- jy kry nog ‘n geleentheid...
‘n Nuusoorsig oor ‘n voorafgaande jaar is altyd interessant, maar ook stof tot nadenke. Ook in die afgelope jaar 2013 was daar rampe, ellendes en tragedies wat ons almal op een of ander manier geraak of vrae laat vra het... of dalk maklike oordele laat uitspreek het! Dink maar aan nou die dag se hartseer Zirk Bergh skietery, die Oscar Pistorius en Reeva Steenkamp sage, Joost se siekte, Schumacher se ongeluk, die Griekwastad raaisel-tragedie wat in die hof ontvou, die geweldige bloedvergieting en verwoesting in Sirië en meer onlangs in Suid-Sudan. Die skrikwekkende natuurgeweld in die Filippyne... maar miskien nader aan ons... gruwelike misdaad naby ons voordeur... mense wat besteel, verkrag en vermoor word. Padongelukke of dalk 'n familielid se stryd teen kanker... Het al hierdie dinge dalk iets vir ons te sê oor 2014?