- is dit dalk hoekom die sinodegangers vandag swart gedra het?
Met die aanvaarding van 'n voorstel van Andre Bartlett (met 'n skrale meerderheid van 102 teen 88) het die Algemene Sinode van die NG Kerk die groen lig gegee vir selfdegeslagverhoudings! Twee honderd het besluit vir 'n hele kerk! 'n Besluit om die Woord te verwerp ten gunste van sogenaamde "menswaardigheid." Dis verbysterend en skokkend, en al het ons geweet dis die rigting waarin die NG Kerk nou al vir lank beweeg, was daar tog die gedagte dat dit nie nou al sou gebeur nie.
Met die aanvaarding van 'n voorstel van Andre Bartlett (met 'n skrale meerderheid van 102 teen 88) het die Algemene Sinode van die NG Kerk die groen lig gegee vir selfdegeslagverhoudings! Twee honderd het besluit vir 'n hele kerk! 'n Besluit om die Woord te verwerp ten gunste van sogenaamde "menswaardigheid." Dis verbysterend en skokkend, en al het ons geweet dis die rigting waarin die NG Kerk nou al vir lank beweeg, was daar tog die gedagte dat dit nie nou al sou gebeur nie.
Die finale besluit moet nog afgerond word* en sal teen vanaand beskikbaar wees, maar die skade is reeds gedoen. My gemoed is onstuimig. Ek sal so gou moontlik met my dagbestuur/kerkraad hieroor vergader. Dit het nag geword vir ons geliefde NG Kerk! Gaan daar dapper manne en vroue opstaan vir die waarheid?
Gelukkig sal die Lig, Jesus bly skyn! "Die lig skyn in die duisternis, die duisternis kon dit nie uitdoof nie." (Johannes 1:4)
*Hierdie is dus ook net 'n voorlopige reaksie van my kant af.
*Hierdie is dus ook net 'n voorlopige reaksie van my kant af.
So het die berig in die pers verskyn:
Ja!
vir gay mense in NG Kerk
Deur Claudi
Mailovich Donderdag 08 Oktober 2015 16:25
Die NG Kerk het Donderdagmiddag 'n voorstel aanvaar dat gay
lidmate nie meer selibaat hoef te wees nie, en burgerlike verbintenisse kan in
'n kerk bevestig word.
Die finale voorstel sal met 'n tweede ronde stemme gefinaliseer
word en dus kan daar nog klein wysigings gemaak word, solank as wat dit nie die
kruks van die voorstel verander nie.
Dit is die hart van die geskiedkundige voorstel wat aanvaar is
in 'n stemproses wat Donderdag deur die NG Kerk se algemene sinode in Pretoria
gemaak is.
Die NG Kerk se algemene sinode het gekies om vorentoe te beweeg
in die kerk se standpunt rondom eengeslagverhoudings.
Dié voorstel van dr. André Bartlett is aanvaar met 102 stemme
teenoor die 88 stemme wat dr. Chris van Wyk se voorstel aanvaar het.
Van Wyk het voorgestel dat die kerk nog verdere navorsing oor
eengeslagverhoudings doen.
Bartlett se voorstel, wat as substantiewe voorstel aanvaar is,
kan steeds gewysig word deur die voorstellers en hul sekondante.
In effek het die NG Kerk se algemene sinode besluit die tyd om
aan te hou met navorsing en nie 'n besluit te neem nie, is verby.
"Ek is oorbluf, maar ek dink dis 'n groot stap vorentoe vir
die herstel van die gelykwaardigheid van al ons NG Kerk se gay lidmate," het
Bartlett direk ná die bekendmaking van die stemme gesê.
Trane van blydskap is van gesigte afgevee ná die aankondiging.
Bartlett se voorstel vra in dié stadium dat daar verklaar word
dat hetero- en homoseksuele paartjies wat in 'n verhouding van "persoonlike
geloofsgehoorsaamheid met die Here leef" ten volle moet kan deelneem aan
al die voorregte in die kerk.
Hulle herbevestig dat 'n huwelik tussen een man en een vrou is,
maar dat burgerlike verbintenisse tussen gay mense in die kerk bevestig kan
word deur predikante wat "hulle weg oopsien" om dit te doen.
Verder word daar nie bykomende voorwaardes, soos die
selibaatsklousule, aan gay lidmate gestel nie.
Diskresie
word aan die kerkrade gegee om hul eie standpunte en praktyke hieroor te
formuleer en te reël omdat daar soveel diverse standpunte in die kerk hieroor
is.