BAIE WELKOM!

Deel in die ryk seëninge uit God se WOORD! Dit sal ook lekker wees om van jou te hoor! Neem dus vrymoedigheid om kommentaar te lewer (by OPMERKINGS), maar doen dit asseblief altyd op 'n smaakvolle en verantwoordbare manier. Onbeheerste galbrakery sal nie geplaas word nie... Die opinies hier uitgespreek is my eie tensy duidelik anders vermeld. Hierdie webjoernaal is nie 'n amptelike spreekbuis van die NG Kerk in Namibië of die Tsumeb gemeente nie.

Woensdag 04 April 2012

SING SAAM OOR DIE OPSTANDING

- Ja, alle eer aan ons Opgestane Heer!


Kinders van God uit alle nasies, stamme, volke en tale sal eendag die lof besing van die Lam wat vir ons geslag en weer opgewek is. Maar reeds nou (ook in hierdie dae) word die lof en heerlikheid van die opgestane Jesus wêreldwyd toegejuig in ’n ryke verskeidenheid van tale.

Waarlik, ons kan ons verbly in die onwankelbare feit van die histories liggaamlike opstanding van ons Verlosser en Here, Jesus Christus! (Sien ook op hierdie Blog : SPOKE EET NIE VIS NIE!) Terwyl valse profete die waarheid in die grond wil trap, sing ons met oortuiging van die blye boodskap oor die leë graf. Die vaste feit van die opstanding is die basis van ons ontvangs van die wedergeboorte volgens 1 Petrus 1:3. Jesus se opwekking uit die dood was immers God se bevestiging dat die volle straf oor ons sonde voltrek is, die boete volledig betaal is! Wie nou op Jesus alleen vertrou vind dus onverhinderde aanvaarding by God!

Seker, een van die mooiste liedere oor die opstanding van Jesus is die Franse lied, “A ta la gloire..” Dis geskryf deur die Switser, Edmond Louis Budry (1854-1932) op die wysie van Judas Maccabaeus van George Frederic Handel. Dis in Engels bekend in die vertaling van Richard Hoyle, “Thine be the glory”

Ek gee hier die Franse woorde van die lied, saam met ’n letterlike vertaling en ten slotte die pragverwerking daarvan in Afrikaans deur Nico van der Walt. (Voorheen van Antipas Gereformeerde Baptiste Gemeente in Pretoria) Hierdie besondere weergawe in Afrikaans is inhoudelik ryk en teologies suiwer. Dis voorwaar ’n lied wat verdien om in alle Afrikaanssprekende gemeentes gesing te word!

(Doen jouself ook gerus ’n Paasfeesguns en gaan luister na die Franse lied op YouTube.

Soek dit by “ A toi la Gloire - Youtube” www.youtube.com/watch?v=LS6yZgsPlZ8 )



A Toi la gloire. O Ressuscité

Aan U die heerlikheid. O Opgestane (Here)

A Toi la victoire pour l’éternité!

Aan U die oorwinning vir (tot in) ewigheid

Brillant de lumiere, l’ange est descendu,

Helder skynend (glinsterende lig), het die engel neergedaal

Il roule la pierre du tombeau vaincu. *

Hy rol die klip (weg) van die oorwonne graf.



A Toi la gloire. O Ressuscité

Aan U die heerlikheid.. O Opgestane (Here)

A Toi la victoire pour l’éternité!

Aan U die oorwinning vir (tot in) ewigheid



Vois - le paraitre : C’est lui, c’est Jesus,

Sien Hom verskyn : Dis Hy, dis Jesus,

ton Sauveur, ton Maître! Oh! ne doute plus!

Jou Verlosser, jou Meester! O! moenie meer twyfel nie!

Sois dans l’allegresse, peuple du Seigneur,

Wees bly, volk van die Here!

et redis sans cesse que Christ est vainqueur!

en sê weer sonder ophou dat Christus oorwinnaar is!



A Toi la gloire. O Ressuscité

Aan U die heerlikheid.. O Opgestane (Here)

A Toi la victoire pour l’éternité!

Aan U die oorwinning vir (tot in) ewigheid



Craindrais - je encore? Il vit à jamais,

Sou ek nog vrees? Hy leef vir altyd,

celui que j’adore, le Prince de paix.

Hy vir wie ek bewonder/aanbid, die Prins van vrede.

Il est ma victoire, mon puissant soutien,

Hy is my oorwinning, my magtige onderhouer (ondersteuning)

ma vie et ma gloire : Non, je ne crains rien.

my lewe en my heerlikheid : Nee, ek vrees nie.



A Toi la gloire. O Ressuscité

Aan U die heerlikheid. O Opgestane (Here)

A Toi la victoire pour l’éternité!

Aan U die oorwinning vir (tot in) ewigheid



* Terloops, die engel het natuurlik nie die klip weggerol sodat Jesus kon uitkom nie, maar sodat die vroue en dissipels self kon sien dat die graf leeg was. (Matteus 28:2)



HY HET GEKOM VANUIT DIE HOË HEMELE

OM DIE WIL VAN HOM, SY VADER

ONDER ONS TE DOEN

HY HET OPGESTAAN VERHEERLIK

SÓ DIE DOOD OORWIN

EERSGEBORENE VAN ALMAL

WAT AAN HOM BEHOORT



Refrein : U SAL ONS OPWEK -

WONDERLIKE LAASTE DAG

ONVERGANKLIK EN VERHEERLIK

DEUR U SKEPPINGSKRAG



EENS HET DIE VADER

AAN DIE SEUN 'N BRUID GEGEE

UIT DIE WÊRELDWYE MENSHEID

DEUR DIE EEUE HEEN

GAWES VAN ONS HEMELVADER

AAN SY LIEFDESEUN

HET ONS IN SY GROOT GENADE

NA HOM TOE GEKOM



Refrein : U SAL ONS OPWEK -

WONDERLIKE LAASTE DAG

ONVERGANKLIK EN VERHEERLIK

DEUR U SKEPPINGSKRAG

(Nico van der Walt)





Die Here het waarlik opgestaan! Vreugdevolle Paasfees!



Le Seigneur est vraiment ressuscité! Joyeuses Pâques!



Der Herr ist wahrhaftig auferstanden! Fröhliche Ostern!



The Lord has risen indeed! Happy Easter!


Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Jy is welkom om kommentaar te lewer. Hou dit kort, beleef en op die punt af.
As jy nie iewers geregistreer is nie, gebruik die anonymous opsie.