BAIE WELKOM!

Deel in die ryk seëninge uit God se WOORD! Dit sal ook lekker wees om van jou te hoor! Neem dus vrymoedigheid om kommentaar te lewer (by OPMERKINGS), maar doen dit asseblief altyd op 'n smaakvolle en verantwoordbare manier. Onbeheerste galbrakery sal nie geplaas word nie... Die opinies hier uitgespreek is my eie tensy duidelik anders vermeld. Hierdie webjoernaal is nie 'n amptelike spreekbuis van die NG Kerk in Namibië of die Tsumeb gemeente nie.
Wys tans plasings met die etiket Wenners. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket Wenners. Wys alle plasings

Saterdag 03 Mei 2014

WENNERS EN VERLOORDERS

- dis alleenlik die genade van God wat van jou ‘n “wenner” maak, maar moenie sy goedheid misbruik nie! 


“Time Magazine” se rubriek “Winners & Losers” van 2 Mei 845 v.C.* bevat twee interessante verwante brokkies skindernuus :
Naäman, bekende Aramese generaal glimlag weer. In ‘n dramatiese onthulling skryf hy sy wonderbaarlike genesing van melaatsheid toe aan die God van Israel.
Gehasi, bekende in profete kringe is op onverklaarbare wyse deur melaatsheid getref. Daar word onderlangs gefluister dat dit verband hou met gierigheid en bedrog.