BAIE WELKOM!

Deel in die ryk seëninge uit God se WOORD! Dit sal ook lekker wees om van jou te hoor! Neem dus vrymoedigheid om kommentaar te lewer (by OPMERKINGS), maar doen dit asseblief altyd op 'n smaakvolle en verantwoordbare manier. Onbeheerste galbrakery sal nie geplaas word nie... Die opinies hier uitgespreek is my eie tensy duidelik anders vermeld. Hierdie webjoernaal is nie 'n amptelike spreekbuis van die NG Kerk in Namibië of die Tsumeb gemeente nie.

Maandag 12 Oktober 2015

GEVOLGE VAN DIE GAY AGENDA

- die NGK moet weet dat haar opklim op die gay agenda se wa  ernstige gevolge gaan hê.

Die gay aktiviste en hulle meelopers op ons teologiese fakulteite sal natuurlik niemand hieroor inlig nie. Lees dus self wat met die Reformed Church in America gebeur het, toe hulle die pad weg van die Skrif begin stap het. 

The RCA has seen a decline in Dutch Reformed Church Christian membership in recent years from 300,000 members to 240,000, due to increasingly liberal denominational positions on issues like ordination of homosexual and lesbian clergy, and same-sex marriage, according to The Gospel Coalition and other reports. 
Vir meer hieroor kliek op GEVOLGE.

Lees gerus hoe hierdie tragiese verhaal ontvou het en let veral op waar dit begin het...

3 opmerkings:

  1. Dieselfde is aan die gebeur in Scotland: Hele gemeentes met kerkrade en predikante breek met die Church of Scotland wat in Mei 2015 soortgelyke besluite geneem het en voeg hulle nou by die Free Church en ander Prebiteriaanse kerke. In die VSA het honderde gemeentes en predikante gebreek met die PCUSA en hulle by die Evangelical Presbyterian Church gevoeg. In albei hierdie kerke onttrek kerke hulle steun aan librale teologiese fakulteite. Daarom trek die meer evangeliese Edinburgh Theological Seminary (Free Church) nou rekord getalle. Die Reformed Theological Seminary waar meer evangeliese en Skrifgetroue opleiding aangebied word groei so dat hulle 'n helee antal nuwe kampusse begin het. Merkwaardig dat daar ook iets van 'n nuwe sendingontwaking is by hierdie kerke in hulle eie omgewing maar ook om onbereikte bevolkingsgroepe te bereik. Hierdie is 'n wereldwye verskynsel ook by ander denominasies soos Anglikane in ander lande wat nuwe inisiatiewe begin.

    AntwoordVee uit
    Antwoorde
    1. Baie dankie vir hierdie interessante en bemoedigende nuus!

      Vee uit
  2. Dalk goeie geleentheid vir die Vrye Gereformeerde kerk in Namibië?

    AntwoordVee uit

Jy is welkom om kommentaar te lewer. Hou dit kort, beleef en op die punt af.
As jy nie iewers geregistreer is nie, gebruik die anonymous opsie.