BAIE WELKOM!

Deel in die ryk seëninge uit God se WOORD! Dit sal ook lekker wees om van jou te hoor! Neem dus vrymoedigheid om kommentaar te lewer (by OPMERKINGS), maar doen dit asseblief altyd op 'n smaakvolle en verantwoordbare manier. Onbeheerste galbrakery sal nie geplaas word nie... Die opinies hier uitgespreek is my eie tensy duidelik anders vermeld. Hierdie webjoernaal is nie 'n amptelike spreekbuis van die NG Kerk in Namibië of die Tsumeb gemeente nie.
Wys tans plasings met die etiket Evangeliseer. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket Evangeliseer. Wys alle plasings

Donderdag 27 Maart 2014

AKTIVISME OF AFSONDERING OF....

- wat moet die Christen se agenda wees in ‘n heidense samelewing?

Die meeste van ons het groot geword in ‘n samelewing waarin die kerk baie voorregte geniet en invloed gehad het, ‘n sogenaamde Christen land...* Oor al die wanpraktyke en skyn (onthou ons nog Christelik-nasionaal?) wat daarmee gepaard gegaan het, hoef ons nie nou te debatteer nie, maar dis ‘n feit  dat baie wette van staatskant spesifiek darem Christelike waardes beskerm en bevorder het. Dinge soo pornografie en dobbelary was verbode... Dit het verander en is vinnig besig om verder te verander. Christelike instellings soos die monogame huwelik en die Sondag word nie meer beskerm en bevorder van staatskant nie. Die respek vir lewe het ‘n groot knou gekry met die aanvaarding van liberale aborsiewetgewing  en die afskaffing van die doodstraf. Die gemeenskap en sosiale strukture word al hoe meer gebou op sekulêre beginsels en selfs openlike anti-Christelik gekleur. Ons leef in ‘n Post Christelike samelewing. Miskien is dit meer korrek om op hierdie stadium te sê dis ‘n baster Christelike samelewing wat vinnig besig is om te verander na ‘n volbloed heidense samelewing

Ons as Christene word dus al  hoe meer  met die praktiese vraag gekonfronteer :  Hoe moet ons as kerk optree in ‘n heidense goddelose samelewing?