Kerklik geseënde gay huwelike? Kan dit wees? Sê u dit as 'n bedienaar van die Woord of dalk as woordvoerder van SCOTUS?
Die moderator van die NG Kerk (Algemene Sinode) is volgens persberigte ten gunste daarvan dat die NG KERK die huwelik herdefinieer. Miskien is hy daartoe aangemoedig deur die onlangse beslissing van SCOTUS (Supreme Court of the United Sates) ten gunste van sogenaamde selfde geslag huwelike, want in die Bybel sal jy dit nie kry nie!
“Dit het tyd geword dat gay NG predikante nie meer gedwing word om selibaat te wees nie en dat gay paartjies se huwelik met die volle seën van die kerk voltrek word.
Dit is die pleidooi van prof. Nelus Niemandt, algemene moderator van die NG Kerk.
Hy hoop die besluit oor gay predikante sal in Oktober op die algemene sinode opgehef word en dat hulle ook sal kan trou.”*
Hoe kan dr. Niemandt sulke uitlatings maak wat indruis teen vorige sinode besluite, maar veel erger wat direk teen God se Woord ingaan? In Romeine 1* leer die Woord ons dat God juis mense oorgegee het aan die skandelike drifte van homoseksualiteit omdat die mens die waarheid verruil het vir die leuen en skepsele gedien het bo die Skepper. Nou word skepsele se sienings weer bo die waarheid van die Skepper in sy Woord gestel!
Nee, niemand(t) durf homself bo die Woord ag nie!
Hoe kan dr. Niemandt sulke uitlatings maak wat indruis teen vorige sinode besluite, maar veel erger wat direk teen God se Woord ingaan? In Romeine 1* leer die Woord ons dat God juis mense oorgegee het aan die skandelike drifte van homoseksualiteit omdat die mens die waarheid verruil het vir die leuen en skepsele gedien het bo die Skepper. Nou word skepsele se sienings weer bo die waarheid van die Skepper in sy Woord gestel!
Hierdie wendig moet seker nie as 'n verrassing beskou word nie, want nie te lank gelede nie het DIE KERKBODE die lof van 'n lesbiese huwelik besing. Tog het sy blatante afwykende uitspraak skokgolwe deur die kerklike publiek gestuur en voorsien ek dat daar 'n groot rimpeleffek gaan wees. Daar word nou reeds van alle kante af wal gegooi om die skade te besweer, maar dis ongelukkig reeds gedoen. Die feit dat dit nie die amptelike besluit van 'n sinode (en dus die kerk) is nie, bring maar weining troos. Net die feit dat 'n moderator so 'n skrikwekkende Skrifafwykende uitspraak kon maak, laat mens sidder. En tog...miskien word evangeliese gelowiges in die NG Kerk nou wakker geskud om vas te skop en verdere verdraaiing van die Skrif halt te roep! Of is die padda dalk al te lank in die al warmer wordende pot water?
Lees ook : As mens jou op die Skrif beroep in 'n debat oor homoseksualiteit, dan word jy mos bykans sonder uitsondering met die skulpvis argument gegooi. "Eet jy dan nie skulpvis nie? Die Bybel verbied dit ook mos. So ons kan nie sê gay huwelike is verkeerd omdat die Bybel daarteen gekant is nie!" Kliek op SKULPVIS.
*Dit lyk nie of Niemandt voel dat hy verkeerd in die pers aangehaal is nie, want hy het die skakel na hierdie berig ge -retweet.
**Romeine 1:22 Terwyl hulle voorgee dat hulle wys is, het hulle dwaas geword
Rom 1:23 en die heerlikheid van die onverganklike God verander in die gelykvormigheid van die beeld van 'n verganklike mens en van voëls en viervoetige en kruipende diere.
Rom 1:24 Daarom het God hulle ook in die begeerlikhede van hulle harte oorgegee aan onreinheid, om hulle liggame onder mekaar te onteer
Rom 1:25 hulle wat die waarheid van God verruil het vir die leuen en die skepsel vereer en gedien het bo die Skepper wat geprys moet word tot in ewigheid. Amen.
Rom 1:26 Daarom het God hulle oorgegee aan skandelike hartstogte, want hulle vroue het die natuurlike verkeer verander in dié wat teen die natuur is;
Rom 1:27 en net so het ook die manne die natuurlike verkeer met die vrou laat vaar en in hulle wellus teenoor mekaar ontbrand: manne het met manne skandelikheid bedrywe en in hulleself die noodwendige vergelding van hulle dwaling ontvang.
Lees ook : Wat maak homoseksuele sonde anders? Kliek op DIFFERENT (artikel deur John Piper)

"At this moment in history, contrary to the other sins listed..., homosexuality is celebrated by our larger society with pioneering excitement. It’s seen as a good thing, as the new hallmark of progress."