Dis pynlik en hartverskeurend!
Die bruid vergeet haar Bruidegom en flankeer met allerhande vreemde vryers. Die
kerk is besig om haar te Koning verag. Hoe dan so? Wel die kerk lyk nou presies soos
die wêreld wat in die mag van die bose is. In plaas daarvan dat ons getuig en lig is te midde van ‘n krom en verdraaide
geslag neem die kerk lustig deel (en organiseer) danse en
skoonheidskompetisies. Ons geestelike bankrotskap word weggesteek agter die
vertoon en lawaai van feeste en bedenklike vermaak. Solank die dollars inrol
gee ons nie om wie ons gebruik en wat ons doen nie.
Is die skat van die kerk nog die
evangelie? Raak ons nog opgewonde daaroor? (Waarom hoor ons van so min bekerings?) Of moet ons nou staatmaak op
Kurt Darren en sy wellustige liedjies om mense te lok? Wat van Jesus, is Hy hoegenaamd nog welkom op die
feeste en funksies wat die kerk reël? Wat het geword van die “heilige kerk” wat
ons bely? Die kanse is baie goed dat as Jesus vandag ‘n spreekbeurt sou kry op een van hierdie
kerklik georganiseerde feeste, Hy bykans onmiddellik met geweld verwyder sou
word. Die kerkmense sou Jesus laat arresteer! Ja, want Hy sou heel waarskynlik
sy stem teen die agtergrondsgeraas van “Loslappie”
verhef en uitgeroep het : “Is daar nie
geskrywe: My huis moet 'n huis van gebed genoem word vir al die nasies nie?
Maar julle het dit 'n rowerspelonk gemaak.” (Markus 11:18)
Mag ons as kerk terugkeer na Jesus sodat ons die stukkende mensdom aan Hom as Verlosser kan voorstel in plaas daarvan om hulle op lawaai en wellus te trakteer...
N.S. Ja, jy is reg dit is inderdaad die Hervormers se Biltongfees in Windhoek wat my so ontstel en die impetus was vir hierdie kort skrywe, maar dis maar net een voorbeeld... Die kerk in die algemeen volg die verdorwe pad van die kultuur (soos die AS 2015 besluit oor selfdegeslagverhoudings) in plaas van om sout en lig te wees in die kultuur. Laat al ons kerke hier in Namibië (en ons Christelike radio), maar die hand in eie boesem steek...