Hierdie is sommer net ’n kort getuienis oor die rykdom van God se genade in ’n moeilike, maar wonderlike tydperk in ons lewens. In 2005 het ons (ek, my vrou Jacolette en die twee dogters, Marisja en Jonette) na Koppies in die Vrystaat verhuis. Op hierdie stadium het nie een van ons ’n permanente voltydse werk met voldoende inkomste gehad nie. Voor die skuif na Koppies het ons ’n woonstel in Vereeniging gehuur, maar ek was van mening dat dit goedkoper en makliker sou wees om op die platteland te oorleef. Die Here het dit so beskik dat ons deur vriende van ons genooi is na ’n kerkdiens op Koppies (van ds. Etienne Maritz) en ons het sommer dadelik van die lekker plattelandse atmosfeer gehou. ’n Ander plan vir goedkoper verblyf naby Vereeniging het genadiglik deur die mat geval en ons het toe ’n klein huisie op Koppies gekoop. Huise was destyds spotgoedkoop. Die huisie in Rosenlaan 11 was baie klein en gebars, maar vir ons was dit soos ’n stukkie hemelse verkwikking na ’n baie moeilike tyd in ons lewens. Ons goeie vriend Francois Bloem het vir ons die huisie reggemaak. Ons het dit veral geniet om in die tuin te woeker! Dit was vir my ’n groot lekkerte om mielies, boontjies, ertjies ens. te plant en te oes! Wat ’n heerlike gevoel, om te weet, al is die plekkie hoe klein en eenvoudig, dis ons s’n!
Die groot les wat ek in Koppies geleer het was
die vreugde van eenvoud!
Ons het ryk en vol lewens gehad in hierdie eenvoudige omstandighede. Ons het selfs gaste in ons huisie ontvang en sommer baie mense leer ken. Ek het ’n deeltydse afleweringswerkie gekry by ’n boer wat veral bokmelkprodukte vervaardig het. Dit het beteken dat ek moes rondry van een besigheid na die ander in Johannesburg en Pretoria! Dit was ’n nuwe ondervinding van ’n wêreld wat vir my vreemd was. En beslis het dit nie elke dag maklik gegaan nie. Tog het die Here in alle benoudhede uitkoms gegee!
Ek het uit ’n sendinghuis gekom waar ons dit reeds as kinders beleef het, hoe God op wonderlike maniere ons ook materieël versorg het. Nou kon ek en my gesin dit self ook eerstehands ervaar dat God ’n God is wat sorg! Dikwels ook onverwags en op verrassende wyse! Natuurlik het Hy wonderlike en kosbare mense hierin gebruik. Maar ook indirek. Vir ongeveer vier jaar het ons nie ’n mediese fonds gehad nie. In hierdie tyd het ons dit ook nooit nodig gekry nie! Die NG Gemeente Koppies-Weltevrede was vir ons baie goed en ons het dadelik daar ingeskakel. Ek het ook gereeld preekbeurte gekry, waarvoor ek ruim vergoed is!
Ds. Maritz het my gehelp en aangemoedig in my poging om weer predikantstatus in die NG Kerk terug te kry. Dit is ook weer ’n verhaal op sy eie! In Oktober 2005 het ek voor die Vrystaatse Moderamen en Sinode verskyn met die oog op hertoelating in die NG bediening. Dit was ’n moeilike en spanningsvolle tyd. Maar nadat die Sinode my aansoek tot die bediening goedgekeur het, het daar nog ’n onverwagse skok op my gewag. Ek moes toe eers uitvind dat die verpligte Colloqium Doctum behels dat ek ’n bestek van voorgeskrewe werk in al die teologiese vakdissiplines moes voorberei om daaroor geëksamineer te kon word. Ek was salig onbewus daarvan. Ek was onder die indruk dat die Colloqium Doctum slegs ’n ondersoekende gesprek was. (dit was wel voorheen so) Die eksaminering sou in November plaasvind. Indien ek dit sou misloop sou ek tot November 2006 moes wag. Die tyd was egter hopeloos te min om gereed te kon wees. Op die 9 de November het ek finaal geweet dat ek maar sou moes wag vir die volgende jaar! Alles is dus nou met ’n jaar uitgestel! Die volgende oggend (10 Nov 2001) spreek die Here my so wonderlik aan deur Oswald Chambers se dagboek, “My Allerbeste vir Sy Allerhoogste”. Ek lees onder andere : “Solank as wat jy nog jou eie belang en ambisie nastreef, kan jy nie volkome met God se belange identifiseer of vereenselwig word nie. Dit kan slegs verkry word deur vir eens en altyd af te sien van al jou persoonlike planne en om God toe te laat om jou heeltemal op te neem in sy plan vir die wêreld.” En dan ’n ent verder.... “Ek behoort nooit te sê : ‘Here, hierdie ding breek my hart’ nie.” Die Here het my hierdeur groot berusting gegee en ek toe maar die volgende jaar begin boeke bymekaarkry en weer gestudeer. Die eksamen in 2006 het toe besonder goed afgeloop en ek is weer gelegitimeer.
Daarna het nog ’n hele paar maande verloop totdat ek in September 2007 op Bray in die NGK Onder-Molopo bevestig is. Oor daardie tyd sal ek miskien nog later skryf in BLYDSKAP EN BENOUDHEID OP BRAY.
Marisja by die jong mielies in die agterplaas.
Die huisie in Rosenlaan 11 van binne, voor dit reggemaak is.
Jonette by die groot mielies. Ek was baie trots op hierdie mielies!
Ons besoek die Vrouemonument in Bloemfontein.
Good morning how are you?
AntwoordVee uitMy name is Emilio, I am a Spanish boy and I live in a town near to Madrid. I am a very interested person in knowing things so different as the culture, the way of life of the inhabitants of our planet, the fauna, the flora, and the landscapes of all the countries of the world etc. in summary, I am a person that enjoys traveling, learning and respecting people's diversity from all over the world.
I would love to travel and meet in person all the aspects above mentioned, but unfortunately as this is very expensive and my purchasing power is quite small, so I devised a way to travel with the imagination in every corner of our planet. A few years ago I started a collection of letters addressed to me in which my goal was to get at least 1 letter from each country in the world. This modest goal is feasible to reach in the most part of countries, but unfortunately it’s impossible to achieve in other various territories for several reasons, either because they are countries at war, either because they are countries with extreme poverty or because for whatever reason the postal system is not functioning properly.
For all this I would ask you one small favour:
Would you be so kind as to send me a letter by traditional mail from Namibia? I understand perfectly that you think that your blog is not the appropriate place to ask this, and even, is very probably that you ignore my letter, but I would call your attention to the difficulty involved in getting a letter from that country, and also I don’t know anyone neither where to write in Namibia in order to increase my collection. a letter for me is like a little souvenir, like if I have had visited that territory with my imagination and at same time, the arrival of the letters from a country is a sign of peace and normality and a original way to promote a country in the world. My postal address is the following one:
Emilio Fernandez Esteban
Calle Valencia, 39
28903 Getafe (Madrid)
Spain
If you wish, you can visit my blog www.cartasenmibuzon.blogspot.com, where you can see the pictures of all the letters that I have received from whole World.
Finally I would like to thank the attention given to this letter, and whether you can help me or not, I send my best wishes for peace, health and happiness for you, your family and all your dear beings.
Yours Sincerely