BAIE WELKOM!

Deel in die ryk seëninge uit God se WOORD! Dit sal ook lekker wees om van jou te hoor! Neem dus vrymoedigheid om kommentaar te lewer (by OPMERKINGS), maar doen dit asseblief altyd op 'n smaakvolle en verantwoordbare manier. Onbeheerste galbrakery sal nie geplaas word nie... Die opinies hier uitgespreek is my eie tensy duidelik anders vermeld. Hierdie webjoernaal is nie 'n amptelike spreekbuis van die NG Kerk in Namibië of die Tsumeb gemeente nie.

Saterdag 07 Desember 2013

MANDELA

- as heilige verklaar?

RSG berig : 

"Die aartsbiskop van York in Engeland, John Sentamu, sê hy hoop oud-president Nelson Mandela sal as 'n heilige deur die universele kerk verklaar word. Sentamu wat naas die Aartsbiskop van Canterbury die tweede magtigste persoon in die Kerk van Engeland is, het hulde aan Madiba gebring. Hy sê wat Mandela in sy lewe gedoen het, is die verpersoonliking van wat 'n heilige is. Sentamu het 'n beroep op mense gedoen om ter herinnering van Madiba in die tyd wat volg, meer liefdevol, ondersteunend en gelukkiger te wees."


Die leegheid van die wêreld en sy godsdiens word so ontbloot in hierdie dae van Mandelasterie! Volgens die Bybel is alle kinders van God, heiliges! (Kliek op ROOMSE RAAISELS)

In die hoofartikel van vanoggend se BEELD word gesê dat Suid-Afrika nou "vaderloos" is! Wel, ek is gelukkig nie - my Hemelse Vader is nog steeds daar en sy sorg en beskerming is ewig en volmaak!

Die raserny rondom Mandela maak vir my maar net een ding duidelik : Miljoene mense smag na 'n ware held en bevryder. Dis so wonderlik om ons HELD EN BEVRYDER Jesus Christus te mag ken en een van die dae sy vleeswording te mag vier...

Vir 'n Christelike perspektief op Mandela - kliek op MANDELA IS NIE DIE MESSIAS NIE

Hierdie gaan jy nie in die media sien nie:

Lees meer oor 'n alternatiewe siening oor Mandela by die WARE MANDELA - siening van 'n sendeling. (nie noodwendig myne nie)

2 opmerkings:

  1. Dr Peter Hammond is 'n wereldbekende sendeling en skryf gereeld in die Christelike tydskrifte JUIG en JOY. Lees hier wat se hy: http://americanvision.org/.../missionary-reveals-real.../...

    AntwoordVee uit
  2. Dankie, ek het die volledige skakel in die post self gesit onder WARE MANDELA

    AntwoordVee uit

Jy is welkom om kommentaar te lewer. Hou dit kort, beleef en op die punt af.
As jy nie iewers geregistreer is nie, gebruik die anonymous opsie.