BAIE WELKOM!

Deel in die ryk seëninge uit God se WOORD! Dit sal ook lekker wees om van jou te hoor! Neem dus vrymoedigheid om kommentaar te lewer (by OPMERKINGS), maar doen dit asseblief altyd op 'n smaakvolle en verantwoordbare manier. Onbeheerste galbrakery sal nie geplaas word nie... Die opinies hier uitgespreek is my eie tensy duidelik anders vermeld. Hierdie webjoernaal is nie 'n amptelike spreekbuis van die NG Kerk in Namibië of die Tsumeb gemeente nie.

Woensdag 04 Maart 2015

DS. FERDIE WEICH

- voltooi sy aardse loopbaan.

Die baanbreker NG sendeling onder die Boesmans van  Namibië  is nou onlangs in Pretoria oorlede. Hy is in 1961 met oplegging van hande bevestig in Orumana en begin in dieselfde jaar die werk onder die Boesmans te Tsumkwe in die destydse tuisland, Boesmanland in die noord-ooste. Nadat hy tussen 1976 en 1980 die NG Sendingkerk Grabouw bedien het, keer hy terug na hierdie land om in die gemeente Wildevy  (Grootfontein, Tsumeb, Otavi omgewing) die werk onder die Boesmans voort te sit. In 1988 word hy die Uitvoerende Sekretaris van die Namibiese Bybelgenootskap tot met sy aftrede. 

Ds. Weich was veral bekend vir sy taalkundige baanbrekerswerk onder die Boesmans. Oom Ferdie en my eie Pa, Johan de Koning het ook nou saamgewerk. Lees gerus sy nuusbrief wat hy geskryf het na aanleiding van die groot deurbraak onder die Boesmans by Tsumkwe in 1973.  (Kliek op NUUSBRIEF)



[Op hierdie ou foto van my Pa, kan ds. Weich in die agtergrond gesien word. Nou is altwee stryders nie meer met ons nie...]

2 opmerkings:

  1. Vir my was dit n groot voorreg om ds Ferdie en oom Johan te kon ken. Ek dank die Here wat ek by hulle kon leer en glo daar sal nog verdere seën uit hulle diens vir die Heer se koninkryk kom. Vertrou daar is iemand die voortgaan gaan die Boesmans die Evangelie te gee. Alle seën vir julle bediening daar in NAM. Sal weer hier inloer. Groeten en vreded in Jezus Christus, Willi Rabald uit België

    AntwoordVee uit
    Antwoorde
    1. Dis wonderlik om jou weer hier te ontmoet. Ja, die evangelie word nog steeds onder die Boesmans verkondig, ook deur hulle eie leraars. Ons as Tsumeb gemeente is betrokke by die Boesmans op veral Tsintsabis. Sien berigte elders op hierdie webjoernaal. Hoor graag weer van jou. Johannes

      Vee uit

Jy is welkom om kommentaar te lewer. Hou dit kort, beleef en op die punt af.
As jy nie iewers geregistreer is nie, gebruik die anonymous opsie.