BAIE WELKOM!

Deel in die ryk seëninge uit God se WOORD! Dit sal ook lekker wees om van jou te hoor! Neem dus vrymoedigheid om kommentaar te lewer (by OPMERKINGS), maar doen dit asseblief altyd op 'n smaakvolle en verantwoordbare manier. Onbeheerste galbrakery sal nie geplaas word nie... Die opinies hier uitgespreek is my eie tensy duidelik anders vermeld. Hierdie webjoernaal is nie 'n amptelike spreekbuis van die NG Kerk in Namibië of die Tsumeb gemeente nie.
Wys tans plasings met die etiket Islamitiese terroriste. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket Islamitiese terroriste. Wys alle plasings

Saterdag 14 November 2015

Liberté, égalité, fraternité...

- word uitmekaargeruk deur ontploffings en geweerskote toe SATAN GESOEN WORD.



Weereens is Frankryk (en die wêreld) in ‘n toestand van skok en verdwasing! Die wonde van die Charlie Hebo aanvalle vroeër vanjaar het nog skaars genees toe word die hart van Frankryk oopgeruk deur ‘n skaal van geweld wat ongekend in die land is sedert die Tweede Wêreldoorlog.



‘n Paar gedagtes kom sommer vinnig by my op:

Wanneer gaan die wêreld leer dat die utopie waarna almal smag en verwoord word in die strydkreet van die Franse rewolusie naamlik, liberté, égalité, fraternité… ‘n altyd ontwykende ideaal sal bly vir hierdie sondige bestel? Ware vryheid is slegs te vind in Jesus, gelykwaardigheid (daar bestaan nie iets soos gelykheid nie) is slegs te vind in die nuwe gemeenskap van gelowiges wat Jesus skep en egte broederskap kan nooit bestaan sonder ons ouer broer Jesus nie. Die volheid van hierdie nuwe lewe is iets waarna ons smag en streef, maar sal eers volkome word met die finale verlossing by die wederkoms.

Daar is ook ‘n stuk wrange ironie wat mens kwalik kan miskyk. ("afgryslik" is dalk 'n meer gepaste woord) Die groot slagting het plaasgevind tydens ‘n optrede van die alternatiewe Amerikaanse groep, "Eagles of Death Metal”. Volgens die pers* het die skietery begin kort nadat die groep begin het met een van hulle gewilde nommertjies, "Kiss the Devil." Het ons hier te maak met ‘n misvoltreffer in die geestelike realm? Kry die mens wat hy regtig soek?

Europa het ‘n (partykeer letterlik) sterwende kontinent sonder ware leierskap en norme geword. Dis duidelik dat vryheid en dit ‘n vryheid sonder die norme en grense van die Woord, te ver gevoer is. Europa het nie meer die ruggraat om op te staan vir Christelike waardes nie. Hierdie lam in die knieë kultuur het geen teenvoeter of boodskap van hoop vir die groeiende Moslem bevolking in sy midde en die honderde duisende wat daarheen op pad is nie. Dis ‘n kontinent waarin die evangelie bykans uitgesterf het. Wat is die statistiese kans dat ‘n Moslem immigrant met ‘n wedergeborene se getuienis te doen gaan kry en so hoop en bevryding in Jesus kan vind?

Die veragtelike daad van Islamitiese terroriste moet in die sterkste moontlike taal veroordeel word en met die sterkste moontlike optrede beveg word. En tog mag dit ons nie daarvan weerhou om God se hand agter alles raak te sien nie! God het immers nie geskroom om sy volk Israel deur die geweld van heidennasies te straf nie, daar is ook niks wat Hom keer om sy oordele oor 'n goddelose humanistiese Frankryk (en westerse beskawing) uit giet en Moslem radikale as instrumente te gebruik nie.

Die armoede van president Francois Hollande se boodskap kort na die krisis bevestig maar net weer die leegheid van sekulêre humanisme. Die land van ons Hugenote voorouers se jare lange geestelike bankrotskap het ‘n vreeslike tol geëis, wat baie meer en skrikwekkender is as die hartseer verlies van menselewens waarmee ons nou gekonfronteer word. Die hutsmerk #PrayForParis wat nou so gewild op Twitter is, laat mens wonder waarvoor nou juis gebid moet word? Miskien moet ons bid dat God in sy genade die oë sal open van ‘n volk wat lankal nie meer bid nie, omdat hulle die Middelaar deur wie ons moet bid glad nie ken en eer nie!

Ja, en tog ons kan bid en almal wat daar die evangelie verkondig ondersteun. Niks is immers vir God onmoontlik nie! Ook nie om Franse en Moslems te red nie! (Kliek FRANSE HERLEWING)

[Kort hierna het baie gesterf... terwyl hulle die satan eer... die duiwel is 'n mensemoordenaar volgens Jesus]

*Onder andere die Franse koerant, Le Figaro : "Au Bataclan, la fusillade éclate au son de Kiss the Devil"

Donderdag 12 Maart 2015

MARTELARE OP DIE STRAND

- die Egiptiese Christene se getuienis leef voort.

Die tragiese dood van die jong Egiptiese Christen mans wat deur ISIS islamitiese rebelle langs die see in Libië keelaf gesny is, was nie tevergeefs nie. Die Egiptiese Bybelgenootskap het 'n publikasie met gepaste Bybelverse die lig laat sien in hulle reaksie op hierdie weersinwekkende gebeure. Op die voorblad is 'n aangrypende gedig gepubliseer.

Hier is die Engelse weergawe :

Two rows of men walked the shore
of the sea,
On a day when the world’s tears
would run free,
One a row of assassins, who
thought they did right,
The other of innocents, true sons
of the light,
One holding knives in hands held
high,
The other with hands empty,
defenseless and tied,
One row of slits to conceal glaringdead
eyes,
The other with living eyes raised
to the skies,
One row stood steady, pall-bearers
of death,
The other knelt ready, welcoming
heaven’s breath,
One row spewed wretched,
contemptible threats,
The other spread God-given peace
and rest.
A Question...
Who fears the other?
The row in orange, watching
paradise open?
Or the row in black, with minds
evil and broken?


Wat 'n ongelooflike voorbeeld van Christelike reaksie in die lig van uiterste provokasie!  Ons wapen is die evangelie van Jesus, maak nie saak hoe groot die haat en vyandskap teen ons is nie!


'n Jong werkster by die Bybelgenootskap van Egipte se kantore het vertel hoe dat sy bemoedig is deur dit wat gebeur het? Hoe dan so? Sy vertel :


https://gallery.mailchimp.com/017b6b7c5bf6d7468fcc6aedc/images/ae96f668-5717-4010-a17c-731b2909d5b8.jpghttps://gallery.mailchimp.com/017b6b7c5bf6d7468fcc6aedc/images/9d7d20e0-7a90-47f3-b00c-7e5c416485a5.jpg“I am encouraged” she said, “because now I know that what we have been taught in history books about Egyptian Christians being martyred for their faith is not just history but that there are Christians today who are brave enough to face death rather than deny their Lord! When I saw these young men praying as they were being prepared for execution and then many of them shouting “O Lord Jesus” as their throats were being slit, I realized that the Gospel message can still help us to hold on to the promises of God even when facing death!”

Woensdag 07 Januarie 2015

CHARLIE HEBDO AANVAL

- 'n Christen se perspektief.

Dit gons die wêreld deur na vandag se dodelike aanval op die kantore van die satiriese Franse tydskrif CHARLIE HEBDO in Parys. Veral op Twitter word daar groot meegevoel en ondersteuning uitgespreek teenoor die slagoffers en hulle families. Dit is verstaanbaar, want dit was 'n gruwelike aanval op weerlose joernaliste en tekenaars. Die aanval word veral beskou as 'n aanslag teen een van die Westerse grondwaardes, naamlik vryheid van spraak. Baie kommentators gebruik die geleentheid om Islam aan te val en sommige gaan so ver om alle godsdiens die skuld te gee vir die tragiese voorval.

Wat sou 'n verantwoordelike Christelike reaksie wees?

Christene moet geweld veroordeel. Niemand het die reg om sommer op lukrake manier ander se lewens te neem nie. As Christene erken ons die swaardmag wat God aan die staat gegee het om oortreders te straf (doodstraf), maar dit is uiteraard nie hier van toepassing nie. Niemand se lewe is ook bedreig nie en daarom is daar ook nie sprake van selfverdediging nie. Alle terrorisme hetsy vanuit watter oorsprong, links of regs, Islam of nie-Islam, moet ondubbelsinnig veroordeel word!

Maar daar is wel 'n ander kinkel in die saak...

Nie almal besef dat hierdie tydskrif nie bloot die spot met Islam gedryf het nie (iets wat vanuit 'n Christelike oogpunt in elk geval geen doel dien nie), maar ook op die mees afskuwelike en lasterlike manier die spot gedryf het met die Drie-enige God en die Christendom. Dit was om die minste te sê 'n walglike en vulgêre blaadjie, wat nie die term persvryheid waardig was nie en alle grense van ordentlikheid en welvoeglikheid op die mees banale wyse oorskry het! As Christen ondersteun ek vryheid van spraak, maar alle vryheid het perke en die grense daarvan word bepaal deur God se Woord. Daarom vind ek dit maar moeilik om simpatie te hê met die tydskrif, sy redaksie en ondersteuners.

CHARLIE HEBDO se tipe joernalistiek is 'n uiterste vorm van haatspraak, skoorsoek en verdraaiing, wat geen respek vir God en medemens getoon het nie! Hulle het baie spotprentjies geteken wat geen koerant in Suid-Afrika sou waag om te doen nie!

En dit bring my by nog 'n belangrike perspektief. Dit laat mens sidder... God laat nie met Hom spot nie! God is niemand se speelmaat nie! Dit moes die hoogmoedige Herodes op die harde manier uitvind toe God wurms gestuur het om hom te verteer, (Handelinge 12:23) Deur die eeue het God, al is Hy meestal lankmoedig en stel Hy sy oordele uit tot die laaste dag, sy vyande laat voel wat die koste is om met Hom te spot en uit te tart. Dink maar aan die Farao van Egipte se wedervaringe van bloed, paddas... tot by die dood van sy eersgeborene! God kan enige middel of agent gebruik om sy oordele uit te voer. Dit moes die volk Israel op die harde manier leer toe Hy 'n verskeidenheid van heidense nasies aangewend het om hulle te straf vir hulle goddeloosheid. En dit bring my by die punt wat ek wil maak: God kan ook wrede radikale Islamitiese terroriste gebruik om 'n uittartende en goddelose Weste te straf wat Hom bespot en uitdaag. Die Bybel is vol van God se oordele or nasies en volke; die dekadente Westerse beskawing moenie dink ons is immuun daarteen nie!

Klink dit vreemd, hard... wel, ons lees dalk die Bybel te selektief.*


[Hierdie joernaliste het gesterf, waaronder Stephane Charbonnier (tweede van regs), die redakteur. Hulle word as helde besing oor die wêreld heen, maar ek betwyfel dit sterk. Hulle is beslis nie in dieselfde liga as iemand soos die omstrede Geert Wilders van Nederland wat waarsku teen die Islamisering van Europa nie. Daarmee het ek nie 'n probleem nie. Ek het 'n probleem met 'n werkswyse van lastering en vulgariteit en die openlike spot met God.]


(Short summary in English, click CHARLIE)

*God se skrikwekkende oordele oor sy vyande word in besondere detail in die Skrif uitgespel... mens dink sommer vinnig aan boeke soos Nahum en Openbaring...