- voltooi sy aardse loopbaan.
Die baanbreker NG sendeling onder die Boesmans van Namibië is nou onlangs in Pretoria oorlede. Hy is in 1961 met oplegging van hande bevestig in
Orumana en begin in dieselfde jaar die werk onder die Boesmans te Tsumkwe in die destydse tuisland, Boesmanland in die noord-ooste. Nadat hy tussen 1976 en 1980 die NG Sendingkerk Grabouw bedien het, keer hy
terug na hierdie land om in die gemeente Wildevy (Grootfontein, Tsumeb, Otavi omgewing) die werk onder die Boesmans voort te
sit. In 1988 word hy die Uitvoerende Sekretaris van die Namibiese Bybelgenootskap tot met sy aftrede.
Ds. Weich was veral bekend vir sy taalkundige baanbrekerswerk onder die Boesmans. Oom Ferdie en my eie Pa, Johan de Koning het ook nou saamgewerk. Lees gerus sy nuusbrief wat hy geskryf het na aanleiding van die groot deurbraak onder die Boesmans by Tsumkwe in 1973. (Kliek op NUUSBRIEF)
[Op hierdie ou foto van my Pa, kan ds. Weich in die agtergrond gesien word. Nou is altwee stryders nie meer met ons nie...]
[Op hierdie ou foto van my Pa, kan ds. Weich in die agtergrond gesien word. Nou is altwee stryders nie meer met ons nie...]
