BAIE WELKOM!

Deel in die ryk seëninge uit God se WOORD! Dit sal ook lekker wees om van jou te hoor! Neem dus vrymoedigheid om kommentaar te lewer (by OPMERKINGS), maar doen dit asseblief altyd op 'n smaakvolle en verantwoordbare manier. Onbeheerste galbrakery sal nie geplaas word nie... Die opinies hier uitgespreek is my eie tensy duidelik anders vermeld. Hierdie webjoernaal is nie 'n amptelike spreekbuis van die NG Kerk in Namibië of die Tsumeb gemeente nie.

Vrydag 09 Maart 2012

"Hi!", uit Hentiesbaai

- name, huise en nog wat.

“Waar die hart van vol is, loop die mond van oor”, sê die spreekwoord. Nou wonder ek, sou mens kon sê : “Die naam vertel waarvoor die inwoners staan”? Kyk bietjie na Hentiesbaai se strandhuisname en besluit maar self. (En geniet sommer ’n toertjie saam met my deur Henties, waar ek en my gesin bietjie blaaskans neem).




Besadigde realisme, dankbaarheid.
                            

Lekker selfspot en goeie selfbeeld?



'n Tikkie moedeloosheid of maar net kommentaar op die Weskusweer?    ... hopelik vol vis!

 

Stoere Suidwesters!  Dis 'n "Statement!"  
            
(links) Is dit 'n belydenis oor die neiging tot uitstel?
 
Baie huise het iets van "kla" (klaar) in die naam. Dalk 'n erkenning van dat die laaste lewensjare aangebreek het? 'n Doel bereik is? Uiteindelik kom daar vir elkeen 'n dag om die laaste skof aan te pak van die lewensreis!

 
 
 
Skinkikofi

Klink of hierdie ouens nog tyd maak vir ontspan en of mens  dalk nog Suidwesgasvryheid hier sal raakloop.  
 
 
 
'n Dankbare erkenning dat God die Gewer van alle goeie gawes is!
 
 
 

'n Laaste stuiwer. Vir julle wat die Henties van die ou dae geken het... Kan jy die tyd onthou, toe die luuksste baken in Henties, die bekende Ankerhuis was? Op die Suidduin. Dis amper moeilik om jou so ’n stadium in te dink, nou dat mens jou orals in Toskaanse monsters vasry.... Het ons vergeet van die vreugde van eenvoud? Van die tyd toe ’n strandhuis ’n nog strandhuis was en nie ’n kus uitstalvenster vir binnelandse welvaart nie!




Dis seker ook somtyds nodig?

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Jy is welkom om kommentaar te lewer. Hou dit kort, beleef en op die punt af.
As jy nie iewers geregistreer is nie, gebruik die anonymous opsie.