BAIE WELKOM!

Deel in die ryk seëninge uit God se WOORD! Dit sal ook lekker wees om van jou te hoor! Neem dus vrymoedigheid om kommentaar te lewer (by OPMERKINGS), maar doen dit asseblief altyd op 'n smaakvolle en verantwoordbare manier. Onbeheerste galbrakery sal nie geplaas word nie... Die opinies hier uitgespreek is my eie tensy duidelik anders vermeld. Hierdie webjoernaal is nie 'n amptelike spreekbuis van die NG Kerk in Namibië of die Tsumeb gemeente nie.

Sondag 06 Oktober 2019

SATANSWERK

van die teologiese fakulteite!

Is dit te sterk gestel? Wel, wat anders kan mens die opleiding wat aan ons teologiese fakulteite (waaronder andere) ook NG studente vir die bediening studeer noem?

Ferdie Mulder vertel waar hierdie afval sterk begin stoom optel het, met spesifieke verwysing na die Teologiese Fakulteit van Pretoria. Dis natuurlik 'n proses van agteruitgang wat reeds in die tagtigerjare aan die gang was toe ekself nog daar 'n student was.

Luister self na Ferdie deur HIER te kliek!


Hoekom het dit sover gevorder sodat daar menslik gesproke geen hoop meer is vir die koers wat die Algemene Sinode en fakulteite vir die kerk aanwys nie?

Goeie evangeliese mense het bloot net stilgebly of hoogstens saggies beswaar gemaak...


Ferdie Mulder


Valse lering vernietig die geloof van sommige, maar vir God se kinders is daar Goeie Nuus binne in hierdie situasie!  Kliek op FONDAMENT

2 opmerkings:

  1. Baie dankie dat u meehelp om die boodskap verder te dra! U weet seker dat Ferdie 'n reeks het, en dat daar intussen nog 2 dele op Youtube geplaas is? Veel seen toegebid, Henrietta

    AntwoordVee uit
  2. Die werk wat vir jare nou by die Teologiese Fakulteite van die NG Kerk gedoen is, is verseker Satanswerk.
    Ek sê dit as iemand wat self by so 'n plek gestudeer het, en in daardie tyd nog heeltemal ongered was. Selfs in my ongeredde toestand het ek geweet wat daar aangaan is nie in lyn met die Skrif nie, maar eerder deurspek met liberale leuns. In my tyd is Christus in die Ou Testament ontken. Die damwal het mettertyd gebars, en als is nou oorboord gegooi. Jesus het gese: "Want elkeen wat hom vir My en my woorde skaam in hierdie owerspelige en sondige geslag, vir hom sal die Seun van die mens Hom ook skaam wanneer Hy kom in die heerlikheid van sy Vader met die heilige engele." (Markus 8:38, OAV) Dis onder andere van toepassing op hulle wat Christus in die Ou Testament verloën. Die hele Skrif wys immers op Hom, die geliefde Seun van die Vader, wat deur die Heilige Gees verheerlik word!
    (Laat ek byvoeg dat deur Sy onmeetlike en onverdiende genade het die Here my later wel gered, waarvoor ek Hom prys!)

    Jesus se woorde aan die skrifgeleerdes en Fariseërs is ook van toepassing op liberale teologiese professore wat klasgee aan sulke fakulteite, terwyl hulle God se Woord verloën: "Maar wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle sluit die koninkryk van die hemele toe voor die mense; want julle gaan self nie in nie, en die wat sou ingaan, laat julle nie toe om in te gaan nie." (Matt 23:13, OAV)
    Die apostel Paulus se woorde is ook waar van hulle: "Want sulke mense is valse apostels, bedrieglike arbeiders wat hulleself verander in apostels van Christus. En geen wonder nie! Want die Satan self verander hom in ‘n engel van die lig. Dit is dus niks besonders wanneer sy dienaars hulle ook voordoen as dienaars van geregtigheid nie. Maar hulle einde sal wees volgens hulle werke." (2 Kor 11:13-15, OAV)


    Philip, Kaapstad

    AntwoordVee uit

Jy is welkom om kommentaar te lewer. Hou dit kort, beleef en op die punt af.
As jy nie iewers geregistreer is nie, gebruik die anonymous opsie.