As Danie tog maar net die Bybel in konteks wou lees sou hy uit die staanspoor nie 'n dwase voorspelling gemaak het nie, want die Bybel leer nie twee wederkomste nie. Dit waarvan 1 Tessalonisense 4 en ook 1 Korintiërs 15 praat wat (LW) by die "laaste basuin" gaan gebeur is die opstanding van die reeds gestorwe kinders van God, wat saam met die lewende Christene ons Here Jesus as Koning gaan verwelkom! Die sg. wegraping is 'n onlangse ontwikkeling.
Wie nou maar byvoorbeeld net erns wil maak met Jesus se eie lering in Markus 13, sal sien dat Jesus ons nooit aanmoedig om tye te bereken nie! Hy maan ons juis teen misleiers*, Hy roep ons op tot waaksaamheid en volharding!
Danie se tragiese misvatting wys ons net weer op die dwaasheid om menslike indrukke "Die Here het vir my gesê" en allerhande visioene bo die onfeilbare Woord van God te glo! Die geskiedenis wemel van vals visioene - dink maar aan Mohammed, Ellen White... tot nou weer in ons dag!
Kliek op IS DANIE BOTHA REG?
* Jesus het hulle toe geantwoord: “Pasop dat niemand julle mislei nie. (Markus 13:5)
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking
Jy is welkom om kommentaar te lewer. Hou dit kort, beleef en op die punt af.
As jy nie iewers geregistreer is nie, gebruik die anonymous opsie.