBODE as ywerige platform gebruik word om 'n lid van die moderatuur te beswadder? Dit lyk asof die redakteur baie entoesiasties meedoen, want die getal ondertekenaars word gereeld opgedateer... Neels , ek wonder of jy so 'n petisiebrief  teen die professore wat byvoorbeeld die liggaamlike opstanding van Jesus ontken het sou toelaat?

Onderaan is die brief wat ds. Dirkie in sy privaat hoedanigheid gestuur het. Oordeel maar self of hy iets verkeerds gedoen het. My siening is NEE. Is dit verkeerd om bly te wwes vir 'n oorwinning van die Woord? Wil die liberales wat wyd en syd hulle dwalinge verkondig nou aan 'n predikant kom voorskryf oor wat hy mag skryf en sê? (Die ironie is dat van die ondergetekendes self die allergruwelikste dwaalleer in die openbaar kwytgeraak het)

DS. VAN DER SPUY SE BRIEF

Broers en susters,

Hier is die besluit van vanmiddag.

Baie dankie vir julle gebede en ondersteuning.

Dit was ‘n geweldige stryd maar uiteindelik ‘n wonderlike oorwinning vir God en sy Woord.

Die Here het Moreletapark se besluit wat goedgekeur is deur die AS, gebruik om ‘n keerpunt in die besluite te bring en die hele koers van besluite in ‘n nuwe rigting te stuur.

2015 se ongelukkige besluite wat soveel stryd en ongelukkigheid veroorsaak het, is van die tafel af en met nuwe behoudende besluite vervang.

Dit was weereens vir my wonderlik om te sien hoe die Here self kom oorneem het en ‘n wonderwerk in Sy kerk kom doen het.

Sien ook: Die NG Kerk se buitengewone Algemene Sinode het hard en duidelik nee gesê vir enige seksuele verhoudings tussen mense van dieselfde geslag. Die sinode het herbevestig “dat die huwelik deur God ingestel is as ‘n heilige en lewenslange verbintenis tussen een man en een vrou en dat enige seksuele gemeenskap buite so ‘n vaste formele ▸▸▸ http://kerkbode.christians.co.za/2016/11/10/ng-kerk-se-nee-vir-gay-verhoudings/


Seënwense
Dirkie


OPE BRIEF VAN 172 (aan dr. Claassen die algemene sekretaris van die NGK)

Beste dr Claassen

Ons het met onsteltenis kennis geneem van ‘n e-pos wat direk na afloop van die Buitengewone Algemene Sinode deur ds Dirkie van der Spuy aan onder andere gemeenteleiers van die NG Gemeente Moreletapark gestuur is. (Die e-pos word by hierdie skrywe aangeheg).

Ons wil ten sterkste beswaar maak teen sowel die inhoud as die triomfantelike toon van sy skrywe.

Uit sy verwysing na die “geweldige stryd” en die “wonderlike oorwinning vir God en sy Woord” is dit duidelik dat dit hier oor veel meer gaan as persoonlike instemming met die besluit wat deur die sinode geneem is.

Die duidelike implikasie van sy woordkeuse is dat die standpunt van die persone wat tydens die vergadering in die minderheid gestem het, in stryd is met God en met sy Woord. Dit word bevestig deur die feit dat die uitslag van die besluitneming deur hom beskryf word as ‘n bewys dat “die Here self kom oorneem het en ‘n wonderwerk in Sy kerk kom doen het.”

Behalwe dat ons op ‘n baie diep vlak aanstoot neem aan hierdie kwalik bedekte beskuldiging van kettery en/of leerdwaling, dink ons ook dat dit uiters onverantwoordelik van ‘n persoon in ‘n leiersposisie in die NG Kerk is om hom op so manier uit te spreek – veral in hierdie tyd van groot spanning en dreigende skeuring in die kerk waarvoor ons almal lief is.

Ons is ook besorgd oor die verwysing in ds Van der Spuy se skrywe na “Moreletapark se besluit wat goedgekeur is deur die AS.” Dit wek die indruk dat daar ‘n versteekte agenda agter die verloop van die vergadering was, en dat die vergadering dus op ‘n onaanvaarbare wyse gemanipuleer is.

Dit is vir ons moeilik om te dink dat hy kan voortgaan om hierdie leiersrol in die moderatuur en in die moderamen te vervul sonder om die verdeeldheid wat daar reeds in die kerk is, verder te versterk.

Ons sal dit waardeer as daar dringend aan hierdie aangeleentheid aandag gegee kan word en hoop dat die optrede wat daaruit voorspruit, die vertroue in die leierskap van die Algemene Sinode sal herstel.

Groete in Christus




André Bartlett
Julian Müller
Ronell Bezuidenhout
Cecile Cilliers
Annemie Bosch
Nico van Rensburg
Wentzel van Huyssteen
Carike Noeth
Jan Viljoen
Benjan Knoetze
Tielman Roux
Jacobie M. Helena Visser
Eduard Enslin
Delene van Dyk
Riaan de Villiers
Ghisnene Muller
Hennie Pienaar (jr)
Deon Kitching
Johann Enslin
Johan Janse van Rensburg
Corneil Oberholzer
Johan Stander
Johan van der Merwe
Carin van Schalkwyk
Anje Zeeman
Elzanne van der Westhuizen
Jan Coetzer
Michelle Nieuwoudt-Boonzaaier
Nina Müller van Velden
Leon Forsmann
Willie Badenhorst
Renier Lourens
Felix Smith
Hennie Pienaar (sr)
Emma Pienaar
Pieter Visser
Samuel Heine
Lyn van Rooyen
Gideon van der Watt
Andries Erwee
Stefan de Klerk
Helgard Pretorius
Phillip Potgieter
Luané Buys McLachlan
Coenie Nolte
Johan Conradie
Lulani Vermeulen
Wynand du Plessis
Martin Lazenby
Charon Buchner Marais
Sunelle Stander Lays
Marlene Schader
JP Ellis
Christi Thirion
Gerhard Bothma
Alphonso Groenewald
Johan Vorster Beyer
Judith Kotzé
Douw G Willemse
Pieter Dorey
Hein Kotzé
Fanus Hansen
Izak Muller
Johan Janse van Rensburg
Schalk van Wyk
Auke Compaan
Johan Botha
Elize Morkel
Marietjie van Loggerenberg
Frans Klopper
Ben du Toit
Jacob Meiring
Jaco Botha
Bianca Botha
Tiana Bosman
Liezel van der Westhuizen
Erna van der Westhuizen
Annelet Slazus
Lidia Theron
Barend Nel
Esmarie Mare
Danie Veldsman
Chris McLachlan
Louis van Niekerk
Evert Knoesen
Etienne van Zyl
Elretha Bartlett
Andreas van Rooyen
Amanda Strydom
Marna Nel-Steyn
Aletta Ellis
Sanel Roux
Marilize Kalis
André Kalis
James Kirkpatrick
Gerda-Marié van Rooyen
Retief Müller
Johann Meylahn
Irma Nel
Jan Nel
Lou-Maré Denton
George Rauch
Linette Retief
Freddie van der Westhuizen
Wouter de Wet
Sias Botha
Etienne Pheiffer
Louis Jonker
Neels du Plooy
Julie Claassens
Charlene van der Walt
Michiel Strauss
Cobus Bester
Llewellyn Jackson
Werner Venter
Han Janse van Rensburg
Francois Claassens
Eureka Oosthuizen
Anton Bester
André Agenbag
Daniel D de Kock
Schalk W Naudé
Sara Fouche
Eulogia Murray
Attie Botha
Adriaan van der Wart
André Smuts
Charles Naudé
Colleen Naudé
Terence Cooke
Jana Dickason
Johan van den Heever
Dawfré Theron
Arno Meiring
Lieze Meiring
Frans du Plessis
Dirk Cilliers
Brando Smit
Piet Meiring
Dawid de Villiers
Gerda de Villiers
Cas Wepener
Dieter de Bruin
Nadia Marais
Marié Britz
Eugene Malan
Murray Coetzee
Gys Loubser
Johan van der Merwe
Ida Brink
Almatine Leene
FD Hugo
Anton Pienaar
Dewald Niemandt
André de Villiers
Antje du Plessis
Doret Niemandt
Charl Janse van Rensburg
Marius J Nel
Jeremy Punt
Laurie Gaum
Steyn Kleynhans
Braam le Roux
Robert Vosloo
Wiehahn Maritz
Michelle Marais
Jeanine Hepburn
André de Villiers
Aneleh Fourie le Roux*

My verdere kommentaar : Nou wonder ek maar net wat is fout as 'n predikant aan sy gemeente leiers 'n e-pos stuur waarin hy die Here dank vir 'n oorwinning van die waarheid oor die leuen? Die liberales (waaronder teologiese proffesore) verkondig  wyd en syd hulle teologiese voorkeure op sosiale media en in die pers... Het mens nie meer reg op eie opinie as dit indruis teen die vrysinnige teologie nie?  Hierdie lys name is meestal ou bekendes in die kringe van die liberale teologie, gay propaganda saak en saampraters in Jean Oosthuizen se Facebook en Twitterkoor... Ongelukkig is daar ook persone uit Namibië wat hierdie heksejag teen ds. Dirkie (voormalige predikant van die gemeente Pionierspark) blykbaar goedpraat. Voorwaar, alle Godvrugtiges sal vervolg word...  Kom ons ondersteun ds. Dirkie van der Spuy in die gebed en soos die Here ons mag lei.

*slegs die name van die aanvanlike groep word hier genoem

Vir die jongste verwikkeling (Vrydag 18 November) kliek op VRYE REG


Dinsdag 01 November 2016

NEE DANKIE, NEELS!

Dis baie hartseer dat DIE KERKBODE, die eens gerespekteerde koerant van die NG Kerk nou ‘n mondstuk geword het vir die humanisties gedrewe LGBTQ agenda wat sy kloue binne in die hart van die kerk inslaan. Daar word geen moeite ontsien om aktief die LGBTQ saak ter wille te wees nie. So word prop. Hennie Pienaar ‘n self erkende homoseksueel spesiaal vir sy opinie gevra, en selfs ‘n pro gay video word op DIE KERKBODE se webblad gelaai. Die jong teoloë wat beweer dat selfs biseksualiteit ‘n gawe van God is se belydenis word geplaas! (Kliek BOSE BELYDENIS) Die oorheersende argument is – dit gaan oor mense! “Liewe Sinode dit gaan oor mense, regte mense!”* Die mens met sy behoeftes en begeertes staan voorop, wat die Skrif regtig leer is nie meer so belangrik nie. Wat die Bybel sonde noem is nie juis meer ter sake nie. (Dis verstaanbaar, want die Teologiese fakulteite leer mos dat die Bybel maar net nog ‘n menslike boek oor God is.) Die groot hartseer is natuurlik dat juis die grootste behoefte van die mens naamlik verlossing van ons sonde nou in gedrang kom, want Jesus kan ons net van sonde verlos as ons dit wat God se Woord sonde noem as sonde erken en bely!

In sy redaksionele kommentaar wek Neels Jackson die indruk dat als reg is solank mens maar net ‘n gedoopte lidmaat van die kerk is! Nee, Neels, terwyl jy vir Petrus** in jou argument inspan, wat dan van Petrus se woorde: “Soos gehoorsame kinders moet julle nie jul lewe inrig volgens die begeerlikhede wat tevore in julle onwetendheid bestaan het nie.”?  (1 Petrus 1:14)

In alle billikheid, Neels gee ruimte aan ander standpunte ook, soos byvoorbeeld die van Prof Jan van der Watt. Dit lyk egter of dit maar net vir die skyn is, want verdien die propagering van sonde hoegenaamd 'n plek in 'n publikasie soos DIE KERKBODE? Dis in elk geval duidelik waar die redakteur se sentimente fokus.

DIE KERKBODE se pro homo rigting hoef egter niemand te verbaas nie. Neels Jackson is ‘n uitgesproke voorstander van selfdegeslaghuwelike. Dit was reeds sy standpunt toe hy nog Beeld se kerksakeverslaggewer was. Hy het toe reeds geskryf:

Die NG Kerk praat deesdae graag oor menswaardigheid, maar solank kerkmense gays stereotipeer en byvoorbeeld die reg op ’n huwelik wil ontsê, sal dit hol woorde bly.

Maar ook wat dit betref, is die skip aan die draai.

Baie mense sal voel die groot draai van die skip gaan te stadig.

Vir ander is dit ontstellend vinnig. Maar vir almal is dit waarskynlik onomkeerbaar.

Nee dankie, Neels, ons is nie lus vir jou propaganda nie! DIE KERKBODE is ook nie meer welkom in ons gemeente nie! Ons kan tog nie hierdie breinspoeling van ons lidmate goedsmoeds aanvaar nie.

* Opskrif by prop. Hennie Pienaar se pleidooi.

** Die woorde van Petrus op die apostelvergadering in Jerusalem waarna hy verwys was : "Nee! Ons, en ook hierdie gelowiges, glo dat ons net deur die genade van die Here Jesus gered word." Redding deur genade het egter nog nooit die opdrag tot heiligmaking en juis ook in 'n sedelike sin ongedaan gemaak nie! Dit beteken allermins dat sedelose gedrag soos sodomie goedgepraat is deur die apostels!



Saterdag 29 Oktober 2016

BUITENGEWONE ALGEMENE SINODE

- die Ooste vra vir die herroeping van die 2015 besluit oor selfdegeslagverhoudings!

Die Algemene Sinode 2015 se onskriftuurlike, onnadenkende en inkonsekwente besluit oor selfdegeslagverhoudings het onmeetlike skade en verwarring in die kerk veroorsaak. Dit het onder andere gevra vir die toelating van praktiserende homoseksuele predikante. Verskeie streeksinodes (waaronder ook Namibië) het hierdie besluit verwerp. Nou is dit verblydend dat een van die groot streeksinodes, die Oostelike Sinode ook gevra het vir 'n herroeping van die 2015 besluit. (sien 5.3 van die beskrywingspunt hieronder) *

BESKRYWINGSPUNT AAN DIE BUITENGEWONE VERGADERING VAN DIE ALGEMENE SINODE,

GEHOU TE WORD 7 TOT 10 NOVEMBER 2016 TE PRETORIA


1.          EENHEID EN DIVERSITEIT

Die Oostelike Sinode loop reeds 'n lang pad met die saak van selfdegeslagverhoudings en ons is diep bewus van die diversiteit van beskouings binne ons Sinode. Ons lê die volgende aan u voor as getuienis en standpunte.

Op ons pad tot hier het ons daarin geslaag om ten spyte van ons verskille mekaar vas te hou en familie te bly wat vir mekaar omgee en ruimte skep. Ons vorige besluite in 2003 en 2005 het gespreek van hierdie gesindheid.

2.          Uittreksel uit die standpunte en besluite van 2003

2.1 Saambindende Uitgangspunte

2.1.1  Die Sinode het met deernis geluister na die verhale van lidmate van die Kerk wat hulleself beleef as homoseksueel georiënteer en tegelyk die begeerte het om hulle Christenskap binne die geloofsgemeenskap van die Kerk uit te leef.

2.1.2  Die Sinode erken met spyt dat daar dikwels in die verlede nie genoeg sensitiwiteit en begrip vir die situasie van persone met 'n homoseksuele oriëntasie binne kerklike geledere was nie.

2.1.3  Die Sinode onderskryf die saambindende uitgangspunte wat deur die Diensgroep vir Homoseksualiteit geformuleer is, naamlik:

dat alle mense, ongeag oriëntasie, geslag, ras en kulturele agtergrond met respek en medemenslike liefde bejeën en behandel moet word;

en
dat persone wat verskillende standpunte oor homoseksualiteit huldig, mekaar nie in die proses van besinning sal verloor nie;

en
dat homoseksualiteit 'n komplekse aangeleentheid is en dat mense dit verskillend beleef;

en
dat alle mense onderworpe is aan die gebrokenheid van hierdie sondige wêreld en 'n behoefte het aan verlossing in Christus.  Alle mense moet streef na die heelheid in Hom.
2.1.4  Die Sinode oordeel dat alle mense wat  glo, hulle Christenskap in die kerk behoort uit te leef, ongeag hulle seksuele oriëntasie.

2.2 Verskillende sienings

2.2.1  Die Sinode is nie eenstemmig oor die manier waarop 'n homoseksuele oriëntasie verstaan en hanteer behoort te word nie.  Dit blyk veral duidelik uit die twee teenstrydige verslae uit die geledere van die Diensgroep vir Homoseksualiteit.  Sommige meen dat die beoefening van homoseksualiteit sonde is en dat die enigste aanvaarbare opsie 'n lewe van seksuele onthouding (selibaat), of 'n verandering in oriëntasie is, terwyl ander oordeel dat dieselfde norme in 'n homoseksuele verhouding moet geld wat in 'n heteroseksuele huwelik geld.

2.3 Proses

Punt ses:  Die Sinode erken hiermee dat ons nie 'n eenstemmige antwoord kan gee op 'n hoogs ingewikkelde vraagstuk nie en oordeel dat die proses van besinning met die oog op uiteindelike besluitneming moet voortgaan.  Die klem moet egter verskuif na 'n ernstige poging om die teenoorstaande standpunte op 'n eerbare en verantwoordelike wyse nader aan mekaar te bring. Die uitgangspunte bly steeds 'n ernstige en afhanklike soeke na die wil van God en 'n onvoorwaardelike liefde vir die medemens.
(...)
Punt agt:  Die Sinode oordeel dat besinning oor die manier waarop 'n homoseksuele oriëntasie deur Christene hanteer behoort te word, nou doelgerig op alle vlakke van die kerklike gemeenskap en veral in gemeentes gevoer moet word.

2.4 In 2003 het die sinode sy afgevaardigdes hieroor getoets en die uitslag hieroor was soos volg

2.4.1 Die Kerk het reg opgetree deur verskoning te vra vir gedrag in die verlede wat mense met homoseksuele oriëntasie seergemaak het.

2.4.2​ Die huwelik word gesien as ’n verbintenis tussen een man en een vrou en huweliksluiting tussen homoseksuele paartjies is glad nie aanvaarbaar nie.

2.4.3 ​Die interpretasie van die Skrifgegewens oor homoseksualiteit skep probleme.  Hieroor bestaan daar standpunte wat teenoorstaande pole verteenwoordig.

2.4.4 Die term “seksuele oriëntasie” wat in die gesprek oor homoseksualiteit gebruik word, vra verdere verheldering wat navorsing oor die oorsake vir homoseksuele gedrag, verhoudings en deelname aan die geloofsgemeenskap insluit.

3.          Uittreksel uit die standpunte en besluite van 2005

3.1 In 2005 is die volgende besluite geformuleer:

3.1.1 ​Die Sinode onderskryf die evangelie-boodskap dat die genade van die Here vir elkeen geld.

3.1.2​ Die Sinode bevestig dat lidmaatskap op grond van ’n persoon se geloofsverklaring berus.

3.1.3 ​Die Sinode bevestig dat die huwelik Skriftuurlik gesien word as ’n verbintenis tussen een man en een vrou.

3.1.4 ​Die Sinode verklaar dat huweliksluiting tussen homoseksuele paartjies glad nie Bybels aanvaarbaar is nie.

3.1.5 ​Die Sinode erken dat die Skrif-gegewens oor homoseksualiteit verskillend vertolk word.

3.1.6 ​Die Sinode verklaar dat dit die  Sinode se oorheersende standpunt is, dat die beoefening van homoseksualiteit teen die leer van die Bybel is.

3.1.7 ​Die Sinode versoek verdere opheldering oor die term “homoseksuele oriëntasie,” wat in die gesprek gebruik word.  Dit sluit ook navorsing oor die oorsake vir homoseksuele gedrag, en die aard van homoseksuele verhoudings in.

3.1.8 Die Sinode verseker homoseksuele persone van die NG Kerk se opregte pastorale bewoënheid en verklaar dat alle mense hartlik welkom in ons gemeentes is.

3.1.9 Die Sinode verklaar dat homoseksuele gedrag teen die leer van die Bybel is.

3.1.10 Die Sinode versoek dat vir enige voortgaande besinning ingevolge punte 3.1.5 en 3.1.7 homoseksuele mede-gelowiges wesenlik deel van die proses sal wees.


3.2 Die Sinode verklaar:

3.2.1 Ons is deel van die familie van Christus.  Ons verskil tans nog oor hoe om gelowig na te dink oor homoseksualiteit.  Ons stem wel saam dat alle mense in die Kerk welkom is.  Ons stem ook saam dat ons sag met mekaar moet wees en nie te vinnig moet oordeel nie.  Wat verkeerd is, kan egter nie goedgepraat word nie.

3.2.2 Ons verskil oor hoe om die Bybel te verstaan. Vir die meerderheid van ons afgevaardigdes, gemeentes en lidmate is die Skrifgegewens duidelik teen enige homoseksuele dade.  Hierdie lidmate glo dat ons die Bybelwoorde sal verswak en God se heiligheid oneer sal aandoen, as ons enigsins homoseksuele dade goedpraat.

3.2.3 Vir ’n minderheid van afgevaardigdes, lidmate en gemeentes is dit nie duidelik hoe die Skrifgegewens toegepas moet word nie. Hierdie lidmate wil graag langer nadink oor hoe ons die Bybeluitsprake oor sake soos hierdie in nuwe tye moet verstaan en toepas.

3.2.4 As familie wil ons aan mekaar vashou, want ons het mekaar nodig.  Die Gees is immers aan ons almal saam gegee.  Ons aanvaar mekaar se goeie trou in hierdie saak. Trouens, die hantering hiervan het ’n openbare toets van liefde geword. Ter wille van God se eer gaan ons hierin slaag.

4.          die 2015 besluite oor selfdegeslag verhoudings

Na aanleiding van die 2015 besluite oor selfdegeslag verhoudings het die Sinodale Diensraad op verskillende maniere vir leraars, gemeentes en ringe terugvoer gevra oor die besluite. Daar is ook twee konsultasies met leraars gehou om hulle terugvoer te kry.

Die meeste kerkrade en ringe se terugvoer oor die besluite was negatief, maar daar was ook ’n aantal gemeentes en leraars wat positief was oor die besluite of nie ’n probleem daarmee gehad het nie. Dit is kenmerkend van die diversiteit wat ons weet in die Sinode bestaan.

5.          sinodesitting van 23 TOT 26 Oktober 2016

Tydens die sinodesitting van 23 tot 26 Oktober 2016 is die saak weer op die Sinode se tafel geneem. ’n Gespreksdokument het voor die Sinode gedien wat gebaseer is op bogenoemde terugvoer en ’n aantal beskrywingspunte wat van gemeentes gekom het. Tydens die sitting het ’n aantal individue ook voorstelle ingedien. Dit alles is gekonsolideer en het voor die Sinode gedien. Die volgende besluite is goedgekeur en word nou as ’n beskrywingspunt na die Algemene Sinode deurgestuur:

5.1 Die Oostelike Sinode stuur die onderstaande besluite aan die Buitengewone sitting van die Algemene Sinode deur met die bewustheid dat daar nie in die Sinode eenstemmigheid hieroor is nie. In ons familie is daar ook ander standpunte en die Sinode wil duidelik ons waardes van eenheid te midde van diversiteit onderstreep.

5.2 Die Sinode bevestig die uitgangspunte, verklarings en besluite van 2003 en 2005 rakende homoseksualiteit en stuur dit na die Algemene Sinode.

5.3 Die Sinode versoek die Algemene Sinode om die besluit oor selfdegeslagverhoudinge te herroep in die lig van die feit dat die vergadering nie getrou was aan 'n vorige besluit van 2004  [Algemene Sinode Besluiteregister 2004 p 428] om eers met gemeentes in gesprek te gaan voordat 'n sensitiewe besluit geneem word nie, en dat die besluite van 2007 en 2013 oor selfdegeslagverhoudings as die standpunt van die NG Kerk sal geld.

5.4 Die Sinode bevestig dat “slegs die verbintenis van een man en een vrou as ’n huwelik beskou word” (Algemene Sinode 2015) en dat “dat seksuele gemeenskap buite so ’n vaste, formele verbintenis/verhouding nie aan Christelike riglyne voldoen nie” (Algemene Sinode 2013).

Die Sinode het besluit om die “verbintenis/verhouding” duideliker te omskryf as ’n huweliksverbintenis, soos in die volledige 2013 besluit verwoord: “Die Algemene Sinode oordeel dat, in die lig van bostaande, gelowiges met reg die huwelik ’n gawe van God noem en dat seksuele gemeenskap buite so ’n vaste, formele verbintenis/verhouding nie aan Christelike riglyne voldoen nie.”

5.5 Die Sinode versoek dat daar herbesin moet word oor seks binne en buite die huwelik. Daar blyk ’n dubbele standaard geskep te word tussen homo- en heteroseksuele predikante. Indien ’n burgerlike verbintenis nie ’n huwelik is nie (soos die 2015 besluit dit stel), val seks binne so ’n verbintenis of selfdegeslagverhouding buite die aanvaarbare grense wat die Sinode self gestel het op grond van Bybelse riglyne.

5.6 Die Sinode bevestig die oortuiging dat die Bybel hoër morele eise aan leiers stel (Jakobus 3:1) en soos wat dit neerslag vind in die Kerkorde. Daarom kan geen persoon wat in 'n saamwoon-verhouding of 'n "ander formele verbintenis / verhouding" (bv 'n burgerlike verbintenis) staan, as leraar dien of tot die bediening toegelaat word nie. Dieselfde seksueel-etiese vereistes wat aan ongetroude heteroseksuele predikante gestel word, word ook aan homoseksuele predikante gestel. 

5.7 Kerkrade besluit self oor die vereistes waaraan ander leiers in die gemeente moet voldoen en vervat dit in 'n beleidsdokument.


5.8 Die Algemene Sinode word versoek om beleidsbesluite oor pastorale kwessies in die hande van gemeentes te los en nie beleidsbesluite hieroor te neem sonder konsultasie nie. 

* My plasing van hierdie beskrywingspunt beteken nie noodwendig dat ek met alles daarin saamstem nie. Ek is wel bly oor die duidelike versoek tot herroeping van die 2015 besluit en die sterk pleidooi vir seksuele reinheid.