BAIE WELKOM!

Deel in die ryk seëninge uit God se WOORD! Dit sal ook lekker wees om van jou te hoor! Neem dus vrymoedigheid om kommentaar te lewer (by OPMERKINGS), maar doen dit asseblief altyd op 'n smaakvolle en verantwoordbare manier. Onbeheerste galbrakery sal nie geplaas word nie... Die opinies hier uitgespreek is my eie tensy duidelik anders vermeld. Hierdie webjoernaal is nie 'n amptelike spreekbuis van die NG Kerk in Namibië of die Tsumeb gemeente nie.

Vrydag 31 Januarie 2014

HERLEWING EN PINKSTER

- Kan en moet ons vandag nog iets soos herlewing verwag? 


Die antwoord is nie noodwendig so eenvoudig soos dit vir sommige mag klink nie. Daar is selfs ernstige behoudende Christene wat die konsep van “herlewing” bevraagteken. Een rede is natuurlik (soos reeds gesien – kliek op HERLEWING 1) die vervlakking van die term “revival”, veral deur die Amerikaners tot bloot ‘n reeks spesiale dienste. ‘n Ander saak wat Christene kan afstoot van “revival” is die gelykstelling van herlewing aan buitengewone en onordelike verskynsels.

Daar is egter ook ‘n meer grondliggende teologiese rede waarom sommige Christene nie vir die begrip “herlewing” te vinde is nie.

Saterdag 25 Januarie 2014

DIE LAASTE VYAND

- word finaal verslaan en dit open ‘n opwindende nuwe toekoms!

Die dood is ‘n vyand. Dis wat die Bybel dit noem en dis wat dit is. Al ons mooi praatjies (en soms stroperige sentimentele pogings van “die mooiste blommetjies wat gepluk word”) kan dit nie wegsteek of versag nie. Die werklikheid van die dood as vyand tref ons almal weer opnuut soos nou met die heengaan van...

Vrydag 24 Januarie 2014

PLOEG ‘N BRAAKLAND

- bekering as ‘n radikaal nuwe begin. 

"Ploeg vir julle ‘n braakland!"* Dis ‘n opdrag aan die volk Israel, dis ‘n opdrag aan ons. Dis iets wat óns moet doen. Ons verantwoordelikheid! In Esegiël 26 het ons gesien wat God doen... Kliek op NUWE VERBOND. God se aksie kom altyd eerste, want selfs bekering is ‘n uitwerking in ons van sy genadewerk. En tog kan ons nooit daarby verbykom nie – bekering bly ‘n opdrag aan die mens om te gehoorsaam! 



"Ploeg vir julle ‘n braakland en moenie in die doring saai nie!" ‘n Braakland is ‘n onbenutte, onbewerkte stuk grond, gewoonlik oortrek van dorings en ander onkruid. “Ploeg vir julle ‘n braakland!” is ‘n kragtige metafoor...

Woensdag 22 Januarie 2014

HERLEWING : GETUIENIS VAN SKRIF EN GESKIEDENIS

- wat vertel die Woord van God ons oor herlewing en hoe het dit in die geskiedenis van die kerk werklikheid geword?

Is daar so iets soos herlewing en wat is egte herlewing (revival) dan? Die Amerikaners se gebruik van die term “revival” lei tot groot misverstand en verwarring. In die populêr algemene gebruik vandag verwys dit na ‘n vooraf beplande reeks spesiale evangelisasie byeenkomste. (Dit beteken natuurlik nie dat dit verkeerd is om ‘n spesiale uitreik te beplan nie, maar dis nie wat histories onder herlewing verstaan is nie.) Gepaardgaande met hierdie spesiale dienste is dikwels ook spesiale maatreëls en truuks om mense emosioneel te manipuleer sodat groter resultate verkry kan word.* Herlewing is ook nie noodwendig sinoniem met buitengewone tekens en wonders nie. Sulke dinge kan wel in sommige herlewings voorkom, maar daar is ook baie sulke verskynsels wat vals is en hoegenaamd nie ‘n bewys van ware herlewing behels nie. Herlewing is ook nie ‘n program om morele waardes te hervorm nie. (byv. Promise Keepers) Sulke aksies kan wel meriete hê, maar herlewing is iets baie meer en omvattend. 

WAT IS HERLEWING DAN?

Kom ons begin by die Skrif.

Donderdag 16 Januarie 2014

DIE NUWE VERBOND BEVRY ONS VAN DIE VERLEDE

- en verseker ons van ‘n nuwe toekoms!


Ons elkeen het ‘n verlede. (Nie een van ons wat nou hier lees het netjies skoon verpak, met vlerkies en al uit die lug geval nie!) Meer nog, ons elkeen het ‘n donker sondige verlede. Ons is in sonde gebore! Ons het ‘n “loopbaan van sonde” agter ons! Miskien is ons verlede nie nuuswaardig genoeg om die Rapport se voorblad te haal nie, maar nietemin donker genoeg om ons lewens te skend, maar erger nog, boos en gruwelik genoeg om ons onder die toorn en straf van God te laat steier!

Vrydag 10 Januarie 2014

BEPLAN 2014

- hoe hoog is heiligmaking op jou agenda?

Nie almal het spesifieke nuwejaarsvoornemens nie, maar daar is darem seker by almal van ons verwagtinge oor die nuwe jaar en ‘n mate van beplanning. Daar is sekere dinge wat ons graag wil doen of weet dat dit gedoen moet word. Daar is dinge waarna ons uitsien of wat ons graag wil aanpak. Daar is gebeure waarop ons ons voorberei... soos 'n nuwe skool of nuwe besigheid, soos ‘n kind wat moet gaan studeer of wil gaan trou... Jou beplanning en jou dagboek, jou agenda of jou program, jou verwagtinge sê baie van wie jy regtig is... ‘n Sportman het ‘n oefenprogram en al sy groot byeenkomste word ook vooraf gemerk in sy dagboek sodat hy gereed kan wees. ‘n Besigheidsman teken sy afsprake aan... ens. Nou hoe sal 'n Christen se beplanning daar uitsien?

Maandag 06 Januarie 2014

LUISTER, JA!

- maar na wie?

In die kerk word daar baie verwys na die sogenaamde “Seisoen van luister”. Hiermee poog die kerkleiding om die belangrikheid te onderstreep van luister na ander stemme wat insluit, lidmate, buite kerklikes, skeptici ens. “Ons moet hulle ernstig opneem en regtig hoor”, is die voortdurende oproep. Die kerk behoort (volgens hierdie siening) aandag te gee aan die argumente van allerhande andersdenkendes en selfs ateïste. (Ja, inderdaad word ateïste uitgenooi om kerklikes toe te spreek!) Alles in belang van sogenaamde debat en dialoog! Dit word soms tot uiterstes te gedryf soos die voorbeeld van “Kletskerk” wat verword het tot ‘n forum vir smerigheid en die Stellenbosch Woordfees debakel waar sommiges blykbaar gedink het die kerk moet so ver gaan om ongeloof en heidendom te subsidieer – alles in die naam van “ons moet luister wat die mense daarbuite sê.”

Natuurlik mag die kerk haarself nie in ‘n ivoortoring van kulturele onkunde en isolasie toesluit nie. Beslis moet die kerk die taal, agtergrond, kultuur, vertwyfelinge en filosofiese vertrekpunte van die mense onder wie sy beweeg en werk verstaan. Niemand stry daarmee nie. Paulus het homself ook deeglik vergewis van die Atheners se denkwyse, maar toe het hy die Woord reguit op die man af gebring...

IS DAAR NOG PLEK VIR PREDIKING?

As dit nodig is om na mense te luister is dit nog duisend maal meer nodig dat ons na God sal luister...

Woensdag 01 Januarie 2014

NUUSGEBEURE EN ‘N NUWE JAAR

- jy kry nog ‘n geleentheid...

‘n Nuusoorsig oor ‘n voorafgaande jaar is altyd interessant, maar ook stof tot nadenke. Ook in die afgelope  jaar 2013 was daar rampe, ellendes en tragedies wat ons almal op een of ander manier geraak of vrae laat vra het... of dalk maklike oordele laat uitspreek het! Dink maar aan nou die dag se hartseer Zirk Bergh skietery, die Oscar Pistorius en Reeva Steenkamp sage, Joost se siekte, Schumacher se ongeluk, die Griekwastad raaisel-tragedie wat in die hof ontvou, die geweldige bloedvergieting en verwoesting in Sirië en meer onlangs in Suid-Sudan. Die skrikwekkende natuurgeweld in die Filippyne... maar miskien nader aan ons... gruwelike misdaad naby ons voordeur... mense wat besteel, verkrag en vermoor word. Padongelukke of dalk 'n familielid se stryd teen kanker... Het al hierdie dinge dalk iets vir ons te sê oor 2014?