BAIE WELKOM!

Deel in die ryk seëninge uit God se WOORD! Dit sal ook lekker wees om van jou te hoor! Neem dus vrymoedigheid om kommentaar te lewer (by OPMERKINGS), maar doen dit asseblief altyd op 'n smaakvolle en verantwoordbare manier. Onbeheerste galbrakery sal nie geplaas word nie... Die opinies hier uitgespreek is my eie tensy duidelik anders vermeld. Hierdie webjoernaal is nie 'n amptelike spreekbuis van die NG Kerk in Namibië of die Tsumeb gemeente nie.

Saterdag 07 Februarie 2015

ONDER IN ‘N GAT

“DIE NG KERK LÊ ONDER IN ‘N GAT”

Ek is sommer opnuut kwaad en ontsteld. My dierbare moeder van oor die 80 jaar bel my vanoggend uit Walvisbaai. Ons praat oor ‘n hele paar dinge. Hier op die einde kom dit uit – sy het ook die KERKBODE met die artikel oor die lesbiese vrouens onder oë gekry. (Kliek op NO SAFE SPACE) Sy raak emosioneel ontsteld. “Die NG Kerk lê onder in ‘n gat” Ja, dis die smart van ‘n diep gelowige lidmaat, wat as jong meisie tot bekering gekom het en haar hele lewe aan die Here en sy diens gewy het, onder andere in die Dorothea Sending. Nog altyd was sy egter ‘n getroue lidmaat van die NG Kerk.

En daarom is ek kwaad. Kwaad dat DIE KERKBODE die kinders van God afbreek en verontrus in plaas van opbou met Bybelse waarhede. Ontsteld dat almal wat maar net stilbly ons dierbare NG Kerk in die afgrond sien gly... die mooi verduidelikings in die nuwe JAARBOEK oor die krimpende getalle vertel nie die volle verhaal nie. Die NG Kerk dryf van sy getrouste lidmate self weg deur onbybelse standpunte... Harde woorde, ek weet, maar ek kan dit bewys. Moet ons dan stilbly en wag dat die klippe dit uitroep?



My ouers, Johan en Ria de Koning


11 opmerkings:

  1. Toe die sogenaamde Pinkster beweging in SA begin het, was die NG-kerk mense baie lelik met die Pinkster mense, hulle 'n sekte genoem ens. (jou ouers behoort dit nog te onthou). Dalk is dit nou tyd vir die NG-kerk mense wat nog daar oorgebly het om ook oorteloop na die Pinkster kerke toe waar mense nog met "Bybelse waarhede opgebou word" of om hulle kerk te hervorm.

    AntwoordVee uit
    Antwoorde
    1. Alle kerke in ons land het 'n hartgrondige refomasie terug na die Woord bitterlik nodig...

      Vee uit
  2. Alle kerke in ons land het 'n hartgrondige refomasie terug na die Woord bitterlik nodig...

    AntwoordVee uit
  3. Ek stem saam met jou Johannes ! Die moderne Pinksterkerke is weinig onder die gesag van die Woord van God en vertrou meer op die woord van die moderne 'profeet' en so sogenaamde 'apostel' ...

    AntwoordVee uit
    Antwoorde
    1. Ek dink daar is baie misleiding orals, maar ek sal ook versigtig wees om alle pinksterkerke oor dieselfde kam te skeer, net soos ek nie alle kerke met formeel gereformeerde belydenis in dieselfde kamp sal gooi nie...

      Vee uit
    2. Joachim, ek dink jy het die Ou- en Nuwe Apostelkerk in gedagte, wat ek nie as pinksterkerke sou beskou nie..

      Vee uit
  4. Ek wil net vir jou se my hart is seer oor die saak. My moeder (71) is nog in die NG kerk en ek het Vrydag met haar gesels. Sy was al so baie ontsteld oor die nonsens waarna sy moet luister. Sy noem aan my dat sy nie eers die Sondag kerk toe wil gaan nie. Sy vra waar is die Bybelse voedsel wat die skape moet voed. Waar is die herder wat die Hoof herder moet volg en na die skape moet kyk. Sy het haar hele lewe opgeoffer in diens van die kerk om die Here met oorgawe te dien met Sondagskool en jeug kampe. Ek hoor haar hartseer en ontsteltenis. Ek word ook sommer kwaad en weet nie wat ek vir haar kan doen nie. Ek het aan haar voorgestel om van die ouderlinge (as daar nog sulke goed is) te gaan sien en paar sterk gelowiges (as daar nog is) te kry en 'n brief te rig aan die plaaslike sinode. Maar met hartseer weet ek in my hart gaan hulle haar aflag. Ek is ook kwaad en hartseer oor die liggaam van Jesus Christus wie Hy met Sy bloed gekoop het.

    AntwoordVee uit
    Antwoorde
    1. Amen. Ons kan maar net ons bes doen om elkeen wat nog aan die waarheid vas hou te versterk en te bemoedig!

      Vee uit
  5. Johannes ja, die NG kerk lê onder in ʼn gat, maar dit kom al ʼn geruime tyd veral as ons ook kyk na wat in die Teologiese Fakulteite gebeur en wat met Ferdie Mulder gebeur het. Daar is ook uitsprake van Julian Muller en Sakkie Spangenberg en Christina Landman en andere wat ʼn mens onrustig stem. Hier in my dorp het drie NG gemeentes reeds in die afgelope paar jaar hulle deure gesluit terwyl nog twee gemeentes bykans nie meer lidmate het nie. Dit is eintlik ʼn hartseer saak. Dan kom Joachim met ʼn uitspraak van moderne “profeet” en ʼn sogenaamde “apostel”, wat ek nie mooi verstaan wat hy bedoel nie en dan veralgemeen hy as hy na die Pinkster kerke verwys. Hierdie uitsprake soos Joachim s’n was maar ook die modus operandi wat die NG kerk in my jonger jare gevolg het toe hulle (soos afrikaansinleipzig) dit baie duidelik stel die Pinkster mense sektes genoem het en skeldname soos wederdopers. Ek was self skuldig daaraan omdat ek so geleer is. Vandag is ek self Pinkster.
    Wat my egter nog steeds hinder is die feit dat die NG kerk hom self die reg toegeëien het om die ander nie gereformeerde kerke sektes te noem en dan op ʼn dag op ʼn sinode sitting nie lank gelede die AGS ge “ontsekte” (Jammer vir die woord), maar die ander kerke soos die PPK en Volle Evangelie kerk en ander Charismatiese Kerke is nog steeds sektes (Weet nie wat die veskil is nie). Al hierdie kerke groei uit hulle nate uit terwyl die NG Kerk Kwyn. Is daar nie dalk ʼn probleem by die NG Kerk nie. Dr Isak Burger van die AGS is ʼn briljante prediker en deur sy prediking het soveel mense Jesus Christus as hul persoonlike verlosser aangeneem. Hy lei ook die AGS. Lees maar sy storie. “Hy was ook NG”.
    Ek self aanbid in Doxa Deo (is maar AGS) Die visioenêre leier Alan Plat het hierdie visie ontvang om al die groot stede in SA te wen vir Jesus en omdat hy gehoorsaam was is Doxa nou in Pretoria met elf gemeentes, Johannesburg twee gemeentes, Bloemfontein, Port Elisabeth twee gemeentes, Kaapstad, Durban, Londen Twee gemeentes, New Zeeland Auckland, en Duitsland Stuttgart. Dan het ons ook samewerkende bande met gemeentes in Amerika waar van ons pastore somtyds daar gaan preek en hulle hier by ons.
    Dan is daar ook skole en kolleges en kinderhuise wat deur Doxa bedryf word.
    Ek sal dan ook net graag by Joachim wil hoor wat hy met “profeet” en “apostel” bedoel?????
    Groete en Seën
    Boeta

    AntwoordVee uit
    Antwoorde
    1. Hierdie opmerking is deur die outeur verwyder.

      Vee uit
    2. Jochie moet maar self antwoord. Ek is die vriend van alle mense wat waarlik Jesus aanbid. Jochie, terloops is 'n Baptis. Ek dink net hy is bekommerd oor wat in sekere charismatiese en pinkster kringe gebeur... soveel valse visies en selfaangestelde prosperity profete... Ek weet dat daar in alle groeperinge, Christene is wat by die Woord hou, maar ook diegene wat mislei is, daarom het ek verkies om dit so te formuleer : alle kerke in ons land het reformasie nodig! Vrede vir jou

      Vee uit

Jy is welkom om kommentaar te lewer. Hou dit kort, beleef en op die punt af.
As jy nie iewers geregistreer is nie, gebruik die anonymous opsie.