BAIE WELKOM!

Deel in die ryk seëninge uit God se WOORD! Dit sal ook lekker wees om van jou te hoor! Neem dus vrymoedigheid om kommentaar te lewer (by OPMERKINGS), maar doen dit asseblief altyd op 'n smaakvolle en verantwoordbare manier. Onbeheerste galbrakery sal nie geplaas word nie... Die opinies hier uitgespreek is my eie tensy duidelik anders vermeld. Hierdie webjoernaal is nie 'n amptelike spreekbuis van die NG Kerk in Namibië of die Tsumeb gemeente nie.

Maandag 08 Mei 2017

DSK : ‘n Nuwe wind van lering?



Moenie geflous word deur hierdie "fotostaatsiele" nie!

Eben Swart beweer dat jy as Christen dalk ‘n kopie van Agab, Herodes of Hitler (of selfs ‘n lewende persoon) se siel in jou binneste kan huisves…natuurlik met nare gevolge. Hierdie kopie laat jou immers dink en doen soos wat jy nie regtig wil dink en doen nie. Dis ‘n taamlik nuutontdekte verskynsel in die beradingswêreld bekend onder die term DSCs (Demonic Soul Copies). Afrikaans : DSK's. Hoe gebeur dit dat mens blootgestel kan word aan hierdie besmetting van DSCs? Dis die bekende lys wat Eben aanbied : sogenaamde bloedlynsondes, sonde (veral seksuele en okkultiese sonde), onheilige sielsbande (onheilige emosionele bande) en fisiese, emosionele en geestelike trauma. (Indien ons eerlik is, beteken dit dat ons min of meer almal potensiële slagoffers is van hierdie duiwelse truuk!)


Hoe word mens van hierdie siel kopieë bevry volgens Eben?

In sy eie woorde : Once again, Jesus is the answer!

DSCs represent SOUL copies of living or deceased people, and cannot be commanded to leave in the Name of Jesus as would be the case with demonic (SPIRITUAL) deliverance. DSCs possess their own free wills and have not yet been judged by God the Father (“Judgment Day” – when the sheep will be separated from the goats – still lies in the future!). Thus they have to be persuaded (as one would normally persuade another person) to willingly submit to the authority of Jesus, to bow their knees before Him and to allow Him to remove them from their victim. The DSC should then renounce all its demonic assignments in, and curses pronounced over the infested person. Then the counselor could ask Jesus to come and fetch and remove the DSC. 



Eerlikwaar, Eben, hierdie verduideliking skep meer vrae as wat dit antwoorde gee. Dis om die minste te sê, skrikwekkend! Volgens Eben moet hierdie goggas oorreed word, (want hulle het ‘n vrye wil!) en eers daarna kan mens Jesus vra om hulle te verwyder! Ek wonder nou sommer ook, as jy dalk ‘n kopie van Hitler se siel in jou het, gaan dit maar kners om van hom ontslae te raak, want hierdie Hitler kêrel soos ek hom uit die geskiedenis ken was nogal ‘n hardekwas koejawel, wat hom deur niemand laat voorsê het nie! Probleme! Of is die kopie darem bietjie makker as die “original”?



As jy wonder waarom demone hierdie kopieer tegniek gebruik, dan is Eben reg met ‘n antwoord : “Although much of what we think is still mere speculation, the following seems to make sense:..” En dan gaan hy voort met presies dit, sy spekulasie... En dis juis waar Eben die hele speletjie (of is dit spulletjie?) weggee. Dis alles spekulasie en geestelike kwaksalwery! 



Hoe weet Eben dat dit hier nie gaan oor demone nie, maar DSC’s? Een van die redes wat hy aanvoer is : “In the counseling room it has happened that DSCs have reacted with anger when addressed as demons: “I am NOT a demon – I’m a MAN!” Maar wag ‘n bietjie, dis mos baie gevaarlik, want dis bekend dat demone lieg! Die duiwel self is immers die vader van die leuen. Wat wil ek hiermee sê? Om lering saam te stel vanuit ervaring met berading en gesprekke met geeste, siele, demone of wie ook al, is baie gevaarlik. Ons enigste bron vir normatiewe lering is die Skrif! Wat anders?

Oordink gerus enkele ooglopende implikasies van hierdie “nuwe ontdekking” aangaande DSCs en die bevryding daarvan:

  • Vir 20 eeue het Jesus sy kerk in die duister gelaat hoe om mense met hierdie probleem te help. Volgens Eben is hierdie DCSs ‘n ou probleem. Mens wonder dan net waarom het Paulus of Jesus self nie vir ons lering gegee om mense wat hierdeur geteister word te help nie? Veral is dit vreemd dat ons nie duidelike opdragte in die Skrif hieroor kry nie as mens in ag neem dat volgens die kenners (Ignited In Christ) dit so 'n uiters algemene toestand is. Hulle beweer :"It may therefore be assumed that 3 out of every 4 Christians have DSC’s in them and often more than 10 DSC’s.  It may further be assumed that about 40% (2 out of every 5) of all Christians have literally thousands of DSC’s in them, each one with an assignment from satan to destroy that Christian in soul and body as well as spiritually." (Ekskuus, ek ruik 'n rot!) Miskien moet ons dalk maar mooi luister na Paulus se waarskuwing in Efesiërs 4:14. Hy pleit juis vir geestelike volwassenheid sodat “ons nie meer kinders sou wees nie wat soos golwe geslinger en heen en weer gedryf word deur elke wind van lering, deur die bedrieëry van die mense, deur sluheid om listiglik tot dwaling te bring;”
  • Indien Eben se beweringe waar is, is die Skrif nie genoegsaam vir ons leer en lewe nie. ‘n Mens wonder dan of ons nog ernstig kan opvat dit wat Paulus aan Timoteus geskryf het? “Die hele Skrif is deur God geïnspireer en het groot waarde om in die waarheid te onderrig, dwaling te bestry, verkeerdhede reg te stel en ‘n regte lewenswyse te kweek,sodat die man wat in diens van God staan, volkome voorberei en toegerus sal wees vir elke goeie werk.” (2 Timoteus 3:16,17) Inderdaad, gebeur dit dan ook dat hierdie dwaalleraars om hulleself te regverdig moet terugval op die sogenaamde direkte leiding van die Gees sonder die Skrif en in die ou worteldwaling verval wat Gees en Woord van mekaar skei!
  • Eben se leringe (hoe goed ook al bedoel) impliseer dat buite Bybelse inligting nodig is vir ‘n volle lewe van vryheid as Christen. Spesiale insigte van die kenners is dus by implikasie noodsaaklik vir die uitleef van ware geloof. ‘n Tipe Gnostisisme. Dit laat mens so dink aan die dwalinge wat Paulus in die Kolossense brief aanspreek. Daar het hy dit teen mense wat sinspeel dat ‘n ander “geheimenis” nodig om ontdek te word vir die "volheid" van Christenskap! Paulus antwoord dat die “geheimenis” Christus self is. Alle skatte van kennis en insig is in Jesus self te vind. (Kolossense 2:3) Die volheid van God woon in Christus en in Hom deel Christene reeds in hierdie volheid. (Kolossense 2:8-10) God se kinders moet net al meer besef wie hulle in Jesus is en dan volgens hierdie nuwe status leef. Eben en ander se “nuwe tegnieke” is dalk nie so nuut nie, maar is net die herverskyning van ou dwalings wat reeds in die Nuwe Testament ontmasker is.
  • Hierdie lering laat 'n gevaarlike gaping vir die ontduiking van kinders van God se verantwoordelikheid om sonde uit te roei. As dit nou die fotostaatsiele se skuld is, is dit mos nie meer my morele plig om teen die sonde te baklei nie. Die hele Nuwe Testament is vol opdragte om sonde uit te roei en selfs ten bloede toe weerstand te bied daarteen. Oor die hantering van DCSs swyg die Skrif. Daar moet seker 'n rede wees?
  • Eben se lering oor die bevryding van DSK's bring die soewereine almag van Jesus Christus in gedrang. Volgens Eben het fotostaatsiele ‘n vrye wil (hoe weet jy dit Eben?) en moet hulle eers oorreed word om voor Jesus te buig en Hom toelaat om hulle te verwyder! Sjoe! Eben se Jesus is darem ‘n swak Jesus. Ek verkies om in die Een te glo wat gesê het dat alle mag in die hemel en op aarde aan Hom gegee is! (Matteus 28:18-20) 
Ek wil glo dat dit Eben se begeerte is (soos myne) dat die Bruid van Jesus heilig en onberispelik sal wees. Vry van sondelaste, skuldgevoelens en alle vorm van sondeslawerny. Die koers wat hy daarvoor aandui sover dit sogenaamde DSK's betref kan egter nie uit die Skrif geregverdig word nie. Die Bybelse pad na volmaaktheid is heiligmaking (vir die vrygespreekte) onder die leiding van die Heilige Gees. Die aflê van ‘n ou lewensstyl en die aantrek van ‘n nuwe lewensstyl. Anders gestel : “Kind van God, stop met sonde en leef nuut!” Deur die krag van die Gees is dit moontlik vir elke kind van God. Daarom word ons aangemoedig om ons sondige praktyke dood te maak. (Romeine 8:13)

Mag ons weereens besef : “Sola Scriptura”* is vandag nog net so belangrik soos in die tyd van die Reformasie toe dit die vlymskerp operasiemes was om die kankergewasse van bygeloof en dwaling uit te sny.

Nee, wat hierdie fotostaatsielstorie is fiksie, gevaarlike fiksie!

*Eben self maak (sommige) waar, maar ongelukkig ook dikwels aanvegbare stellings rakende die Skrif. So verklaar hy : "The Bible never even says that the entire Bible was inspired by the Holy Spirit. At best, it says so of the Old Testament, simply because the New Testament, as we know it today, had not even existed at the writing of that verse. Finality on the compilation of the entire Bible was not reached until about 300 AD. If we believe that the whole Bible was inspired by the Holy Spirit, then we do so by a choice of our wills – not because the Bible says so (we simply cannot substantiate this belief from the Bible!). Dink self wat is die implikasies???

16 opmerkings:

  1. Dankie Johannes vir jou "in die kol" opmerkings oor DSC. Ek het wyd hieroor navraag gedoen: Prof.Johan(oorl.), Discernment Ministries, Berean Call, Martin & Deidre Bobgan, Erol Wagner en andere. AMAL het dit afgeskiet as uiterste dwaling.

    AntwoordVee uit
  2. Johannes, ek het gelukkig nog nooit hiervan gehoor nie. As gelowige hou ek vas aan Gal 2:20. My ou sondige natuur is by die wedergeboorte vervang/nuut gemaak. (2 Kor 5:17) Dit beteken daar is nie twee nature in my nie, maar NET God se natuur.

    Sonde sal die gelowige nog steeds probeer aanval. Hy moet gekies om met die Heilige Gees te identifiseer, eerder as sonde, 'n belangrike stap na heiligmaking. Jy kan nie die krag van die vlees oorkom deur sonde te beveg nie, slegs deur OOR TE GEE aan die Heilige Gees.(Gal 5:16)

    Paulus het self die probleem gehad. (Rom 7:15-25)

    In kort: Vermy sonde, bely sonde, wees jammer oor sonde, verag sonde! Moet egter nooit met sonde identifiseer nie! Die gelowige het net een natuur, die Goddelike natuur.

    AntwoordVee uit
  3. Dankie Johannes, dit sluit goed aan by wat JC Ryle in die 1800's geskryf het:
    "Controversy in religion is a hateful thing. It is hard enough to fight the devil, the world and the flesh, without private differences in our own camp. But there is one thing which is even worse than controversy, and that is false doctrine tolerated, allowed, and permitted without protest or challenge. It was controversy that won the battle of Protestant Reformation. If the views that some men hold were correct, it is plain we never ought to have had any Reformation at all! For the sake of peace, we ought to have gone on worshiping the Virgin Mary, and bowing down to images and relics to this very day! Away with such trifling! There are times when controversy is not only a duty—but a benefit. Give me the mighty thunderstorm, rather than the deadly malaria. The one walks in darkness and poisons us in silence, and we are never safe. The other frightens and alarms for a little while. But it is soon over, and it clears the air. It is a plain Scriptural duty to “contend for the faith that was once for all entrusted to the saints” (Jude 1:3)."
    Uittreksel van: https://the-highway.com/articleMar17.html

    Philip, Kaapstad

    AntwoordVee uit
    Antwoorde
    1. Presies! Ryle het dit baie goed gesê.

      Vee uit
  4. Ek wonder nou net: Is hierdie nie dieselfde ou wat CD’s die wêreld ingestuur het waar hy praat oor MAAK JOU HUIS SKOON nie? Die boodskap was dat daar artikels/items in jou huis mag wees wat deur ‘n demoon/demone beset mag wees, en wat dan toegang aan demone verleen tot jou huis. Enige iets van ‘n ou swaard (erfstuk wat ek by my oupa ge-erf het) tot die poppe waarmee jou dogtertjie speel en selfs ‘n ou teestel wat vanmelewe aan ‘n vrou behoort het wat moontlik ‘n heks kon wees, ens is al deur die kêrel ge-identifiseer as die skuldige items wat demone in jou huis en lewe indra.

    ...ek het ‘n baie sterk vermoede dat dit een en dieselfde persoon kan wees.

    As ek reg is, en dit is inderdaad dieselfde man, sal ek hom kan beskryf as ‘n apostel van satan eerder as ‘n dissipel van Jesus. Hy spandeer baie meer tyd daaraan om oor die mag en gevaar van satan te praat as om oor die vryheid, vrede en almag van Christus te praat. Ek het lank terug al hierdie man se praatjies opgesom as niks anders as propaganda vir die mag van satan nie. Op hierdie manier word kinders van die HERE gevul met ‘n vrees en agting vir satan wat totaal misplaas is. Uiteindelik is die vrees vir satan so groot onder ons mense dat daar niks kom van die vrede van God (Fil. 4: 7) in ons mense se lewens nie. Is ons nie eerder geroepe om te praat oor die groot dade van God (Hand. 2: 11) nie? Moet ons regtig soveel aandag gee aan die slang wie se kop reeds op Golgota vermorsel is? Verstaan my mooi: Ek probeer nie beweer dat ons die werklikheid van satan en sy boosheid moet miskyk nie? Ek dink egter dat as ons eerder fokus op die grootheid en almag van God in en deur Christus, sal die satan in elk geval nie ‘n kans in ons lewens hê nie. Laat jou lewe vul met Christus (Matt. 12: 43 tot 45) en daar sal in elk geval geen plek vir die satan wees nie; jy hoef nie eers verder jou tyd met hom te mors nie.

    AntwoordVee uit
    Antwoorde
    1. Nee, Hector, die man van die "Maak skoon jou huis" is Tiaan Gildenhuys. Eben is die man wat baie sterk uitgesproke teen die institusionele kerk is. Jy is wel reg dat hy baie soortgelyk dink in terme van vloeke ens.

      Vee uit
    2. Hy het in elk geval nie die gesindheid van Christus nie...."Hy is sagmoedig en nederig van hart" En ja dis duidelik dat hy God se soewereiniteit nie erken nie en ook nie die gesag van die Skrif aanvaar nie en hy dink ook net hy is reg.

      Vee uit
  5. Ek het ook onlangs koppe gestamp met Eben Swart oor verskeie kwessies. Hy het nie een van my vrae beantwoord nie, slegs 'n klomp beledigings aan my toegedig. Lees gerus sy lasterlike artikel:The Bible op sy webblad waar hy verklaar dat Christene wat die Bybel as die Woord van God beskou dit eintik as Bybel-afgod aanbid in pleks van Jesus. Hy doen in "parable style". Ek het 'n persoonlike e-pos daaroor ook aan hom gestuur maar hy is dawerend in sy stilte daaroor.

    AntwoordVee uit
    Antwoorde
    1. Danie Kok, jy is in die kol. Hy is beslis n dwaalleraar wat dink net hy is reg. Vat glad vir Calvyn aan en bevraagteken die belydenis skrifte soos die 5 dortse leer reels. Net iemand wat die Woord nie ken nie sal die 5 Dortse leerreels bevraagteken.

      Vee uit
    2. Jy kry christene wat 'n afgod van die bybel maak. Maar om te se dat almal wat die skrif as outoritatief beskou 'n afgod van dit gemaak het, is 'n strooipopargument en dus 'n drogredenasie. Eben het 'n paar goeie argument teen wanpersepsies binne die kerk. Maar hy gebruik dit op die verkeerde manier om sy eie storie (van die fotostaatsiele) te kan deurdruk. Ek persoonlik dink nie hy suig alles uit sy duim nie. Wat hy berig berus op eie belewenisse wat hy as ondervinding met fotostaatsiele interpreteer (Hulle se dit dan vir hom). Dat hierdie ook demone kan wees wat vir hom lieg, dit wil hy nie sien nie. Almal wat hom daarop wys sny hy uit. Daar is ook 'n groter probleem met sy siening. Dis nie die 'siele' of 'demone' wat gejag moet word nie. Dis die vlees wat gekruisig moet word, om mense te laat deel he in die opstanding van Jesus Christus. Daarna is die demone ens. magetloos in die lewe van daardie mense. Die fotostaatsielskopie-storie is net nog 'n manier om aandag af te trek. Eben het die storie trouens by 'ignite the fire' gekry, wat dieselfde stel hipoteses verkondig. Ek bespeur 'n toename van dwalings en vat ook aan my eie neus met dit. Daar is dinge wat Christene in Suid-Afrika lankal beter moes gedoen het.

      Vee uit
  6. Eben Swart is 'n valse profeet wat sy bediening bou op vrees vir die okkulte en die sielevyand se "mag", in plaas van om d.m.v die evangelie van Christus verlore siele na Jesus te lei. Lees op sy webblad sy walglike en lasterlike artikel - "The Bible" - wat in 'n "parable style" (gelykenisstyl) geskryf is en waar hy die Bybel as "Bible idol" verklaar. Dis skokkend...

    AntwoordVee uit
    Antwoorde
    1. Jy kry christene wat 'n afgod van die bybel maak. Maar om te se dat almal wat die skrif as outoritatief beskou 'n afgod van dit gemaak het, is 'n strooipopargument en dus 'n drogredenasie. Eben het 'n paar goeie argument teen wanpersepsies binne die kerk. Maar hy gebruik dit op die verkeerde manier om sy eie storie (van die fotostaatsiele) te kan deurdruk. Ek persoonlik dink nie hy suig alles uit sy duim nie. Wat hy berig berus op eie belewenisse wat hy as ondervinding met fotostaatsiele interpreteer (Hulle se dit dan vir hom). Dat hierdie ook demone kan wees wat vir hom lieg, dit wil hy nie sien nie. Almal wat hom daarop wys sny hy uit. Daar is ook 'n groter probleem met sy siening. Dis nie die 'siele' of 'demone' wat gejag moet word nie. Dis die vlees wat gekruisig moet word, om mense te laat deel he in die opstanding van Jesus Christus. Daarna is die demone ens. magetloos in die lewe van daardie mense. Die fotostaatsielskopie-storie is net nog 'n manier om aandag af te trek. Eben het die storie trouens by 'ignite the fire' gekry, wat dieselfde stel hipoteses verkondig. Ek bespeur 'n toename van dwalings en vat ook aan my eie neus met dit. Daar is dinge wat Christene in Suid-Afrika lankal beter moes gedoen het.

      Vee uit
  7. Dit is duidelik dat jy glad nie die Gees wêreld ken of verstaan nie.Heilige gees het regoor die wêreld openbarings aan mense gegee wat wel doen. Ignited in Christ Rsa), Anna Mendes Ferell ,Dan du val (Amerika), Todd wheatherley, Rheta Mcferson ( Rsa)(australia)Julle skiet iets af wat julle nie ken of verstaan nie.

    AntwoordVee uit
    Antwoorde
    1. Die punt is baie vals profete sien visioene (Dis hoe Islam ontstaan het). Daar is net een norm waaraan als getoets word en dis die Skrif! En die Skrif weet niks van al hierdie leringe nie.

      Vee uit
  8. Johannes Baie dankie vir hierdie kommentaar oor Eben Swart. Ek en my man is in n sending bediening van die NG kerk in Noord Natal. Ons denke is baie gereformeerd en ons staan 100% vas by die gesag van die Skrif. Ons betreur ook alle liberale teologie wat oral die kerke binnesluip...in baie denominasies. Hierdie lering van Eben het my vir n oomblik deurmekaar gehad. Totdat ek besef het dat hy n dwaal leraar is. Aan hulle vrugte sal julle hulle ken sê die skrif. Een vrug van die Gees wat hy beslis nie het nie is nederigheid nie. Hy is beledigend en kras in sy veroordeling van alles en almal wat verskil van hom. Dit alleen sê vir my hy is n dwaal leraar. Verder verwerp hy die soewereiniteit van God en ook die gesag van die Skrif. Heb 1 diskwalifiseer hom totaal. Ek is bly en dankbaar vir iémand wat sy dwaling weerlê!
    Jeanne van der Westhuizen

    AntwoordVee uit

Jy is welkom om kommentaar te lewer. Hou dit kort, beleef en op die punt af.
As jy nie iewers geregistreer is nie, gebruik die anonymous opsie.