BAIE WELKOM!

Deel in die ryk seëninge uit God se WOORD! Dit sal ook lekker wees om van jou te hoor! Neem dus vrymoedigheid om kommentaar te lewer (by OPMERKINGS), maar doen dit asseblief altyd op 'n smaakvolle en verantwoordbare manier. Onbeheerste galbrakery sal nie geplaas word nie... Die opinies hier uitgespreek is my eie tensy duidelik anders vermeld. Hierdie webjoernaal is nie 'n amptelike spreekbuis van die NG Kerk in Namibië of die Tsumeb gemeente nie.

Dinsdag 05 November 2019

DIE SPOEG OP JESUS SE GESIG

- WAS DIT AF DEUR SKAAMTELOOS OP TE STAAN VIR DIE WAARHEID!

Die Algemene Sinode 2019 se besluit om onder die vaandel van diversiteit aktiewe praktiserende homoseksuele predikante toe te laat is meer as net 'n verwarrende etiese besluit. Dit tas die eer van Jesus Christus die Hoof van Sy kerk aan! Dis 'n onheilige kompromie met die anti-Woord en anti God-filosofie van die postmodernisme.

Dit lyk baie soos die kompromie wat sommige kerkleiers destyds in Roemenië met die Kommuniste gemaak het.

Hieroor het die bekende martelaar RICHARD WURMBRAND soos volg geskryf: (kliek op video)






2 opmerkings:

  1. Dankie, Johannes, vir jou ferm standpunt om te staan by die Woord van God.

    Net so ferm kan ons steeds ook in die volgende glo:

    Hou Christus self sy kerk in stand -
    vergeefs die hel se woede!
    As Here aan Gods regterhand
    regeer Hy ons ten goede.
    Hy is in alle leed
    ons steeds tot hulp gereed,
    bewaak die Christendom,
    en waar die vyand kom,
    stuit Hy die bose woede.

    AntwoordVee uit
    Antwoorde
    1. Dankie vir die bemoedigende herinnering aan die kosbare waarheid van Christus wat sy kerk in stand hou!

      Vee uit

Jy is welkom om kommentaar te lewer. Hou dit kort, beleef en op die punt af.
As jy nie iewers geregistreer is nie, gebruik die anonymous opsie.