- die gevaar van lotery en gelukstrekkings.
Waarom behoort 'n Christen hierdie dinge te vermy?
Die bekende prediker en kragtige evangelis, Dr Willie Marais
(wat baie mense in Suid-Afrika en Namibië se geestelike vader is) antwoord hierdie vraag baie duidelik in sy outobiografie,
“ ‘n Man van God gestuur” in ‘n hoofstukkie getiteld, Afgodediens. Dr Willie
vertel :
Na ‘n oggenddiens in Randfontein word ek genooi vir ‘n
koppie tee by twee mense wat met my oor hulle probleem wou praat. By hulle huis
het dit my opgeval dat dit dié mense seker aan geen aardse goed ontbreek nie.
Die tee is buite op die stoep bedien wat byna net so deftig was soos binne-in
die huis.
Dit was ‘n baie hartseer verhaal wat ek moes aanhoor. Hulle
enigste seun was ‘n wegbreker. Daar was byna nie ‘n sonde wat hy nie gepleeg
het nie. Om sake te vererger het hy net weggeraak en nie weer iets van hom laat
hoor nie en toe sê die moeder : “My man en ek bid al so lank dat ons kind gered
moet word, maar ons gebede word nie verhoor nie. Ons huil soms ons kussings
nat, maar daar kom geen antwoord nie. U is ‘n man van God. As u bid sal u
verhoor word. Sal u nie asseblief vir die Here vra om ons kind te verlos nie.”
Op daardie oomblik bring die huishulp die tee en daar kom ‘n
tydjie van stilte terwyl mevrou die tee inskink. Teen die muur het daar ‘n
oorspronklike skildery gehang. Voor ek my kom kry, vra ek wat die skildery
gekos het. Mevrou antwoord toe: “Niks nie, ons het dit met ‘n lootjie gewen.”
Vir ‘n oomblik was ek spyt dat ek die vraag gevra het, want haar antwoord dwing
my toe om iets onvriendeliks te sê terwyl ek ‘n gas in hulle woning is.
Levitikus 5:1 leer dat as jy bewus is van ‘n kwaad en jy praat nie, dan staan
jy ook voor God skuldig. Die volgende oomblik sê die Heilige Gees vir my dat
dié skildery die oorsaak van hulle probleem met hulle kind is. Dié skildery het
hulle huis onder ‘n banvloek gebring (vgl Deuteronomium 7:25,26). Hulle sonde
van lotery (vgl Jesaja 65:11-15) het hulle in hulle kind (vgl Gen 9:24,25)
uitgevind. (vgl Numeri 32:23) Dit was van die Here dat ek die vraag gevra het,
want sodoende het ek onwetend my vinger op die oorsaak van hulle probleem gelê.
Ek sê vir hulle: “U was
waarskynlik nie daarvan bewus dat die oomblik toe u daardie lootjie uitgeneem
het, u die tafel vir die geluksgod gedek het nie, want in lotery word die prys
wat gewen word nie bepaal deur eie
prestasie nie, maar deur geluk. Die Here spreek ‘n vloek uit op mense wat aan
loterye deelneem. Die Woord van God sê : “Maar julle wat die HERE verlaat, wat my heilige berg vergeet, wat 'n
tafel dek vir die geluksgod en die mengsel inskink vir die godin van die
noodlot--
Ek sal julle bestem vir die swaard, en julle almal sal buig om geslag
te word, omdat Ek geroep maar julle nie geantwoord het nie, Ek gespreek maar
julle nie geluister het nie, maar gedoen het wat verkeerd is in my oë en
verkies het wat My nie behaag nie.
Daarom, so sê die Here HERE: Kyk, my knegte sal eet, maar julle sal
honger bly; kyk, my knegte sal drink, maar julle sal dors wees; kyk, my knegte
sal bly wees, maar julle sal beskaamd staan.
Kyk, my knegte sal jubel, omdat hulle hart vrolik is, maar júlle sal
skreeu van pyn in die hart en huil deur die verbreking van gees. En julle sal jul naam vir my uitverkorenes as
'n woord van verwensing laat agterbly, en die Here HERE sal jou ombring.”
(Jesaja 65:11-15) Die naam vir die geluksgod is Gad en vir die godin van die
noodlot Meni. Deur ‘n lootjie uit te neem, beledig ons die een ware God wat
voorsien. (vgl Genesis 22:14) Nou moet afgode in plaas van God in ons begeerte
voorsien. Dit is tot God wat ons moet bid : “Gee ons vandag ons daaglikse
brood.” (Matteus 6:11); nie tot Gad en Meni nie. Die oomblik toe u die prys
gewen het en dit u woning ingedra is, het
daar ‘n afgod sy intrek in u woning geneem, want hierdie skildery het deur die
lotery ‘n afgod geword. Daar staan geskrywe : “Die gesnede beelde van hulle
gode moet julle met vuur verbrand; die silwer en die goud wat daaraan is, mag
jy nie begeer of vir jou neem nie, dat jy nie daardeur verstrik raak nie; want
dit is vir die HERE jou God 'n gruwel.
En jy mag geen gruwel in jou huis inbring nie, sodat jy nie net so
onder die banvloek kom nie; jy moet daar heeltemal 'n afsku van hê en dit
geheel en al as gruwel beskou; want dit is onder die banvloek.”
Die Skrif beveel ons om die praktyke van die sondige natuur (vgl
Galasiërs 5:19-21) dood te maak deur die Gees wat in ons woon sodat ons kan
lewe (Romeine 8:13). In die Nuwe Testament het die mense wat byvoorbeeld met
toorkunste omgegaan het hulle boeke gebring en voor almal verbrand (Handelinge
19:19). Ek glo dat hierdie afgod wat in julle huis gekom het iets te doen het
met dit wat met julle kind gebeur het.” Nadat ek vir hulle ‘n ernstige gebed
gedoen het, het ek vertrek. Ek kan nie onthou of ek tee gedrink het nie. Ek
dink die oomblik was te ernstig om gesellig te verkeer.
Vier maande later het ek weer die voorreg gehad om in Randfontein te
preek. Na die diens het dieselfde mense my weer genooi om by hulle te kom tee
drink. Ons het weer op dieselfde plek op die stoep gaan sit. Die muur waar die
skildery gehang het, was leeg. Ek vra : “En wat het van die skildery geword?”
Mevrou antwoord : “Dit is die rede waarom ons u genooi het om weer by
ons te kom tee drink. Ons het goeie nuus om u te vertel. Verlede keer het u met
ons oor die skildery gepraat en ons daarop gewys dat lotery deur God vervloek
is. U motor was skaars om die hoek, toe het my man die skildery afgehaal, die
vleisbyltjie geneem en dit stukkend gekap, tamatiekas-plankies daaroor gebreek,
‘n bietjie parafien daaroor gegooi en die skildery aan die brand gesteek. Die
rook van die skildery het nog opgetrek in ons agterplaas toe ons telefoon lui.
Dit was ons seun. Hy het op daardie selfde oomblik toe die skildery gebrand
het, kragdadig tot bekering gekom.”
Dit spreek seker vanself?
Vir verdere inligting, kliek
op LOTERY
Is jy lus om na ‘n preek van
Dr. Willie Marais te luister? Kliek op ELKEEN WAT DIE NAAM VAN DIE HERE AANROEP
Dit herinner my aan die SA regering war destyds in die tagtiger jare die verdedigings- of bonusobligasies in die lewe gebring het om die oorlog te finansier. My pa het vir die hoof van die Weemag geskryf en hom op die gevaar gewys van die geluksgodin en vertroue in haar.Ons moet geloofsvertroue in God he en nie op die geluksgodin staatmaak nie. DIe generaal skryf toe terug en wou weet wat is my pa se bydrae tot die oorlogspoging? My pa antwoord toe dat hy vier seuns gegee het vir diensplig om die land te verdedig en hyself kook op die kommandokampe. Hy het nie weer van die generaal gehoor nie.
AntwoordVee uitWolf Cilliers.
Dankie Wolf, die einste dr. Willie Marais het destyds die Eerste Minister gewaarsku teen bonusobligasies, maar dit het op dowe ore geval. Die res is geskiedenis...
Vee uitgroetnis