BAIE WELKOM!

Deel in die ryk seëninge uit God se WOORD! Dit sal ook lekker wees om van jou te hoor! Neem dus vrymoedigheid om kommentaar te lewer (by OPMERKINGS), maar doen dit asseblief altyd op 'n smaakvolle en verantwoordbare manier. Onbeheerste galbrakery sal nie geplaas word nie... Die opinies hier uitgespreek is my eie tensy duidelik anders vermeld. Hierdie webjoernaal is nie 'n amptelike spreekbuis van die NG Kerk in Namibië of die Tsumeb gemeente nie.

Vrydag 13 Maart 2015

NOORD KAAP GEE REDES

Die Noord Kaapse sinode van die NG Kerk het duidelike redes gegee in 'n herderlike brief waarom die voorgestelde verandering aan Artikel 1 van die Kerkorde (wat voorsiening vir Belhar as opsionele belydenisskrif sou maak) verwerp is.

Hier is 'n uittreksel uit hulle herderlike brief:


Die sinode het – sonder om hom uit te spreek oor die aard of die inhoud van die Belharbelydenis - die voorgestelde wysiging van Artikel 1 van die Kerkorde, onder andere, om die volgende redes nie goedgekeur nie:

1. Die voorgestelde kompromisvoorstel poog om mense tevrede te stel eerder as om aan die Skrif getrou te wil wees.

2. Die voorgestelde wysiging voer leervryheid in die Kerk se orde in, in stryd met die Skrif en die Drie Formuliere van Enigheid, omdat dit die keuse laat om ’n belydenisskrif te aanvaar of nie te aanvaar nie. Die implikasie is dat dit dan ook noodwendigerwys van die ander belydenisskrifte móét geld en/of dat nog belydenisskrifte – volgens die begeerte van lidmate – tot die belydenisgrondslag van die kerk toegevoeg kan/mag/moet word.

3. Daarby stel dit die kerk op die sogenaamde quatenus-standpunt, in plaas van die gereformeerde quia-standpunt. Eersgenoemde is meermale in die geskiedenis baie sterk deur die kerk afgewys. Die Ned. Geref. Kerk in Noord-Kaapland aanvaar die belydenisskrifte omdat dit in ooreenstemming is met die Skrif, nie insoverre of indien dit (volgens die oordeel/willekeur van lidmate) in ooreenstemming met die Skrif is nie.

4. Die voorgestelde wysiging is in stryd met die Ned. Geref. Kerk se belydenisgrondslag en die Skrif.

(Kliek op Herderlike Brief vir die volledige inhoud)




1 opmerking:

  1. Dit is baie bemoedigende nuus uit die NGK! Mag die Here die Noord Kaapse kerk seen vir hulle duidelike standpunt en mag ander daardeur aangemoedig word om hulle voorbeeld te volg! Christo

    AntwoordVee uit

Jy is welkom om kommentaar te lewer. Hou dit kort, beleef en op die punt af.
As jy nie iewers geregistreer is nie, gebruik die anonymous opsie.