- word uitmekaargeruk deur ontploffings en geweerskote toe SATAN GESOEN WORD.
Weereens is Frankryk (en die wêreld) in ‘n toestand van skok en verdwasing! Die wonde van die Charlie Hebo aanvalle vroeër vanjaar het nog skaars genees toe word die hart van Frankryk oopgeruk deur ‘n skaal van geweld wat ongekend in die land is sedert die Tweede Wêreldoorlog.
‘n Paar gedagtes kom sommer vinnig by my op:
Wanneer gaan die wêreld leer dat die utopie waarna almal smag en verwoord word in die strydkreet van die Franse rewolusie naamlik, liberté, égalité, fraternité… ‘n altyd ontwykende ideaal sal bly vir hierdie sondige bestel? Ware vryheid is slegs te vind in Jesus, gelykwaardigheid (daar bestaan nie iets soos gelykheid nie) is slegs te vind in die nuwe gemeenskap van gelowiges wat Jesus skep en egte broederskap kan nooit bestaan sonder ons ouer broer Jesus nie. Die volheid van hierdie nuwe lewe is iets waarna ons smag en streef, maar sal eers volkome word met die finale verlossing by die wederkoms.
Daar is ook ‘n stuk wrange ironie wat mens kwalik kan miskyk. ("afgryslik" is dalk 'n meer gepaste woord) Die groot slagting het plaasgevind tydens ‘n optrede van die alternatiewe Amerikaanse groep, "Eagles of Death Metal”. Volgens die pers* het die skietery begin kort nadat die groep begin het met een van hulle gewilde nommertjies, "Kiss the Devil." Het ons hier te maak met ‘n misvoltreffer in die geestelike realm? Kry die mens wat hy regtig soek?
Europa het ‘n (partykeer letterlik) sterwende kontinent sonder ware leierskap en norme geword. Dis duidelik dat vryheid en dit ‘n vryheid sonder die norme en grense van die Woord, te ver gevoer is. Europa het nie meer die ruggraat om op te staan vir Christelike waardes nie. Hierdie lam in die knieë kultuur het geen teenvoeter of boodskap van hoop vir die groeiende Moslem bevolking in sy midde en die honderde duisende wat daarheen op pad is nie. Dis ‘n kontinent waarin die evangelie bykans uitgesterf het. Wat is die statistiese kans dat ‘n Moslem immigrant met ‘n wedergeborene se getuienis te doen gaan kry en so hoop en bevryding in Jesus kan vind?
Die veragtelike daad van Islamitiese terroriste moet in die sterkste moontlike taal veroordeel word en met die sterkste moontlike optrede beveg word. En tog mag dit ons nie daarvan weerhou om God se hand agter alles raak te sien nie! God het immers nie geskroom om sy volk Israel deur die geweld van heidennasies te straf nie, daar is ook niks wat Hom keer om sy oordele oor 'n goddelose humanistiese Frankryk (en westerse beskawing) uit giet en Moslem radikale as instrumente te gebruik nie.
Die veragtelike daad van Islamitiese terroriste moet in die sterkste moontlike taal veroordeel word en met die sterkste moontlike optrede beveg word. En tog mag dit ons nie daarvan weerhou om God se hand agter alles raak te sien nie! God het immers nie geskroom om sy volk Israel deur die geweld van heidennasies te straf nie, daar is ook niks wat Hom keer om sy oordele oor 'n goddelose humanistiese Frankryk (en westerse beskawing) uit giet en Moslem radikale as instrumente te gebruik nie.
Die armoede van president Francois Hollande se boodskap kort na die krisis bevestig maar net weer die leegheid van sekulêre humanisme. Die land van ons Hugenote voorouers se jare lange geestelike bankrotskap het ‘n vreeslike tol geëis, wat baie meer en skrikwekkender is as die hartseer verlies van menselewens waarmee ons nou gekonfronteer word. Die hutsmerk #PrayForParis wat nou so gewild op Twitter is, laat mens wonder waarvoor nou juis gebid moet word? Miskien moet ons bid dat God in sy genade die oë sal open van ‘n volk wat lankal nie meer bid nie, omdat hulle die Middelaar deur wie ons moet bid glad nie ken en eer nie!
Ja, en tog ons kan bid en almal wat daar die evangelie verkondig ondersteun. Niks is immers vir God onmoontlik nie! Ook nie om Franse en Moslems te red nie! (Kliek FRANSE HERLEWING)
[Kort hierna het baie gesterf... terwyl hulle die satan eer... die duiwel is 'n mensemoordenaar volgens Jesus]
