BAIE WELKOM!

Deel in die ryk seëninge uit God se WOORD! Dit sal ook lekker wees om van jou te hoor! Neem dus vrymoedigheid om kommentaar te lewer (by OPMERKINGS), maar doen dit asseblief altyd op 'n smaakvolle en verantwoordbare manier. Onbeheerste galbrakery sal nie geplaas word nie... Die opinies hier uitgespreek is my eie tensy duidelik anders vermeld. Hierdie webjoernaal is nie 'n amptelike spreekbuis van die NG Kerk in Namibië of die Tsumeb gemeente nie.

Donderdag 15 November 2012

MISLEIDING VAN DIE MAANKYKERS

- die duiwelse dwaasheid van die Hebrew Roots Movement (HRM) se Tora leraars.

Van alle dwaalleringe op die Satan se moderne spyskaart (New Age Gnostisisme, Prosperity Gospel, Mormone, Jehova Getuies, Nuwe Hervormers en noem maar op...) dra die Hebrew Roots leraars die twyfelagtige onderskeiding dat hulle dwaling die duidelikste in die Nuwe Testament self geïdentifiseer en ontmasker word. So lees ons baie duidelik oor hierdie mense en hulle onkunde in 1 Timoteus 1:7 (OAV) “hulle wil leraars van die wet wees, alhoewel hulle wat hulle sê, of die dinge wat hulle beweer, nie verstaan nie.”  (NAV)  “hulle verstaan nie hulle eie woorde of die dinge waaroor hulle so selfversekerd praat nie.”

Die twee uitstaande kenmerke van die HRM se lering word hier uitgelig naamlik : Die objek van hulle lering. Die standaard van hulle kennis.

Die objek van hulle lering, is die wet. (tora, Engels : torah) Dit plaas hulle onmiddellik reeds in opposisie teen die apostel Paulus en alle ander evangelie dienaars dwarsoor die eeue. Paulus (en elke ware gesant van Jesus Christus) se kernboodskap is die boodskap van die kruis. (1 Korintiërs 2:1-5) Geen HRM leraar kan dit sê nie. Luister maar waaroor praat hulle die graagste. Hulle kerm dat mense nie kreef en vark moet eet nie. Hulle sanik oor die Shabbat, en raak opgewonde oor Joodse feeste en mane, maar hulle swyg oor die genoegsaamheid van Jesus se kruis en opstanding. Hulle skryf lang stukke waarin hulle nou vir ons wil vertel of dit Yashua, Yeshua of YaHusha moet wees... Daarom is dit  dat hulle lering, oral waar dit posvat,  net twisvrae bevorder en nie tot stigting lei nie. (1 Timoteus 1:4) Ek vra julle, al julle skynslim HRM leraars, waarom verkondig julle die wet van Moses (tora) terwyl ons net vergifnis deur Jesus Christus kan ontvang, juis omdat die wet van Moses ons nie van sonde kon vrymaak nie? (Handelinge 13:38,39) Natuurlik,  sal julle sê dat julle ook  Jesus verkondig, maar die punt is julle verkondig Hom nie as algenoegsaam nie. Julle meng altyd die tora by in julle gevaarlike resep van dwaaldisse.

Die gebrekkige standaard van hulle kennis. As jy verby kan kyk by hulle tentoonstelling van hoogdrawende en irriterende transliterasies van Hebreeuse name dan kom jy gou agter dat daar min Skrif (en taal) kennis is. Dis nie deeglike Skrifstudie nie, maar ‘n naïewe najaag van visioene en ‘n meusleuring van op die klank af argumente wat hierdie arme mense op sleeptou geneem het.

Natuurlik is die tora deel van die Heilige Skrif en is daar ook vir die Nuwe Testamentiese kerk nut in, as ons dit reg gebruik. (1 Timoteus 1:8) Wat is hierdie regte gebruik?  Breedweg gestel : Ons verstaan die tora vanuit die vervulling deur Jesus. Ons kan nie meer die tora lees asof Jesus nie gekom het nie. Die besnydenis, offers, feeste en sabatte was heenwysings na Hom en nou dat Hy gekom het, kan ons nie meer daarby stilstaan nie. Die beskrywing van hierdie dinge in die tora help ons om die heerlikheid en genoegsaamheid van ons Here Jesus en sy werk te verstaan. En wat van die tora se morele voorskrifte?  Ons kyk daarna deur die vergrootglas van Jesus. Ons lees en verstaan die hele tora via Jesus. Hy vervul die tora (laat die tora sy ware bedoeling bereik deur sy koms as Verlosser), maar vernuwe en verfyn dit ook. Dit kan duidelik gesien word as Hy net soos Moses die berg bestyg en die nuwe standaard van die Koninkryk afkondig in Matteus 5-7.  Hyself oortref die tora, want Hy doen wat die tora nog nooit kon doen nie. Dit word treffend geïllustreer in Matteus 8 as Jesus ‘n melaatse genees! Die tora was gemik op die afsondering van melaatses, maar Jesus gaan verder, raak aan hom (in stryd met die tora) en maak hulle gesond! (En so vervul Jesus die diepste bedoeling van die tora, juis deur die tora te “oortree”) Jesus self is nou ons finale gesag. Jesus verklaar alle voedsel rein, omdat niks wat van buite die mens ingaan hom onrein kan maak nie. (Markus 7:15) Daarom handhaaf ons nie meer die tora se voedselvoorskrifte nie.

Die HRM se wetsleraars teister ons met Toeka se Tora, maar verloën Vandag se Verlosser, ons Here Jesus Christus. 

Jesus self is ons Tora binne die heerlike  Nuwe Verbond, die finale Openbaring van ons Hemelse Vader se wil. (Hebreërs 1:1-3) Jesus as finale Tora is ons Verlosser, maar ook die norm van ons lewe as verlostes!

Die HRM leraars is diewe, slawedrywers  en misleiers. (En ja, soms nog ‘n klomp narre ook!)

Geestelike diewe  wat ons vreugde en  vryheid in Jesus wil steel deur weer spesiale betekenis aan sekere dae, maande en jare te gee. (Galasiërs 4:8-11) Hulle is diewe wat groter ooreenkoms met Islam as met Christenskap vertoon. Net soos die Islam glo hulle ook in Jesus, maar  in praktyk is  Hy ‘n afgewaterde Jesus. Maar nog erger, die  tora leraars met hul voedselvoorskrifte  stel hulself  direk teen Jesus wat alle voedsel rein verklaar het.

Geestelike slawedrywers wat mense se gewete in knegskap wil plaas. Hulle wil ons veroordeel oor wat ons mag eet en nie. Hulle wil weer sabatte en nuwemane op ons afdwing. (Ja, regtig  nuwemane ook! Ek sien Elim Ministries adverteer ‘n new moon service. Praat van die maan gepla!) Dis mos nou woordeliks presies waarteen die apostel Paulus, die uitverkore werktuig van Jesus (Handelinge 9:15 )  ons so duidelik waarsku in Kolossense 2:16,17.* Hierdie HRM leraars wil weer ‘n juk op ons lê. (Handelinge 15:10)

Geestelike misleiers (en maankykers) wat die boodskap van bose geeste aan ons verkondig deur hulle verbod op sekere voedsel. Klink dit dalk bietjie rof? Wel, laat ons gerus kennis neem van die sterk uitsprake in 1 Timoteus  4:1-4.  "Hulle sal misleidende geeste navolg en die leerstellings van bose geeste aanhang...Hulle verbied mense...om bepaalde soorte kos te eet."  Hiervolgens is dit baie duidelik : Die boodskap van die HRM en sy tora tiranne is nie gegrond op nuwe insigte in die Woord nie, maar is die direkte gevolg van demoniese misleiding! Hulle haal graag Bybeltekste aan, maar in wese verwerp hulle die Nuwe Testamentiese kanon. Hulle wil probeer beter weet as die Nuwe Testament wat die name Here (Kurios), God (Theos) en Jesus (Iesous) gebruik. So tas hulle die Heilige Skrif aan!

‘n Mens behoort seker te huil oor al hierdie dwaling, maar partykeer sal mens seker ook nie anders kan as om te lag vir sommige van die geestelike entrepeneurs wat nou op die HRM wa van verwarring spring nie! Ek dink aan die bebaarde Mosesfiguur, ene Michael Rood, wat ‘n “Rood Awakening” propageer. (bemark?) Hy verteenwoordig die sensasionele en teatrale kant van die HRM.

Saam met Paulus wil ek en alle gelowiges van alle denominasies  roem in die genoegsaamheid van die kruis. Vir die kruisboodskap sal ons vervolg word, ook deur die tora kenners. Hier skei ons paaie onherroeplik.  Hulle wil “Torah observant” wees, ons wil “Christ observant” wees!  

Misleide broers en susters, ons roep julle op tot bekering. Kom terug na Jesus Christus. Sien raak wie Hy is. Hy is algenoegsaam, want die volheid van God woon in Hom. En elkeen wat aan Hom behoort het deel aan hierdie volheid.  (Kolossense 2:8-10)  Die kind van God hoef dus nie die volle belewenis, die volle blydskap of die volle waarheid in iets anders soos die tora  te gaan soek nie. Nee, ons oë moet net al meer geopen word om die volheid van Christus raak te sien, dit beter te verstaan en meer daaroor te juig!

My vriend, mag jy waarlik Jesus, die Gekruisigde leer ken!

Naskrif : Die HRM is nie maar net nog ‘n variasie van Christene wat effens anders dink oor sekere sake nie. Dis ‘n totaal ander geloof en ‘n gruwelike dwaling gelykstaande aan die Jehova getuies! Dis tyd dat hulle ontmasker word vir wie hulle is. John Wahl een van hulle ywerige woelgeeste in Vishoek (Elim Ministries) noem die lering oor die Drie-eenheid, wat die fondasie is van die historiese kerk van alle tye, die “magtigste misleiding waarmee die Christendom vorendag gekom het” Dis maar net ‘n bevestiging dat hulle bron nie God se Woord is nie, maar leringe van bose geeste.

*Sien verder oor hierdie saak - kliek op STILSTAAN BY DIE SKADUWEE

42 opmerkings:

  1. Waar is die wysgeer van hierdie wêreld nou? Waar die skrifgeleerde? Waar die slim woordvoerder? Het God nie die wysheid van die wêreld tot onsin gemaak nie? Dit was die bedoeling van God in sy wysheid dat die wêreld nie deur geleerdheid tot kennis van God sou kom nie. Daarom het God in sy goedheid besluit om deur die prediking wat vir die wêreld onsin is, dié te red wat glo. Die Jode vra wondertekens en die Grieke soek wysheid, maar ons verkondig Christus wat gekruisig is. 1 Korintiërs 1:18-22

    AntwoordVee uit
  2. Dankie Stephan, ja dis die punt : Die Gekruisigde Christus is genoeg, in Hom alleen roem ons!

    AntwoordVee uit
  3. As jy so slim wil wees hoekom het jy nie die vertaling van die oorspronklike Hebreers se bybel geondersoek nie.Jy sal dan sien dat Constanty het alles verdraai en hulle eie persoonlike name ingesit in die plek van YESHUA EN YAHWEH.Jy sal ook dan sien dat daar nerens genoem word dat jou Jesus aan n kruis gesterf het nie maar dat Yeshua aan n hout opgehang is.Gaan terug in die oorspronklike eerste woord wat ooit geskryf is nl die Torah dan sal jy miskien wakker word. STERKTE MET JOU LEERING EK WONDER OF 1 TIMOTEUS NIE VAN TOEPASSING OP JOU IS NIE. Het groot geword in die N.G. kerk, het tot bekering gekom en is oor na die AGS. Het n behoefte gehad na die waarheid, gebid en met Heilige Gees leiding
    die waarheid ontdek. Ek is trots daarop dat ek n HRM is, sal NOOIT weer terug draai christenskap toe nie. As jy nie weet nie die TORAH is die Woord en die Woord is Torah jy kan die 2 nie skei nie.

    AntwoordVee uit
    Antwoorde
    1. Amein broer!!! Dalk moet dir skrywer net bietjie bid dat dir skills van sy oë afval, En dat hy die hele Woord Sal lees En nie dit wat die kerke verdraai nie. Paulus het self Shabbat gehou, self geleer dat die Torah of wet vandag nog op ons van toepassing is. Hoop regtig die man gaan lees bietjie En hou op om na die predikers wat ore streel te luister, voor dit te laat is. Shalom

      Vee uit
  4. Albertus, ten minste is ek baie bly vir jou erkenning dat die HRM nie Christene is nie! Maar dis juis ook tragies , want die Gekruisigde Christus is ons enigste hoop en roem! (Gal 6:14)

    Terloops, ek kan Hebreeus en Grieks lees (in Hebreeuse en Griekse letters en nie slegs in Engelse transliterasies nie)
    My finale antwoord aan jou is Galasiers 3:1-3

    AntwoordVee uit
  5. Johannes, jy het my nog nooit ontmoet nie of die moed gehad om my persoonlik te nader nie. Nogtans het jy dit goedgedink om die eeu-oue patroon van die kerk te handhaaf en leraars soos ek (sonder ‘n verhoor!) as diewe, slawedrywers en misleiers te brandmerk en my persoonlik van die “lering van bose geeste” te beskuldig. Skielik is ek nie meer so seker of ek die mooi prentjie wat jy op jou webblad van Tsumeb probeer skets, en van die Woord-skatte wat daar gemyn word, kan glo nie.

    Ek wil dit egter graag glo, want ek was juis vroeër vandeesweek op ‘n ander plek in julle pragtige land en was aangenaam verras deur die groot hoeveelheid mense wat ek daar ontmoet het wat almal die Vader wil dien en die Messias van harte liefhet, net soos jou mense daar in Tsumeb. Maar hierdie mense wat ek in Windhoek ontmoet het, het één ding in gemeen: Nadat hulle baie jare in hulle onderskeie kerke gesit het en hulle bes probeer het om die “Woord-skatte van waarheid” wat hulle leraars aan hulle voorgehou het, te verstaan en hulle eie te maak, het hulle, totaal ontnugterd en gefrustreerd, ontdek dat daar juis heelwat aspekte van die waarheid was wat hulle leraars van hulle weerhou het.

    Nou wonder ek maar net: Hoe is dit dat sóveel mense, beide in Namibia en Suid Afrika, in hulle eie, persoonlike studie van die Woord, gebore uit ‘n opregte soeke na die waarheid, en sonder inmenging van buite, tot hierdie ontdekking kom en ‘n besluit neem om terug te keer na die wortels van hulle geloof? Jy sê ons bron is nie die Woord nie – miskien moet ‘n mens ernstig na hierdie aanklag gaan kyk en vasstel hoeveel van die dinge wat wel in die Woord geleer en uitgeleef word, ook in die kerk geleer en uitgeleef word waarin jy ‘n leraar is …

    AntwoordVee uit
  6. Dankie John Wahl vir die kommentaar. Ek verstaan nou nie juis wat jy bedoel met die "mooi prentjie" wat ek van Tsumeb probeer skets nie? Verwys jy na die fisieke karakter van die dorp of die geestelike lewe hier? Dis inderdaad 'n pragtige dorp en ek geniet dit om God se Woord hier te verkondig, maar dis geen utopia nie en nie almal wil voor God se gesag buig nie...

    Op die vraag waarom soveel mense julle leringe aanvaar is daar 'n eenvoudige antwoord - die WAARHEID word te min verkondig! (dit geld van baie kerke...) Dis 'n groot jammerte. Die WAARHEID word ook te min geglo- en as mens die WAARHEID verwerp, gee God jou oor om die leuen te glo! (2 Tess 2:9-12)
    Vriend, jy wonder, maar ek wonder ook oor baie dinge...Ek wonder weer hoe dit is dat die Drie-enige God wat deur die eeue sy kerk instand gehou het en Homself magtig geopenbaar het in die herlewings van die Reformasie, die 18de eeuse herlewings (Whitefield, Wesley), die magtige herlewing in Korea aan die begin van die vorige eeu (om maar net 'n paar voorbeelde te noem), maar ook onder ons eie volk (Andrew Murray, Stephanus Hofmeyer en vele ander) deur julle verwerp word? Ek wonder maar net hoekom verwerp julle die Griekse Geskrifte van die Nuwe Verbond (Nuwe Testament), ek wonder net hoekom keer julle weer terug na die swakke en armoedige eerste beginsels wat julle weer van voor af aan wil dien? (Gal 4:9ev)

    Wonder maar net...
    Groete
    Johannes

    AntwoordVee uit
  7. Dankie vir jou antwoord oor die waarheid wat te min verkondig word. Ek neem aan jy bedoel die waarheid wat deur “ons” verdraai word, moet meer deur “julle” verkondig word. Hoeveel meer, reken jy? Twee keer meer, of drie keer meer? Sal dinge verander as dieselfde afgewaterde boodskap van “hou net aan die kruis vas – dis al” vir nog 10 of 20 jaar verkondig word? Ek is nie juis rasend oortuig nie.

    Jy hou aan om dinge aan my toe te dig wat jy nooit getoets het nie. Ek het nooit ontken dat Yahweh Homself magtig in die geskiedenis en die bekende herlewings openbaar het nie (ek hoop nie dit klink vir jou na ‘n “gesanik” as ek die Naam gebruik wat die Vader self gesê het Hy verkies nie). My oproep is bloot dat ons oor Yahweh praat soos wat die Skrif oor Hom praat – dat Hy “een” en “enig” is, nie “drie-enig” nie en dat sy Seun (volgens sy eie verstaan en sy eie, ondubbelsinnige beskrywing) ondergeskik aan die Vader was en is, nie gelyk of dieselfde wese as die Vader nie.

    Ek verwerp nie die Griekse geskrifte waarin ‘n gedeelte van die Woord na ons toe gekom het nie. Ek weier bloot dat die tekortkominge van die Griekse taal ons laat vergeet dat die Vader en die Seun hulleself met spesifieke Name bekend gestel het en dat hierdie Name ryk aan betekenis is vir elkeen wat die Vader en die Seun liefhet. En laastens, as die begeerte om die beginsels van die Torah na te kom, in jou oë “swakke en armoedige beginsels” is, dan moet ons die dele uit die Skrif uitskeur waar Dawid en die profete en die Messias in sterk, positiewe taal na die Torah verwys.

    AntwoordVee uit
  8. Beste John

    1. Waar die skoen jou nie pas nie, moet dit asseblief nie aantrek nie. Ek is deeglik bewus dat die HRM nie eenvormig is nie, maar 'n hele mengelmoes. Almal dwaal nie in alle opsigte in dieselfde graad nie.

    2. Met waarheid bedoel ek die evangelie, wat die krag van God is tot redding van elkeen wat glo. (Rom 1:16,17) Dit het miljoene lewens dwarsdeur die eeue verander tot God se eer! Die kruisboodskap wat verkondig word met die krag van die Heilige Gees is nie 'n afgewaterde boodskap nie. (al mag jy so dink) Hierdie boodskap word in die kerk oor die algemeen maar min gehoor en dikwels vervang deur mooi storietjies of sosiale goedvoelpraatjies vanaf die kansels en daarom val mense vir foefies soos die HRM. Dis wat ek bedoel het.

    3. Die Skrif leer dat God 'n drie-enige God is, al weet ons almal dat ons formulering van hierdie Bybelse waarheid gebrekkig is. Waar daar van hierdie leer afgewyk word, lei dit soos die geskiedenis aantoon tot Unitarisme en uiteindelik tot algehele ongeloof. Die drie-eenheid is die aanstoot van die evangelie, dis waaroor die Jode vir Jesus wou doodmaak omdat Hy Homself met God gelykgestel het. (Joh 5:18) Die heerlikheid van die Here (Adonai) wat Jesaja gesien het (Jesaja 6:1) word met Jesus verbind in Johannes 12:41. Thomas bely : "My Here en my God!" (Joh 20:28)

    4. Alle tale het tekortkominge. (Hebreeus ook) Daar is byv nie in die ryk Engelse taal 'n woord wat ons Afrikaanse woord "kuier" goed kan weergee nie. Die punt is net : God het in sy Alwysheid besluit dat die evangelies na ons in Grieks sou kom, wat soos jy sal weet op hulle beurt sterk gebruik gemaak het van die LXX. (Griekse vertaling van die OT)

    5. Dis die apostel Paulus in die Heilige Skrif wat so na die tora verwys , nie ek nie! Natuurlik is die tora wonderlik, want dit is vervul, tot volle betekenis laat kom deur Jesus as die finale openbaring van God! Probeer tog maar net erns maak met Hebreers 1:1-3. Ons kan nie meer die tora lees asof Jesus nie gekom het nie!

    6. In praktyk wil dit my voorkom (en ek beweer nie dat jy daaraan skuldig is nie) dat die HRM invloed veroorsaak dat die Skrif versnipper word, en dat Paulus se geskrifte nie meer as gesaghebbend beskou word nie. Een van die HRM manne beskuldig my dat ek Paulus aanbid omdat ek uit die Nuwe Testament aanhaal uit gedeeltes wat hy geskryf het. Vriend, die Skrif het een Outeur, die Heilige Gees en kan nie met Homself in botsing wees nie! Daar is wel progressiewe openbaring, daarom bring ek nie meer bloedoffers nie, al beveel die tora dit, omdat Jesus se offer vir my genoegsaam is! Terloops, bring jy bloedoffers? Ek glo nie. Tog is dit 'n duidelike voorskrif van die tora. So jy preek die tora, maar hou dit self nie!

    Hiermee sluit ek af.
    My persoonlike belydenis is Galasiers 6:14
    Johannes

    AntwoordVee uit
  9. Johannes

    Eerstens - ek is nie n HRM man nie! Ek is wel n Yahudiym - volger van Yah!
    Jy kan maar gerus my naam gebruik. Ek is nie skaam vir dit nie!

    En so sien ek dat jou god nog steeds Paulus is! elke keer is jou belydenis uit een van sy briewe, maak jy hom jou god. Miskien het jy geen moeite gedoen om enige novaorsing te gaan doen oor Paulus, selfs nie eers die dokumente wat ek vir jou gestuur het nie.

    Die vervulling van die Torah, is die volmaak daarvan, nie die gedaan maak daarvan nie! Miskien in die Torah was die wet fisies toegepas, maar as jy verder kyk na Mat 5, dan sal jy sien dat dit nou ook op n geestelike vlak toegepas moet word.

    Ek haal aan: Hos 4:6 “My people have perished for lack of knowledge. Because you have rejected knowledge, I reject you from being priest for Me. Since you have forgotten the Torah of your Elohim, I also forget your children.

    Ek wonder hoe toepaslik is dit op die kerk van vandag - veral die laaste gedeelte van die welbekende versie - Since you have forgotten the Torah of youe Leohim, I also forget your children.

    Shalom

    Chris

    AntwoordVee uit
    Antwoorde
    1. Chris, dis tog belaglik om te beweer dat Paulus my God is, omdat ek uit sy briewe aanhaal. As jy uit Hosea aanhaal, beteken dit dat Hosea jou god is? Seker tog nie?

      Jou kommentaar maak dit vir my egter duidelik dat die HRM 'n gevaarlike glybaan totaal weg van Christus is. Dit begin redelik onskuldig, maar word uiteindelik 'n kultus.

      Ek is onbeskaamd 'n Christen -volgeling van Jesus Christus wat my met my Hemelse Vader versoen het deur sy genoegsame kruisdood!

      Johannes

      Vee uit
  10. Johannes, ek ken baie HRM mense soos jy na hulle verwys en dis vir my opmerklik hoe hierdie mense ernstig is in hulle verhouding met YHVH. Wat ook interresant is is dat meeste sulke mense almal 'n geskiedenis van kerklidmaatskap, gewoonlik vir baie jare het.

    Nou as dit wat jy, en ander soos jy, mense leer, waarom sou soveel duisende mense dan begin rondsoek na iets meer vervullend as dit waarmee julle hulle week na week voer?

    Ek wil vir jou sê dat ek kom uit'n generasie waar ek gesien het hoe mense wat nie aan jou kerk behoort het nie dikwels nooit kon kwalifiseer vir sekere poste nie, ek glo dat die geskiedenis van jou denominasie het hierdie geestelike hoogmoed by julle gekweek. Ek het al verskeie kere met HRM mense omgegaan en as ek die wonderlike gesindheid wat ek onder hulle waarneem vergelyk met wat ek vanuit sie sg. christengeledere hoor wil ek vir jou waarborg dat ek ook nie wil bekendstaan as 'n christen nie.

    Johannes as ek sou dink aan die afgelope paar jaar sedert mense begin het om geestelik wakker te word en ek dink aan die heftige reaksies wat ek teëgekom het vanaf kerkgeledere kan ek nie anders as om te dink dat julle soos honde baklei om daardie been ( lees: INKOMSTE ) te behou nie.Ek hoor julle preek altyd van liefde maar ek sien dit nie in julle optrede teenoor ander wat van julle verskil nie. Mens sou graag wou sien dat julle sou reageer soos julle graag vekondig dat Jesus sou doen, maar ek is jammer as buitestaander is dit allermins wat ek waarneem.

    Vir baie jare van my lewe het ek meeste godsdienste bestudeer en ek het tot die slotsom gekom dat almal maar van rooms katolisisme afstam. Ek het ook al deur die jare met baie van jou kollegas daaroor gepraat en ek het al min of meer al die slim antwoorde gehoor, maar ek sien dat deur YHVH se genade is Hy besig om mense se oë oop te maak om verder te begin soek as die leuns waarmee ons almal groot geword het.

    Ek wil jou uitdaag om baie mooi te besin oor waarmee jy besig is. Hierdie dinge gaan nie oor punte "score" op die korttermyn nie dit gaan oor 'n ewige lewe wat mense iewers gaan deurbring en jy onder andere gaan ook 'n rol daarin speel en verantwoordelik gehou word vir jou aandeel.

    Ek herriner my aan 'n man soos Dawid, hy het ook baie verkeerde dinge gedoen, maar hy was altyd oop vir YHVH se stem en as hy gehoor het ,het hy onmiddelik neergeval en bely waar hy gefouteer het. Hy het nie ten alle koste probeer bewys dat hy reg was nie. Dis juis daardie eienskap wat hom bemind gemaak het by YHVH.

    Mag jy ook 'n geseënde dag hê.

    Groete
    Tony Bredenhand

    AntwoordVee uit
    Antwoorde
    1. Beste Tony

      Ek was bevoorreg om nie met leuens groot te word nie, maar met die Waarheid van God se Woord. Lees bietjie verder op my Blog, ook onder die opskrif FAMILIE dan behoort jy te verstaan wat ek bedoel. Ek staan ook nie onder Rooms Katolieke invloed nie. Kyk bietjie na KATERI WORD 'N HEILIGE. Dat die kerk waaraan ek nou behoort, en ook die Christelike kerk in die algemeen baie foute gemaak het en ook steeds foute het is ek pynlik van bewus - en ek spreek dit ook aan uit die Woord (met die wete, ek maak self die meeste foute). En ongelukkig is dit juis gebrekkige Woordverkondiging in baie gemeentes wat meehelp dat onkundige mense val vir die valse lering van die HRM. (deur my Blog probeer ek 'n bydrae maak tot verspreiding van die Waarheid) Uit die reaksie wat ek uit hierdie "post" gekry het, is ek meer as ooit daarvan oortuig dat die HRM nie bloot gelowiges met verskille is nie (met sulkes is ek inderdaad baie verdraagsaam) maar 'n gevaarlike KULTUS wat mense juis weglok van die genoegsaamheid van Jesus Christus en die heerlike eenvoud van die evangelie.

      Groetnis uit Tsumeb
      Johannes

      Vee uit
    2. Dear Johannes

      Let me begin firstly by thanking you most sincerely for your blog. I have only recently been exposed to it when a good friend of mine passed it on to me. What I have read so far has been Christ-centred, Christologically sound and without a douBt a helpful toll in the edification of the sainst.

      Secondly, please forgive me for writing in English. Even though I am completely bilingual, I do not write too well in Afrikaans.

      Your article on "Misleiding van die Maankykers" realy caught my attention. The more I read, the more I responded with gratitude to the grace shown to me in Christ Jesus. I am a minister of the gospel and I serve by God's grace today in a church where the Gospel of Jesus Christ is Central. God in His Sovereign Mercy has been more gracious to me than I have ever deserved. But that's exactly what it is: Grace is God giving us that which we do not deserve. And Mercy is God withholding from us the very thing we deserve: namely His justice and His wrath.

      When I read your article on the HRM I realized afresh what GRACE God has shown me in His Son. Let me tell you a little bit of my story. Please note that I am not sharing this story in any way to attract attention to myself (hence that I have chosen not to make my identity known); but that I simply share this with you and others for two reaosnS: (1) to bring glory to our all powerful God, and (2) to bring hope to those who have loved ones trapped in this cult.

      Part 1 of 3 (others to follow immediately)

      Vee uit
    3. Part 2 of 3

      I studied at a very reputable Sound Theological Institution. Towards the end of my studies (in spite of studying at a good seminary), I left the mainline denomination of which I was a member and became part of a breakaway group that was much needed in that area. At first things went well and the church was sound and evangelical. Not too long though a subtle heresy was introduced.Even as a theological student I could not see the "wood for the trees" at this stage. Everything we were taught seemed so right.

      This would be my greatest caution: heresy is so subtle and the proponents who make known these dark demonic teachings are such clever men and women, that the average man on the street will get lured easily into its deceptive teachings and get caught hook, line and sinker. At first what happpened in this church was quite exciting. The little church became bigger and just at the time when it was at its biggest, all of the elements to which you point in your writing was introduced into this fellowship. From keeping the Shabbat, to celebrating the feasts, to changing God's Names etc. became part of the ethos of this church. I was so influenced under the leadership of the church that I could not see anything wrong in what was taught. I became so engrossed in this way that I not only became an ardent follower but also an ardent proponent of this way.

      Yet I thank God that in His grace we had loved ones during this time who were very concerned for us and brought us in prayer before the Throne of Mercy everyday. Lecturers from the Seminary I studied at during this time approached me regularly; yet in my arrogance and self-righteousness I shrugged them all off.

      Vee uit
    4. Part 3 of 3
      But God promises that He will keep those whom He has truly saved in His Hand and no one will snatch us out of His Hand (see John 10). To cut a very long story short my eyes were opened a couple of months into the process when the leader of this congregation during a message said the following: "We can no longer beleive that Yeshua is the Son of Yahweh, but we need to know that He is only a Manifestation of Yahweh". This is nothing but a clear denial of the Trinity. With false teachhers like these we should have nothing to do. By God's grace and the help of a very Godly wife my eyes were opened that day and I saw that this group was indeed a cult. I ran, enabled by the Spirit; and let me tell you this was not easy; for once you are part of a cult they do not let you easily off the hook.We resigned on at least three occasions from this group and on each of the occasions we were not allowed to resign as were taught that resignation from this movement will also result in us loosing our salvation. This then being another clear indication, that this group is a cult. But we were enabled to run, and in the months and the years which lay ahead God in His grace restored us so marvelously. All praise and glory to His Name.

      Today, it is many years since we hace been freed by grace from the HRM movement and I want to offer some encouragement to those who may have loved ones trapped in this cult:
      (1) Rest assured that if they were truly saved before they were deceived by these false teachers, they will come back to their Saviour in due time
      (2) God will in judegement deal with these wolves in sheep's clothing (HRM Leaders)
      (3) Pray for your loved ones who are in this movement
      (4) Do not be surprised this is happening as Scripture warns us in 1 Timothy and in 2 Peter that the last days will be characterized by false teachers.

      Johannes, thank you again brother. Your atricles have been a great blessing to me and they are a very acurate summary of what is happening as these false teachers are indeed bringing before innocent men and women the doctrines of demons.

      May God rescue His people from these destructive heresies.
      In Christ with thanksgiving

      Grateful for Grace

      Vee uit
    5. Thank you brother for this encouragement and all glory to God for his grace which enables us to see and love the truth.

      May He bless your ministry

      Johannes de Koning

      Vee uit
    6. Want voorwaar Ek sê vir julle, voordat die hemel en die aarde verbygaan, sal nie een jota of een titteltjie van die Torah ooit verbygaan totdat alles gebeur het nie.
      Elkeen dus wat een van die minste van hierdie gebooie breek en die mense só leer, sal die minste genoem word in die koninkryk van die hemele; maar elkeen wat dit doen en leer, hy sal groot genoem word in die koninkryk van die hemele.
      Mat 5:18-19

      Dit is nie belangrik wat mense jou noem nie, dis belangrik wat die Koning jou noem.
      (Jan M de Beer)

      Vee uit
    7. Dankie Jan vir jou kommentaar. Met niks opsigself wat jy hier skryf kan of wil ek ooit verskil nie.

      Natuurlik moet Mat 5:18-19 reg verstaan word en moet ons ons weerhou van op die klank af interpretasies wat nie rekening hou met die konteks en groter geheel van die Matteusevangelie nie.

      Daar is soveel misverstand rondom en misbruik van vers 18. Vers 18 leer nie die ewige geldigheid van die tora as kodeks nie - anders sou ons nog byv steeds bloedoffers moes bring soos die tora beveel. Nee, dit leer ons dat niks in die tora verniet geskryf of sonder betekenis is nie. Alles in die tora sal tot 'n einddoel (vervulling) gebring word en dis duidelik wat in Jesus gebeur het! God se openbaring (die tora) kom tot finale en volle betekenis in Jesus. (lees asb STILSTAAN BY DIE SKADUWEE?) Vervulling is waaroor dit gaan as jy net kyk na die voorafgaande vers 17! Vervulling is iets baie groter as blote handhawing, want anders was Jesus se koms mos nie nodig nie.

      Ek stem saam : wat die Koning mens noem en beveel is al wat tel! Wat is volgens die Koning wat God van ons vereis? Dat ons in Hom sal glo wat deur God gestuur is - so "volbring" ons die "werke" wat God van ons eis! Johannes 6:28,29!

      Jan, ek is bewus daarvan dat ek harde dinge oor die HRM kwytgeraak het. In sy beginfases lyk dit baie onskuldig en selfs leersaam, maar dit ly op 'n glybaan weg van Jesus af! Duidelike ondubbelsinnige waarskuwing is dus nodig. Getrou wees aan die Koning vereis dus juis dat ons dwalendes moet waarsku en onsekeres moet bemoedig!

      Vee uit
    8. Na aanleiding van Mat 5:18-19 skryf Rabbi Aryeh Kaplan (The Real Messiah? A Jewish Response to Missionaries): "Later on, he himself [Jesus] abrogated some of the laws, while his followers eventually abolished or changed nearly all of them. However, the Torah itself clearly states in many places that its laws are eternal, never to be abolished. And even Christians acknowledge that the Jewish Bible is the word of G-d. If the Torah is eternal and Jesus himself claims to have no intention of abolishing or changing it, why do the Christians celebrate the Sabbath on Sunday when G-d clearly calls the Saturday-Sabbath an Eternal Covenant? Why do Christians eat pig when the Torah forbids it? What reason can Christians give for not celebrating Rosh Hashana and Yom Kippur which are clearly spelled out in the Torah? The same argument applies to hundreds of other Torah laws that are ignored by Christians."

      Volgens jou antwoord en hierdie vrae is jy besig om Jesus as Messias te ONTKEN. Hoe sou jy die rabbi antwoord?

      Jan

      Vee uit
    9. Jan, ek antwoord jou en die Joodse Rabbi met graagte. Die Joodse Rabbi se onkunde verbaas my nie, want oor iemand wat hom nie tot Christus bekeer nie hang daar nog ‘n sluier. (2 Korintiërs 3:14-16) Gelukkig is daar die getuienisse van honderde Joodse Rabbi’s wat die lig in Jesus gesien en vir wie die bedekking weggeneem is. (Dat jy wat Jan is weer kon terugkeer na die tora is vir my egter ‘n groot onbegryplike hartseer.)

      Die antwoord aan die Rabbi:

      Jesus is groter as Moses en Hy is groter as die tora, want Hyself is God se finale openbaring, die Weg, die Waarheid en die Lewe, ja HY IS DIE FINALE TORA! Die tora was ‘n tydelike maatreël, totdat die geloof gekom het. Die tora opsigself was buitendien nie deel van die oorspronklike Abrahamsverbond nie. Dit als word so mooi en helder in Galasiërs verduidelik, dat ek dit nie hier gaan probeer herhaal nie. Sien veral Galasiërs 3 en veral verse 17, 24, en 25 “Maar nou dat die geloof gekom het is ons nie meer onder ‘n tugmeester nie.” (Jan, of jy nog Galasiërs as Woord van God aanvaar weet ek nie, maar dis deel van die geloofsbasis van die kerk van alle eeue en ek staan daarby. )

      Terug by u geagte Rabbi... Die Hebreeuse woord “olam” wat ons met “ewig” vertaal se betekenis moet natuurlik binne die onmiddellike konteks, maar ook binne die geheel van die totale Godsopenbaring soos dit ‘n hoogtepunt in Jesus bereik het, verstaan word. Soos u seker sal weet, die semantiese veld van “olam” val natuurlik ook nie presies saam met die betekenis van ons woord “ewig” nie. Maar dit eers daar gelaat...

      Rabbi, die sleutel tot die verstaan van als is om die allesoortreffende majesteit en heerlikheid van Jesus die Messias raak te sien. As Seun van God het Hy die tora tot volle betekenis gebring. (vervul) Dit beteken prakties onder andere dat Hy die tora oortref en verdiep. Ja, Jesus se etiek is hoër as die tora s’n! Die tora (in Levitikus 24:19-20) stel byvoorbeeld die beginsel van gepaste vergelding ... baie mooi en billik, maar Jesus se etiek gaan verder... Hy vra van ons dat ons as God se kinders geen vergelding moet toepas nie en eerder liefde aan ons vyande moet bewys! (Matteus 5:38ev) Geagte Rabbi, dit mag dalk vir u ‘n skok wees, maar dis duidelik in Matteus 5-7(waaruit Jan graag aanhaal) dat Jesus die tora verbeter! Maar dit gaan ook nog verder... Jesus bring ook ingrypende veranderinge aan : Jesus se volmaakte offer aan die kruis maak die voorgeskrewe offers van die tora onnodig (en skaf dit af), ja Jesus se dood laat die voorhangsel skeur – die einste voorhangsel wat ‘n voorskrif van die tora was! Dis teen hierdie agtergrond van Jesus as finale openbaring en die Een wat vir ons ware rus bring, dat ons nie meer die sabbat vier nie!

      Jesus self, as ware God alleen is EWIG in die absolute sin!
      Die tora was nie God se finale openbaring nie. Dit was goed, maar tydelik en beperk. (en rabbi as u eerlik is, sal u erken dat dit ook vir u onmoontlik is om die tora te gehoorsaam...dink maar aan die bepalings van die Sabbats en Jubeljaar, die vereistes van die Leviraatshuwelik...ens. ens.) Daarom het ons Jesus nodig. Handelinge 13:38,39 stel dit baie duidelik “Laat dit dan aan julle bekend wees broeders, dat deur Hom vergifnis van sondes aan julle verkondig word, en dat elkeen wat glo, deur Hom geregverdig word van alles waarvan julle deur die wet van Moses (tora) nie geregverdig kon word nie.” Rabbi , ek vertrou dat u ook in Hom hierdie vergifnis en vrede sal vind...

      Vee uit
    10. Broer Johannes,
      Dankie vir jou breedvoerige antwoord.
      Ek is bereid om jou stuksgewys hierop te antwoord.
      Laat ek net eers die volgende van my hart afkry: Jou trant in die artikels hier, en in jou antwoorde, is vir my ongemaklik verwaand en beterweterig.
      Ek baseer hierdie aanvoeling op opmerkings soos “Joodse Rabbi se onkunde”, “Dat jy wat Jan is weer kon terugkeer na die tora is vir my onbegryplik hartseer”; “of jy nog Galasiers as Woord van God aanvaar weet ek nie”; “Geagte Rabbi, dit mag dalk vir u ‘n skok wees”.
      Ek mag verkeerd wees, maar dit is hoe ek jou gesindheid beleef. So ‘n gesindheid is nie die gesindheid van ons Meester nie, en is nie stimulerend vir ‘n behoorlike gesprek nie. Dit lei daartoe dat jy die posisie inneem van leraar en al die ander is verkeerd, weet minder en behoort by jou te leer. As dit werklik die geval is, kan ons maar die gesprek hier stop. Dan het jy niks te leer nie, en net te vertel.
      Die rede waarom ek besluit het om tog in gesprek te tree met jou, is omdat ek hoop dat ek iets by jou kan hoor wat ek nie reeds vertel is nie, en dat ek ook hoop dat jy iets van my hoor, wat nie strook met die aanname wat jy reeds oor my geloof en teologie gemaak het nie. As so iets nie moontlik is nie, is ons gesprek sinneloos en waardeloos en ‘n mors van tyd.
      Ek is bereid om in hierdie gesprek die volgende te doen:
      • Oop en eerlik in alle nederigheid te praat oor hoe ek glo;
      • Alles te toets en te herlei na die Skrif, met ‘n soeke na die leiding van die Gees van Jesus;
      • Verwysend na die Skrif, nie net verse aan te haal nie, maar ‘n studie van die groter geheel-stukke te maak, binne die verskillende kontekste van die Skrif;
      • Te erken as ek gefouteer het in my denke of verstaan en dit reg te stel;
      • Net so krities na myself kyk as wat ek na ander kyk.
      • Alles ter wille van die liefde van Jesus, en ter wille van die opbou van die gelowiges.
      As jy onderneem om dieselfde te doen, is ek bereid om kommentaar te lewer op jou gedagtes sover.

      Vee uit
    11. Broer Jan

      Voordat ek reageer op jou aanbod tot sinvolle debat, wil ek tog ook net ‘n opmerking of twee maak oor jou aantygings en ‘n bietjie perspektief gee.
      Ek het “ekumenies” grootgeword en is oop en verdraagsaam teenoor ‘n wye spektrum van Christene. Soos jy op die Blog self kan sien, baklei ek nie met ander Christene oor sake soos doop of kerkregering nie. Maar ek moet eerlik wees, met die inligting tot my beskikking (en wat bevestig is) beskou ek die Hebrew Roots Movement as ‘n gevaarlike dwaallering wat die wese van die evangelie aantas. Die HRM is nie meer deel van die Christelike kerk nie – dit blyk uit wat hulleself sê. My houding teenoor leraars wat dit verkondig is inderdaad onverdraagsaam, net soos ek onverdraagsaam is teenoor die Nuwe Hervorming wat byvoorbeeld die waarheid van die liggaamlike opstanding van Jesus bevraagteken. Vir valse leraars wat hierdie dinge verkondig het ek geen goeie woord nie, teenoor hulle misleide hoorders het ek wel ‘n sagte gesindheid en sal ek uit my pad uit gaan om diesulkes wat eerlike worstelinge en vrae het te probeer help...wetende Jan, dat ekself inderdaad nie alleenreg op kennis het nie! Maar ek kan op die skouers staan van geslagte van God se kinders!

      (Oor die hele kwessie van waarheid en liefde verwys ek jou graag na my skrywe : KASTREER JULLESELF – “snydende” sarkasme van ‘n liefdevolle apostel)

      Jan, met jou ondernemings kan ek nie foutvind nie. Vir formele verbintenisse teenoor mense is ek egter huiwerig. Hoe meet mens hierdie dinge? In elk geval ken net die Here werklik ons harte en bedoelings.
      Beslis is ek altyd oop vir gesprek en sal graag ook met jou gesels, soos omstandighede dit toelaat. (en as jy ooit weer hier in die Noorde kom, wil ek jou hartlik uitnooi tot ‘n persoonlike ontmoeting)

      Soos jyself weet is daar ‘n wye verskeidenheid van leringe onder die HRM aanhangers, wat dit moeilik maak om ‘n gemeenskaplike grond te vind. (daarom is dit byna vanselfsprekend dat sommige dinge wat ek oor die HRM kwytgeraak het, nie op jou persoonlik van toepassing sou wees nie – ek hoop so!) Om seker te maak of ons ‘n gemeenskaplike vertrekpunt het, wil ek graag net twee kort vrae aan jou stel:

      1. Beskou jy nog die hele Bybel as gesaghebbend (kannoniek), spesifiek ook die Nuwe Testament wat in Grieks geskryf en aan ons oorgelewer is?

      2. Aanvaar jy die leerstuk van die Drie-eenheid (wat insluit , die Godheid van Jesus) soos dit in die histories Christelike kerk van alle eeue geformuleer is?

      Ek hoor graag van jou!
      Groete en ‘n mooi 2013 vir jou en jou gesin, vol van genade en waarheid.
      Johannes

      Vee uit
  11. Beste Johannes,

    DEEL 1 van 3

    Baie dankie vir jou positiewe gesindheid en bereidheid tot gesprek. Ek het groot respek daarvoor dat jy bereid is om die kommentaar wat ek gelewer het in die publiek te plaas.

    Voordat ek die twee vrae wat jy stel antwoord, vergun my asb om ‘n paar dinge duidelik te maak.
    1. Ek beskou myself nie as ‘n aanhanger van die HRM of selfs deel daarvan nie. Ek is deeglik bewus van hierdie beweging en ook die groot verskeidenheid van gedagtes wat daarbinne te vinde is. Ten opsigte van die wye verskeidenheid gedagtes in die HRM verskil dit nie veel van die res van die christelike denominasies nie. Herman Bavink het reeds in die vorige eeu aangedui dat ons hierdie verskynsel by christelike denominasies vind, naamlik dat daar kerkskeuring plaasvind omdat die een groep sterk voel ook X, en die ander groep sterk voel oor Y, en een geslag later is daar weer in sowel die afgestigte kerk as die moederkerk mense wat sterk voel oor beide X en Y. Dit beteken dat kerkskeuring gewoonlik nie veel vrug afwerp nie. Die probleem is dat daar min ruimte in denominasies is vir gesprek oor dinge wat die Skrif openbaar, maar wat nie aandag in daardie denominasie se dogma ontvang nie. Mense wat sulke (denominasie-onbekende) dinge ontdek en daarvolgens begin lewe, word vinnig ge-ettiketteer en ge-isoleer en dan het hulle uiteindelik nie veel meer keuse as om die denominasie te verlaat nie. Dit is hoe ek die denominasie van die NG Kerk beleef het – reg of verkeerd. Vriende van my het dieselfde beleef in ander denominasies.

    2. Ek beskou myself as ‘n produk van my eie lewensverloop en die ingrype van ons hemelse Vader daarin. Waar ek tans staan is die resultaat van dit wat ek van kleins af geleer het in die NG Kerk: in my ouerhuis as NG lidmaat, tydens twee eredienste op ‘n sondag, tydens sondagskool, tydens KJA, in my studies as teologiese student, in my nagraadse studies en die vorming in gemeentes soos Ruyterwacht, Rundu en Waterkloofrif – 18 jaar as predikant in die NG Kerk. Waar ek tans staan in my geloof, is nie toe te skryf aan die HRM, die NGK, die “messiaanse beweging”, die Sewendedag Adventiste, die Judaisme, die Nuwe Hervorming of enige derglike menslike beweging nie. Waar ek tans staan in my geloof is toe te skryf aan my verhouding met die Gesalfde Een, wat ek leer ken het as Jesus, en wat ek vandag aanspreek as my Koning en Hoëpriester Yehoshua (of in kort, Yeshua).

    (vervolg...)

    AntwoordVee uit
  12. DEEL 2 van 3

    Laat my eers antwoord op jou tweede vraag.
    Reeds uit bogenoemde behoort dit duidelik te wees dat ek Jesus erken as die Seun van God, soos Hebreërs 1-3 dit so duidelik stel. Ek weet ook verseker dat alles tot stand gekom het deur die verstommende en lofwaardige almag en wysheid van die Een Skepper (Gen. 1), wat ons in ons gebroke taal “God” noem, maar hierdie woord laat nie reg geskied aan Hom nie. “God” is maar ‘n menslike verwysing na Iemand groter as enige ander mens of lewende wese. Hy het Homself aan die mens bekendgestel met vele name, soos “El Shaddai” en “YHWH” in Hebreeus. Dit is vir my ‘n passie om hierdie name na te vors om te sien wat ek van die Skepper kan leer uit dit wat Hy in sy Name vir ons gebêre het.
    Gebruik die HRM ook hierdie name? Gebruik die Jode (Judaisme) ook hierdie name? Gebruik die Jehovah Getuies ook hierdie name? Indien wel, “good for them”. My belangstelling in die Skepper se name en karakter is nie omdat hierdie mense baie maak van sy Name nie, maar omdat Hy soveel vir my beteken dat ek sy geopenbaarde Name nie kan ignoreer nie.
    Dan is die Skrif baie duidelik daaroor dat ons Hemelse Vader en Skepper sy Gees in die mens laat funksioneer. Hierdie Gees werk in sommige mense sedert die skepping, maar daar is al hoe meer mense wat deur die Gees vervul word, soos Vader se verlossingsplan ontvou. ‘n Hoogtepunt word gevind in Joël 2:28-29: “En daarna sal Ek my Gees uitgiet op alle vlees … En ook op die diensknegte en op die diensmaagde sal Ek in dié dae my Gees uitgiet”, wat ‘n vervulling vind in Handelinge 2:4 en 38. Hierdie is ook die Gees wat ten volle in Yehoshua aanwesig is, soos ons sien in Johannes 16:13-15: “Maar wanneer Hy gekom het, die Gees van die waarheid, sal Hy julle in die hele waarheid lei; want Hy sal nie uit Homself spreek nie, maar alles wat Hy hoor, sal Hy spreek en die toekomstige dinge aan julle verkondig. Hy sal My verheerlik, omdat Hy dit sal neem uit wat aan My behoort, en aan julle verkondig. Alles wat die Vader het, is myne; daarom het Ek gesê dat Hy dit sal neem uit wat aan My behoort, en aan julle verkondig.”
    As die Skrif dan so duidelik is oor die Seun van God, oor die Skepper en oor sy Gees, waarom vra jy my of ek ‘n histories-filosofiese konstruk naamlik “die leerstuk van die Drie-eenheid” aanvaar? Kan jy hierdie “leerstuk” vir my kortliks definiëer? Is jy bewus daarvan dat daar in die christelike kerklike tradisie ‘n wye verskeidenheid sieninge oor hierdie “leerstuk” bestaan? Oor watter een handel jou vraag? Gee vir my ‘n definisie en ek sal kan aandui of ek dit aanvaar of nie.

    (vervolg...)

    AntwoordVee uit
  13. DEEL 3 van 3

    Wat die eerste vraag betref, daar is ‘n kort en ‘n uitgebreide antwoord.

    Kort antwoord:
    Ja.

    Uitgebreide antwoord:

    Jy weet so goed soos ek dat hierdie vraag gelaai is met slaggate. Is die Nuwe Testament in Grieks geskrywe? Ek kon bewys vind van ten minste 13 antieke Hebreeuse manuskripte met die Matteus Evangelie daarop (sien bv. Schonfield HJ 1927 “An Old Hebrew Text of St. Matthew’s Gospel” en Howard, G 1995 “Hebrew Gospel of Matthew”). Nog ‘n vraag: Maak ons hedendaagse tekskritiek dit nie duidelik dat Matteus, Markus en Lukas evangelies gebaseer is op ‘n antieke onbekende teks nie? Weet ons in watter taal hierdie teks geskryf is?

    Hier is ‘n vraag wat op blote logika gebaseer is: Sou Jesus (Yehoshua), wat Hebreeus of Aramees gepraat het, aan Johannes, wat Hebreeus of Aramees gepraat het, ‘n openbaring in Grieks gegee het? Sou Matteus, wat Hebreeus of Aramees gepraat het, aan Hebreers geskrywe het in Grieks? Sou die Hebreër-skrywer sy brief aan die Hebreërs in Grieks geskryf het? Sou Jakobus, Johannes en Judas, wat Hebreeus of Aramees gepraat het, hul briewe in Grieks geskryf het?

    Maar daarteenoor kan ook aanvaar word dat baie van Paulus se briewe, en heel waarskynlik Markus en Lukas evangelies en Handelinge van die begin af in Grieks geskrywe is.

    Terug by die realiteit van vertalings. Die mees algemeen aanvaarde teks van die Nuwe Testament is die Griekse teks soos dit saamgestel word in die Nestle-Aland 28/29ste uitgawe van die Novum Testamentum. Hierdie teks gebruik o.a. getuies van die Peshitta, die Griekse, Koptiese en Latynse manuskripte om ‘n standaard teks vir die Nuwe Testament in Grieks te probeer rekonstrueer (verwysing vir oningeligtes: kyk na die inleiding van Nestle-Aland waar dit alles verduidelik word). Die Peshitta (Siries of Aramees) het manuskripte wat heel moontlik dateer uit 100CE (Curetonian Manuskrip) en 172CE (Diatessaron Manuskrip), en dus ouer is as die bekende Griekse manuskripte. Die afgelope twee dekades is baie navorsing gedoen op manuskripte soos die Khaboris (verwysing vir oningeligtes: kyk na die navorsing by http://dukhrana.com/). Met ander woorde, geen bybelvertaling kan vandag daarop roem dat die Nuwe Testament in Grieks geskryf is nie. Alle bybelvertalers maak gebruik van die beskikbare manuskripte (Grieks, Siries, Kopties en Latyn) as getuies vir die teks van die Nuwe Testament.
    Wat die kanon van die Ou Testament betref, kan ek vir jou ‘n vraag vra: Aanvaar jy die Joodse of die Christelike kanon van die Ou Testament as gesaghebbend?

    Liefde in die Messias
    Ek hoor graag van jou!
    Mag die res van hierdie Bybelse jaar vir jou en jou gesin ook vol van Vader se wet, genade en waarheid wees – met ‘n verrassing van Vader elke nou-en-dan!
    Jan

    AntwoordVee uit
  14. Beste Jan

    Jy sal begryp dat mens in ‘n oneindige lang debat oor al hierdie dinge sou kon verval, wat uiteindellik tot weinig nut vir die hoorders (lesers) sou kon wees. Daarom sal dit goed wees om hierdie bepaalde gesprek voortaan te beperk tot reaksie op hierdie spesifieke post – wat soos ek jou wil herinner oor kritiek op die HRM gegaan het. (en nie oor jou persoonlike geloofsbelewenisse nie) Ek is bly om te hoor dat jy nie deel van die HRM is nie, maar sou dit waardeer as jy duideliker op hierdie punt kon wees en mense ernstig waarsku teen hulle sielsvernietigende leringe.

    1. Ekself is nie gekant teen vars denke, onbevange navorsing of om buite die kassie te dink nie – ook nie ten opsigte van die rykdom wat ongetwyfeld opgesluit is in die Hebreeuse name of agtergrond nie.

    2. Ek is wel passievol gekant teen enige sogenaamde kennis wat die uniekheid en genoegsaamheid van Jesus se Middelaarswerk binne die konteks van die Nuwe Verbond aantas. Onlangs in my stiltetyd het Filippense 3:3 my persoonlik weer baie sterk en bemoedigend aangespreek. Om op Jesus te roem en nie op die vlees te vertrou nie! (en die konteks maak dit baie duidelik wat Paulus bedoel met vertroue op die vlees!)

    (word vervolg)

    AntwoordVee uit
  15. 3. Wat my twee vrae aan jou (oor die Drie-eenheid en die kanon) betref die volgende:

    3.1. Ek moet die redes verduidelik vir die twee vrae. Ek sien geen nut in ‘n debat met iemand wat byvoorbeeld die Godheid van Jesus verwerp nie, want dit sou op ‘n verwerping van sy genoegsame Middelaarskap neerkom. Die geskiedenis bewys ook dat Unitarisme tot ‘n totale verwerping van die evangeliewaarheid lei. Die rede hoekom ek jou gevra het oor die Griekse Nuwe Testament is omdat ek opmerk dat sommiges in die HRM kringe die briewe van Paulus verwerp. (om verstaanbare redes) Weereens sou daar vir my geen sin in wees om ‘n debat te voer met iemand wat ‘n gedeelte van die Nuwe Testament verwerp nie, want dan bestaan daar mos geen gemeenskaplike vertrekpunt nie. Ek moes my dus vergewis wat jou standpunte hieromtrent is. (My doel was dus nie om betrokke te raak in ‘n uitgerekte redekaweling oor beide die Drie-eenheid of die kanonvraagstukke as sodanig nie.) Daarom net twee kort opmerkings oor elk.

    3.2. Wat die Drie-eenheid betref (wat jy ‘n filosofiese konstruk noem) weet ons almal dat ons hier met bo-menslik onbeskryflike waarhede te doen het. Tegniese kritiek sou inderdaad op bepaalde formuleringe uitgespreek kon word, maar ons moet in gedagte hou dat “die kerk onder die uiterste nood gedwing is (word) om die woorde Drie-eenheid en Persone te gebruik” (Calvyn Inst 1.13.4) om ons van gevaarlike dwalinge te bewaar. Dit gaan dus nie soseer om ‘n uitdrukking van wat dit is nie, maar om nie te verswyg wat die Skrif ons leer nie. (Augustinus) Wanneer ons dus sê dat daar in die één wese van God ‘n Drie-eenheid van Persone is dit ‘n poging om ons van historiese dwalings te beskerm. Dis egter baie verontrustend en spreek van uiterste hoogmoed en onkunde as iemand die leerstuk van die Drie-eenheid die “magtigste misleiding waarmee die Christendom vorendag gekom het” noem. So iemand plaas homself (en die HRM) met sy eie woorde dus buite die Christelike kerk van alle eeue en kan tog nie verwag om as broer in die geloof en waardige gespreksgenoot beskou te word nie. Jesus is meer as net ‘n mens wat ten volle met die Gees vervul is. (Hy was immers van ewigheid daar en alles is deur Hom en vir Hom geskep) Dis teen so ‘n dwaling wat Jesus se Godheid wil afwater (en derglikes) waarteen die tradisionele formulerings in die belydenisskrifte ons beskerm.

    3.3. Net so was my vraag oor die kanon nie gemik op ‘n uitgebreide debat oor kanonvorming of een of ander bronne hipotese oor byvoorbeeld die evangelies nie. As jy Paulus se briewe wat ongetwyfeld in Grieks geskryf (en beslis van die name theos en kurios gebruik maak) is, as gesaghebbend aanvaar is dit vir my gerustellend. Dat Matteus blykbaar wel oorspronklik in Hebreeus/Aramees geskryf is, aanvaar ek. (sien Van Bruggen) Die feit dat tekskritiek (tot geringe mate) gebruik maak van vertalings soos die Peshitta is egter geen bewys dat die oorspronklike teks byv. in Siries geskryf is nie. (maar dit daargelaat) Watter navorsing, watter puntjies ookal uitlig, daar is geen bewyse vir ‘n oorwegend Hebreeuse Nuwe Testament nie en dus rede om ons Griekse Nuwe Testament te wantrou nie. Die HRM saai ongelukkig so ‘n skeptisisme. Daar is wel duidelike bewyse dat die Nuwe Testamentiese skrywers verkies het om hulle aanhalings uit die OT vanuit die (Griekse!) Septuagint te maak. Dit meld ek maar net, sodat mense kan besef dat die Griekse vertalings van Hebreeuse name nie iets vreemds of uit die bose is nie! Ek handhaaf ‘n kanonsiening in ooreenstemming met die belydenisskrifte.

    3.4. Dis natuurlik moontlik om in ‘n hoogs tegniese en akademiese debat betrokke te raak oor al hierdie sake. Dit sou egter die doel van hierdie Blog verydel wat daarop gerig is om die waarhede van God se Woord met medegelowiges te deel en teenoor die wêreld ‘n getuienis te lewer.

    (word vervolg)

    AntwoordVee uit


  16. 4. Jan, ek is ‘n Christen, deel van die breë Christelike kerk van alle eeue wat ten spyte van verskille, kernwaarhede deel en onderskryf soos dit in die Belydenisskrifte na vore kom. (sien meer onder SO GLO EK) Ja, ek staan ook persoonlik in ‘n verhouding met my Vader deur Jesus Christus volgens die werking van die Heilige Gees, maar dis in die liggaam van Christus (die kerk van alle tye) waarin ek (en alle kinders van God) opgebou word tot geestelike volwassenheid, sodat ons nie deur vreemde leerwinde rondgeslinger sal word nie. (Efesiërs 4) Die leringe van die Hebrew Roots Movement, wat ek in die artikel hierbo aangeval het, is juis sulke dwaalwinde van verwarring en bots met dit wat die kerk van alle eeue geleer het. (Die debat gaan dus nie oor jou as persoon en wat jy glo nie, maar oor die gevaar van die HRM. As jy ander persoonlike oortuigings met my wil deel is jy baie welkom, maar dan is dit streng gesproke nie van toepassing op bostaande “post” nie.) Dis my plig om mense teen die HRM te waarsku, om die waarheid in liefde oor te dra, sodat al God se kinders kan opgroei in Hom wat die Hoof is naamlik, Christus!

    Groetnis
    Johannes

    AntwoordVee uit
    Antwoorde
    1. Broer Johannes,

      Dankie vir die gesprek sover, ek beleef dit baie positief. Ek dink ons is redelik op dieselfde bladsy wat die outoriteit van die kanon betref, en hoewel ek nie hou van die benaming "Drie-eenheid" nie, dink ek ons is ook wat Vader, Seun en Gees betref ten minste in dieselfde boek.

      Jy skryf die volgende:
      "Die debat gaan dus nie oor jou as persoon en wat jy glo nie, maar oor die gevaar van die HRM. As jy ander persoonlike oortuigings met my wil deel is jy baie welkom, maar dan is dit streng gesproke nie van toepassing op bostaande “post” nie."

      Die rede waarom dit vir my nodig is dat ons hierdie gesprek op hierdie blog voer, is as volg:
      Ek en vele ander gelowiges wat ek ken het tot die oortuiging gekom om (soortgelyk aan die HRM, maar nie a.g.v. die HRM nie) volgens die Skrif die Sabbat op die 7de dag te onderhou, om benewens Paasfees en Pinkster ook die Huttefees te vier, om rein te eet volgens Lev. 11, om die jaar-tye volgens die stand van die maan waar te neem en om Vader en Yehoshua se korrekte Name te gebruik.

      Nou is my vraag (saam met my mede broers en susters) eenvoudig dit: Is daar nog vir ons plek in die christelike kerk as ons hierdie oortuiging deur die werking van die Gees ontvang het? Jou kritiek op die HRM kan maklik gesien word as 'n kritiek teen almal wat hierdie gebruike nakom.

      Jy weet wat my siening oor die Skrif is, en ek stem met jou dat ons niks in die Skrif kan verstaan sonder die bril van Yehoshua (Jesus) nie. Hy het immers ook al hierdie dinge gedoen.

      Kan jy dan spesifiseer dat jou kritiek nie gerig is teen mense wat oortuig is van hierdie gebruike nie? Hierdie gebruike is net so opbouend vir my soos ander christelike gebruike bv. gebed, bybellees en stiltetyd, maar meer as dit: al hierdie dinge bevestig dat Yehoshua (Jesus) die Messias (Gesalfde) is.

      Is daar nog plek vir sulke gelowiges in jou kerk (van alle eeue)?

      Van hart tot hart
      Jan M de Beer

      Vee uit
    2. Jammer vir die lang wag... Jan ek kan nie jou opregtheid bevraagteken nie, maar vanuit die Skrif moet ek dit aan jou stel : "hierdie oortuiging kom nie van Hom wat julle geroep het nie..." (Gal 5:8) Wat jy "gebruike" noem was inherent deel van die Ou Verbond. Ons word nou gered in die bedeling van die Nuwe Verbond! Jy is altyd welkom tot gesprek en kommentaar. Ek wil net vra, as jy so sou wou om jou kommentaar by 'n nuwere "post" te plaas, soos onderaan "VAAL EN VERVELIG?" Ek is van mening dat dit daar ook van toepassing sal wees.

      Groete uit Tsumeb
      Johannes

      Vee uit
    3. Ekskuus, jou laaste vraag... dit handel oor die grense van die kerk. Daardie grense ken die Here Jesus alleen, want Hyself sal die onkruid wat Hy nou toelaat om saam te groei met die koring eendag laat uittrek. (gelukkig nie ek nie) Elkeen wat sy verlossing alleen in Jesus vind is deel van die kerk...maar ek kan nie anders as om met erns te dink aan Paulus se waarskuwing in die Gal brief nie,jy weet Gal 5:3 - op wie dit van toepassing is moet jy besluit...

      Vee uit
  17. "rood awakening" moet seker lees "rude awakening" :-)

    AntwoordVee uit
  18. ... inderdaad sal sy leringe lei tot 'n "rude" verrassing in die slegte sin van die woord as hy en sy volgelinge nie betyds terugkeer na die eenvoudige kruisevangelie nie.

    AntwoordVee uit
  19. In die tyd dat Timoteus hierdie volgende woorde geskryf het, was nie een van die boeke in die Nuwe Testament gepen nie. Al wat die dissipels sowel as Yeshua gehad het en gebruik het om die mense mee te onderrig en tot bekering te lei, was die wet en profete, en hier is wat hy daarvan te sê het;

    2Ti 3:16 Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid, sodat die mens van God volkome kan wees, vir elke goeie werk volkome toegerus.

    Hoe wil jy "volkome" wees of ooit volkome toegerus word as jy die grootste deel van die Skrif verwerp? Ja eintlik minag en vertrap jy dit want jy weier blatant om te erken dat dit steeds van toepassing is.

    Wil jy dan nou ook beweer dat jy groter is as die God wat die Skrif aan sy profete gegee het om neer te skryf en dit dan nou nietig / uitgedien / ongeldig te verklaar? Het jy vergeet dat toe die 10 woorde / gebooie aan die volk gegee is by Sinai het YHVH self hierdie woorde aan die volk gespreek? Dit was so oorweldigend dat mens en dier wat dragtig was spontaan in kraam gegaan het en geboorte gegee het. Die volk was so oorweldig dat hulle Moses gesmeek het om die res van die instruksies liewer op sy eie by YHVH te gaan kry? En jy maak dit nou af asof dit sommer niks is? Duidelik ken jy nie die vrees van YHVH nie. Dit is in alle geval die begin van alle wysheid. Gladnie 'n slegte plek vir jou en enigiemand anders om by te begin nie.

    Het jou bybel dan nie ook by herhaling die woordjies "vir ewig" na elke instruksie in die Torah nie? Het die betekenis van "vir ewig" intussen verander?

    Hoeveel keer sê dieselfde Skrif dan nie ook dat daar slegs een wet / stel reëls is vir almal nie - een vir die volk van Israel en een vir die vreemdeling?

    Jy wat grieks en Hebreeus kan lees, het jy dan nog nie raakgelees dat die woordjie "kerk" of "circe" in grieks nie een enkele keer in die skrif voorkom nie? Slegs die woorde koinonia en ekklesia is gebruik wat samekoms of volk beteken - presies dieselfde as die Hebreeuse woord "qahal" wat regdeur die bybel gebruik is om na die volk van Israel te verwys. Hierdie is natuurlik die oorsprong van die vervangings teologie waar mense soos jy verkondig dat die "kerk" die oorspronklike plan van YHVH naamlik Israel, vervang het. Maar volgens die oorspronklike teks het die oorspronklike plan nooit verander nie.

    Ek raai dat jy ook graag na die wapenrusting van die gelowige verwys asof die verwysing / oorsprong daarvan die mondering van die romeinse soldate was. Maar dit is ongelukkig ook nie waar nie. Die wapenrusting verwys na elke kledingstuk wat voorgeskryf is vir die hoëpriester. Wanneer jy die betekenis van elke kledingstuk behoorlik ingestudeer het sal jy definitief beter kan begryp wat en wie Yeshua werklik is en wat Hy vir ons doen en beteken. En eers dan sal jy ook kan begin om te verstaan wat die onus op elke gelowige is om in hierdie voetspore te volg. Met al die venyn en minagting wat jy laat borrel uit jou mond oor Hebrew Roots Movement individue twyfel ek of jy al ooit die tempel bestudeer het, of die tempeldiens, of die offerander, of dan net die kleredrag van die priester.

    AntwoordVee uit
    Antwoorde
    1. @Esther. Jy beweer : "Ek raai dat jy ook graag..." Esther met respek, dis jou probleem, jy raai te graag en weet bitter min van die samehang van die Skrif, die hoogtepunt van God se afgehandelde werk in Jesus en die rykdom van die Nuwe Verbond. Jy raai absoluut as jy beweer dat ek die grootste deel van die Skrif verwerp... lees op hierdie blog en jy sal sien dat ek dikwels uit die Tora preek... selfs uit Levitikus!

      Vee uit
  20. Goeie genugtig, maar julle daar onder die Suiderkruis is behoorlik oorhoops met die HRM! Al die reaksie op jou blog het my oortuig dat dit wel deeglik 'n kultus is. Dankie vir die vasstaan op Sionsmure Johannes. Doe zo voort jonge! Ons het hier iemand in die gemeente wat ook by die HRM se waters drink. Dit is werklik 'n eindelose gestryery oor "geslagsregisters". Ek dank die Here vir Evangelie van Lukas, Johannes, Matteus, Markus, Paulus, Petrus, Jakobus en gelowige Judas, want dit is die Evangelie van Jesus, die Seun van God, wat ons vrymaak van sonde en die wet, om mekaar in liefde te doen. Christo uit Kanada

    AntwoordVee uit
  21. Amen! Johannes de Koning, ons hemelse Vader seën jou in die Naam bo alle name, Jesus Christus.
    "Leringe van bose geeste"...inderdaad.

    AntwoordVee uit
  22. My dogter het nou betrokke geraak by hierdie HRM en daarom lees ek als wat ek kan. As leek op die gebied van Grieks/Hebrews/Aramees ens. maak dit my baie bekommerd en onrustig oor die teenstrydighede aangaande VERAL die Drie Eenheid! Beteken Immanuel (die geboorte van die Mesias dan nie GOD MÉT ons nie? Matt 1:23. Die Naam Yeshua aanvaar ek, maar is dit verkeerd om te praat van Jesus Christus van Nasaret? Ex 3:15 Verder sê God vir Moses: .........die God van Abraham, die God van Isak, die God van Jakob, het my na julle gestuur. Dít is éwig My Naam waarmee ek aangeroep moet word van geslag tot geslag! Daarom, wanneer èk bid, begin ek my gebed "Vader van Abraha, Isak en Jakob, ek roep U aan...." Die geredekawel oor die Sabat. Ex 41:12. ...dit is van *geslag tot geslag *"n teken tussen My en julle sodat julle kan besef dat Ek, die Here, julle vir my geheilig het. Dit sê vir my ons moét die Sabat heilig.?! Hierdie teenstrydighede maak die volk kerkloos, waarheen moet ons gaan? Dit is tyd dat Jesus kom!
    'n baie bekommerde Ma en leek.
    Help asseblief!

    AntwoordVee uit
    Antwoorde
    1. Liewe suster in die geloof, ek ken jou nie maar my hart gaan uit na jou!

      Oor die HRM, dink net bietjie logies, vir 2000 jaar lei Jesus die kerk dwarsoor die wereld deur sy Heilige Gees. Hoekom sal Hy nou iets nuuts openbaar? Dink aan die magtige herlewings van die geskiedenis - in die tye van Whitefield, Wesley, Andrew Murray in SA ens. ens. en nog verder terug in die tyd van die Reformasie met manne soos Luther, Calvyn. Knox... niemand van hulle het hierdie HRM nonsens geglo nie!

      Wat die sabbat betref, lees die Kolossense brief in geheel, maar veral hoofstuk 2. Kyk ook op die blog na die artikel, "Stilstaan by die skaduwee"

      Jesus het die tora vervang. Hy is nou die Weg, die Waarheid en die Lewe! As ek Hom het, het ek als! (Kol 2:8-10)
      Die HRM is weer 'n terugkeer na die Ou Verbond. Jesus het die Nuwe Verbond gebring.

      Jy kan my persoonlik per e-pos kontak as jy wil by tjdekoning@iway.na

      Vee uit
  23. Middag Johannes
    Baie dankie vir jou antwoord aan my. En jammer dat ek nou eers reageer. Ek het baie gebid vir my dogter en ook baie inligting aan haar deurgegee. En halleluja God bly getrou, al is ons ontrou. Sy het baie vrae begin vra en sy was duidelik baie onseker. Toe sê ek vir haar sy moet op haar knieë gaan en Hom wat alles weet, vra. Sy het een oggend vol trane na my toe gekom en gesê: Ma, God het my sekerheid gegee: die HRM mislei mense! Baie dankie vir julle gebede en liefde. Ek kom binnekort Tsumeb toe en sal julle kom opsoek. 'n dankbare Ma wat in die proses self baie geleer het. Baie seën vir julle in Tsumeb.

    AntwoordVee uit
    Antwoorde
    1. Wonderlik! Ons sal jou baie graag ontmoet. Baie welkom!

      Vee uit

Jy is welkom om kommentaar te lewer. Hou dit kort, beleef en op die punt af.
As jy nie iewers geregistreer is nie, gebruik die anonymous opsie.