BAIE WELKOM!

Deel in die ryk seëninge uit God se WOORD! Dit sal ook lekker wees om van jou te hoor! Neem dus vrymoedigheid om kommentaar te lewer (by OPMERKINGS), maar doen dit asseblief altyd op 'n smaakvolle en verantwoordbare manier. Onbeheerste galbrakery sal nie geplaas word nie... Die opinies hier uitgespreek is my eie tensy duidelik anders vermeld. Hierdie webjoernaal is nie 'n amptelike spreekbuis van die NG Kerk in Namibië of die Tsumeb gemeente nie.

Saterdag 19 November 2016

"SY VRYE REG"

Ons het seker nou almal reeds kennis geneem van  die beswaar teen ds. Dirkie van der Spuy wat via DIE KERKBODE se digitale weergawe gevoer word. (kliek op VELDTOG TEEN VAN DER SPUY)

Die verblydende nuus is dat die voorsitter, onder voorsitter en algemene sekrataris van die moderamen 'n verklaring uitgereik het waarin gemeld word dat dit ds. Dirkie se "vrye reg" is om sy tevredenheid met die AS 2016 besluit in 'n e-pos aan sy gebedsondersteuningsgroep uit te spreek. Volgens die verklaring kan dit nie veroordeel word as 'n persoon bly is oor 'n besluit van die AS nie.

Ek is werklik dankbaar dat nugtere oordeel geseëvier het! Weereens 'n oorwinning vir die waarheid en liefde!


3 opmerkings:

  1. Ek is ook vir Ds Dirkie se part bly. Hy is ‘n pragtige en eerbare mens wat nie al die venyn verdien nie en hy staan ten minste by die waarheid van die Skrif. MAAR is dit regtig ‘n oorwinning om oor opgewonde te raak? Het die moderator, Nelis Janse van Rensburg dan nie nou onlangs in Rapport gesê dat elke gemeente maar kan glo soos hulle goeddink nie? Maw as jy dink homoseks is sonde ‘so be it’ as jy nie saamstem nie dan is dit ook reg so… Dit herinner my aan die destydse uitspraak oor die duiwel waar elke gemeente self kon besluit of die duiwel ‘n werklikheid is al dan nie? Hoekom alweer verskillende standpunte akkomodeer? Dit is soos iemand nou onlangs geskryf het “Dit is wat dwaling doen. Dit herinterpreteer, dit laat toe dat die opinie van die mens in die pad staan van die Skrif se waarheid.”
    Groete
    Liza-Nel

    AntwoordVee uit
  2. Dankie Liza-Nel, ek staam met jou. Ek het ook gemeld onder die opskrif OP HULLE AGTERPOTE dat die besluite myns insiens te vaag is. Dit behoort duideliker gestel gewees het... Dis wel ten minste 'n groot verbetering op AS2015. Maar nou ja, ek dink die kerk probeer twee uiteenlopende kampe bymekaarhou, maar dit gaan op die lange duur nie werk nie...

    AntwoordVee uit
  3. Ds Danie Mouton (Oos-Kaap Sinode en teenwoordig by BAS 2016) Maak die opmerking op sy Facebook-blad op 10 Nov om 10:47 nm

    ( https://www.facebook.com/danie.mouton?fref=ts )

    ” Die besluit is ‘n sameflansing van ‘n deel van die Noord-Kaap sinode se beswaarskrif en ‘n reeks amendemente. Van die amendemente is aanvaar, ander verwerp, en soms het die oorspronklike teks uit die beswaarskrif die paal gehaal. Die tande van die amendemente is getrek, daar was tydsdruk, en die uiteindelike besluit is nooit in samehang beskou nie. Oksimoron is waarskynlik ‘n relatief sagte beskrywing van die produk. “

    AntwoordVee uit

Jy is welkom om kommentaar te lewer. Hou dit kort, beleef en op die punt af.
As jy nie iewers geregistreer is nie, gebruik die anonymous opsie.