BAIE WELKOM!

Deel in die ryk seëninge uit God se WOORD! Dit sal ook lekker wees om van jou te hoor! Neem dus vrymoedigheid om kommentaar te lewer (by OPMERKINGS), maar doen dit asseblief altyd op 'n smaakvolle en verantwoordbare manier. Onbeheerste galbrakery sal nie geplaas word nie... Die opinies hier uitgespreek is my eie tensy duidelik anders vermeld. Hierdie webjoernaal is nie 'n amptelike spreekbuis van die NG Kerk in Namibië of die Tsumeb gemeente nie.

Dinsdag 10 September 2013

DEMOON DOEDIES

- sien ons hier dalk die dogters van Skeva?

Die BBC berig : Brynne Larson and Tess and Savannah Scherkenback are all-American girls from Arizona, who enjoy martial arts and horse riding. But something sets them apart from most teenagers - they perform public exorcisms and often appear on TV chat shows.





(foto BBC)

Kyk, net as jy dink dat jy al als gehoor en gesien het wat geestelike innovering, kommersialisering en misleiding betref, dan is daar weer iets nuuts...
of is dit dalk juis nie so nuut nie? Want mens dink onwillekeurig aan die sewe seuns van Skeva wat rondtrekkende duiweluitdrywers was en ook Jesus se naam probeer gebruik het, met nogal aaklige gevolge. (Handelinge 19:14ev) Eksorsisme is terloops ‘n baie ou beroep en iets wat in baie godsdienste voorkom!

Ek ken nie hierdie dametjies nie en miskien is dit baie onbillik om ‘n finale oordeel so vinnig uit te spreek, tog mag ons nie geestelik naïef wees nie! Die mag om duiwels uit te dryf (of ander mense te laat dink dat duiwels uitgedryf word) beteken nie noodwendig dat die betrokke persoon ‘n Christen is nie. (Matteus 7:21-23) Dit gee elke Bybelgelowige die reg om sulke mense se leer, lewens en aansprake te toets aan die Skrif. Dis immers 'n Bybelse opdrag om die geeste te beproef...

Daar is uit die staanspoor ‘n paar Bybelse beginsels wat my baie versigtig en skepties maak teenoor hulle aansprake en optrede:

1. Die Woord lê klem op gebed. Waar dit gaan oor die uitdryf van demone (ja, en ek persoonlik glo daar is uiterste gevalle waar dit nodig mag wees) is gebed die deurslaggewende aktiwiteit van die gelowige se kant gesien. Jesus is hieroor baie duidelik in Markus 9:29 “Hy het vir hulle gesê: "Hierdie goed kan met niks anders as met gebed uitgedrywe word nie." God se krag kom in werking deur gebed. Wat is dan die doel en nodigheid van die silwerkruise wat hierdie meisies so rondswaai? Bevat dit enige krag? Watse krag?

2. God gebruik heilige instrumente. Hierdie dames se betrokkenheid by die Oosterse gevegskunste, laat my maar net wonder oor hulle insig in die okkulte. (Ja, ek weet karate is ‘n omstrede kwessie, maar nietemin... 'n Christen sal eerder aan die versigtige kant wees wat sulke twyfelagtige dinge betref...) BBC : “The girls are now karate black belts, but because of their particular Christian beliefs, they have also decided to do battle, they say, against evil spirits or demons.” 

3. God weerstaan die hoogmoediges, maar gee genade aan die nederiges. Die “showmanship” van die hele saak pla ‘n mens daarom. BBC : “"I'd have to say my special skills [are] probably the enforcer or the lead exorcist. I can take on those demons," says Brynne.
The teenage exorcists are greeted on stage as if they were celebrities. There is applause and they announce to the audience that they look forward to "kicking some demon butt".

Bob Larson, hulle mentor  nooi jou uit op sy webwerf om ‘n “demon test” te ondergaan (terloops Jesus het nooit vir demone rondgesoek en gekrap nie) : "In one hour you can begin living the life you've always wanted. Let Bob Larson, the man who has dealt with more demons than anyone on the planet, show you how to overcome every obstacle of every day. Stop the cycles of failure, poverty and sickness." Ekskuus, maar vir my klink dit alles behalwe beskeie, nederig en God verheerlikend! Miskien moet Bob kennis neem van wat God in Jesaja 42:8 “Ek is die Here, dit is my Naam, die eer wat My toekom, gee Ek aan geen ander nie, die lof wat My toekom, gee Ek nie aan gesnede beelde nie.” Bob se bedryf lyk maar net na nog ‘n variasie van Amerikaanse geestelike entrepreneurskap en die Prosperity Gospel. (Kliek op SATAN SE SAPPIGE STORIES)

4. Liefde vir geld moet altyd die rooi ligte laat flikker. Misleiding, valse profete en geldgierigheid gaan altyd saam. Hier is nog ‘n rokie wat onrus in mens se hart verwek en die vermoede van 'n valsheidsvuurtjie laat ontstaan : “He (Bob) asks for a voluntary donation of a couple of hundred dollars or pounds when he and the girls perform a one-to-one exorcism, and rejects the idea that spiritual services have to be free of charge.”

5. God se mense het 'n liefde vir die Woord van die Waarheid. Hier is min kennis van die waarheid. Hierdie meisies glo : "Every single country has a specific kind of demon." Dis natuurlik ‘n wydverspreide opvatting onder die aanhangers van ‘n bepaalde soort “geestelike oorlogsvoering”’ maar daar is geen Bybelse basis vir so ‘n geloof nie...en onbybelse geloof is bygeloof! Bob Larson se bediening beweeg inderdaad baie naby aan afgodery en bygeloof. Op sy eie webblad kry mens die volgende inligting oor sy silwer “bevrydingskruise” wat hy verkwansel vir ‘n donasie van $100 of meer : "The Cross of Deliverance has become an icon representing the exorcism and deliverance ministry of Pastor Bob Larson and his scores of DWJD ® (Do What Jesus Did) teams worldwide. First introduced during Bob’s internationally aired TV reality show, “The Real Exorcist,” this Cross has come to symbolize the aggressive approach of this ministry to confronting the Forces of Darkness. As Pastor Bob says, “This cross is just a physical object, made of metal, like a Bible is an object of leather and paper. But wielded in faith, it represents a tangible expression of the invisible belief of the one who holds it.” Each cross has been anointed and prayed over personally by Bob. He declares that each Cross of Deliverance will be recognized in Hell as a visible extension of confidence in the victory over Satan by the Crucifixion of Christ. Those who hold this cross in their hands are identifying with the bold proclamation that our Lord has come to “destroy the works of the devil” (1 John 3:8)."

Nou regtig, hierdie is nie meer evangelie nie, maar skaamtelose kwaksalwery!

Nee, jammer ek sluk nie hierdie foefie nie. Dit laat my weereens net besef hoe ‘n groot behoefte daar is aan ware verkondigers van die kruisevangelie! Tienermeisies met hulle truuks en silwerkruise gaan niemand waarlik vry maak nie, maar die boodskap van die kruis sal die poorte van die hel skud!

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Jy is welkom om kommentaar te lewer. Hou dit kort, beleef en op die punt af.
As jy nie iewers geregistreer is nie, gebruik die anonymous opsie.