BAIE WELKOM!

Deel in die ryk seëninge uit God se WOORD! Dit sal ook lekker wees om van jou te hoor! Neem dus vrymoedigheid om kommentaar te lewer (by OPMERKINGS), maar doen dit asseblief altyd op 'n smaakvolle en verantwoordbare manier. Onbeheerste galbrakery sal nie geplaas word nie... Die opinies hier uitgespreek is my eie tensy duidelik anders vermeld. Hierdie webjoernaal is nie 'n amptelike spreekbuis van die NG Kerk in Namibië of die Tsumeb gemeente nie.

Dinsdag 15 November 2016

OP HULLE AGTERPOTE

- die liberales het hulle mes in vir Ds. Dirkie van der Spuy.

[Kom ons bid vir hom en ondersteun hom]

Dis nou reeds algemeen bekend dat die Buitengewone Algemene Sinode (BAS) van 2016 'n baie meer Skrifgetroue besluit oor die selfdegeslagkwessie geneem het as die AS 2015 wat aan praktiserende homseksuele predikante die groen lig gegee het. Die BAS 2016 besluite is baie versigtig  (myns insiens te vaag) verwoord, maar dit kom in wese wel neer op 'n omkering van AS 2015 se besluite en kan beslis as 'n oorwinning vir die evangelie beskou word. Ja, inderdaad kan ons die hand van die Here hierin sien, al moet ons besef dat die stryd om die hart en siel van die NG Kerk beslis nie verby is nie. Met die teologiese fakulteite as teelaardes vir liberalisme sou dit uiters kortsigtig wees om te dink dat die draers van die pro-gay agenda nou gaan stilbly en hulle by die BAS 2016 se besluite gaan neerlê. Dit het nou reeds duidelik geword in die aanvallende ope brief wat aanvanklik deur 172 persone onderteken is en gemik is teen ds. Dirkie van der Spuy van Moreleta Park NGK op grond van 'n e-pos wat hy kort na die BAS 2016 besluit uitgestuur het.

Intussen het die getal ondertekenaars aangegroei tot meer as 600. Natuurlik het elke persoon seker die vryheid om te teken wat hy wil, maar ek wonder net of dit nou eties korrek en normaal is dat 'n blad soos DIE KERKBODE as ywerige platform gebruik word om 'n lid van die moderatuur te beswadder? Dit lyk asof die redakteur baie entoesiasties meedoen, want die getal ondertekenaars word gereeld opgedateer... Neels , ek wonder of jy so 'n petisiebrief  teen die professore wat byvoorbeeld die liggaamlike opstanding van Jesus ontken het sou toelaat?

Onderaan is die brief wat ds. Dirkie in sy privaat hoedanigheid gestuur het. Oordeel maar self of hy iets verkeerds gedoen het. My siening is NEE. Is dit verkeerd om bly te wwes vir 'n oorwinning van die Woord? Wil die liberales wat wyd en syd hulle dwalinge verkondig nou aan 'n predikant kom voorskryf oor wat hy mag skryf en sê? (Die ironie is dat van die ondergetekendes self die allergruwelikste dwaalleer in die openbaar kwytgeraak het)

DS. VAN DER SPUY SE BRIEF

Broers en susters,

Hier is die besluit van vanmiddag.

Baie dankie vir julle gebede en ondersteuning.

Dit was ‘n geweldige stryd maar uiteindelik ‘n wonderlike oorwinning vir God en sy Woord.

Die Here het Moreletapark se besluit wat goedgekeur is deur die AS, gebruik om ‘n keerpunt in die besluite te bring en die hele koers van besluite in ‘n nuwe rigting te stuur.

2015 se ongelukkige besluite wat soveel stryd en ongelukkigheid veroorsaak het, is van die tafel af en met nuwe behoudende besluite vervang.

Dit was weereens vir my wonderlik om te sien hoe die Here self kom oorneem het en ‘n wonderwerk in Sy kerk kom doen het.

Sien ook: Die NG Kerk se buitengewone Algemene Sinode het hard en duidelik nee gesê vir enige seksuele verhoudings tussen mense van dieselfde geslag. Die sinode het herbevestig “dat die huwelik deur God ingestel is as ‘n heilige en lewenslange verbintenis tussen een man en een vrou en dat enige seksuele gemeenskap buite so ‘n vaste formele ▸▸▸ http://kerkbode.christians.co.za/2016/11/10/ng-kerk-se-nee-vir-gay-verhoudings/


Seënwense
Dirkie


OPE BRIEF VAN 172 (aan dr. Claassen die algemene sekretaris van die NGK)

Beste dr Claassen

Ons het met onsteltenis kennis geneem van ‘n e-pos wat direk na afloop van die Buitengewone Algemene Sinode deur ds Dirkie van der Spuy aan onder andere gemeenteleiers van die NG Gemeente Moreletapark gestuur is. (Die e-pos word by hierdie skrywe aangeheg).

Ons wil ten sterkste beswaar maak teen sowel die inhoud as die triomfantelike toon van sy skrywe.

Uit sy verwysing na die “geweldige stryd” en die “wonderlike oorwinning vir God en sy Woord” is dit duidelik dat dit hier oor veel meer gaan as persoonlike instemming met die besluit wat deur die sinode geneem is.

Die duidelike implikasie van sy woordkeuse is dat die standpunt van die persone wat tydens die vergadering in die minderheid gestem het, in stryd is met God en met sy Woord. Dit word bevestig deur die feit dat die uitslag van die besluitneming deur hom beskryf word as ‘n bewys dat “die Here self kom oorneem het en ‘n wonderwerk in Sy kerk kom doen het.”

Behalwe dat ons op ‘n baie diep vlak aanstoot neem aan hierdie kwalik bedekte beskuldiging van kettery en/of leerdwaling, dink ons ook dat dit uiters onverantwoordelik van ‘n persoon in ‘n leiersposisie in die NG Kerk is om hom op so manier uit te spreek – veral in hierdie tyd van groot spanning en dreigende skeuring in die kerk waarvoor ons almal lief is.

Ons is ook besorgd oor die verwysing in ds Van der Spuy se skrywe na “Moreletapark se besluit wat goedgekeur is deur die AS.” Dit wek die indruk dat daar ‘n versteekte agenda agter die verloop van die vergadering was, en dat die vergadering dus op ‘n onaanvaarbare wyse gemanipuleer is.

Dit is vir ons moeilik om te dink dat hy kan voortgaan om hierdie leiersrol in die moderatuur en in die moderamen te vervul sonder om die verdeeldheid wat daar reeds in die kerk is, verder te versterk.

Ons sal dit waardeer as daar dringend aan hierdie aangeleentheid aandag gegee kan word en hoop dat die optrede wat daaruit voorspruit, die vertroue in die leierskap van die Algemene Sinode sal herstel.

Groete in Christus




André Bartlett
Julian Müller
Ronell Bezuidenhout
Cecile Cilliers
Annemie Bosch
Nico van Rensburg
Wentzel van Huyssteen
Carike Noeth
Jan Viljoen
Benjan Knoetze
Tielman Roux
Jacobie M. Helena Visser
Eduard Enslin
Delene van Dyk
Riaan de Villiers
Ghisnene Muller
Hennie Pienaar (jr)
Deon Kitching
Johann Enslin
Johan Janse van Rensburg
Corneil Oberholzer
Johan Stander
Johan van der Merwe
Carin van Schalkwyk
Anje Zeeman
Elzanne van der Westhuizen
Jan Coetzer
Michelle Nieuwoudt-Boonzaaier
Nina Müller van Velden
Leon Forsmann
Willie Badenhorst
Renier Lourens
Felix Smith
Hennie Pienaar (sr)
Emma Pienaar
Pieter Visser
Samuel Heine
Lyn van Rooyen
Gideon van der Watt
Andries Erwee
Stefan de Klerk
Helgard Pretorius
Phillip Potgieter
Luané Buys McLachlan
Coenie Nolte
Johan Conradie
Lulani Vermeulen
Wynand du Plessis
Martin Lazenby
Charon Buchner Marais
Sunelle Stander Lays
Marlene Schader
JP Ellis
Christi Thirion
Gerhard Bothma
Alphonso Groenewald
Johan Vorster Beyer
Judith Kotzé
Douw G Willemse
Pieter Dorey
Hein Kotzé
Fanus Hansen
Izak Muller
Johan Janse van Rensburg
Schalk van Wyk
Auke Compaan
Johan Botha
Elize Morkel
Marietjie van Loggerenberg
Frans Klopper
Ben du Toit
Jacob Meiring
Jaco Botha
Bianca Botha
Tiana Bosman
Liezel van der Westhuizen
Erna van der Westhuizen
Annelet Slazus
Lidia Theron
Barend Nel
Esmarie Mare
Danie Veldsman
Chris McLachlan
Louis van Niekerk
Evert Knoesen
Etienne van Zyl
Elretha Bartlett
Andreas van Rooyen
Amanda Strydom
Marna Nel-Steyn
Aletta Ellis
Sanel Roux
Marilize Kalis
André Kalis
James Kirkpatrick
Gerda-Marié van Rooyen
Retief Müller
Johann Meylahn
Irma Nel
Jan Nel
Lou-Maré Denton
George Rauch
Linette Retief
Freddie van der Westhuizen
Wouter de Wet
Sias Botha
Etienne Pheiffer
Louis Jonker
Neels du Plooy
Julie Claassens
Charlene van der Walt
Michiel Strauss
Cobus Bester
Llewellyn Jackson
Werner Venter
Han Janse van Rensburg
Francois Claassens
Eureka Oosthuizen
Anton Bester
André Agenbag
Daniel D de Kock
Schalk W Naudé
Sara Fouche
Eulogia Murray
Attie Botha
Adriaan van der Wart
André Smuts
Charles Naudé
Colleen Naudé
Terence Cooke
Jana Dickason
Johan van den Heever
Dawfré Theron
Arno Meiring
Lieze Meiring
Frans du Plessis
Dirk Cilliers
Brando Smit
Piet Meiring
Dawid de Villiers
Gerda de Villiers
Cas Wepener
Dieter de Bruin
Nadia Marais
Marié Britz
Eugene Malan
Murray Coetzee
Gys Loubser
Johan van der Merwe
Ida Brink
Almatine Leene
FD Hugo
Anton Pienaar
Dewald Niemandt
André de Villiers
Antje du Plessis
Doret Niemandt
Charl Janse van Rensburg
Marius J Nel
Jeremy Punt
Laurie Gaum
Steyn Kleynhans
Braam le Roux
Robert Vosloo
Wiehahn Maritz
Michelle Marais
Jeanine Hepburn
André de Villiers
Aneleh Fourie le Roux*

My verdere kommentaar : Nou wonder ek maar net wat is fout as 'n predikant aan sy gemeente leiers 'n e-pos stuur waarin hy die Here dank vir 'n oorwinning van die waarheid oor die leuen? Die liberales (waaronder teologiese proffesore) verkondig  wyd en syd hulle teologiese voorkeure op sosiale media en in die pers... Het mens nie meer reg op eie opinie as dit indruis teen die vrysinnige teologie nie?  Hierdie lys name is meestal ou bekendes in die kringe van die liberale teologie, gay propaganda saak en saampraters in Jean Oosthuizen se Facebook en Twitterkoor... Ongelukkig is daar ook persone uit Namibië wat hierdie heksejag teen ds. Dirkie (voormalige predikant van die gemeente Pionierspark) blykbaar goedpraat. Voorwaar, alle Godvrugtiges sal vervolg word...  Kom ons ondersteun ds. Dirkie van der Spuy in die gebed en soos die Here ons mag lei.

*slegs die name van die aanvanlike groep word hier genoem

Vir die jongste verwikkeling (Vrydag 18 November) kliek op VRYE REG


14 opmerkings:

  1. Meer as 'n derde van die name op die lys is vroue. As my vermoede reg is, is hierdie meestal ouderlinge. Die hermeunitiek is ten minste konsekwent: "Paulus se voorkeure" is nie gesaghebbend nie

    AntwoordVee uit
  2. Vir my gaan dit oor die wese van die huwelik, soos wat die sinode se besluit ook onderstreep. Is dit dan nou liefdeloos en haatdraend as mens 'n siening huldig dat die huwelik 'n openbare verbintenis tussen een man en een vrou is? En as dit mens se siening is op grond van hoe mens die Bydel lees, kan mens tog nie instem dat 'n ander interpretasie ook reg is nie?

    Appie Pienaar

    AntwoordVee uit
    Antwoorde
    1. Dankie Appie, jy slaan die spyker op sy kop. Dis die probleem dat die kerk almal wil tevrede stel. Maar dis op die lange duur nie moontlik nie. As die huwelik se wese die verbintenis tussen een man en een vrou behels, kan die kerk nie maar almal paai deur te beweer dat die ander kant ook maar erns met die Skrif maak en ook maar reg is nie.

      Vee uit
  3. Baie dankie hiervoor. In my vriendekring is heelparty mense soos ekself wat vir Ds Dirkie bid en per e-pos hul steun gegee het. Die Bartlett-groep het geen been om op te staan nie - Ds Dirkie het binne sy mandaat opgetree. Trouens, ek sien die Bartlett-aksie as onkerkordelik.

    AntwoordVee uit
  4. Die getalle van die Bartlett-petisie word kort-kort aangepas ... dit is nou al meer as 600! Is die moderamen bewus hiervan? Ek kan nie dink dat dit so oogluikend toegelaat word nie. Kyk ook mooi na die opskrif - dit is só gestel asof mense uitgenooi word om te protesteer?? http://kerkbode.christians.co.za/2016/11/14/172-protesteer-teen-dirkie-se-brief/

    AntwoordVee uit
    Antwoorde
    1. DIE KERKOBODE wys nou sy ware kleure - vir diegene wat dit nog nie voorheen kon raaksien nie. Ek dink dis ons almal se plig om ons ondersteunng teenoor ds. Dirkie uit te spreek.

      Vee uit
    2. Bartlett en Die Kerkbode vergeet dat "Een mens mét God IS die meerderheid"

      Vee uit
  5. Wat op Kerkbode staan, is nou net so oorgeneem deur Netwerk24. Maar indien mens na change.org toe gaan vir die ware getalle van die petisie, is dit veel minder. Hier is die NW24 berig: http://www.netwerk24.com/Nuus/Algemeen/steun-vir-brief-teen-dirkie-van-der-spuy-groei-tot-654-20161118

    AntwoordVee uit
  6. Johannes. Kan daar nie ook 'n langlys bymekaar gemaak word van name wat beswaar aanteken teen die redaksie van die kerkbode wat die kerkbode misbruik om 'n aksie teen 'n leier in die kerk te bevorder en te ondersteun nie. Dis mos nie die doel van die Kerkbode nie? Coen Sutton

    AntwoordVee uit
    Antwoorde
    1. Goeie idee Coen, maar gelukkig is ds. Dirkie reeds gelyk gegee in 'n verklaring Vrydag. Sien http://skattegemynuitgodsewoordintsumeb.blogspot.com/2016/11/sy-vrye-reg.html Die volledige verklaring is in die elektroniese KERKBODE. Dirkie is aan niks skuldig nie. Die ondertekenaars het 'n haas gejaag wat nie bestaan nie...

      Vee uit
  7. Klompie jare gelede het 'n baie leraar tydens sy aanbieding by die Lynnwoodrif Bybelskool, iets soos die volgende gese: "As julle dan nie die Bybel will glo nie, gaan staan dan kaal voor n spieel en kyk of julle 'tools' by mekaar pas". Miskien kan die ondertekenaars van die beswaarskrif presies dit doen en Dan gaan herbesin oor hulle sieklike wanbegrip oor die heiligheid van n normale seksuele verhouding tussen man en vrou binne die huwelik. Sal ons Heilige God smerighede soos orale seks en sodomie beplan het? Hendrik Keller Pretoria

    AntwoordVee uit
  8. Die kerk is soos 'n sak aartapels wat lank in die koelkamer was ,toe dit oopgemaak word was daar 'n paar vrotes ,as hulle nie uit gehaal word nie ,word die hele sak vrot Daar moet maar sak skoon gemaak word!!Dankie vir manne soos ds Dirkie

    AntwoordVee uit
  9. Ek is nie lidmaat van die NG kerk nie maar ek is so bly iemand het die moed om op te staan teen die minderheids groep wat almal wil oorheers met dreigemente.

    AntwoordVee uit

Jy is welkom om kommentaar te lewer. Hou dit kort, beleef en op die punt af.
As jy nie iewers geregistreer is nie, gebruik die anonymous opsie.