BAIE WELKOM!

Deel in die ryk seëninge uit God se WOORD! Dit sal ook lekker wees om van jou te hoor! Neem dus vrymoedigheid om kommentaar te lewer (by OPMERKINGS), maar doen dit asseblief altyd op 'n smaakvolle en verantwoordbare manier. Onbeheerste galbrakery sal nie geplaas word nie... Die opinies hier uitgespreek is my eie tensy duidelik anders vermeld. Hierdie webjoernaal is nie 'n amptelike spreekbuis van die NG Kerk in Namibië of die Tsumeb gemeente nie.
Wys tans plasings met die etiket Homoseksualiteit - standpunt. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket Homoseksualiteit - standpunt. Wys alle plasings

Saterdag 29 Oktober 2016

BUITENGEWONE ALGEMENE SINODE

- die Ooste vra vir die herroeping van die 2015 besluit oor selfdegeslagverhoudings!

Die Algemene Sinode 2015 se onskriftuurlike, onnadenkende en inkonsekwente besluit oor selfdegeslagverhoudings het onmeetlike skade en verwarring in die kerk veroorsaak. Dit het onder andere gevra vir die toelating van praktiserende homoseksuele predikante. Verskeie streeksinodes (waaronder ook Namibië) het hierdie besluit verwerp. Nou is dit verblydend dat een van die groot streeksinodes, die Oostelike Sinode ook gevra het vir 'n herroeping van die 2015 besluit. (sien 5.3 van die beskrywingspunt hieronder) *

BESKRYWINGSPUNT AAN DIE BUITENGEWONE VERGADERING VAN DIE ALGEMENE SINODE,

GEHOU TE WORD 7 TOT 10 NOVEMBER 2016 TE PRETORIA


1.          EENHEID EN DIVERSITEIT

Die Oostelike Sinode loop reeds 'n lang pad met die saak van selfdegeslagverhoudings en ons is diep bewus van die diversiteit van beskouings binne ons Sinode. Ons lê die volgende aan u voor as getuienis en standpunte.

Op ons pad tot hier het ons daarin geslaag om ten spyte van ons verskille mekaar vas te hou en familie te bly wat vir mekaar omgee en ruimte skep. Ons vorige besluite in 2003 en 2005 het gespreek van hierdie gesindheid.

2.          Uittreksel uit die standpunte en besluite van 2003

2.1 Saambindende Uitgangspunte

2.1.1  Die Sinode het met deernis geluister na die verhale van lidmate van die Kerk wat hulleself beleef as homoseksueel georiënteer en tegelyk die begeerte het om hulle Christenskap binne die geloofsgemeenskap van die Kerk uit te leef.

2.1.2  Die Sinode erken met spyt dat daar dikwels in die verlede nie genoeg sensitiwiteit en begrip vir die situasie van persone met 'n homoseksuele oriëntasie binne kerklike geledere was nie.

2.1.3  Die Sinode onderskryf die saambindende uitgangspunte wat deur die Diensgroep vir Homoseksualiteit geformuleer is, naamlik:

dat alle mense, ongeag oriëntasie, geslag, ras en kulturele agtergrond met respek en medemenslike liefde bejeën en behandel moet word;

en
dat persone wat verskillende standpunte oor homoseksualiteit huldig, mekaar nie in die proses van besinning sal verloor nie;

en
dat homoseksualiteit 'n komplekse aangeleentheid is en dat mense dit verskillend beleef;

en
dat alle mense onderworpe is aan die gebrokenheid van hierdie sondige wêreld en 'n behoefte het aan verlossing in Christus.  Alle mense moet streef na die heelheid in Hom.
2.1.4  Die Sinode oordeel dat alle mense wat  glo, hulle Christenskap in die kerk behoort uit te leef, ongeag hulle seksuele oriëntasie.

2.2 Verskillende sienings

2.2.1  Die Sinode is nie eenstemmig oor die manier waarop 'n homoseksuele oriëntasie verstaan en hanteer behoort te word nie.  Dit blyk veral duidelik uit die twee teenstrydige verslae uit die geledere van die Diensgroep vir Homoseksualiteit.  Sommige meen dat die beoefening van homoseksualiteit sonde is en dat die enigste aanvaarbare opsie 'n lewe van seksuele onthouding (selibaat), of 'n verandering in oriëntasie is, terwyl ander oordeel dat dieselfde norme in 'n homoseksuele verhouding moet geld wat in 'n heteroseksuele huwelik geld.

2.3 Proses

Punt ses:  Die Sinode erken hiermee dat ons nie 'n eenstemmige antwoord kan gee op 'n hoogs ingewikkelde vraagstuk nie en oordeel dat die proses van besinning met die oog op uiteindelike besluitneming moet voortgaan.  Die klem moet egter verskuif na 'n ernstige poging om die teenoorstaande standpunte op 'n eerbare en verantwoordelike wyse nader aan mekaar te bring. Die uitgangspunte bly steeds 'n ernstige en afhanklike soeke na die wil van God en 'n onvoorwaardelike liefde vir die medemens.
(...)
Punt agt:  Die Sinode oordeel dat besinning oor die manier waarop 'n homoseksuele oriëntasie deur Christene hanteer behoort te word, nou doelgerig op alle vlakke van die kerklike gemeenskap en veral in gemeentes gevoer moet word.

2.4 In 2003 het die sinode sy afgevaardigdes hieroor getoets en die uitslag hieroor was soos volg

2.4.1 Die Kerk het reg opgetree deur verskoning te vra vir gedrag in die verlede wat mense met homoseksuele oriëntasie seergemaak het.

2.4.2​ Die huwelik word gesien as ’n verbintenis tussen een man en een vrou en huweliksluiting tussen homoseksuele paartjies is glad nie aanvaarbaar nie.

2.4.3 ​Die interpretasie van die Skrifgegewens oor homoseksualiteit skep probleme.  Hieroor bestaan daar standpunte wat teenoorstaande pole verteenwoordig.

2.4.4 Die term “seksuele oriëntasie” wat in die gesprek oor homoseksualiteit gebruik word, vra verdere verheldering wat navorsing oor die oorsake vir homoseksuele gedrag, verhoudings en deelname aan die geloofsgemeenskap insluit.

3.          Uittreksel uit die standpunte en besluite van 2005

3.1 In 2005 is die volgende besluite geformuleer:

3.1.1 ​Die Sinode onderskryf die evangelie-boodskap dat die genade van die Here vir elkeen geld.

3.1.2​ Die Sinode bevestig dat lidmaatskap op grond van ’n persoon se geloofsverklaring berus.

3.1.3 ​Die Sinode bevestig dat die huwelik Skriftuurlik gesien word as ’n verbintenis tussen een man en een vrou.

3.1.4 ​Die Sinode verklaar dat huweliksluiting tussen homoseksuele paartjies glad nie Bybels aanvaarbaar is nie.

3.1.5 ​Die Sinode erken dat die Skrif-gegewens oor homoseksualiteit verskillend vertolk word.

3.1.6 ​Die Sinode verklaar dat dit die  Sinode se oorheersende standpunt is, dat die beoefening van homoseksualiteit teen die leer van die Bybel is.

3.1.7 ​Die Sinode versoek verdere opheldering oor die term “homoseksuele oriëntasie,” wat in die gesprek gebruik word.  Dit sluit ook navorsing oor die oorsake vir homoseksuele gedrag, en die aard van homoseksuele verhoudings in.

3.1.8 Die Sinode verseker homoseksuele persone van die NG Kerk se opregte pastorale bewoënheid en verklaar dat alle mense hartlik welkom in ons gemeentes is.

3.1.9 Die Sinode verklaar dat homoseksuele gedrag teen die leer van die Bybel is.

3.1.10 Die Sinode versoek dat vir enige voortgaande besinning ingevolge punte 3.1.5 en 3.1.7 homoseksuele mede-gelowiges wesenlik deel van die proses sal wees.


3.2 Die Sinode verklaar:

3.2.1 Ons is deel van die familie van Christus.  Ons verskil tans nog oor hoe om gelowig na te dink oor homoseksualiteit.  Ons stem wel saam dat alle mense in die Kerk welkom is.  Ons stem ook saam dat ons sag met mekaar moet wees en nie te vinnig moet oordeel nie.  Wat verkeerd is, kan egter nie goedgepraat word nie.

3.2.2 Ons verskil oor hoe om die Bybel te verstaan. Vir die meerderheid van ons afgevaardigdes, gemeentes en lidmate is die Skrifgegewens duidelik teen enige homoseksuele dade.  Hierdie lidmate glo dat ons die Bybelwoorde sal verswak en God se heiligheid oneer sal aandoen, as ons enigsins homoseksuele dade goedpraat.

3.2.3 Vir ’n minderheid van afgevaardigdes, lidmate en gemeentes is dit nie duidelik hoe die Skrifgegewens toegepas moet word nie. Hierdie lidmate wil graag langer nadink oor hoe ons die Bybeluitsprake oor sake soos hierdie in nuwe tye moet verstaan en toepas.

3.2.4 As familie wil ons aan mekaar vashou, want ons het mekaar nodig.  Die Gees is immers aan ons almal saam gegee.  Ons aanvaar mekaar se goeie trou in hierdie saak. Trouens, die hantering hiervan het ’n openbare toets van liefde geword. Ter wille van God se eer gaan ons hierin slaag.

4.          die 2015 besluite oor selfdegeslag verhoudings

Na aanleiding van die 2015 besluite oor selfdegeslag verhoudings het die Sinodale Diensraad op verskillende maniere vir leraars, gemeentes en ringe terugvoer gevra oor die besluite. Daar is ook twee konsultasies met leraars gehou om hulle terugvoer te kry.

Die meeste kerkrade en ringe se terugvoer oor die besluite was negatief, maar daar was ook ’n aantal gemeentes en leraars wat positief was oor die besluite of nie ’n probleem daarmee gehad het nie. Dit is kenmerkend van die diversiteit wat ons weet in die Sinode bestaan.

5.          sinodesitting van 23 TOT 26 Oktober 2016

Tydens die sinodesitting van 23 tot 26 Oktober 2016 is die saak weer op die Sinode se tafel geneem. ’n Gespreksdokument het voor die Sinode gedien wat gebaseer is op bogenoemde terugvoer en ’n aantal beskrywingspunte wat van gemeentes gekom het. Tydens die sitting het ’n aantal individue ook voorstelle ingedien. Dit alles is gekonsolideer en het voor die Sinode gedien. Die volgende besluite is goedgekeur en word nou as ’n beskrywingspunt na die Algemene Sinode deurgestuur:

5.1 Die Oostelike Sinode stuur die onderstaande besluite aan die Buitengewone sitting van die Algemene Sinode deur met die bewustheid dat daar nie in die Sinode eenstemmigheid hieroor is nie. In ons familie is daar ook ander standpunte en die Sinode wil duidelik ons waardes van eenheid te midde van diversiteit onderstreep.

5.2 Die Sinode bevestig die uitgangspunte, verklarings en besluite van 2003 en 2005 rakende homoseksualiteit en stuur dit na die Algemene Sinode.

5.3 Die Sinode versoek die Algemene Sinode om die besluit oor selfdegeslagverhoudinge te herroep in die lig van die feit dat die vergadering nie getrou was aan 'n vorige besluit van 2004  [Algemene Sinode Besluiteregister 2004 p 428] om eers met gemeentes in gesprek te gaan voordat 'n sensitiewe besluit geneem word nie, en dat die besluite van 2007 en 2013 oor selfdegeslagverhoudings as die standpunt van die NG Kerk sal geld.

5.4 Die Sinode bevestig dat “slegs die verbintenis van een man en een vrou as ’n huwelik beskou word” (Algemene Sinode 2015) en dat “dat seksuele gemeenskap buite so ’n vaste, formele verbintenis/verhouding nie aan Christelike riglyne voldoen nie” (Algemene Sinode 2013).

Die Sinode het besluit om die “verbintenis/verhouding” duideliker te omskryf as ’n huweliksverbintenis, soos in die volledige 2013 besluit verwoord: “Die Algemene Sinode oordeel dat, in die lig van bostaande, gelowiges met reg die huwelik ’n gawe van God noem en dat seksuele gemeenskap buite so ’n vaste, formele verbintenis/verhouding nie aan Christelike riglyne voldoen nie.”

5.5 Die Sinode versoek dat daar herbesin moet word oor seks binne en buite die huwelik. Daar blyk ’n dubbele standaard geskep te word tussen homo- en heteroseksuele predikante. Indien ’n burgerlike verbintenis nie ’n huwelik is nie (soos die 2015 besluit dit stel), val seks binne so ’n verbintenis of selfdegeslagverhouding buite die aanvaarbare grense wat die Sinode self gestel het op grond van Bybelse riglyne.

5.6 Die Sinode bevestig die oortuiging dat die Bybel hoër morele eise aan leiers stel (Jakobus 3:1) en soos wat dit neerslag vind in die Kerkorde. Daarom kan geen persoon wat in 'n saamwoon-verhouding of 'n "ander formele verbintenis / verhouding" (bv 'n burgerlike verbintenis) staan, as leraar dien of tot die bediening toegelaat word nie. Dieselfde seksueel-etiese vereistes wat aan ongetroude heteroseksuele predikante gestel word, word ook aan homoseksuele predikante gestel. 

5.7 Kerkrade besluit self oor die vereistes waaraan ander leiers in die gemeente moet voldoen en vervat dit in 'n beleidsdokument.


5.8 Die Algemene Sinode word versoek om beleidsbesluite oor pastorale kwessies in die hande van gemeentes te los en nie beleidsbesluite hieroor te neem sonder konsultasie nie. 

* My plasing van hierdie beskrywingspunt beteken nie noodwendig dat ek met alles daarin saamstem nie. Ek is wel bly oor die duidelike versoek tot herroeping van die 2015 besluit en die sterk pleidooi vir seksuele reinheid.

Woensdag 11 November 2015

MORELETA PARK MAAK STEM DIK TEEN AS BESLUIT


Die NG Kerk Moreleta park is een van die grootste en invloedrykste NG gemeentes in Suid-Afrika. Hulle het nou na 'n aanvanklike verklaring 'n meer uitvoerige standpunt ingeneem rondom die Algemene Sinode se dwaalbesluit. Dis duidelik dat hulle hulle beywer vir 'n herroeping of verandering van die AS se onbybelse standpunte. Hiervoor gaan hulle die kerkordeelike weg volg, maar indien daar geen resultate is nie, sal hulle weer herbesin.'n Mens kan maar net wonder... moontlik afskeiding of doleansie? Kom ons ondersteun hulle in die proses, spesifiek ook met voorbidding. Ds. Dirkie van der Spuy wat voorheen ook 'n leraar van die NG Kerk Pionierspark in Windhoek was, is ook betrokke in hierdie gemeente.



VERKLARING VAN DIE KERKRAAD VAN MORELETAPARK OOR DIE ALGEMENE SINODE VAN 2015 SE BESLUIT OOR SELFDEGESLAGVERHOUDINGS

Die Kerkraad van Moreletapark Gemeente het tydens hul sitting op 29 Oktober 2015 eenstemmig besluit om standpunt in te neem teen die Algemene Sinode van 2015 se besluit oor selfdegeslagverhoudings. Die Kerkraad is oortuig dat hulle besluit, wat in hierdie verklaring opgesom is, die weg aandui wat God vir hulle kom aanwys het.

Die eerste en grootste gebod is dat ons God moet liefhê bo alles en die tweede is dat ons ons naaste moet liefhê soos onsself (vgl. Matt.22:37-39). Daarom verklaar die Kerkraad dat hulle so lief vir God is dat hulle Hom in elke besluit bo alles wil eer deur aan Hom gehoorsaam te wees (vgl. Ps. 119:30-35). Die Bybel is duidelik dat God genadig én regverdig is. Daarom is Hy lief vir alle mense maar keur Hy sonde af, omdat dit ons verhouding met Hom skaad. Alle mense sondig en kan alleen op grond van God se genade vrygespreek en deur geloof sy kinders word (vgl. Rom. 3:23). God se bevel aan sy kinders is dat sonde nie in hulle lewens moet heers nie maar dat hulle moet wegdraai daarvan af en volhardend daarteen moet stry (vgl. Rom. 6:14). Die Kerkraad bevestig daarom dat hulle nooit ‘n besluit sal neem wat enige sonde toelaat of goedkeur nie. 

Die Kerkraad het geen begeerte om ‘n enkele sonde uit te lig nie, maar die besluit van die Algemene Sinode dwing hulle egter om in dié geval standpunt in te neem, aangesien geslagsgemeenskap buite die raamwerk van ‘n huwelik tussen een man en een vrou volgens die Bybel, verkeerd is. 

Die Kerkraad wil dat die Gemeente se standpunt, sowel as die kerklike proses wat gevolg word om beswaar aan te teken teen die besluit van die Algemene Sinode, ‘n getuienis moet uitdra wat Bybels en Kerkordelik begrond is. Die Gemeente wil in die proses saamwerk om ‘n oplossing te kry waardeur God geëer sal word en die kerk se getuienis na en teenoor alle mense nie sal skade ly nie. As ‘n evangeliese Gemeente, wat die Bybel aanvaar in al die beginsels wat dit leer (Sola Scriptura), wil ons dat ‘n verantwoordelike interpretasie van die Bybel die lig vir die pad vorentoe sal gee.

Die Kerkraad het besluit dat die besluit van die Algemene Sinode oor selfdegeslagverhoudings, nie aanvaar kan word nie op grond daarvan dat dit (inter alia):

1. Die sonde van die beoefening van homoseksuele geslagsgemeenskap ontken.

2. Die beoefening van volhardende sonde in leraars se lewens aanvaar.

3. Die Bybel op ‘n liberale en humanistiese wyse uitgelê word wat in stryd is met die byna 2000 jaar oue hoofstroom Christelike en byna 500 jaar oue gereformeerde uitleg van die Bybel.

4. ‘n Verbintenis, ingesluit die beoefening van die seksuele, buite die konteks van die huwelik erken terwyl die Bybel, sowel as in die besluite van die Algemene Sinode, die huwelik slegs as ‘n lewenslange verbintenis tussen een man en een vrou beskou.

Alhoewel die besluit van die Algemene Sinode die reg aan kerkrade gee om hieroor hulle eie standpunte en praktyke te formuleer en te reël, glo die Kerkraad dat hierdie ‘n tyd is waar daar opgestaan moet word teen sake wat van kardinale belang is vir die integriteit van die evangelie en die getuienis van die kerk.

Die Kerkraad sal daarom die volgende proses volg om sy getuienis te laat hoor en die onaanvaarbare dele van die besluit van die Algemene Sinode te laat verander of herroep, nl.:

1. Gesprekke sal met die ring van Elarduspark gevoer word.

2. ‘n Brief sal aan die Diensraad van die Oostelike Sinode gerig word waarin die Gemeente haar distansieër van die besluit van die Algemene Sinode en vra dat ‘n spesiale sitting van die Oostelike Sinode gehou word om standpunt in te neem teen die besluit.

3. Indien die bogenoemde proses onsuksesvol sou wees sal die Gemeente, in die lig van die omstandighede dan, herbesin. (vetdruk - my beklemtoning)

4. Die Gemeente sal ingelig bly en die geleentheid gegee word om deurentyd deel te neem aan die proses. 

As leierskap van die gemeente wil ons die gemeente lei om te fokus op dit waarvoor God ons hier op aarde geplaas het naamlik deur saam met mense ‘n pad te stap sodat almal Jesus kan leer ken en in verhouding met Hom kan leef (vgl. Mat 28:19-20). Ons begeerte is dat alle mense die God mag ontmoet wat so lief was vir die wêreld dat Hy sy Seun gestuur het sodat elkeen wat in Hom glo nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal hê (vgl. Joh. 3:16). Die Gemeente het begrip vir spesifieke uitdagings waarmee mense sukkel maar wil hande vat sodat ons mekaar kan help in ‘n lewe van groei in Christus. 

Soli Deo Gloria

Moreletapark Gemeente

3 November 2015



Vrydag 06 November 2015

Teen-Evangelie strategie

- die besluite van die Algemene Sinode om selfdegeslagverhoudings goed te keur en kerklik te seën, is baie meer as maar net ‘n etiese kwessie!

Oor etiese kwessies en die fynere toepassings daarvan sal daar altyd verskille onder Christene wees. Mag ‘n Christen rook, kaartspeel of sport op Sondag beoefen? Watter dae is belangrik en watter kos mag ons eet of nie...? Die Bybelse beginsel in sodanige sake is verdraagsaamheid, vryheid en die inagneming van die swakker broeder se gevoelens...

Wanneer iets wat die Bybel duidelik sonde noem egter nie alleenlik oorgesien, goedgepraat, maar selfs kerklik gesanksioneer en geseën word, dan is die hart van die evangelie op die spel. My vriend dr. Hein Strauss het dit baie skerp opgesom in sy opmerking : “Dit bly my verstom dat die hele gay-kwessie tot so 'n uiters doeltreffende teen-Evangelie strategie ontwikkel het...” Dis presies waaroor dit gaan – die gay agenda is ‘n teen-Evangelie aksie! Die Algemene Sinode besluit is ‘n besluit teen Christus en sy evangelie!

Kan mens so sê? JA! Ek gaan verduidelik hoekom.

Kom ons kyk na 1 Korintiërs 6:9-11 "Of weet julle nie dat mense wat onreg doen, geen deel sal kry aan die koninkryk van God nie? Moenie julleself mislei nie: geen onsedelikes of afgodsdienaars of egbrekers of mense wat homoseksualiteit beoefen of diewe of geldgieriges of dronkaards of kwaadpraters of bedrieërs sal deel kry aan die koninkryk van God nie.En so was party van julle juis ook. Maar julle het julle sonde laat afwas, julle is geheilig, julle is vrygespreek in die Naam van die Here Jesus Christus en deur die Gees van ons God."

Hier is ‘n lys van dinge wat die Here baie ernstig opvat. En ja, laat ons baie konsekwent wees, nie alleenlik homoseks is ‘n afskuwelike sonde nie, maar ook dronkenskap of skinder! Dis ‘n teks wat ons almal weer moet laat sidder... Nou waarom is die sinodebesluit oor homoseksualiteit dan so erg?



Kan ons dit nie maar goedpraat nie, want is ons nie almal maar in elk geval skuldig aan iets soos gierigheid of bedrog (daai belastingopgawe!) nie?



Hier kom ons nou by die verskil. Geen sinode (so ver ek weet) het dronkenskap of gierigheid al tot ‘n aanvaarbare leefstyl verklaar wat amptelik deur die kerk geseën mag word nie!



As sonde tot niet verklaar word, word die evangelie ook oorbodig verklaar! Dan was die plaasvervangende kruisdood van Jesus en sy liggaamlik historiese opstanding ook mos nie nodig nie! En hier kan ons twee en twee bymekaar begin tel. Die groot voorpraters van die gay agenda is nie juis bekend as mense wat sterk staan vir die kruisboodskap en die historiese opstanding nie. Gaan kyk maar. (daar sou wel uitsonderings kon wees) Diegene wat die Algemene Sinode se gaybesluit bevorder het of nou toejuig is (meestal?) mense wat dikwels ander basiese Bybelwaarhede ontken. Dis mense wat binne die dampkringe van die sogenaamde Progressive Christianity beweeg en opereer. Hierdie rigting verkondig lankal nie meer die kruisevangelie van verlossing deur die bloed van Jesus nie. Hulle praat wel van sy kruisdood maar slegs in die sin van ‘n heldedood vir ‘n goeie saak. In die sin waarvolgens Martin Luther King of Dietrich Bonhoefer ook hulle lewens vir ‘n goeie saak opgeoffer het. (Kliek op MARCUS BORG) Hulle staan nie by die raamwerk van die Heidelbergse Kategismus van sonde, verlossing en dankbaarheid nie. Jesus is vir hulle maar net ‘n morele hervormer. En Hy is vir hulle ook maar net een van baie hervormers in dieselfde klas as 'n Boeddha of 'n Mandela.



Die Algemene Sinode besluit raak die hart van die evangelie! Die saak is baie belangriker as wat ons dalk besef.



Die NG Kerk staan hier voor ‘n lakmoestoets of ons hoegenaamd voor die openbaring van God se woord gaan buig en of ons ‘n mens gemaakte godsdiens beoefen? Eer ons God of is ons gedienstig aan die grille en giere van die sondige mens?


Die verwyt word gehoor : “Seksualiteit is hoegenaamd nie so ’n kern-saak in die geloof dat dit afskeiding regverdig nie.”

So op die oor af klink dit na ‘n heel aanneemlike stelling. Die Christelike boodskap het immers baie meer om die lyf as ‘n bepaalde seksuele moraal of gedragskode. Maar kom ons dink ‘n bietjie dieper en luister na die wyd erkende wyd erkende en bekwame teoloog, D.A. Carson :


"At one level I want to say that homosexuality is the wrong issue to divide the church over. It reminds me a bit of what happened at the reformation when Martin Luther nailed the 95 thesis to the gate, to the door of the Wittenberg church in 1517. The trigger issue was selling of indulgences. Imagine splitting the entire western church over indulgences! In one sense it was the wrong issue, but it became the trigger issue about whether you live under the Bible or not…….it affected everything. Homosexuality has become in our day, in many denominations a trigger for a very simple issue; will we live under the authority of the word of God or will we not? And that is absolutely everything. You just can’t duck that one. Sooner or latter you face that issue or you die."



Nie net die Baptis, Carson help ons hier nie, ook die Anglikaan, JI Packer : 

Nadat die Anglikaanse kerk se sinode van New Westminster in Junie 2002 aan biskoppe in hulle gebied die reg gegee het om homoseksuele persone te trou, het dr JI Packer (bekende gereformeerde Christen skrywer en teoloog) saam met ’n aantal sinodegangers as teken van protes die sinodesaal verlaat. Dr JI Packer het ’n artikel geskryf om sy protes-optrede te verduidelik. Sy hoofrede oor hoekom hy uitgestap het, spel hy vir ons baie duidelik uit. “Why did I walk out with the others? Because this decision, taken in its context, falsifies the gospel of Christ, abandons the authority of Scripture, jeopardizes the salvation of fellow human beings, and betrays the church in its God-appointed role as the bastion and bulwark of divine truth.” 

Ja, op sigself is seksualiteit miskien nie so ‘n kernsaak nie, maar in ons huidige debat en konteks, gaan dit wel oor een geloofsbelangrike kernsaak : Erken ons nog die Woord van God as die finale gesag in leer en lewe? Staan ons nog hoegenaamd by die evangelie van Jesus Christus? Dis die antwoord wat die NG Kerk en elke lidmaat nou afsonderlik moet gee..

"Ja, maar julle oordryf als. Die Algemene Sinode besluit stel tog duidelik dat elke kerkraad sy eie diskresie mag gebruik...", so word ons gepaai. D.A.Carson het weer wyse woorde in die verband :

"You see they’ll start off by saying “We’ll allow each church to decide on their personal preference” and so it seems big hearted and wide minded to allow diversity of opinion on this, but pretty soon when more of those people get into office, what I’ve discovered is that, in the vast majority of cases, the least liberal people in the world are liberals, that is they are the least yielding, the least flexible, and pretty soon they start saying that unless you espouse egalitarianism, unless you espouse the legitimacy of homosexuality therefore you are out of here! Well at some point then it becomes a matter of absolute conscience, you have got no choice in the matter."

Mag ons hierdie wyse waarskuwing ter harte neem...

Diegene van ons wat sterk oor die AS se besluit voel en ons daarvoor beywer dat Ringe en Sinodes drasties moet standpunt inneem, word nou beskuldig van verwaandheid, onregverdigheid en natuurlik liefdeloosheid. Ons hoor ook verwyte dat ons nie weet hoe om 'n teks binne konteks te interpreteer nie, ons is bloot moraliste wat dan nou kwansuis nie weet Christenskap gaan oor 'n verhouding nie, ons sou dan net in 'n toornige God glo wat straf en nie in die verlossing wat Jesus bring nie... Dis alles pogings om 'n karikatuur te maak van mense wat maar net in nederigheid aan God se Woord gehoorsaam wil wees. Maar laat ons maar hierdie beledigings met blymoedigheid dra ter wille van die eer van God en die saak van die evangelie!

Naskrif : Die groep Suid Kaapse rings verteenwoordigers se sterk protes, is myns insiens dus geregverdig! (Kliek op SUID KAAP) Die stryd gaan daaroor of daar nog hoegenaamd plek vir die evangelie in die NG Kerk is!

Donderdag 05 November 2015

KOKSTAD

- Die koor van teenkanting en protes teen die Algemene Sinode se onskriftuurlike besluite kring al wyer uit!


NG Kerk Kokstad. 29 Oktober 2015

Ons, die NG Kerk Kokstad, wil op die duidelikste moontlike manier ons verwerping van die Algemene Sinode se ingesteldheid rondom Skrifgesag en spesifiek die Woord van God, soos vertoon in besluite rondom homoseksualiteit, die bestaan van Satan en bose magte, die maagdelike geboorte van Christus, en dergelike sake en uitsprake, uitspreek.
Ons verwerp die nuwe rigting wat die Algemene Sinode inslaan, met die volle hartseer en minagting wat dit verdien. 

Die rede hiervoor is dat die Algemene Sinode die verantwoordelikheid ontvang het om oor die leer en lewe van predikante en kerkraadslede te waak, om die leer van die kerk suiwer te hou, en dit nie meer kan doen nie.
Voorbeeld: as ʼn dominee wat homoseksueel lewe, op die kansel mag diens doen, mag ʼn dominee wat ʼn alkoholis of pedofiel of verslaafde is, ook nie geweier word nie. Die toepassing van ʼn beginsel trek veel weier as net die voorbeeld wat die Algemene Sinode ter tafel gestel het.


Hoog geagte predikante, soos Ronel Bezuidenhout en André Bartlett in die onlangse media, verwerp reeds die onfeilbaarheid van die Woord van God en praat van die Bybel as woorde oor God. Dit lê op die voetspore van ons professors aan die teologiese fakulteite en word dus reeds aan die opkomende leraars verkondig. So val die eerste Solus, Sola Scriptura.
Die maagdelike geboorte, en ander heilsmomente word ook verdag gemaak en so word die tweede Solus, Solus Christus, verwerp.


Die Algemene Sinode se evangelie verkondig nie meer sonde as ʼn breuk tussen God en mens nie, maar as ʼn breuk tussen mens en mens wat herstel moet word. Die uitspraak: “Nou is die kerk se leer in lyn met die grondwet van die land”, herbevestig dit. Hierdeur word sonde verskraal tot sosiale denksisteme waar menswaardigheid en aardse geregtigheid met die gepaardgaande restitusie onderling die allerbelangrikste faktor in die evangelie word.


Ons as NG Kerk Kokstad herbevestig ons verbintenis aan die Bybel as onfeilbare Woord van God en daarmee saam die ankers van die Reformasie soos bely en verkondig deur die ware kerk van God.


Ons verbind ons opnuut tot die:
Sola Scriptura Alleen God se Woord is waarheid
Solus Christus Alleen Christus kan ons met God versoen en ons lewens omkeer
Sola Fide Alleen deur geloof in Jesus Christus se soenverdienste is daar redding
Sola Gratia Alleen uit genade word ons weer met God versoen.

Alles lei tot die eer van God: Soli Deo gloria.

Ons glo en bely dat die Woord van God helder en duidelik verduidelik word in die drie Formuliere van Eenheid:
Nederlandse Geloofsbelydenis
Dordtse Leerreëls

NOG GEMEENTES WAT DUIDELIK DIE AS SE BESLUIT VERWERP IS ONDER ANDERE :

Vaalrivier, Witfield, Middelburg Suid, Koppies-Weltevrede, Secunda Goedehoop, Groblersdal, Leeuwberg (Bloemfontein), George Moedergemeente, Piet Retief...

Vrydag 30 Oktober 2015

MODERAMEN VAN NAMIBIESE SINODE

het "selfstandig geoordeel om nie die Algemene Sinode se 2015-besluit te ondersteun nie."

Ek plaas die jongste skrywe vanaf die Namibiese moderamen hier onder:*

Van die moderamen, verkose voorgangers in die Namibiese kerkverband, aan die gemeentes van God in Namibië, wat in Christus Jesus geheilig is – geroepe heiliges: Genade en vrede vir julle van God ons Vader en die Here Jesus Christus!

Op 29 Oktober 2015 het ons in Windhoek vergader te midde van ernstige woelinge en dreigende skeuringe binne die NG-kerkverband dwarsdeur Suider-Afrika. Ons is daar deur Paulus se gebed vir die Romeine getroos en wil daarom ook hierdie troos aan julle deurgee daar waar julle is: Mag die God van volharding en bemoediging gee dat julle onder mekaar eensgesind sal wees, soos Christus Jesus dit wil hê, sodat julle eenparig, ja, uit een mond, aan God, die Vader van ons Here Jesus Christus, die lof sal bring. (Rom 15:5,6)

                Ons skryf na aanleiding van die omstrede besluite oor selfdegeslagverhoudinge en antwoord graag op vrae wat ons gehoor het.

1.      Wat is die status van die Algemene Sinode se besluit in Namibië? Hoekom het ons eers gehoor net een punt is nie van toepassing nie, maar later die hele besluit is nie van toepassing hier nie?
Die besluit is in sy geheel nie hier te lande van toepassing nie omdat die Algemene Sinode dit (op voorstel van twee Namibiese afgevaardigdes) so besluit het.
Ongelukkig het die Algemene Sinode aanvanklik ’n foutiewe formulering van die besluit vrygestel. Daarin is gesê dat net die punt wat handel oor die burgerlike verbintenisse tussen mense van dieselfde geslag nie op Namibië van toepassing is nie. Toe die Namibiërs in die land teruggekom het na die sinode, het ds. Hendrik van Zyl dadelik op die fout gewys en hom daarvoor beywer om die korrekte formulering te kry.
Ons vra verskoning vir hierdie geharwar!

2.      Hoekom lyk dit of die moderatuur se verklaring van 21 Oktober mense etiketteer en in kampe jaag?
Uit verskeie oorde het ons gehoor dat ’n deel van die moderatuur se verklaring van 21 Oktober ongelukkigheid tot gevolg gehad het. Veral die laaste vergelyking in par 2 van die moderatuur se verklaring, nl. “...en hoe hulle God ken en oor Hom dink (bv. ’n veroordelende God wat sondes straf teenoor ’n liefdevolle Vader wat in sy Seun, Jesus Christus, genadig en barmhartig is)”  het aanstoot gegee. (Kliek op FELDMUIS vir my reaksie op hierdie stelling)
Ons erken dat die moderatuur se verklaring vatbaar was vir misverstand en vra onvoorwaardelik verskoning hiervoor. (Dankie!) Die bedoeling van die verklaring was om lidmate op die kontinuum tussen die ekstreme van die debatslyn te erken en nie om ’n verdeling te bewerk nie.

3.      Die Algemene Sinode se besluit oor selfdegeslagverhoudings geld nie hier nie. Waar staan ons dan nou in Namibië?
Ons het, benewens die feit dat die besluit nie hier van toepassing is nie, selfstandig geoordeel om nie die Algemene Sinode se 2015-besluit te ondersteun nie. Ons kies tans om met die besluit wat die Namibiese sinode in 2006 geneem het, die 2007-besluit van die Algemene Sinode sowel as die 2013-besluit van die Algemene Sinode te volstaan.
Ons onderneem egter om die gesprek oor hierdie sensitiewe saak voort te sit met die oog op standpuntinname tydens die Sinodevergadering in Maart 2016.
Teen hierdie agtergrond versoek ons beleef dat julle in die gemeente in nederige afhanklikheid voor die Here met die gesprek moet voortgaan. Dit gaan krities belangrik wees vir julle afgevaardigdes na die sinode volgende jaar.
Ons wil graag 5 bronne voorstel wat julle in hierdie gesprek kan gebruik as riglyne:
·         Namibië se besluit oor homoseksualiteit van 2006 – ons plak dit hier onder in;
·         Die Algemene Sinode se 2007- en 2013-besluite – ook dit is hier onder ingeplak;
·         ’n Studiestuk oor selfdegeslagverhoudings wat deur dr. Chris van Wyk (van die Oos-Kaap) opgestel is. Dit word as aanhangsel by hierdie epos aangeheg.
·         Die storie van die NG Kerk se reis met selfdegeslagverhoudings wat op die internet beskikbaar is by http://atlas.bybelmedia.org.za.

Liewe Geloofsgenote, onthou: ons is ’n uitverkore geslag, ’n koninklike priesterdom, ’n heilige nasie, ’n volk wat aan God behoort. Só tipeer Petrus die gelowiges in die diaspora (verstrooiing – 1 Pet. 2:9). Ons diepste anker lê daarin dat ons in Christus God se geliefde seuns en dogters is in wie Hy Hom verbly. Mag hierdie anker sterk genoeg wees om ons deur hierdie turbulente tyd in ons geskiedenis te dra!

Die genade van die Here Jesus Christus, die liefde van God en die gemeenskap van die Heilige Gees bly met julle almal!

Di Pine Pienaar, Johannes Maritz, Hendrik van Zyl, Evert Strydom, Gerhard Liebenberg, Clem Marais, drr. André Olivier, Fourie vd Berg.
Oudll Fouché Brand, Recht vd Westhuizen, Jacques Coetzer, Pieter vd Westhuizen, Fanie Badenhorst.
LEDE VAN DIE MODERAMEN TEENWOORDIG OP DIE VERGADERING VAN 29 OKTOBER 2015

Die Namibiese sinode se 2006-besluit oor homoseksualiteit:
1.   Die kerk besef en erken dat daar in die Bybel eksplisiete vermelding is van ‘n verskeidenheid van seksuele optredes wat afwyk van en in teenstelling is tot die oorspronklike bedoeling van God met seksualiteit. Praktyke en optredes soos buite-egtelike geslagsverkeer, bloedskande, verkragting, egbreuk/huweliksontrou, prostitusie en egskeidings word onomwonde in die Bybel vermeld. Vreemd genoeg word hierdie optredes nie elkeen op presies dieselfde wyse in die Bybel beoordeel en/of afgewys nie. Die twee seksuele optredes wat in die Bybel op die skerpste wyse veroordeel word, is prostitusie en homoseksuele gedrag.
2.   Dat die sondige natuur van die mens se verwording en verval uiteraard ook (‘n mens wil byna sê, veral) in dade en optredes van seksuele aard na vore kom, maak nie die goddelike gegewe van menslike seksualiteit as sodanig sondig nie. Eerder   besef die kerk dat dit wat die Bybel vir ons oor die aard en gevolge van sonde leer, met konsekwente erns ook op praktyke wat in teenstelling tot die bedoeling van God met seksualiteit gepleeg word, van toepassing is. Sonde vernietig die mens se lewenspotensiaal en lei tot die ewige geestelike dood. Om met die gawe van ons seksualiteit om te gaan en dit uit te leef op ander maniere as wat God self daarvoor gewil het, is soos wat dit trouens die geval is met die ondoelmatige uitlewing van enige ander gawe wat die Skepper aan die mens toevertrou het, sonde in die oë van die Here.
3.   Die opvallende is dat nêrens in die Bybel eksplisiet inhoudelik berig word omtrent spesifieke dade en optredes van homoseksuele geslagsgemeenskap nie. Daar word slegs op indirekte wyse na sodanige optredes verwys of oor die neiging daartoe gepraat en dan wel in ernstige veroordelende taal en bedoeling.
4.   Op grond en na aanleiding van deeglike eksegetiese ondersoek en begronding is dit op geen manier vir die kerk in haar lesing en interpretasie van die Bybel moontlik om homoseksuele dade en praktyke van geslagsgemeenskap te aanvaar en te regverdig as dit ook binne die oorspronklike bedoeling van God met menslike seksualiteit verstaan en gehandhaaf kan word nie. Dit strook volgens die Bybel nie met God se oorspronklike bedoeling vir menslike seksualiteit nie.
5.   Die kerk kan nie anders nie as om die bestaande werklikheid van mense met ‘n homoseksuele oriëntasie te erken nie. Sommige navorsing vanuit die menswetenskappe wys onder meer daarop dat ‘n mens se seksuele oriëntasie, hetsy heteroseksueel of homoseksueel, so wesenlik deel is van die mens se identiteit en selfbewussyn dat dit net so min kan verander, ontgroei of afgelê kan word as wat ‘n mens se ras of geslag deur psigiese prosedures kan verander. Net soos wat daar baie ander werklikhede in die skepping is wat ons nie kan verklaar nie, kan ons ook nie ten spyte van baie navorsing en studie, afdoende verklaar of  verstaan hoekom dit is dat sommige mense se konstitusie so is nie. Die kerk getuig dat die Bybel in geen taal praat of leer oor die onverstaanbare werklikheid van hierdie soort oriëntasie by ‘n klein persentasie mense nie. In die Bybel word slegs deurlopend verwys na en gepraat oor die neiging tot die praktyk van homoseksuele geslagsgemeenskap tussen merendeels mans en soms ook vroue. Ons besef en aanvaar dat mense met sodanige natuurlike oriëntasie nie bloot afwykende, immorele of sondige keuses maak om op so ‘n manier te wees nie.
6.   Deur die erkenning van die werklikheid van ‘n menslik-onverklaarbare  homoseksuele oriëntasie by sommige  mense aanvaar die kerk die verantwoordelikheid om hierdie mense met ‘n pastorale gesindheid van sensitiwiteit en begrip te aanvaar en respekvol te behandel as ewemense voor die aangesig van die lewende God wat hulle geskep het. Mag die Gees van Christus sy gemeente tog daarvan bewaar om in ‘n gesindheid en houding van onverdraagsaamheid en geestelike hoogmoed veroordelend en verkleinerend teenoor enige mens van God se liefde op enige wyse te dink of op te tree. Waar sodanige gedrag of houding in die verlede of tans nog deur lede van die kerk teenoor mense van homoseksuele oriëntasie uitgeleef is, het die kerk skromelik in haar roeping tot genadige liefdesdiens in die Naam van Christus gefaal.
7.   Die kerk aanvaar en eerbiedig ook in goeie trou mense met ‘n homoseksuele oriëntasie se opregte belydenis van hulle egte saligmakende geloof in God Drie-enig as ‘n geloof wat alleen berus op die genadige soenverdienste van Jesus Christus, ons Here.
8.   In sy etiese lering handhaaf die kerk dat die Bybel duidelik is oor die goddelike gegewe van menslike seksualiteit. Ons verstaan dat seksualiteit primêr deur God geskep en bedoel is om die menslike geslag  te laat voortplant en te vermeerder  binne die raamwerk en ruimte van gesinne gegrond op ‘n onverbreekbare egverbintenis en trouverbond tussen ‘n man en ‘n vrou wat mekaar liefhet. Dit is ook die ruimte waarbinne die mens vreugde vind in die belewing en beoefening van sy / haar seksualiteit, omdat die mens daarmee, ten spyte van die gebrokenheid en verval van die skepping, met die hulp van die Gees van Christus tog daarna streef om te probeer voldoen aan die  bedoeling en wil van God self. Immers deur die eeue heen het die kerk getuig dat die goddelik-bedoelde beoefening en uitlewing van die mens se seksualiteit in ‘n verhouding van trou, die een hoedanigheid van die mens is wat hom / haar op die mees lewensvervullende wyse in verhouding tot ‘n medemens bring. 
9.   Wanneer die kerk dus ‘n pastorale gesindheid en optrede van aanvaarding teenoor mense van homoseksuele oriëntasie handhaaf, kan die kerk nie anders nie as om hierdie mense te versoek om die verantwoordelikheid van die selibate lewe te aanvaar en hulle te weerhou van dade en praktyke van homoseksuele geslagsgemeenskap nie. Dit is nie die geval omdat die kerk daarmee in eie reg en terwille van selfhandhawing so kies nie, maar omdat die kerk gewoon nie anders kan nie as om te probeer om, sovêr dit binne haar begrip en vermoë is, getrou te bly aan haar verstaan van God se oorspronklike bedoeling met menslike seksualiteit soos die Bybel daaroor praat.
10. Daar is geen manier waarop die kerk lidmate van ‘n homoseksuele oriëntasie wat selibaat leef, wil verhinder of belemmer in die uitleef van hulle diens aan die Here nie.  Daarom aanvaar die Kerk dat hulle net so geskik en bekwaam is soos enige ander lidmaat om ampte in die gemeente te beklee.  Die lewe van selibaat wat die kerk van lidmate en medegelowiges van homoseksuele oriëntasie verwag, is dus nie bedoel om hulle te na te kom, te veroordeel of te verontreg nie.  Eerder word dit gebore uit ‘n eerlike en opregte poging om in ons menslike swakheid, niks anders te wil wees of na te streef as om Christus, ons Here, te ken en aan Hom gehoorsaam te wees uit dankbaarheid vir Sy onverdiende en onbegryplike genade in ons lewe nie.

Die Algemene Sinode se 2007-besluit oor homoseksualiteit:
1.   Die Bybel is ons uitgangspunt en in ons nadenke oor homoseksualiteit soek ons eerlik na maniere om die Bybelse waardes betekenisvol binne die konteks te interpreteer.
2.   Ons aanvaar die liefde van Christus as die enigste geldige grondhouding waarop verhoudinge binne die geloofsgemeenskap gebaseer word. Alle mense is geskep na die beeld van God, die verlossing in Christus is vir alle mense en die Gees is uitgestort op alle gelowiges. Daarom aanvaar ons die menswaardigheid van alle mense.
3.   Alle mense, ongeag hulle seksuele oriëntasie, is ingesluit in God se liefde en hulle word op grond van hulle doop en geloof as lidmate van die kerk van Christus aanvaar. Onder lidmaatskap word verstaan toegang tot die sakramente, toegang tot die ampte en onderworpenheid aan die kerklike tug.
4.   Die Algemene Sinode herbevestig die besluit van 2004 dat, volgens ons verstaan van die Bybel, slegs die verbintenis tussen een man en een vrou as ‘n huwelik beskou kan word.
5.   Die Algemene Sinode bevestig ook die besluit van 2004 dat sowel heteroseksuele as homoseksuele promiskuïteit ten sterkste veroordeel word.
6.   Die Algemene Sinode besluit dat, in die lig wat ons tans het, homoseksuele verbintenisse en huwelike nie as ‘n alternatief vir die huwelik aanvaar kan word nie.
7.   Die verlening van predikantsbevoegdheid is ‘n funksie van die Algemene Sinode. Die sinode besluit dat homoseksuele gelegitimeerdes wat ‘n selibate lewenstyl beoefen tot die predikantsamp toegelaat word.
8.   Die Algemene Sinode erken die diskresie van Kerkrade om die verskille oor homoseksualiteit in gemeentes in die gees van Christelike liefde te hanteer.
Die Algemene Sinode verklaar dat die besluit van 8 punte insake homoseksualiteit as 'n eenheid aan die Algemene Sinode gestel is en dat hierdie besluit as 'n eenheid gelees en verstaan moet word.

Die Algemene Sinode se 2013-besluit oor homoseksualiteit:
Die Algemene Sinode
1 bevestig dat die besluit van 2007 oor homoseksualiteit geneem is na ʼn deeglike eksegetiese en teologiese studie;
2 gee opdrag aan die ASM om in voortsetting van die 2007 verslag oor homoseksualiteit ʼn studie te doen oor die status van selfdegeslagverhoudings in die lig van die Skrif en Gereformeerde tradisie;
3 besluit dat homoseksuele en heteroseksuele studente wat hulle voorberei vir die bediening in die NG Kerk, aan dieselfde Christelik-etiese standaarde moet voldoen met die oog op legitimasie;

4 verbind hom ook in die hantering van die saak aan die waardes van die Seisoen van Menswaardigheid.

*Die feit dat ek hierdie volle verklaring so plaas beteken nie noodwendig dat ek als persoonlik daarin onderskryf nie. Dit is wel positief in die sin dat die moderamen duidelik nie die AS 2015 se besluit oor selfdegeslag verhoudings onderskryf nie! Dit beteken volgens my beskeie interpretasie dat praktiserende homseksuele predikante nie in Namibië bevestig mag word nie! Hierdie saak se ontwikkeling in Namibië laat mens natuurlik met baie vrae, soos oor die rol en die integriteit van die Algemene Sinode. Byvoorbeeld, wat is die standaard van notulering van so 'n belangrike kerkvergadering soos die AS, hoe kan die AS dan nou verskillende legitimasie vereistes voorstaan binne dieselfde kerkverband? 'n Mens wonder ook oor hoekom sommige moderatuurslede van die Namibiese sinode die AS besluit in die openbaar so naarstigtelik verdedig het?

Dinsdag 27 Oktober 2015

PIONIERSPARK PRAAT OOK

"’n Sinode kan nie die sonde van homoseksuele dade vryspreek om mense so te red van die straf en oordeel van God nie, alleen Jesus Christus kan ons vryspreek langs die weg van geloof en bekering."

Nog 'n Namibiese gemeente het sterk standpunt ingeneem teenoor die Algemene Sinode van die NG Kerk se besluit oor selfdegeslagverhoudings! Dankie Pionierspark!

Woensdag 14 Oktober 2015

DANKIE DOPPERS!




KLASSIS MOOT VAN DIE GKSA SE MOSIE VAN LEEDWESE, SKOK EN AFKEUR TEEN DIE NGK SE BESLUIT AANGAANDE HOMOSEKSUALITEIT

Die Gereformeerde Kerke in Klassis Moot (BetEl, Daspoort, Meijntjieskop, Elofsdal, Innesdal, Kandelaar, OosMoot, Bronkhorstpruit, Pretoria(d), Wonderboom Suid, Totiusdal, Andeon, Bergsig) het die volgende mosies eenparig aanvaar by vanaand se vergadering:

Die Gereformeerde kerke in klassis Pretoria-Moot neem met leedwese, skok en afkeur kennis van die onlangse besluite van die Sinode van die NG Kerk, wat homoseksualiteit aanvaar en goedkeur in so mate dat mense wat ‘n openlike homoseksuele leefwyse beoefen, selfs as predikante toegelaat word en dat verbintenisse tussen sulke mense kerklik bevestig mag word.

Die Bybel wys homoseksualisme onvoorwaardelik af, soos duidelik onder meer uit Romeine 1: 26 en 27. Die besluit van die NG Kerk word diep betreur en noodsaak herbesinning van die ooreenkoms met die NG Kerk soos goedgekeur op die laaste algemene sinode van Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika.

Ons as Gereformeerde Kerke se ekumeniese verhouding met die NG Kerk het verlede week ‘n praktiese werklikheid in ons lewens geword met die NG Kerk Sinode se pro-homoseksualisme besluit.

Na aanleiding van hierdie besluit van die NG Kerk spreek hierdie vergadering van Gereformeerde Kerke in Pretoria-Moot sy kommer uit oor ons ekumeniese verhouding met die NG Kerk, asook ons hartseer oor genoemde besluit se liefdelose veragting van die HERE, sy Woord, en ons naaste.

Dit doen ons terwyl ons harte uitgaan na ons broeders en susters in die NG Kerk wat die geestelike aanslag en dwingelandy van afvallige Kerk-strukture baie erg beleef.

Hierdie vergadering se bede is dat die HERE al sy ware gelowige kinders in die NG Kerk en ook in die Gereformeerde Kerke deur sy Gees sal vul en lei (Efes 5:19; Rom 8:13-14; Gal 5:16) om hulself te verloën en sy Naam en waarheid teenoor die NG Kerk se pro-homoseksualisme besluit te bely, en haar oor haar euwels te bestraf (Mark 8:34-38; HK Sondag 12 v/a 32).

[Ons Gereformeerde broers se duidelike standpunt is vir ons 'n troosvolle bemoediging in 'n tyd wanneer ons eie Algemene Sinode ons in die rug steek - Johannes de Koning]

Vrydag 27 Februarie 2015

HOMOSEKSUALITEIT : OPE BRIEF

2015-02-25

’n Ope brief aan die Algemene Sinode van die NG Kerk: Taakspan oor Homoseksualiteit

Geagte Moderamen

UITNODIGING OM SKRIFTELIKE BYDRAE:  ’N BYDRAE DEUR ’N VOORMALIGE HOMOSEKSUEEL

Ek dank u vir die uitnodiging aan belanghebbendes om ’n skriftelike bydrae te lewer met die fokus op die status en etiese vrae rondom selfdegeslagverhoudings. As ’n man wat vir 32 jaar in ’n homoseksuele leefstyl betrokke was, van oriëntasie verander het, en tans bykans 11 jaar getroud is,  glo ek dat ek ’n bydrae tot die debat kan lewer.

Kern-homoseksualiteit is waarskynlik so oud soos die mensdom self, en alreeds in die Griekse en Romeinse era het daar teorieë oor die oorsake van homoseksualiteit bestaan.3  Dit is belangrik om kennis te neem dat dié wat in die hedendaagse samelewing selfdegeslagverhoudings voorstaan, nie verteenwoordigend is van almal wat aangetrokke voel tot persone van dieselfde geslag nie. Verder moet ’n duidelike onderskeid gemaak word tussen ten minste twee groeperinge van persone wat selfdegeslag-aangetrokkenheid beleef.

Daar is sommige wat aangetrokke voel tot persone van dieselfde geslag maar dit nie as hulle identiteit aanneem nie. Hulle glo nie dat hulle so gebore is nie en glo dat verandering moontlik is. So ‘n persoon beleef oor die algemeen sy selfdegeslag-aangetrokkenheid as ongewens. Baie van diesulkes beskou dit as vernederend en beledigend as daar na hulle as gay en selfs homoseksueel verwys word. Hierdie groepering stel nie belang om met ’n persoon van dieselfde geslag in die huwelik te tree nie.

Die tweede groep neem hulle selfdegeslag-aangetrokkenheid aan as ’n identiteit, glo dat hulle so gebore is, nie kan verander nie en sal na hulleself as gay verwys. Hierdie groepering is oor die algemeen, bewustelik of onbewustelik, deelgenote in die polities-gedrewe gay agenda. Sommige van hulle sal in ’n huwelik bevestig wil word maar nie almal deel daardie sentiment nie.

Selfdegeslagverhoudings is ’n komplekse aangeleentheid en vra vir ’n vlugtige terugblik op ’n hermeneutiese aspek. Die kerk bevind hom in ‘n dilemma met die hantering van die saak, nie omdat die Bybelse en hermeneutiese toepassing onduidelik of verwarrend is nie, maar omdat die onderwerp vanuit verskillende invalshoeke benader word.4 Gagnon verwys na die Omgekeerde Hermeneutiese Skaal en verduidelik dit soos volg:5

Essentially, the anti-“homosex,” pro-complimentary, or pro-structuralist side of the homosexuality debate in the church is best served when it formulates the following arguments in this order if significance:

1.  Scripture: Scripture shows consistent, strong, absolute and counter cultural opposition to homosexual practice. It is in short a core value in scriptural sexual ethics. The scriptural witness against homosexual practice is inclusive of caring homosexual unions and forms of homosexual practice involving some degree of congenital causation.  The closest analogues to the Bible’s opposition to homosexual practice are the Bible’s opposition to adult incest and the New Testament’s opposition to polygamy; in other words, forms of behaviour that society today still proscribes. A similar argument may be made from church tradition (church fathers on).

2.  Philosophical reason (a nature argument): Transparent observation of the complementary features of man and woman in the material order of nature make evident that homosexual unions are structurally incongruous (cf. the nature argument from Rom. 1:24-27).  A same-sex union does not pair sexual counterparts or “other halves.”  Biologically related impulses are less reliable indicators of what is natural than the compatible structures of maleness and femaleness. This too is the view of Scripture.

3.  Scientific reason: Homosexual behaviour is characterized by higher rates of problems as regards sexually transmitted disease, depression and suicidality, high number of sex partners over the cause of life, and short-term sexual unions. These problems, which occurs at markedly different rates for homosexual males and homosexual females, are attributed, at least in significant part, to biological differences between men and women and the absence of moderating other-sex influence in homosexual relations.  Moreover, science has failed to show that homosexuality is an inevitable consequence of birth or in all respects culturally immutable.

4.  Experience: Personal encounters with, or at least awareness of, individuals whom God appears to have healed of same-sex attraction give hope for transformation.  At the same time, however it is unscriptural to define transformation as requiring the eradication of all unwanted impulses.  Jesus’ call to discipleship as a death to self is a call to self-denial in the midst of contrary impulses.

The pro-“homosex,” pro-affect, or anti-structuralist side, for its part, formulates the following arguments, in this order of significance:

1.  Experience:  Personal encounters with, or at least awareness of, well-adjusted homosexual persons, who appear unable to change their sexual orientation and are in a caring homosexual relationship, provides persuasive evidence for the acceptability of homosexual relations.

2.  Scientific reason: Science has shown that a homosexual orientation is often significantly influenced by congenital factors and very resistant to change.  At least some of the problems associated with homosexual practice are attributed to the lack of societal supports for committed homosexual unions. Moreover, harm is not inherent.

3.  Philosophic reason: The quality of affective bonds in a homosexual union trumps any formal/structural requirements. Moreover, the biologically related character of homosexual orientation makes homosexual expression “natural.”

4.  Scripture: While a small number of passages in Scripture appear to oppose homosexual practice, these passages do not oppose caring homosexual relationships between homosexual oriented persons. Moreover, Scripture’s focus on the command to love and its special concern for the oppressed leave room for loving homosexual unions. Changes in the Bible’s views on slavery, woman’s roles, and divorce and remarriage gives hermeneutical license for developing a new perspective on homosexual practice.  

Gevolglik is die verskil tussen die twee kante nie net twee verskillende vertrekpunte, die Skrif vir die een en ondervinding vir die ander nie, maar elke kant aanvaar ook ‘n reeks argumente wat in ‘n omgekeerde orde van belangrikheid van mekaar is.6 Dit laat ‘n vraag oor die gesag van die Skrif ontstaan.

In die gereformeerde tradisie is die Skrif die hoogste gesag, en alhoewel beide kante daarop aanspraak maak dat die Skrif die hoogste gesag is, kom Gagnon, na sy bespreking en genoemde voorbeelde, tot die slotsom:7

What these anecdotes illustrates is that the mainline denominations that move to support committed homosexual unions will ultimately have to give up any pretense in their official statements to treating the Scripture as the highest authority in matters of faith and practice. The highest authority will now be whatever is “existentially engaging and compelling” to the individual interpreter, in other words, one’s own subjective experience.

Die Skrif is duidelik dat God die mens biologies manlik en vroulik, komplementêr tot mekaar geskape het en vir heteroseksualiteit ontwerp het.8 Biologiese geslagtelikheid is medies verifieerbaar en die mens se liggaamlike ontwerp is ’n aanduiding van wie hy is. Dit is dus ook ‘n aanduiding van wat “normaal” is. King definieer “normal” as dit wat volgens sy ontwerp funksioneer.9

Met die Skrif egter op die agtergrond, subjektiewe ondervinding as vertrekpunt en disoriëntasie as maatstaf, beweeg ons in ’n doolhof van verwarring in, waar alles gedekonstrueer kan word.10 Die bril waardeur ’n persoon kyk, wat homself met sy selfdegeslag-aangetrokkenheid identifiseer, is ’n ongegronde voorveronderstelling wat sê: “Ek is so gebore en kan nie verander nie. Dit is wie ek is.”  Vir ’n persoon om op dié  punt te kon kom, moes hy alreeds alle hoop opgegee het om sy ongewenste gevoelens en begeertes te verander en sy heteroseksuele potensiaal te ontwikkel. Hy moes sy vroeëre wens om ’n konvensionele huwelik en familie te hê, laat vaar het. Hy moes dus deur ’n rouproses gaan oor die verlies van dit wat hy begeer het. Dit is dan ook hierdie rouproses oor sy drome en begeertes wat dit vir hom onmoontlik maak om te glo dat enigiemand anders kan verander.11

Dit is tydig om onsself daaraan te herinner: “Bedrieglik is die hart bo alle dinge, ja, verdorwe is dit; wie kan dit ken?” (Jer. 17:9). Psigiater Dan Siegel bring perspektief op die onderwerp as hy skryf:12

Objectivity permits us to have a thought or feeling and not become swept away by it. It recruits the ability of the mind to be aware that its present activities – our thoughts, feelings, memories, beliefs, and intentions – are temporary and, moreover, that they are not the totality of who we are. They are not our identity.

Dit noodsaak ‘n kort bespreking oor oriëntasie. In die homoseksuele debat word oor oriëntasie gepraat asof dit ’n netjies-afgebakende fenomeen is wat mense in ’n onbetwisbare kategorie plaas. Ons sal spoedig sien dat dit vêr van waar is en dat ‘n persoon se subjektiewe belewenis ’n gevaarlike-wasige grys gebied is as vertrekpunt vir Christelike etiek. Wat onthou moet word, is dat daar nie net een wêreldbeeld oor oriëntasie bestaan nie. ’n Mens se wêreldbeeld beïnvloed sy optredes en gevolglike uitkomste.13

’n Persoon kan homself letterlik met enige erotiese aangetrokkenheid – denkbaar en ondenkbaar - identifiseer. Daar bestaan geen DNA of mediese toets wat ’n persoon se oriëntasie of geslagsidentiteit kan vasstel nie. Oriëntasie is ’n sosiale konstruk. Dit is ’n persoon se eie self-verklaring van sy subjektiewe belewenis van erotiese aangetrokkenheid tot ’n ander persoon. Hiervolgens klassifiseer en identifiseer hy homself.

Baie mense het al die vraag gevra: “Word ’n persoon met heteroseksuele aangetrokkenheid heteroseksueel gebore?” Die antwoord is nee, ’n persoon word nie heteroseksueel gebore nie.14 ’n Volgende vraag is: “Word ’n persoon met homoseksuele aangetrokkenheid so gebore?” Weereens is die antwoord nee.15

Dit lei tot die volgende vraag, naamlik of daar buiten heteroseksuele aangetrokkenheid, bi-seksuele aangetrokkenheid en homoseksuele aangetrokkenheid ook nog ander moontlike kategorieë voorkom? Die antwoord is ja. Navorsing toon dat die volgende twee kategorieë hierby gevoeg moet word, nl. “hoofsaaklik heteroseksueel” en “hoofsaaklik homoseksueel.”16 Pan-seksualiteit17 is ook ’n oriëntasie wat al hoe meer van gehoor word asook aseksualiteit.18 Sommige persone is onseker oor hulle oriëntasie en staan bekend as “Questioning.” Ook is daar die verskynsel van transseksuele persone. Voormalige Homoseksuele, ’n term wat meer beteken as wat die woord sê,19 is ’n ander oriëntasie waarvan kennis geneem moet word.

Navorsing dui daarop dat oriëntasie vloeibaar is en persone van oriëntasie kan en ook wel verander20 (ek is ’n lewende getuie daarvan2). Dit is duidelik dat oriëntasie glad nie staties is nie en kom voor op ’n kontinuum wat enigiets kan wees tussen die twee uiterstes, eksklusief-homoseksueel aan die een kant en eksklusief-heteroseksueel aan die ander volgens die Kinsey Skaal.21 Voorgestelde faktore wat ’n persoon se oriëntasie bepaal, is identiteit, aangetrokkenheid, fantasieë en gedrag.22 Daar word op gewys dat seksuele oriëntasie beide die werklike seksuele ondervindings (bv. gedrag, aangetrokkenheid en fantasieë) en wat ’n persoon oor daardie ondervindinge glo, insluit. ’n Ondersoek dui daarop dat in ’n omgewing waar homoseksualiteit meer aanvaarbaar is, heteroseksuele persone makliker neig om te identifiseer met homoseksualiteit.23 Oriëntasie is dus meer vloeibaar as wat pro-gay ondersteuners gewillig is om te erken.

Onder terapeute24 en seksuoloë is dit bekend dat daar onder die hoof-kategorieë hierbo genoem, ook sub-kategorieë voorkom. Dit beteken dat persone eroties aangetrokke is tot ’n variasie van moontlike ouderdomsgroepe en geslag. Hieronder is infantofiele (onder die ouderdom van 5 jaar), pedofiele (onder die ouderdom van 11 jaar), hebefiele (11 tot 14 jaar), ephebefile (15 tot 19 jaar), pedohebefiele (beide onder 11 en 11 tot14), teleiofiele (volwasse persone) en gerontofiele (aangetrokke tot persone 50 jaar en ouer). Daar is ook adolessente wat eroties aangetrokke is tot persone ouer as hulleself (hierdie groep blyk nog nie ’n klassifikasie te hê nie, en kenners wys daarop dat bv. ’n 15 jarige wat aangetrokke is tot ’n 30 jarige nie ’n gerontofiel is nie).25 Asof dit nie genoeg is nie, is ‘n persoon óf eksklusief tot ’n ouderdomsgroep en geslag aangetrokke, óf hy het nie ’n eksklusiewe voorkeur nie en mag enige van die moontlike kombinasies beleef.26 In die afwesigheid van sy hoof-voorkeurgroep, neig die mens om tot ander groepe aangetrokke te wees.27

Dan is daar nog die persone wat eroties aangetrokke is tot familielede (bloedskande) – neem in ag dat alles wat in die vorige paragraaf bespreek is, hier van toepassing is -  en dié wat aangetrokke is tot diere (bestialiteit) met al die variasies wat daar voorkom. Voeg nog hierby al die parafilie en fetishe wat individue in voorafgaande oriëntasies mag beleef.

Die voorafgaande subjektiewe belewenismoontlikhede laat onder andere Situasie Etiek verdag. ’n Mens wonder onwillekeurig wie in gedagte is wanneer daar in die kerklike debat na homoseksuele verwys word en waarom die spesifieke groep uitgesonder word. Nog meer so as mens die promiskue aard van gay verhoudings in ag neem.28

Seksualiteit het voorts met moraliteit te doen en subjektiewe ondervinding hou nie rekening met die mens as ‘n morele wese nie. Studies bring aan die lig dat die mens met ‘n morele kern gebore word29 en dat die middel-prefrontale korteks van die brein betrokke is by die fasilitering van moraliteit.30 Dit herinner ’n mens aan Gen. 3:22 “Nou het die mens geword soos een van Ons deur goed en kwaad te ken,”  en Rom. 2:14 “Want wanneer die heidene, wat geen wet het nie, van nature die dinge van die wet doen, is hulle vir hulleself ‘n wet, al het hulle geen wet nie.” Hierdie bevindinge maan ons tot versigtigheid. Gereeld word die kerk en Christene beskuldig dat hulle die oorsaak is dat gay mense verwerp, depressief, en so meer voel, weens die sogenaamde liefdeloosheid wat daar in die kerk teenoor gays heers. ‘n Mens moet nie hierdeur mislei word nie. Dikwels is dit die persoon se eie gewete wat hom aankla en word daar dan na ’n sondebok gesoek.

Seksualiteit word dus ook ’n teologiese aangeleentheid, en subjektiewe ondervinding bring nie die sondeval en hoe die eerste Adam se sonde die hele mensdom affekteer, in berekening nie (Rom. 5:12). Dit verontagsaam ook die verslawende aard van sonde.31 Dit ondermyn en verloën die krag van die Evangelie en die verlossingswerk van Christus. Vir ’n insiggewende bespreking van hierdie baie belangrike teologiese onderwerp, bestudeer gerus Gagnon se artikel “Scriptural perspective on Homosexuality and Sexual Identity.”32

‘n Laaste woord handel oor die gebruik van wetenskap. Dit is merkwaardig dat sekulêre wetenskaplike nagevorsde benaderings soos dié van, onder andere, neropsigiater en navorser Dr. Jeffrey Schwartz, die Bybelse konsep (bv. Rom. 5 tot 8) steun en benadruk dat die mens se identiteit nie sy brein, sy biologie, ’n siekte of psigiatriese ongesteldheid is nie.33 Hy maak ook hierdie baie belangrike stelling:34

I think it’s fair to say that any reasonable person would know that the science that works so well in explaining the material world does not work nearly so well in the realm of explaining how human beings act, and what human beings are, and what it means to be a person, a human – a living, breathing, and even to use the word spiritual, human being in the real world.

Psigiater Jeffrey Satinover maak ’n bydraende opmerking tot die onderwerp:35

Science... can say nothing about morality. For morals have to do with how things should be, whereas science can at best only tell us how things are. Furthermore, once we begin to consider how things should be, we find ourselves in the domain of religion. Notwithstanding the fuzzy modern impression that morality can be contrived apart from transcendent absolutes, religion is the originator of all morality. As Fyodor Dostoyevsky observes, ‘Without God, all things are permissible.’

Ten slotte is die manne en vroue hierbo bespreek, u en ek en elke ander mens op die aarde. Hulle sit Sondae in die kerk en skuur skouers met mekaar in die alledaagse samelewing. Hierdie mense moet ’n etiek hê waarvolgens hulle met mekaar in dié samelewing omgaan, en moet weet wat normaal is, sodat hulle hul gedrag daarteen kan meet. Waar anders kan dit vandaan kom as van hulle Ontwerper en Skepper. Sy Handleiding, die Skrif, is baie duidelik. Daarvolgens is homoseks in alle vorme en enige ander seksuele gedrag buite die huwelik, sonde. Die huwelik is ’n verhouding tussen een man en een vrou waarin die teenoorgestelde geslagte mekaar komplementeer. Dit maak die vraag rondom selfdegeslagverhoudings irrelevant aangesien die huwelik nie geherdefinieer kan word nie. ‘n Selfdegeslagverhouding sal dus nooit in God se oë die status van ’n huwelik kan hê nie. Die twee partye sal in ’n sondige verhouding leef, waar die gesegde geld: “if you call a rose by any other name, it will still remain a rose.”

Groete In Hom

André Bekker
Advocating for the Constitutional Rights of Former Homosexuals
Ministering to People with Unwanted Same-sex Attraction, Families and Loved Ones


Verwysings
1 Kurtz, Stanley, “Beyond Gay Marriage,” The Weekly Standard, August 4 - August 11, 2003, Vol. 8, No. 45.
3 Hubbert, T. K., Homosexuality in Greece and Rome: A sourcebook of Basic Documents (Los Angelis:University of California Press, 2003:2).
4 Gagnon, R. A. J., Why the disagreement over the Biblical witness on Homosexual Practice, p 1.  Afgelaai op 2015-02-08 http://www.robgagnon.net/articles/ReformedReviewArticleWhyTheDisagreement.pdf.
5 Ibid. p.19-21
6 Ibid. p.22
7 Ibid. p.25
8 De Young, J. B., Homosexuality: Contemporary Claims Examined in Light of te Bible and Other Ancient Literature and Law (Grand Rapits:Kregel Publication, 2000:31-32, 278, 296, 328); Gagnon, R. A. J., The Bible and Homosexual Practice: Text and Hermeneutics (United States of America:Abington Press, 2001:193-194); Gagnon, R. A., J., The Bible’s Surprisingly Consistent Message on a Male-Female Requirement for Marriage, 2011. Afgelaai op 2015-02-15
9 King, C. (1945). "The meaning of normal," Yale Journal of Biology and Medicine, 18, 493-501.
10 Nicolosi, J., Should Human Nature “Function According to its Design”?  Afgelaai op 2015-02-19 http://josephnicolosi.com/should-human-nature function/.
11 Nicolosi, J., Should Human Nature “Function According to its Design?” Afgelaai op 2015-02-08 http://josephnicolosi.com/should-human-nature function/
12 Hierdie inskrywing is op sy Facebook page op 22 October 2013 gemaak.
13 Nicolosi, J., Gay as Self-Reinvention http://josephnicolosi.com/gay-as-self-reinvention/.
15 Dokumentêr: Understanding Same-sex Attraction https://www.youtube.com/watch?v=jJhyzqdzpnM. Wetenskap en Geloof http://faithandscience.ag.org/videos/davis/, Journal of Human Sexuality http://www.narth.com/#!cv/cdy2, Former Homosexuals do Exist in South Africa http://www.learntolove.co.za/index.php/advocasy-and-same-sex-attraction/former-homosexuals-do-exist-in-south-africa. NARTH  http://www.narth.com/; Whitehead, N., Whitehead, B., My Gene Made Me Do It: Homosexuality and the Scientific Evidence (Aanlyn uitgawe Oktober 2013, Hoofstuk 1 tot 11). Afgelaai op 2015-02-09 http://mygenes.co.nz/download.htm . Jordan-Young, R. M., Brain Storm: The Flaws in The Science of Sex Differences (Cambridge:Harvard University Press, 2010).
16 Vrangalova, Z., & Savin-Williams, R. C. (2012). Mostly heterosexual and mostly gay/lesbian: Evidence for new sexual orientation identities. Archives of Sexual Behavior, 41, 85-101. En Savin-Williams, R. C. & Vrangalova, Z. (2013). Mostly heterosexual as a distinct sexual orientation group: A systematic review of the empirical evidence. Developmental Review, 33, 58-88.
17 Pansexuality: One who can love sexuality in many forms. Like bisexuality, but even more fluid, a pansexual person can love not only the traditional male and female genders, but also transgendered, androgynous, and gender fluid people. http://www.urbandictionary.com/define.php?term=pansexuality.
19  Voormalig Homoseksueel/Former Homosexual is ’n ander term vir Ex-gay. Ex-gay is ’n kulturele term wat ook offisieel erken word deur die National Lesbian and Gay Journalist Association http://www.nlgja.org/resources/stylebook. Vir die Ex-gay beweging beteken Ex-gay: “Some Ex-gays have previously identified as gay but many never done so. They do not believe that homosexuality is innate and believe change is possible. Many have experienced complete sexual orientation change, while some still have unwanted same-sex attractions and choose to live lives of chastity.”  Omdat oriëntasie ’n self-identifikasie is, gee die definisie in woorde die Ex-gay se identifikasie.  Dit is belangrik om kennis te neem dat ’n Ex-gay nie nou ’n heteroseksuele identifikasie het nie, ’n fout wat mense oor die algemeen maak. In “Former Homosexuals do Exist in South Africa” maak ek die volgende opmerking: “Former homosexuals are not tolerated and discriminated against because they are now heterosexual. No! They are not tolerated and discriminated against because they are former homosexuals, proving that changing sexual orientation is possible. They are in a unique situation and need equal protection.”
20 Hier is 'n skakel na 120 video getuienisse van Ex-gays: http://www.gcmwatch.com/10615/80-exhomosexual-video-testimonies. Former Homosexuals do Exist in South Africa: http://www.learntolove.co.za/index.php/advocasy-and-same-sex-attraction/former-homosexuals-do-exist-in-south-africa;  Whitehead, N., Whitehead, B., My Gene Made Me Do It: Homosexuality and the Scientific Evidence (Aanlyn uitgawe Oktober 2013, Hoofstuk 12). Afgelaai op 2015-02-09 http://mygenes.co.nz/download.htm.
22 Vrangalova, Z., & Savin-Williams, R. C. (2010). Correlates of same-sex sexuality in heterosexually-identified young adults. Journal of Sex Research, 47, 92-102.
23 Preciado, M. A., Johnson, K. L., Peplau, L. A. (2013). The impact of cues of stigma and support on self-perceived sexual orientation among heterosexually identified men and women. Journal of Experimental Social Psychology, 49(3), Issue 3, 477–485.
24 Cohen, R., Gay Children Straight Parents: A Plan for Family Healing (United States of America:InterVasity Press, 2007, p. 112-113). Sien ook Nicolosi, J,. What About the Masculine Type of Homosexual Man? http://josephnicolosi.com/what-about-the-masculine-type/
25 E-pos korrespondensie tussen my en Dr. Blanchard op 30 Januarie 2015.
26  Vir die paragraaf se inligting verwys ek die leser na onder andere die volgende navorsingstukke: Blanchard, R., Kuban, M. E., Blak, T., ed. all. (2012).  Sexual Attraction to Others: A Comparison of Two Models of Alloerotic Responding in Men.  Archives of Sexual Behaviour, 41, 13–29. Sien ook: Lykins, A. D., Cantor, J. M., Kuban, M. E., ed. all. (2010).  Sexual Abuse: A Journal of Research and Treatment 22(3), 279–289.  Sien ook: Blanchard, R., Kuban, M. E., Blak, T., ed. all.,  Absolute Versus Relative Ascertainment of Pedophilia in Men, Sexual Abuse: A Journal of Research and Treatment, 21(4), 431–441.  Blanchard, R. Lykins, A. D., Wherrett, D., et. all. 2009, Pedophilia, Hebephilia, and the DSM-V, Archives of Sexual Behaviour 38:335–350; Blanchard, R., 2010, The DSM Diagnostic Criteria for Pedophilia, Archives of Sexual Behaviour 39:304–316; Hames, R., Blanchard, R., 2012, Archives of Sexual Behaviour 41:745–747; Blanchard, R., A, 2013, Dissenting Opinion on DSM-5 Pedophilic Disorder, Archives of Sexual Behaviour 42:675–678; Blanchard, R., 2010, The Fertility of Hebephiles and the Adaptationist Argument against Including Hebephilia in DSM-5, Archives of Sexual Behavior 39(4): 817-818.
27 Blanchard, R., Kuban, M. E., Blak, T., ed. all. (2012).  Sexual Attraction to Others: A Comparison of Two Models of Alloerotic Responding in Men.  Archives of Sexual Behaviour, 41, 13–29. Sien ook: Lykins, A. D., Cantor, J. M., Kuban, M. E., ed. all. (2010).  Sexual Abuse: A Journal of Research and Treatment 22(3), 279–289.  Sien ook: Blanchard, R., Kuban, M. E., Blak, T., ed. all.,  Absolute Versus Relative Ascertainment of Pedophilia in Men, Sexual Abuse: A Journal of Research and Treatment, 21(4), 431–441.
28 Nicolosi, J., An Open Secret: The Truth About Gay Male Couples. http://josephnicolosi.com/an-open-secret-the-truth-about/
29 Bloom, P., Just Babies: The Origins of Good and Evil (New York:Crown Publishers, 2013); Wilson, J. Q., The Moral Sense (New York:Simon and Schuster, 1997); Siegel, D. J., Mind Sight: The New Science of Personal Transformation (New York:Random House, Inc, 2010, p.9, 21, 26, 29, 87, 170, 258-59, 269). Smith, A., The Theory of Moral Sentiments, (Brazil:Metalibri, sesde uitgawe 2005, oorspronklike teks 1790).
30 Siegel, D. J., The Mindful Brain (New York:Norton and Company, 2007,44,321-24); Verplaetse, J., De Schrijver, J., Vanneste, S., Braeckmen, J., The Moral Brain: Essays on the Evolutionary an Neuroscientific Aspects of Morality, (Heidelberg:Springer, 2009).
31 2 Pet. 2:19 “...waar ‘n mens deur oorwin is, daarvan het hy ook ‘n slaaf geword;” McCormick, P. Sin as Addiction (New York:Paulist Press, 1989); Satinover, J. Homosexuality and the Politics of truth (Michigan:Bakers Books, p. 130-167).
32 Gagnon R. A. J.(2005), Scriptural perspective on Homosexuality and Sexual Identity. Journal of Psychology and Christianity, 24(4), 293-303. Afgelaai op 2015-02-09 http://www.robgagnon.net/articles/ScripturalPerspectives.pdf.
33 Schwartz M.J., You are not your Brain (New York:Penguin Group, 2011:23-29); Schwartz, M. J., Brain Lock (New York: Harper Colins Publishers, 1996); Schwartz, M. J.; The Mind and the brain: Neuroplasticity and the Power of Mental Force (New York:Harper Perrenial, 2002); Schwartz, M. J. Dear Patrick (New York:Regan Books, 1998).
34 29 July 20114, An interview with research psychiatrist and author, Dr. Jeffrey Schwartz examines the mismatch between science-as-we-know-it and human experience. http://www.skeptiko.com/250-dr-jeffrey-schwartz-sciences-inability-to-explain-personhood/; Sien ook Satinover, J. Homosexuality and the Politics of truth (Michigan:Bakers Books, p.25, 121-129, 164-167, 218-220).

35 Satinover, J. Homosexuality and the Politics of truth (Michigan:Bakers Books, p. 121).