BAIE WELKOM!

Deel in die ryk seëninge uit God se WOORD! Dit sal ook lekker wees om van jou te hoor! Neem dus vrymoedigheid om kommentaar te lewer (by OPMERKINGS), maar doen dit asseblief altyd op 'n smaakvolle en verantwoordbare manier. Onbeheerste galbrakery sal nie geplaas word nie... Die opinies hier uitgespreek is my eie tensy duidelik anders vermeld. Hierdie webjoernaal is nie 'n amptelike spreekbuis van die NG Kerk in Namibië of die Tsumeb gemeente nie.

GEMEENTE

Kom deel in ons Pinksterreeks 2022. 5-9 Junie.

Tema: Kind van God jy hoef nooit eensaam te wees nie!

Dis die waarheid wat voortvloei uit Jesus se kragtige troosvolle belofte in Johannes 14:23




BELYDENISAFLEGGING 16 Februarie 2020. Baie welkom en mag julle volhard in die geloof!



Eugene Grobler, Carolyn Gous, Lieze Grove, Anri Muller, Zaanri Labuschagne, Monique Engelbrecht, Jonette de Koning, Anja Steenkamp, Nick Vosloo





BAIE WELKOM AAN ONS NUWE JONG LIDMATE WAT SONDAG 17 FEBRUARIE 2019 BELYDENIS VAN GELOOF AFGELÊ HET! 


(vlnr) Jané Redelinghuys, Mario Nel, ds. Johannes, Teri-Dona Davids, Ferdinand  Gerd Kronsbein, Marco Nel, Demi Louw, Stephanus Johannes van der Merwe, Stephné Jo Voigts, Hermanus Bothma Keyser, Christin Opperman, Johannes Andries Steenkamp

DIS PINKSTER 2018 vanaf 20 Mei


KOM ONTDEK – HOE DIE HEILIGE GEES DIE ALLESOORTREFFENDE HEERLIKHEID VAN JESUS AAN ONS OPENBAAR!



Die Heilige Gees is op Pinkster aan die kerk gegee. Dis ‘n historiese feit net soos die kruis en opstanding. Maar die groot vraag is nou : Beleef jy prakties die werk van die Gees? Wat doen die Heilige Gees in hierdie tyd? Waarmee is Hy besig? Wat is Sy hooftaak? En sommer baie persoonlik: Hoe lyk ‘n mens of gemeente waar die Gees werksaam is? Watse praktiese verskil maak die Gees in ons lewens? En spesifiek in myne en joune?


PROGRAM EN TEMAS 

Sondagoggend 20 Mei : Die Heilige Gees verheerlik Jesus - Johannes 16:12-15

Sondagaand : Jesus, onoortreflike heerlikheid as waarlik God , waarlik mens - Johannes 1:1-5,14

Maandagaand : Jesus se ongeëwenaarde heerlikheid vol van genade en waarheid – Eksodus 33:11,18 Johannes 1:14

Dinsdagaand : Jesus se onvernietigbare vreugde en blydskap - Johannes 15:9-11

Woensdagaand : Jesus se onvergelykbare lyding en liefde – Johannes 19:1-3

Donderdagaand : Toneelstuk  "Vanya" (aangebied deur AEB)

Sondagoggend : Jesus se onoorwinlike lewe as die opgestane Here - Johannes 11:25-26


2017

Vanjaar 2017 is die 500 jarige viering van die Protestantse Reformasie. Ons gaan die jaar benut deur meer te leer van Martin Luther en sy herontdekking van die suiwer evangelie. (Kliek op LUTHER) Dit sal gebeur deur 'n Luther Olimpiade  op 29 Maart en later vanjaar ook 'n Luther Vasvrae vir die kinders. Die kinders gaan ook teen die volwassenes deelneem. Verder is daar ook blokkiesraaaisels en dergelike meer....

Ander hoogtepunte waarna ons uitsien is die besoek van Gerhardt du Toit van Kanada (13-17 Mei) en ons jaarlikse Pinkster (4-8 Junie).

Die tema wat Gerhardt met ons gaan behandel is : SAAM MET CHRISTUS IN DIE SKOOL VAN GEBED. Moet dit nie misloop nie!



TERUGBLIK 2016 : KATKISASIEKAMP LANGS DIE KAVANGO RIVIER






TERUGBLIK 2015: 'n Vroue uitreik na Tsintsabis, Finalejaar katkisasiekamp en Jeugkamp:


Die vroue met die sakke wat hulle gemaak het vir die vroue van Tsintsabis.

Voor regs :Hendre, Nelise, Thelma, Ria, Carlos, Johanco, John-Pierre, Charis, Jolani op die Finale jaar kamp by Kupferquelle.

Die jeugkamp by !Uris




DEELWEES VAN ‘N GEMEENTE IS GOD SE PLAN VIR ELKEEN VAN SY KINDERS!

Hier vind jy :


~ 'n Basiese vertrekpunt van gemeentewees.

~ Gemeentenuus : program, vooruitsigte en dit wat reeds gebeur het!

God het dit so bedoel dat Sy verlostes op aarde deel van ‘n gemeente sal wees. Dus ‘n unieke voorreg, maar ook ‘n noodsaaklike vreugde.  Dis deel van God se plan met elkeen van sy kinders. Handelinge 2:47 stel dit so :

“En die Here het elke dag die mense wat gered word, by die gemeente gevoeg.”

Twee duidelike beginsels ten opsigte van Godgewerkte Christenskap kom hier na vore:

God red mense. Die res van die boek Handelinge (en trouens die hele Nuwe Testament) is duidelik daaroor dat hierdie redding deur die geloof in Jesus alleen plaasvind. Dis ‘n geloof wat die Heilige Gees in harte bewerk. Dit behels  niks minder as ‘n wonderwerk nie, naamlik die wedergeboorte. Dis 'n soewereine daad van God, dis onverdiend, dis heeltemal uit genade! Maar dis lewensvernuwend!

Geredde mense word deur God in ‘n gemeente gevoeg. Wedergeborenes is nie bedoel om soos eiesinnige enkelinge deur die wêreld koersloos  te dwaal en net kerkdienste op TV te kyk nie. As God jou red, maak Hy jou deel van ‘n liggaam, en dit word uitgeleef in ‘n plaaslike gemeente.

As jy reeds deel is van hierdie gemeente (NG KERK TSUMEB), wil ons jou uitnooi om met volle oorgawe die pad saam met jou broers en susters te stap. Die plek om te begin, is om met verwagting Sondae se eredienste (oggend en aand) by te woon, want dis waar God ons lei en leer hoe om Hom in hierdie wêreld te dien. Hy rig deur sy Woord eerstens ons fokus op Homself (aanbidding), maar ook op mekaar as broers en susters (gemeenskap en diens) en ook na buite. (getuienis). Dalk kom jy agter dat jy nog nie gered is nie. Moet dan nie uitstel nie en kom van dag nog na die Here Jesus. Hy nooi jou uit en sal jou nie wegwys nie! (Jesaja 1:18; Matteus 11:28; Johannes 6:37)

As jy nog nie deel is van ‘n gemeente nie en graag die Here jou Verlosser in gehoorsaamheid wil dien, is jy hartlik welkom. Ja, soos alle gemeentes wat uit feilbare mense bestaan is ons ook vol foute en tekortkominge. Maar kom stap die pad saam met ons, sodat die Here ons saam deur sy Woord en Heilige Gees kan lei om Hom in groter getrouheid en gehoorsaamheid te lei.


Wat het gebeur in  2014?

Ons dank die Here onder andere vir:

~ 'n Kerkraadskamp gehou op 17,18 Januarie en die saam gesels oor REFORMASIE EN HERLEWING! (by Bushbaby naby Grootfontein)


~ 'n Manne Uitreik na Kaokoland  saam met ds. Erik van Zyl.  Kliek op KAOKOLAND (Laasjaar was ons in Boesmanland. Kliek  - BOESMANLAND ) 

~ 'n PINKSTERREEKS van 8-12 Junie. (Dit was 'n heerlike geleentheid waartydens Taylor Ridgard van die AEB en sy span ons bygestaan het.) Ons het (kliek op) TEMAS UIT HANDELINGE behandel.


~ Ons kon meer betrokke raak by Wildevy Gemeente (op Tsintsabis) waar ds. Josef Gevers die eerste inheemse leraar is.


Alex en Andries Gous vat stoele vir Tsintsabis se mense.








2013

Sondagskooluitstappie - baie dankie aan almal wat gehelp en dit geniet het!
















Intussen was ons dames ook nie ledig nie. Hulle het 'n heerlike aand van mosaïekwerk geniet. Moenie die volgende vrouebyeenkoms misloop nie! 


Lezaan Henning besig om te plak.





Salome van Tonder het baie lekker gesels.






 Vriendelike Erna Schreuder !







       Judy Breytenbach wonder wat sy nog moet bysit.

                                                  




Tannie Hildegard Griesel het net so
lekker gesels en gewerk.










Zelda Barnard het rustig aan haar
kruis gewerk.












Die jonger dames het die wonder-
likste idees gehad.  Hierdie vrolike
pienk kruis is van Marna Koorts









Nog 'n jong dame se kruis.  Die interessante blou een is van Daniella Weyand.


Hier is Linda Bergman, Daniella Weyand, Yda Weyand en Marna Koorts hard besig om te plak, konsentreer, te beplan en dan is daar nog tyd vir lekker gesels ook.


Rene du Plessis, Stella Junius, Brigitte Tietz, gas wat Marlene Tietz saam gebring het, en Marlene Tietz hard besig met hulle
eie ontwerpe, van 'n skoen-
lapper tot 'n skinkbord.





Pollie Kruger, Thelma von Molendorff en Henda Gerber was lus om harte te maak.





Jolinda Vosloo het nie kans om op te kyk nie.







Annelize Geldenhuys het fotorame versier en Linda van Wyk vra Annelize se hulp met haar kruis.

Baie dankie aan Ronel Kruger en Salome van Tonder vir
die reël van die aand.

PROGRAM

Sondagoggend : Erediens om 9:00
Sondagaand : Aanddiens om 17:00 (winter) of 18:00 (somer)
Kategese : Tydens die skooltermyne net na die erediens om 10:15
Jong Volwassenes : Dinsdae 19:00 (Navrae - Francois van Zyl - 0816230023)
Jeug : Woensdae 18:00 (Navrae - Riana van Zyl - 0812729747)
Finalejaar Kategese : Sondae na die erediens
Bybelstudie : Donderdae om 10:00 in konsistorie (ons behandel tans die Markus evangelie)
Gebedsgeleenthede : Vrydae 6:00 en weer om 10:00


ANDER SAKE

Huisbesoek : Dit sal ‘n vreugde wees om u persoonlik aan huis te besoek. Kontak my net by (067) 221685

Preke : Alle preke (oggend en aand) is gratis beskikbaar in mp3 formaat. Die weeklikse bulletin wat by die kerkdeure beskikbaar is bevat ook 'n opsomming van die vorige Sondag se preek.





Welkom aan ons nuwe lidmate wat op 17 Februarie 2013 belydenis van geloof afgelê het :


 Sunelle Grove

             Thelma von Molendorff

 Ida Steenkamp

Claudea Bosch

De Waal Keyser

        Janel Smit




Ons PLAASKOMBUIS van 9 November 2012 was 'n gesellige sukses van saamwees!

Van jonk...



en oud.



"Maak maar vol..."




Hierdie "steaks" is menere!




'n Lekker een vir jou...


Lekker borrel in die pot.


"Wie het my kos gevat?"


"Los jy maar net my roomys uit!"



"Moenie met my sukkel as ek eet nie!"



Vol en tevrede...



en vriendelikheid is altyd mooi!



'n Happie op die toonbank is alte lekker!










Baie dankie aan almal wat meegehelp het aan 'n wonderlike DANKFEES! (2012) Hier is so 'n paar foto indrukke:



Van die koeksistersusters wat lank voor die tyd die soetgoedjies begin voorberei het : Joey Bergh, Jacolette de Koning. Maretna van Eeden, Martie Stehle, Johanna Bingham en Stella Junius.



Een van die bakkies vol vleis. Ons moes vleiswerk soos karnivore! Maretna van Eeden het gesorg dat die vleiswerkers se magies vol bly.



Handig met die mes en 'n gawe glimlag, Marlene Tietz.


Oom Jan Blaauw kan met gesag praat oor 'n stukkie vleis "wat geen bedrog in hom het nie."





Ons nuwe "all rounder" diaken Sakkie Schreuder kan net so goed pannekoek bak ook.





Ou staatmakers, Oom Dries en tannie Johanna Horn.



Oom Ossie Tietz, die onbetwiste worsmaak kampioen.



Die jonges het gehelp met sosaties ryg!






"Hier gaan ons nog lank staan"  Pieter van Eeden en Jacolette.



Hulle sorg dat ons ook darem bietjie vitamines inkry. Borrie en Lettie Borman.



Dries Coetzee hou 'n oog oor die speletjie terwyl Francois van Zyl toekyk.



Handig met die panne - Maritha Ayres



"Hierdie lyk lekker!" Salome van Tonder, Annalise Geldenhuys, Asie Tietz en Trudie van Niekerk




Die senior lidmate onder aansporing van Ansie Tietz het gesorg vir baie mooi goed!



Amper kry Jonette die koekie gevang! In die agtergrond is Jacques Stehle en Martonique Erasmus.



Hanlie van Eeden en skoonma Monica bring hulle kant.



Hierdie manne het 'n laaaang braaiskof agter die rug en verdien 'n blaaskans! Dankie, Leon von Molendorff en Coenie van Zyl!








1 opmerking:

  1. Ag, dit was lekker om deur die foto's te blaai en heelwat bekende gesigte te sien . . . daar staan Joey en sy is nog net so jonk en mooi soos tien jaar gelede toe ek kaar laas gesien het! Hoe mis ek nie my ou Bybelstudiegroepie en Tsumeb se asem nie . . .

    AntwoordVee uit

Jy is welkom om kommentaar te lewer. Hou dit kort, beleef en op die punt af.
As jy nie iewers geregistreer is nie, gebruik die anonymous opsie.