- aan wie se kant is jy met betrekking tot die
waarheidsvraag?
Jesus sê : "Ek moet oor die waarheid
getuienis aflê. Hiervoor is Ek gebore, en hiervoor het Ek na die wêreld toe
gekom. Elkeen wat aan die waarheid behoort, luister na wat Ek sê."
Pilatus
sê : "Wat is waarheid?"
Jesus maak dit baie duidelik
dat dit sy roeping is om van die waarheid te getuig. Hy impliseer dus baie
duidelik dat daar iets soos waarheid is. Verder in die Johannes evangelie is
dit duidelik dat hierdie waarheid geken kan word en ons sodoende kan bevry, dat
God se Woord die waarheid is en dit Jesus self die beliggaming van die waarheid
is! Waarheid staan volgens Jesus in duidelike kontras met die leuen. As iets nie waar is nie, is dit 'n leuen. (sien Joh
8:44)
Pilatus tree merkwaardig baie op soos die twyfelende post-modernis wat totaal onseker en skepties klink oor die
konsep van waarheid.
Sommige “Christene” klink vandag meer soos volgelinge van
Pilatus as dissipels van Jesus!
Lees self hoe die Johannes evangelie die konsep van waarheid
hanteer:
(Joh 1:14) Die Woord het mens geword en onder ons kom
woon. Ons het sy heerlikheid gesien, die heerlikheid wat Hy as die enigste Seun
van die Vader het, vol genade en waarheid.
(Joh 1:17) God het die wet deur Moses gegee; die genade
en die waarheid het deur Jesus Christus gekom.
(Joh 3:21) Maar wie volgens die waarheid handel, kom na
die lig toe, sodat dit duidelik kan blyk dat sy dade in gehoorsaamheid aan God
gedoen is."
(Joh 4:23) Maar daar kom ‘n tyd, en dit is nou, wanneer
die ware aanbidders die Vader deur die Gees en in waarheid sal aanbid, want die
Vader wil juis hê dat die mense wat Hom aanbid, dit so moet doen.
(Joh 4:24) God is Gees, en dié wat Hom aanbid, moet Hom
deur die Gees en in waarheid aanbid."
(Joh 5:33) "Julle het ‘n afvaardiging na Johannes
toe gestuur, en wat hy getuig het, is die waarheid.
(Joh 8:32) en julle sal die waarheid ken, en die
waarheid sal julle vry maak."
(Joh 8:40) Maar nou wil julle My doodmaak, vir My wat
die waarheid wat Ek by God gehoor het, aan julle verkondig. Dit is nie wat
Abraham gedoen het nie.
(Joh 8:44) Julle is kinders van die duiwel; hy is julle
vader, en julle wil doen wat julle vader wil hê julle moet doen. Hy was van die
begin af ‘n moordenaar. En hy staan nie aan die kant van die waarheid nie,
omdat daar geen waarheid in hom is nie. Wanneer hy leuentaal praat, is dit
volgens sy aard, want hy is ‘n leuenaar en die vader van die leuen.
(Joh 8:45) En omdat Ek die waarheid praat, glo julle nie
in My nie.
(Joh 8:46) Wie van julle kan sonde by My aanwys? As Ek
dan die waarheid praat, waarom glo julle nie in My nie?
(Joh 9:24) Die Jode het toe die tweede keer die man wat
blind was, geroep en vir hom gesê: "Praat die waarheid voor God; ons weet
mos hierdie man is ‘n sondaar."
(Joh 14:6) Jesus het vir hom gesê: "Ek is die weg
en die waarheid en die lewe. Niemand kom na die Vader toe behalwe deur My nie.
(Joh 14:17) naamlik die Gees van die waarheid. Die wêreld
kan Hom nie ontvang nie, omdat hulle Hom nie sien en Hom nie ken nie. Maar
julle ken Hom, omdat Hy by julle bly en in julle sal wees.
(Joh 15:26) "Wanneer die Voorspraak kom wat Ek vir
julle van die Vader af sal stuur, die Gees van die waarheid, wat van die Vader
uitgaan, sal Hy oor My getuig.
(Joh 16:7) Tog sê Ek vir julle die waarheid: Dit is tot
julle voordeel dat Ek weggaan, want as Ek nie weggaan nie, sal die Voorspraak,
die Heilige Gees, nie na julle toe kom nie; maar as Ek gaan, sal Ek Hom na
julle toe stuur.
(Joh 16:13) Wanneer Hy kom, die Gees van die waarheid,
sal Hy julle in die hele waarheid lei. Wat Hy sal sê, sal nie van Homself kom
nie: Hy sal net sê wat Hy hoor, en Hy sal die dinge wat gaan kom, aan julle
verkondig.
(Joh 17:17) Laat hulle aan U toegewy wees deur die
waarheid. U woord is die waarheid.
(Joh 17:19) en ter wille van hulle wy Ek My aan U toe,
sodat hulle ook deur die waarheid aan U toegewy kan wees.
(Joh 18:37) "Dan is jy tog wel ‘n koning?" vra
Pilatus. "Dit is soos u sê: Ek is ‘n koning," antwoord Jesus.
"Ek moet oor die waarheid getuienis aflê. Hiervoor is Ek gebore, en
hiervoor het Ek na die wêreld toe gekom. Elkeen wat aan die waarheid behoort,
luister na wat Ek sê."
(Joh 18:38) "Wat is waarheid?" sê Pilatus toe
vir Hom. En toe hy dit sê, gaan hy weer uit na die Jode toe en sê vir hulle:
"Ek vind geen skuld in hom nie.
(Joh 19:35) Hy wat dit gesien het, lê daarvan getuienis
af, en sy getuienis is waar. Hy weet dat hy die waarheid praat, sodat julle ook
kan glo. (Hier gaan die begrip waarheid baie duidelik oor sigbare verifieerbare
getuienis, dis hoegenaamd nie ‘n wollerige begrip nie)
"Dankie Here Jesus dat ons die waarheid mag ken... lei ons deur U Gees om dit al duideliker te mag verstaan!"
Naskrif : Die teenstanders van die Bybel as normatiewe bron van waarheid is baie lief vir die Skulpvis argument. Kliek op SKULPVIS
Naskrif : Die teenstanders van die Bybel as normatiewe bron van waarheid is baie lief vir die Skulpvis argument. Kliek op SKULPVIS
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking
Jy is welkom om kommentaar te lewer. Hou dit kort, beleef en op die punt af.
As jy nie iewers geregistreer is nie, gebruik die anonymous opsie.