BAIE WELKOM!

Deel in die ryk seëninge uit God se WOORD! Dit sal ook lekker wees om van jou te hoor! Neem dus vrymoedigheid om kommentaar te lewer (by OPMERKINGS), maar doen dit asseblief altyd op 'n smaakvolle en verantwoordbare manier. Onbeheerste galbrakery sal nie geplaas word nie... Die opinies hier uitgespreek is my eie tensy duidelik anders vermeld. Hierdie webjoernaal is nie 'n amptelike spreekbuis van die NG Kerk in Namibië of die Tsumeb gemeente nie.

Vrydag 01 Augustus 2014

GAZA, ISRAEL EN DIE BYBEL

- hoe behoort evangeliese Christene op dié konflik te reageer?

AAN WIE SE KANT?



“Natuurlik moet Christene aan Israel se kant wees, dis mos God se volk en dis mos die land wat Hy aan die nageslag van Abram beloof het.” Tradisioneel is dit seker die meeste Christene se siening, maar is dit Bybels? Om sommer mee te begin, die nageslag van Abram is volgens die Nuwe Testament nie meer etniese Jode nie, maar almal wat in Jesus glo! “Julle sien dus dat dié wat glo, kinders van Abraham is.” (Galasiërs 3:7) Wat God vir die volk Israel gesê het na die bevryding uit Egipte, word nou in die Nuwe Testament direk net so van toepassing gemaak op die kerk. (Vergelyk Eksodus 19:4-6 met 1 Petrus 2:9-10)* As ons konsekwent Bybels wil wees, moet ons sê dat ons broers en susters (ook in die konteks van die Israeli – Palestynse konflik), nie die Jode is nie, maar die Christene! En nou mag dit dalk vir sommige nuus wees – nie alle Palestyne is Moslems nie, daar is ook Christene onder hulle. Weliswaar net so wat 'n duisend in Gaza, maar ongeveer 8% in die Wes Bank en byna 10% van Israel se Arabiese bevolking. Om outomaties altyd aan die staat Israel se kant te wees en als wat hulle doen blindelings goed te praat, hou nie rekening met hierdie feite nie. “Ja, maar die land is tog aan die Israeliete beloof en hulle het die reg om dit te vat! Volgens die beloftes van God gaan die tempel ook herbou word.” Kanaän, moet ons goed verstaan was ‘n tydelike fase in God se heilsopenbaring. God se volk, almal wat nou in Jesus glo sien nou uit na die ewige Kanaän! Die beloofde land kan dus nie sommer net klakloos gelykgestel word met die huidige staat Israel nie! Net so is die tempel van God binne die bedeling van die Nuwe Verbond, nie meer ‘n fisiese gebou nie, maar die kerk van Jesus, waarvan Hyself die hoeksteen is. Die ou tempel is vir altyd verwerp soos ons duidelik leer in Markus 11 waar Jesus dit gedemonstreer het met die vervloeking van die vyeboom. Die nuwe tempel waarna alle nasies gaan stroom volgens die profete, is die kerk, waarin daar redding deur Jesus te vind is vir alle volke! Dit het hoegenaamd niks te doen met ‘n gebou in Jerusalem nie. (Kliek ook op Ou Testamentiese profesie)

Wat moet ons as Christene se houding en boodskap wees in te midde van die skrikwekkende geweld?

Christene moet alle geweld veroordeel. Ja, die terroriste organisasie Hamas se vuurpylaanvalle teen Israel is beslis nie aanvaarbaar nie, maar net so kan Israel se oordrewe geweld teen burgerlikes allermins goedgepraat word. Elke kind van God sal ‘n vredemaker wees. Ook in hierdie konflik moet ons ‘n vredesboodskap laat hoor. Vrede wat slegs te vinde is in Jesus vir beide Jood en Palestyn.

Christene sal ‘n besondere liefde vir die Joodse volk hê, ons Verlosser was immers na die vlees ‘n Jood! Nooit sal Christene anti-Semities mag wees nie! Maar presies hoe moet hierdie liefde gestalte vind? Soos Paulus moet dit ons begeerte wees dat hulle tot redding deur Jesus Christus sal kom. “Broers, my hartewens en my gebed tot God vir my volk is dat hulle gered word...” (Romeine 10:1) Ons groot verpligting teenoor die Joodse volk is ‘n sendingplig! 

As Christene het ons egter ook ‘n sendingplig teenoor Moslems. As Christene altyd kant kies teen die Palestyne en selfs Palestynse Christene, hoe gaan ons die Moslems oortuig van God se liefde ook vir hulle? Is dit reg dat ons so blind is vir die nood van Palestyne?

As Christene het ons ‘n liefdesplig teenoor alle Christene. Moet ons nie dalk meer ondersteuning uitspreek en hulp betoon aan Palestynse broers en susters wat swaarkry nie?

Hierdie is maar net ‘n paar voorlopige basiese gedagtes. Maar dalk help dit ons om meer Skriftuurlik te dink oor ‘n baie aktuele saak.

*"Julle het gesien wat Ek aan Egipte gedoen het, en hoe Ek julle soos op arendsvlerke veilig gedra en na My toe gebring het. As julle My gehoorsaam en julle aan my verbond hou, sal julle uit al die volke my eiendom wees, ‘n koninkryk wat My as priesters dien, en ‘n gewyde nasie. Die hele aarde behoort immers aan My.’ Dit is wat jy aan die Israeliete moet vertel." (Eksodus 19:4-6)

"Julle, daarenteen, is ‘n uitverkore volk, ‘n koninklike priesterdom, ‘n nasie wat vir God afgesonder is, die eiendomsvolk van God, die volk wat die verlossingsdade moet verkondig van Hom wat julle uit die duisternis geroep het na sy wonderbare lig. Julle was vroeër geen volk nie, maar nou is julle die volk van God. Julle het tóé geen barmhartigheid ontvang nie, maar nou het God aan julle barmhartigheid bewys." (1 Petrus 2:9-10)

Vir meer inligting, kliek op PALESTYNSE CHRISTENE


 Gaza - PressTV

Vir 'n volledige bespreking van hierdie saak, kliek op UITVERKORE VOLK.





23 opmerkings:

  1. Baie goeie skrywe, dankie Johannes

    AntwoordVee uit
  2. Baie dankie vir die "spieël" wat u opgehou het, en ek moet erken en bely dat my ondersteuning meer by die "Jode" as by die Palestyne ( "Filistyne"?) lê. Ek besef dat albei die groepe lankal nie meer die "Israel" en die "Filistyne" van die Bybel is nie.

    Ons was bevoorreg om Israel in 1995 te besoek, en selfs toe al was daar ooglopend baie soldate en militêre voertuie te sien. Ons was tot by die begin van die Via Dolorosa maar die gids het ons vinnig daar weggekry - sy het gesien dat die straatverkopers besig was om hul goedjies op te pak - 'n teken dat daar "moeilikheid" an die kom was.

    Wat die Isreali's op 'n stukkie grond so groot soos ons Kruger Wildtuin doen ( en meer as die helfte woestyn en semi-woestyn) is prysenswaardig. Reg of verkeerd, ek voel jammer vir hulle dat hulle Gaza, 'n stuk van hierdie klein landjie ( wat hulle met die Sesdaagse Oorlog herwin het) moet afstaan.

    Vir my is Hamas se manier van oorlogvoering ( deur vrouens en kinders as menslike skilde te gebruik, en aanvalle vanuit sagte teikens soos skole en hospitale ) ook afkeurenswaardig. Vandag moes ons hoor dat 'n Israeli blykbaar gevange geneem is en dadelik is daar vir sy lewe gevrees - indien die situasie andersom was en die gevangene van Hamas, sou daar dieselfde histeriese vrees vir sy lewe gewees het? Ek dink nie so nie.

    Mens weet dat nie al die Palestyne aan die Hamas-faksie behoort nie, maar die gevegte word aangestig deur hulle. Hamas word deur die Westerse wêreld as terroriste beskou. Indien Hamas die oorlog wen, gaan daar defnitief 'n militante Islamitiese "provinsie" reg teen Israel verrys.

    Nogmaals dankie vir u insigte.

    AntwoordVee uit
    Antwoorde
    1. Dankie vir die kommentaar. Ek moet erken my natuurlike simpatie neig beslis eerder na Israel se kant - wie kan die "heldedade" van 1967, Entebbe ens. ooit vergeet. Konsekwente en eerlike omgang met die Skrif (en die feite van die geskiedenis) bring mens tot ander insigte. Liefde vir die Joodse volk, hoef nie gelykstaande te wees aan goedkeuring van Sionisme nie. Jesus is die vervulling van AL die profesiee en Hy het dit duidelik gemaak dat hy nie 'n aardse koninkryk vir Israel gaan oprig nie, maar 'n Koninkryk onder alle nasies wat deur die sendingopdrag verwsentlik gaan word! Handelinge 1:1-8 spreek boekdele! Ons het net een roeping en dis om die evangelie aan almal te bring. Dat die Palestyne verontreg is 'n feit en as ons daarvor blind is kan ons nie met geloofwaardigheid die evangelie aan die Moslem gemeenskap bring nie. Nooit kan mens Hamas se optrede goedpraat nie, maar as mens werklik besef wat in Gaza aangaan kry mens tog 'n ander perspektief. Daar is selfs Jode wie se simpatie by die Palestyne le. (sien onlangse artikel in Mail &Guardian) Hiermee wil ek natuurlik nie beweer dat die debat eenvoudig is nie...
      groetnis en vrede.

      Vee uit
  3. Johannes ek stem glad nie saam met jou siening nie. daar is soveel bewyse in die Woord dat Israel nog steeds die uitverkore volk van God is en dat Hy nog ʼn plan met hulle het. Ek gee hier ʼn baie kort uiteensetting met skrifte wat dit bewys. Die totale gedeelte waarvan ek hier praat is so 100 bladsye lank wat dit breedvoerig bespreek.

    Ek is wel besig om alles ook in Afrikaans te vertaal, daarom jammer vir die Engels

    Over 2,000 years before the coming of Christ to die for us God inspired Jacob to predict that all Jews would be gathered to make a nation in Palestine in the last days when the Messiah would come. It is clear from Gen. 49:1 that the whole chapter concerns “that which shall befall you (Israel) in the last days” when God sends the Messiah, “the Shepherd, the Stone of Israel,” to gather them (Gen. 49:8-10).
    The Church was not to be involved in this gathering of Israel. This prophecy refers only to natural earthly Israel with whom God made an eternal covenant to give them the land of Palestine as an eternal home (Gen. 12:7; 13:15-17; 17:6-8; 26:3; 28:4, 13; 48:4; Ex. 6:4-8).


    Daniel’s 70th Week and the Future Tribulation
    To understand the books of Daniel and Revelation and related scriptures such as Mt. 24-25; Mk. 13; Lk. 21; 2 Th. 2, and especially to understand the time of the rapture and the Second Advent, one must clearly understand the 70 weeks of Dan. 9:24-27. Without doubt, all the above scriptures will be fulfilled during the last seven years of this age known as Daniel’s 70th Week.
    It must be understood that Israel, not the Church, is the one dealt with in the 70th Week, for Israel was the only one dealt with in the first 69 weeks. All 69 weeks were literally fulfilled with Israel before the Church Age began. Not once was the Church mentioned in their fulfillment (Dan. 9:24-26), and not once is the Church mentioned as being on earth during the fulfillment of the 70th Week of Dan. 9:27; Mt. 24:15-31; Lk. 21:25-36 and Rev. 4:1–19:21. The New Testament was not yet made and ratified by the blood of Jesus Christ (Mt. 26:28) until the end of the 69th week when the Messiah was cut off and crucified (Dan. 9:26). The future 70th Week will not and cannot begin until the New Testament Church is raptured and God again begins to deal with “thy people [Israel], and thy holy city [Jerusalem]” to do six things with them as listed below. (Ek lys die ses dinge nie hier nie weens spasie problem)
    Any Gentile involvement in the 70th Week will be their seeking to exterminate both Israel and Jerusalem from the earth. In fact, this will be the sole purpose of the nations who will come against Israel and Jerusalem at the battle of Armageddon (Isa. 63; Ezek. 38-39; Joel 2-3; Zech. 14; Rev. 19:11-21). At the return of Christ to the earth anti-Semitism will be banished from men forever (Isa. 2:1-4; Zech. 8:23; 14:16-21). All activity of the New Testament Church will end before the 70th Week begins.
    Daniel’s 70 Weeks (Dan. 9:24-27)
    The expression “70 weeks’ literally means 70 sevens of years. If days were meant it would be so expressed, as in Dan. 10:3. Daniel’s prayer, to which this vision was an answer, did not concern days, but years (Dan. 9:2). Also, we know from Scripture that the last week (Dan. 9:27) is divided into two parts of 3½ years each (Dan. 7:25; 12:7; Rev. 11:2-3; 12:5, 14; 13:5). The whole period of 490 years is marked off from all other years and concern only “thy people [Israel] and thy holy city [Jerusalem],” for which Daniel was praying (Dan. 6:10; 9:1-23). There are six prophetic events to take place during these 490 years relative to Israel and Jerusalem, for six purposes:
    Ek stuur dit in twee dele

    AntwoordVee uit
    Antwoorde
    1. Dankie Boeta vir al jou moeite. Ek kan egter nie met hierdie lyn van interpretasie saamstem nie. Laat ons maar in vrede verskil. Israel is natuurlik die uitverkore volk van God, maar Israel bestaan nou uit almal wat in Jesus glo. Jesus het die fondasie gele van hierdie Israel deur 12 apostels na analogie van die 12 stamme. Dis die kerk van Jesus waarin bekerde Jood en heiden saamgevoeg word tot een volk van God, want die middelmuur van skeiding is afgebreek! (Ef) Die Christen Palestyn is dus deel van hierdie uitverkore volk!

      Vee uit
    2. Hallo anonym. Ek stem saam met jou en sal graag met jou wil gesels. My email adres is attievosser@yahoo.com

      Vee uit
  4. Please excuse my English reply: Thanks for your post - I agree in principle with certain aspects, but I would like to offer a word of caution when trying to pass opinions on the degree of "collateral damage" which Israel has caused to the Gaza and its people: We may wish to ask WHY Israel needed to "go in". Well firstly it is documented that Hama and the PA have constitutional legislation promising to wipe Israel of the face of the earth, and repeatedly try to do so. We then have the 2000+ rockets that Hamas have fired into Israel and even when Israel did not retaliate and asked them to cease they did not. Then of course we have what is being described as a miracle from GOD that because Israel went into Gaza they discovered the massive destructive extent of the tunnels and plans to use them to infiltrate Israel at their next feast day to cause massive death and destruction to Israel and her population.

    We have not even mentioned yet that Hamas fire rockets out of schools, hospitals etc and use their population as a "human shield" thus exponetially adding to the death of their own people.

    What about Israel warning people in advance that they shall operate in a certain area so the Gazans should vacate said area for their own protection? No Army in human History has ever done that, and it is basic SOP for Israel.

    We need also to note that the vast majority of the tunnels are found in civilians house so when having to destroy the tunnels houses get destroyed as well.

    Please tell me if your house, wife, family and everything else's was being credibly threatened with complete annihilation and there had been actions already committed showing intent would you not go out and destroy that danger - NO MATTER WHAT?

    Johannes this is Biblical, The GOD of Israel destroyed entire nations in the Old Testament and will destroy most of the world in the possible very near future and all that HE destroyed came up against HIS People and the Land that HE promised to Abraham by eternal covenant.

    A final thought - Hamas say 'WE LOVE DEATH AS MUCH AS THE JEWS LOVE LIFE!" Is that not the crux of this issue - we try to apply humanistic logic and reasoning when the truth may very well be that Islam has an ideology that promotes death' hate and destruction whilst the Jews (People of the Book) have an Ideology that promotes LIFE, LOVE and PROGRESSION!

    Shalom in the Name of the Messiah of Israel, Yeshua HaMessiach (Jesus the Christ).

    AntwoordVee uit
    Antwoorde
    1. Dankie Steve vir jou kommentaar. Dat Hamas se optrede teenproduktief en onaanvaarbaar is, kan ons oor saamstem. Die groot punt wat ek egter wou maak is dat Palestynse Christene veel nader aan my is as Joodse nie- Christene. Verdder dat etniese Israel (en oor of die Jode wat uit Europa na Israel geemigreer het wel etnies Semities is, is daar ook vrae) nie die volk van God binne die bedeling van die Nuwe Verbond is nie, maar die KERK van Jesus, bestaande uit beide heidene en Jode wat tot geloof in die Messias gekom het. Hierdie volk se erfenis is nie 'n stukkie land in die Midde Ooste nie, maar die nuwe hemelse Kanaan, wat onverganklik, onbesmet en onverwelklik is. (1 Petrus 1:4) Petrus stel dit juis teenoor die aardse Kanaan wat weens die sonde van die bondsvolk inderdaad verganklik was (God het hulle daaruit gejaag), besmet is deur afgodery en verwelk het onder God se oordele. Nou sien God se volk (die kerk) uit na 'n hemelse erfenis wat veilig bewaar word... groete

      Vee uit
    2. Dankie Johannes, ons moet weer eendag praat, maar intussen ek stem ook saam dat ek nader aan die Palestynse Christene as die Joodse nie- Christene is - maar oor die Land sal ons verskil vir nou.

      Blessings

      Vee uit
    3. Ek praat graag, dankie Steve. Ek beplan om ietsie te skryf oor die tema van die Beloofde Land, miskien kan dit as basis van 'n gesprek dien. groetnis

      Vee uit
  5. Die be-oogde herbouing van die Joodse tempel is nou nie direk van toepassing op die huidige gevegte nie maar dis tog 'n relevante faktor. In die verlede het mens so nou en dan by christene gerugte gehoor van die planne wat die Jode het om die tempel te herbou. Ek onthou een so gerug wat selfs genoem het van boumateriaal wat al klaar aangeskaf is. Ek het my nooit daaraan gesteur nie en gedink dis maar tipiese oordryfde eskalotogiese spekulasie of waninterpretasie van sekere Skrifte - en gereken ek sal maar wag totdat daar miskien iets konkreets sou gebeur. So paar dae gelede was ek in JHB en kom toe toevallig op 'n Joodse radiostasie af waarin daar toe meegedeel word dat die planne inderdaad op weg is vir die bou van "The Third Temple" en daar is nogal 'n aantal details gegee - selfs 'n kelderparkeerterrein, ens. Anders as voorheen waar sekere christene gerugte daaroor gehad het, was dit hierdie keer uit "die perd se bek". Ek Googel toe The Third Temple en daar is toe ook 'n amptelike webwerf. Hoe sou jy reken moet ons dink oor die herbouing van die tempel?

    AntwoordVee uit
    Antwoorde
    1. Ja, Wolf ek het ook sedert my kindsdae met hierdie tipe inligting grootgeword. Natuurlik is dit 'n moontlikheid dat ortodokse Jode so 'n gebou sou kon bou - dit sou beslis tot geweldige onrus aanleiding gee as hulle dit sou bou waar die Dome of the Rock moskee tans staan.. Wat wel duidelik is - so 'n tempel sal nie God se tempel wees nie, want Jesus het die tempel vir altyd vervang (Joh 2) en sy hoëpriesterskap en finale offer van Homself het die Joodse tempel vir altyd oorbodig en irrelevant gemaak. (Hebreërs se boodskap) So ‘n tempel sou dus geen rol en betekenis in die heilsgeskiedenis kan hê nie!

      Vee uit
  6. Hallo Johannes. EK moes dit in twee dele plaas. Hier is die volgende stuk.



    Replacement theology is nie waar vanaf my perspektief nie. God het nog altyd 'n groter plan met Israel gehad as net Israel. God se plan was vanaf Adam en Eva af net een volk, "chosen people", "royal priesthood" en "holy nation." DIt staan in Deut. en Pet/Rev. EEN PLAN. Nie Twee planne nie. Dit wat God in die ou testament van Israel gesê het, se hy ook in die nuwe testament van die kerk. Die liggaam van Christus is die volle vervulling van daai plan. Die finale stap is die vestiging van die koninkryk van God op die nuwe hemel en aarde met Christus se wederkoms en finale oordeel en oorwinning as al Sy vyande aan Sy voete onderwerp is. Die hemelse stad, Jerusalem, op die nuwe hemel en aarde, gaan met die wederkoms voor ons oë neerdaal en die oue vernietig word met vuur. Dis die beloofde land en die finale vervulling van die ewige verbond met Abraham.
    Salvation is progressief geopenbaar deur die Bybel. In Gen 3:15 begin dit al en dit neem al hoe meer groter vorm aan tot by die kerk. God se plan van die begin af was die liggaam van Christus. Dit was die finale stap/openbaring in Sy verlossingsplan. Israel was een van die trappe op die leer na die liggaam van Christus. Die Hebreër brief stel dit duidelik dat die ou verbond nie volledig was nie en tydelik was. Dat die nuwe verbond die ware een was wat die ou verbond verplaas. Soos tyd aanstap het God progressief beweeg van Adam en Eva na Moses, Abraham, Isak, Jacob, Dawid, Jesus en toe volke nasies en tale. Daar is net een volk van God en die volk van God het oor tyd toenemend en progressief gegroei en vorm aangeneem tot liggaam van Christus. Israel was maar net deel van die proses. Daar is geen verskil tussen liggaam van Christus en Israel nie. Paulus verklaar dit net so in Efesiërs. Wat God in die NT se van die kerk, se hy van Israel.

    Die NT stel dit duidelik dat nie almal wat van Abraham (Israel) afstammelinge was nie Israel was nie, maar slegs die wat gekies was en van geloof is. Maw nie almal was kop vir kop Israel nie. Ware Israel is die uitverkorenes gekies en gered deur God deur geloof (onder Israel). Esau was fisies Israel, maar nie geestelik Israel nie, want hy was nie gekies en was nie van geloof en genade nie.

    So ek weet nie hoe kom mense by replacement theology uit nie want Israel het nog nooit gestop nie. Die liggaam van Christus is die nuwe verbond naam vir ou verbond Israel. Daarom praat Paulus van "Israel of God" as hy van die kerk ook praat. Dis een en dieselfde ding. God het net een verlossingsplan en al wat in die nuwe verbond gebeur het is die vervulling van die beloftes en profesieë aan Abraham dat eventueel alle nasies deel sal wees van die "common wealth" en "covenants" en promises van Israel. Die terme skryf Paulus net so in die NT.

    Daarom is die verbond met Abraham 'n ewige verbond en geld dit nog vandag want dit hou aan het tot verdere openbaring gekom in die kerk. Die verbond met Abraham het progressief gegroei en meer gestalte gekry en is vervul in die kerk. Geen replacement nie. Israel gaan nog aan maar het soos 'n papie na skoenlapper gestalte gekry in die kerk. Geen stop nie. Die mot (liggaam van Christus) is afkomstig van die papie (Israel). Israel het nie gestop en is vervang nie. Die kerk is 'n verdere openbaring op Israel en van die ewige verbonde en beloftes.

    AntwoordVee uit
  7. Ek glo nie daar gaan 'n derde tempel deur God gebou word nie. Miskien deur mense onder 'n wanindruk. Die ware tempel, Jesus het gekom en is weer herbou op die derde dag toe hy opgestaan het. Ek glo ook nie daar gaan weer 'n priesterorde deur God heringestel word nie. Jesus die ware en ewige hoëpriester het gekom en die tydelike vervang. Daar sal ook nie weer offers of feeste wees nie, want Jesus die finale offer het gekom en het die tydelike vervang. Daar sal ook na my mening nie weer 'n Jerusalem wees met Christus daarin nie, want die hemelse stad Jerusalem bestaan reeds met die Koning reeds op die troon van Dawid. Die volgende stap na my mening in die eskatologiese kalender is Jesus wat op die wolke kom soos Hy gegaan het en dan bring Hy die nuwe hemelse stad Jerusalem saam met Hom en skep die nuwe hemel en aarde waarop ons saam met Hom gaan woon. As ek na die nuwe testament kyk is die ou testament met sy simbole, offers en feeste vervul en die permanente nuwe verbond is ingelyf deur Christus. Die aardse beloofde land is vervul in die hemelse beloofde land wat ewig is terwyl die aardse simbolies was en na die ewige Kanaan gewys het. Die ewige Kanaan het gekom en wag net om vervul te word met die wederkoms. Dis hoe ek die nuwe testament verstaan.

    Israel het gedaante verander van een volk na volke en nasies. (die kerk). Israel was die profesie en die kerk die vervulling van daai profesie. Israel het sy beloofde land gekry. Israel het Sy Messias gekry. Israel het SY tempel gekry. Israel het Sy finale hoëpriester gekry. Die aardse het verby gegaan. Israel moet bekeer soos enige ander persoon en ingeënt word in die stam (Christus). Natuurlike olywe en wilde olywe word saam ingeënt in die stam. Daar is net een olyfboom en dis die liggaam van Christus met Christus self die stam.

    AntwoordVee uit
  8. Baie dankie, ek stem saam daar is net een volk van God, die Israel van God, bestaande uit bekeerde Jode en heidene.

    AntwoordVee uit
  9. Jammer die een is in Engels. Ek "paste" dit soos ek dit laas week geskryf het. Groete.

    Israel was like a butterfly who was hidden as a larvae in a cocoon. The larvae in the cocoon was Israel in the Old Covenant and the butterfly is the Body of Christ in the New Covenant. The Bible says not all Israel was Israel but only those who were it inwardly. That means in the nation of Israel there were two types of people. Those who descended from Abraham and was called Jews, but was not a Jew at heart because they were not spiritual descendants of Abraham through faith. Then there were those who was spiritual descendent of Abraham through faith and they were the real Jews who belonged to God. They were like a larvae in the cocoon waiting to turn into a beautiful butterfly. That represents the real Israel which was among the nation of Israel which became the Body of Christ when He came to fulfil the spiritual realities which Israel and its customs represented. Israel and all its customs and rituals were a shadow of the Kingdom of God, Christ and His people. For example the passover symbolises Christ. When Christ came, He fulfilled the symbolism which Israel and its customs signifies and He was the consummation of the spiritual realities which the symbolism among Israel represented. So, the true Israel which was hidden in the cocoon became a butterfly. Its true nature was revealed by the coming of Christ. Jesus Christ was the fulfilment of every symbolism that the Old Covenant signifies and He introduced the New Covenant which is a spiritual one. The New Covenant is the consummation of the types and shadows which the Old Covenant represented. Physical Israel represent God's people in His kingdom and was fulfilled in the birth of the Church. The Church became the fulfilment of what Israel represented in the Old Covenant. "A CHOSEN RACE, A royal PRIESTHOOD, A HOLY NATION, A PEOPLE FOR God's OWN POSSESSION, so that you may proclaim the excellencies of Him who has called you out of darkness into His marvellous light (1 Pet. 2:9). THIS IS THE CHURCH. Israel was fulfilled in the Church. The Body of Christ became what God intended with Israel. A CHOSEN PEOPLE, A HOLY NATION, a ROYAL PRIESTHOOD a KINGDOM OF PRIESTS unto God the Father.

    He has made us to be a kingdom, priests to His God and Father-- to Him be the glory and the dominion forever and ever. (Rev. 1:6)

    Therefore, those who are still stuck and focus on physical Israel and its customs, miss the point and do not understand the fulfilment of the Kingdom of God. Those who still wait for a temple, city (Jerusalem), and nation in the promised land in the current Israel, miss the point that the promised land and Jerusalem with its temple was ALREADY fulfilled in Christ and the inauguration of the Body of Christ. The temple was fulfilled in Jesus Christ, because He became the temple. The nation of Israel was fulfilled in the Body of Christ as it became the HOLY NATION, a ROYAL PRIESTHOOD a KINGDOM OF PRIESTS. The promised land was fulfilled in the heavenly Jerusalem which will appear with the new heaven and earth when Jesus returns.

    AntwoordVee uit
  10. Waarom kom die "gewone Palestyne" nie in opstand teen Hamas nie? Kyk wat staan in Hamas se handves ( sou die man op straat in Gasa dit dan nie weet nie??)

    http://avalon.law.yale.edu/20th_century/hamas.asp

    AntwoordVee uit
    Antwoorde
    1. As ek kon raai - mense is nogals oor die algemeen blind vir die foute van hulle eie "bevrydingsbewegings" - kyk nou maar net in SA!

      Vee uit
  11. Baie dankie Johannes vir jou perspektief.

    Die Arabiere is breedweg die nageslag van Ismael. Die Palestyne staan ook in Israel bekend as die Ismaeliete. Kyk wat is oor die nageslag van Ismael geprofeteer:

    Gen 16:11 En toe sê die Engel van die Here ook nog vir haar: “Kyk, jy is swanger; jy sal 'n seun in die wêreld bring. Jy moet hom Ismael noem, want die Here het van jou swaarkry gehoor. 12 Jou seun sal 'n man wees so ontembaar soos 'n wildedonkie: hy sal teen almal wees, en almal sal teen hom wees. Hy sal in vyandskap leef met sy bloedverwante.”

    Toe die Jode na die 2e Wêreldoorlog op groot skaal Palestina, wat ‘n Britse Protektoraat was beset het, het hulle in die leeu se bek ingestap. Hulle was van dag een af onwelkom daar. Hulle het die onderneming nie in opdrag van God begin soos destyds in die tyd van Josua nie. Dit moet eerder gesien word as deel van die Jode se verharding teen die Koninkryk van God wat Jesus vir die wêreld gebring het. Jesus het destyds vir die Jode gesê: Joh 8:24 .. julle sal in julle sondes sterwe, want as julle nie glo dat Ek is wat Ek is nie, sal julle in julle sondes sterwe.” As Jesus vandag in Jerusalem met die Jode staan en praat, sal Hy presies dieselfde vir hulle sê.

    Die Jode en die Moslems is albei verduister in hulle gemoed en albei pluk die wrange vrugte daarvan.

    Jan Louw

    AntwoordVee uit
    Antwoorde
    1. Ek stem heelhartig saam. Die huidige staat Israel is nie 'n uitvloeisel van gehoorsaamheid aan die Woord nie, maar eerder die gevolge van Theodor Herzl se Sionisme! Dis so waar, beide Jood en Moslem het bekering tot Christs nodig!

      Vee uit
  12. Ten minste een redelike Palestynse stem: "Ons het geweet… ons het geweet… maar tog het ons Hamas gekies…" sê Bassam Eid. En ook: "… ons moet ontslae raak van Hamas".

    “De meeste Palestijnen zijn tegen een raketbeschieting op Israël. Ze hebben Hamas in de wetenschap gekozen dat dit leidt tot de dood van het eigen volk. We wisten dat Hamas tunnels aan het graven was, die uiteindelijk tot onze eigen vernietiging leiden. We weten dat er op iedere m² in Gaza drie mensen wonen. Hamas weet ook dat een aanval op Israël tot een groot aantal dodelijke slachtoffers leidt. Maar de leiding van Hamas is alleen maar geïnteresseerd in haar overwinning, niet echter in het volk.”

    http://ejbron.wordpress.com/2014/08/11/palestijn-bassam-eid-we-moeten-af-van-hamas/

    AntwoordVee uit

Jy is welkom om kommentaar te lewer. Hou dit kort, beleef en op die punt af.
As jy nie iewers geregistreer is nie, gebruik die anonymous opsie.