BAIE WELKOM!

Deel in die ryk seëninge uit God se WOORD! Dit sal ook lekker wees om van jou te hoor! Neem dus vrymoedigheid om kommentaar te lewer (by OPMERKINGS), maar doen dit asseblief altyd op 'n smaakvolle en verantwoordbare manier. Onbeheerste galbrakery sal nie geplaas word nie... Die opinies hier uitgespreek is my eie tensy duidelik anders vermeld. Hierdie webjoernaal is nie 'n amptelike spreekbuis van die NG Kerk in Namibië of die Tsumeb gemeente nie.

Sondag 18 Oktober 2015

GAY DEBAT - ESSENSIE

Prof Jan van der Watt wys wat regtig op die spel is in die gay debat.

Dit gaan eintlik oor net een kernsaak : BUIG ONS VOOR GOD SE WOORD OF NIE?


[Prof van der Watt is 'n uiters knap akademikus, wat voorheen by Tukkies klas gegee het. Tydens die Universiteit van Pretoria se 100 jarige bestaansviering is hy benoem as een van die 100 mees invloedryke akademiese denkers van die universiteit! Ek het ook NUWE TESTAMENT by hom gehad.]

Kliek op die "clip" hieronder.





As jy meer wil weet... Daar is persone wat met slim verduidelikings oor die Griekse woorde veral malakoi en arsenokotai wat byvoorbeeld in 1 Kor 6:9-11 gebruik word die duidelike Bybelse NEE vir homoseksuele gedrag in 'n JA wil verander.  Prof van der Watt verduidelik baie mooi wat hierdie woorde beteken. Kliek op VAN DER WATT (dis 'n skakel na die derde video in die reeks)

4 opmerkings:

  1. Johannes, die prof se verduidelikking maak vir my sin, en dit laat my weereens besef dat hierdie is nie n stryd tussen vlees en bloed nie.

    Op menslikke wysheid word hierdie argument gebou, maar ons moet passop dat ons wysheid en kennis ons nie mislei nie.
    Die energie wat daar in gesit word om die Bybel te her interpreteur is skokkend. Siende dat die meeste gelowiges nie noodwendig slim geleerde mense is nie, wonder ek maar net hoekom God die Bybel dan so relatief geskryf het sodat net n paar slim ouens die regte gevolgtrekkings kan maak en die tekste binne konteks kan weergee. Dit sou dan beteken het dat die arme gelowige wat die Bybel lees sonder hierdie diep akademiese kennis sou heeltemal velore wees, en die Bybel sal dan tot geen waarde vir hom wees nie.Hoekom nou ewe skielik na duisende jare sal iemand nou kan se dat hier n nuwe gevolgtrekking gemaak moet word, en dat die skrywers eintlik iets anders bedoel het as wat geskryf is. Ek verkies om maar die Woord te vat op "face value"

    Andries Gous

    AntwoordVee uit
    Antwoorde
    1. Andries, jy vat dit baie goed saam. Die Bybel word nou eintlik van die gewone gelowiges gesteel en weerhou, soos wat die Roomse dit in die Middel eeue gedoen het.

      Vee uit
  2. Ek sien dat die youtube "clips" van prof van der Watt verwyder is. Weet jy hoekom Johannes en indien wel waar kan mens 'n kopie daarvan kry. Ek het groot respek vir prof Jan - hy was een van die laaste behoudende teoloë by Tukkies. Johan Theunissen

    AntwoordVee uit
  3. Dankie dat jy my daarop attent maak. Nee, ek weet nie hoekom dit gedoen is nie. Ek weet wel die persoon wat dit opgesit het was Ferdie Mulder.

    AntwoordVee uit

Jy is welkom om kommentaar te lewer. Hou dit kort, beleef en op die punt af.
As jy nie iewers geregistreer is nie, gebruik die anonymous opsie.