BAIE WELKOM!

Deel in die ryk seëninge uit God se WOORD! Dit sal ook lekker wees om van jou te hoor! Neem dus vrymoedigheid om kommentaar te lewer (by OPMERKINGS), maar doen dit asseblief altyd op 'n smaakvolle en verantwoordbare manier. Onbeheerste galbrakery sal nie geplaas word nie... Die opinies hier uitgespreek is my eie tensy duidelik anders vermeld. Hierdie webjoernaal is nie 'n amptelike spreekbuis van die NG Kerk in Namibië of die Tsumeb gemeente nie.
Wys tans plasings met die etiket Verheerliking. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket Verheerliking. Wys alle plasings

Vrydag 01 November 2013

HOOR EK GOD REG?

- Wat is sy plan en doel met my?


“God het ‘n plan vir jou lewe, ‘n doel met jou bestaan!” Dis ‘n frase wat mens dikwels hoor. Dis natuurlik baie waar – God het ‘n duidelike plan vir elkeen van Sy kinders. Daar is egter ook groot misverstande en wanopvattings oor die saak. Baie mense dink hierdie plan is ‘n groot geheim en dat ons allerhande tegnieke nodig het (soos tekskaartjies uit ‘n doos trek, die Bybel lukraak oopslaan ens.) om uit te vind wat dit is. Hulle koppel dit veral aan sake soos waar moet ek studeer, waar moet ek bly, waar moet ek gaan woon, of met wie moet ek trou...?