BAIE WELKOM!

Deel in die ryk seëninge uit God se WOORD! Dit sal ook lekker wees om van jou te hoor! Neem dus vrymoedigheid om kommentaar te lewer (by OPMERKINGS), maar doen dit asseblief altyd op 'n smaakvolle en verantwoordbare manier. Onbeheerste galbrakery sal nie geplaas word nie... Die opinies hier uitgespreek is my eie tensy duidelik anders vermeld. Hierdie webjoernaal is nie 'n amptelike spreekbuis van die NG Kerk in Namibië of die Tsumeb gemeente nie.

Woensdag 06 Maart 2019

KRAAIFONTEIN (PARKE GEMEENTE)

BEKEER JULLE!



Ons weet teen die tyd seker almal dat die NGK Parke gemeente (in Kraaifontein) in die Kaap ‘n openlik homoseksuele predikant aangestel het. Dit veroorsaak natuurlik (tereg) groot bohaai en ontsteltenis by God se kinders in alle kerkverbande. 



In my persoonlike hoedanigheid as leraar van die NG Kerk Tsumeb wil ek myself net kortliks hieroor uitspreek ter wille van duidelikheid en vir die rekord : 



1.Die aanstelling van ‘n openlike homoseksueel as leraar by die NGK Parke gemeente vervul my met afgryse, skok en hartseer. 



2.Ek wil in nederigheid op grond van die Heilige Skrif, NGK Parke gemeente oproep tot bekering! 


3.Ek wil weer onder almal se aandag bring dat die NGK Tsumeb se uitvoerige en gebalanseerde standpunt oor homoseksualiteit gevind kan word by TSUMEB SE STANDPUNT (Kyk spesifiek na Bylaag A) 

4.Ek wil graag alle broers en susters daaraan herinner dat die plaaslike kerk, selfstandig kerk is. (ecclesia completa) Die NG Kerk Tsumeb is dus ‘n selfstandige kerk van Jesus Christus onder Sy gesag onder leiding van die ampte met die Woord, gebruik deur die Gees as norm. (Dit beteken natuurlik nie dat ons volmaak is nie, maar wel dat ons ons Here in gehoorsaamheid probeer volg te midde van ons gebrokenheid.) As ander NG Kerke dwaal beteken dit nie dat alle NG Kerke dwaal nie! Dis wel baie hartseer as ander kerke in dieselfde verband of ander verbande die smal pad byster raak en dis ons plig om hulle dan op te roep tot bekering. 

5. Ek wil my dank betuig teenoor ds. Hector Jooste van NGK Otjiwarongo wat hom ook baie sterk uitgespreek het teen hierdie vreeslike daad van afvalligheid. Ek doen 'n nederige beroep op ander kerke en leraars om ook onbeskaamd standpunt in te neem teen alle dwaling en verval.

In Sy diens
Johannes de Koning

Naskrif : Lees gerus die reguit brief van Dr. Chris Saayman van NGK Tafelberg aan NGK Parke gemeente en die Ring van Durbanville. (Kliek op BRIEF)

4 opmerkings:

  1. Baie dankie dat u so sterk standpunt inneem. U kon nog ´n punt bygevoeg het, dat die moderator volgens Kerkbode verklaar het "ons is ONEINDIG trots" op die stap wat die hominee geneem het. Ek weet nie wie die ONS is waarvan die moderator praat nie, en om so 'n oortreffende trap te gebruik maak dit nog erger.

    AntwoordVee uit
    Antwoorde
    1. Dankie vir die ondersteuning. Ja ek is nie deel van die "ons" nie!

      Vee uit
  2. Hi Johannes,Baie Dankie.Stem heelhartig saam en ondersteun volledig.Albie Steenkamp

    AntwoordVee uit

Jy is welkom om kommentaar te lewer. Hou dit kort, beleef en op die punt af.
As jy nie iewers geregistreer is nie, gebruik die anonymous opsie.