BAIE WELKOM!

Deel in die ryk seëninge uit God se WOORD! Dit sal ook lekker wees om van jou te hoor! Neem dus vrymoedigheid om kommentaar te lewer (by OPMERKINGS), maar doen dit asseblief altyd op 'n smaakvolle en verantwoordbare manier. Onbeheerste galbrakery sal nie geplaas word nie... Die opinies hier uitgespreek is my eie tensy duidelik anders vermeld. Hierdie webjoernaal is nie 'n amptelike spreekbuis van die NG Kerk in Namibië of die Tsumeb gemeente nie.

Donderdag 08 Oktober 2015

DIS DUISTERNIS!

- is dit dalk hoekom die sinodegangers vandag swart gedra het?

Met die aanvaarding van 'n voorstel van Andre Bartlett (met 'n skrale meerderheid van 102 teen 88) het die Algemene Sinode van die NG Kerk die groen lig gegee vir selfdegeslagverhoudings! Twee honderd het besluit vir 'n hele kerk! 'n Besluit om die Woord te verwerp ten gunste van sogenaamde "menswaardigheid." Dis verbysterend en skokkend, en al het ons geweet dis die rigting waarin die NG Kerk nou al vir lank beweeg, was daar tog die gedagte dat dit nie nou al sou gebeur nie. 

Die finale besluit moet nog afgerond word* en sal teen vanaand beskikbaar wees, maar die skade is reeds gedoen. My gemoed is onstuimig. Ek sal so gou moontlik met my dagbestuur/kerkraad hieroor vergader.  Dit het nag geword vir ons geliefde NG Kerk! Gaan daar dapper manne en vroue opstaan vir die waarheid? 

Gelukkig sal die Lig, Jesus bly skyn! "Die lig skyn in die duisternis, die duisternis kon dit nie uitdoof nie." (Johannes 1:4)

*Hierdie is dus ook net 'n voorlopige reaksie van my kant af.

So het die berig in die pers verskyn:

Ja! vir gay mense in NG Kerk
Deur Claudi Mailovich Donderdag 08 Oktober 2015 16:25

Die NG Kerk het Donderdagmiddag 'n voorstel aanvaar dat gay lidmate nie meer selibaat hoef te wees nie, en burgerlike verbintenisse kan in 'n kerk bevestig word.
Die finale voorstel sal met 'n tweede ronde stemme gefinaliseer word en dus kan daar nog klein wysigings gemaak word, solank as wat dit nie die kruks van die voorstel verander nie.
Dit is die hart van die geskiedkundige voorstel wat aanvaar is in 'n stemproses wat Donderdag deur die NG Kerk se algemene sinode in Pretoria gemaak is.
Die NG Kerk se algemene sinode het gekies om vorentoe te beweeg in die kerk se standpunt rondom eengeslagverhoudings.
Dié voorstel van dr. André Bartlett is aanvaar met 102 stemme teenoor die 88 stemme wat dr. Chris van Wyk se voorstel aanvaar het.
Van Wyk het voorgestel dat die kerk nog verdere navorsing oor eengeslagverhoudings doen.
Bartlett se voorstel, wat as substantiewe voorstel aanvaar is, kan steeds gewysig word deur die voorstellers en hul sekondante.
In effek het die NG Kerk se algemene sinode besluit die tyd om aan te hou met navorsing en nie 'n besluit te neem nie, is verby.
"Ek is oorbluf, maar ek dink dis 'n groot stap vorentoe vir die herstel van die gelykwaardigheid van al ons NG Kerk se gay lidmate," het Bartlett direk ná die bekendmaking van die stemme gesê.
Trane van blydskap is van gesigte afgevee ná die aankondiging.
Bartlett se voorstel vra in dié stadium dat daar verklaar word dat hetero- en homoseksuele paartjies wat in 'n verhouding van "persoonlike geloofsgehoorsaamheid met die Here leef" ten volle moet kan deelneem aan al die voorregte in die kerk.
Hulle herbevestig dat 'n huwelik tussen een man en een vrou is, maar dat burgerlike verbintenisse tussen gay mense in die kerk bevestig kan word deur predikante wat "hulle weg oopsien" om dit te doen.
Verder word daar nie bykomende voorwaardes, soos die selibaatsklousule, aan gay lidmate gestel nie. 
Diskresie word aan die kerkrade gegee om hul eie standpunte en praktyke hieroor te formuleer en te reël omdat daar soveel diverse standpunte in die kerk hieroor is.  

6 opmerkings:

  1. Hulle het glo almal swart gedra - "profeties"? Swart is die kleur van dood en rou. Die dag wat die doodsvonnis van die NGK geteken is, 'n dag van rou.

    AntwoordVee uit
    Antwoorde
    1. Ja suster hulle het die pad van die dood gekies. Dis natuurlik tipies van die kerkleiding - vol foefies en tierlantyntjies maar weining ontsag vir God se Woord!

      Vee uit
  2. Ja, mens het inderdaad nie woorde nie. Ek sal maar met my kerkraad die dinge bespreek, maar mens se respek en lojaliteit vir jou eie kerk het 'n onherstelbare knou gekry. Mag die Here vir ons duidelike leiding gee... Op die huidige glo ek moet ons net 'n duidelike getuienis van afkeer oor hierdie bose besluit lewer!

    AntwoordVee uit
  3. Jare gelede het ek met Andre Bartlet gaan gesels oor iets wat my gepla het. Hy was my predikant. Ek het toe reeds beleef dat ons uit twee verskillende werelde praat, twee verskillende Evangelies glo, twee verskillende Here dien. Christo

    AntwoordVee uit
  4. Ons wat kommer het oor die uitlatings...moet bid vir onsself..dat ons steeds sal vashou dat die EVANGELIE die krag van GOD tot redding is..dat ons nie toelaat dat die ouens ons van stryk bring nie..'bewaar ons van die bose'..om in eie mag en krag en menslike wysheid op te tree..Bid soos Jesus en Stefanus..Gebruik die swaard van die Gees.. Gelowiges is nie slagoffers nie..Moenie toelaat dat die duiwel ons fokus afhaal van wat regtig saakmaak nie..Fil.1:9-10..en dat ons met vrymoedigheid dit uithou vir elkeen wat in sonde leef..1 Kor.6:9-11..

    Dis tyd dat ons realisties die hele bybel in perspektief stel..1 Jh 5 noem dat die hele wereld in die mag van die duiwel is..2 Pet.2 noem dat die dwaling tussen ons is..DIS NIE NUUT NIE..die uitdagings help ons om te toets wat die INHOUD van ons geloof is...Jesus noem in Jh 16:33 dat Hy oorwin het, dat ons SAL swaarkry in die wereld..ONTUIS VOEL..en dat ons VREDE en roem (1 Kor.1:30-31) in HOM IS..NOU is die tyd om waarlik te besin oor Sy regering...KEN ONS DIT AAN ONS LYF? Kol.3; Rom.8:32-39..of bly dit dooie kennis..Wat gebeur as ons verstand begin kwyn? ..is daar iets oor in ons harte? Moenie terugdeins en laer trek nie..wees op die voorvoet.BID asof jy regtig met GOD in gesprek is..Besin oor wat jou pla...Jou familie wat vasgevang is in die leuens..GOD SE EER...BESKRYF DIT VIR DIE HERE..Bid soos Luther waarskynlik gebid het..dat die gelowiges sal uitkom..en koers kry..oe gevestig op die WENPAAL..Heb.12:1-3..Rom. 13 beskryf dat God mense in 'regeringsposissies' plaas..Hy gee vir die mense die leiers wat hul soek..WAT IS ONS PLEK?..kla en kerm help nie..en ek dit dit maak die Here ook mismoedig..Hy noem dat Hy die vertroos wat by HOM treur..Hy sal ons lei in WYSHEID..Jak.1-4..ons moet tot HOM nader...Ten diepste werk Hy met ons elkeen individueel..en louter ons GELOOF in HOM..en kyk of ons genade kan betoon vir ouens wat totaal stiksienig is..soos Paulus voor sy bekering..In mens se hart wens mens jy kan al die valsheid net wegvee..maar God los dit tussen ons vir 'n rede..en stel die tyd uit..sodat BAIE NOG KAN INKOM..HUL KEN NIE VIR JESUS NIE..Hosea 4..Hul weet nie wat Hy werklik kom doen het nie..en in die proses word ons wat weet..se geloof ook weggekalwe..sodat ons getuienis oor JESUS kwyn..Die ouens haal ons oe van die 'bal' af..die ou taktiek van die duiwel..WEES WAAKSAAM EN NUGTER..KOOP DIE TYD UIT! DIE TYD IS MIN!..die oes RYP!

    AntwoordVee uit

Jy is welkom om kommentaar te lewer. Hou dit kort, beleef en op die punt af.
As jy nie iewers geregistreer is nie, gebruik die anonymous opsie.