BAIE WELKOM!

Deel in die ryk seëninge uit God se WOORD! Dit sal ook lekker wees om van jou te hoor! Neem dus vrymoedigheid om kommentaar te lewer (by OPMERKINGS), maar doen dit asseblief altyd op 'n smaakvolle en verantwoordbare manier. Onbeheerste galbrakery sal nie geplaas word nie... Die opinies hier uitgespreek is my eie tensy duidelik anders vermeld. Hierdie webjoernaal is nie 'n amptelike spreekbuis van die NG Kerk in Namibië of die Tsumeb gemeente nie.

Dinsdag 02 Desember 2014

KERKBODE ONTSTEL

- Is DIE KERKBODE hoegenaamd nog opbouende leesstof vir gelowiges?

In die KERKBODE van 7 November 2014* is daar ‘n rubriek getiteld LEES DIÉ BOEK deur Ronell Bezuidenhout, ‘n leraar van die NG Kerk. Sy kies toe die boek, “THE LAST WEEK” geskryf deur Marcus Borg en John Dominic Crossan. Ronell raak liries oor die boek, soveel so dat sy haarself beskryf as ‘n “Borg meisie!” Is besondere bewondering vir een of ander teoloog noodwendig verkeerd? Seker nie. Nou wat pla my dan?


Marcus Borg is een van die leidende figure van die sogenaamde Progressiewe Christendom, wat radikaal verskil van die behoudende Evangeliese Christendom. Met Evangeliese Christendom bedoel ons diegene wat vashou aan die kernwaarhede van die historiese Christelike geloof van alle eeue soos sonde en vergifnis, die plaasvervangende en versoenende sterwe van Jesus Christus, redding deur geloof in Jesus as die engste weg tot saligheid en lewe na die dood. Die sogenaamde Progressiewe Christendom gaan ‘n heel ander koers op. Hulle sê dat God in elke godsdiens geken kan word, dat leerstellige waarheid nie belangrik is nie en is meer gesteld op die bevordering van sosiale en politieke sienings as die redding van sondaars! 

Soos te verwagte word die gesag van die Bybel deur hulle ernstig onder verdenking geplaas. Borg beweer: “I let go of the notion that the Bible is a divine product. I learned that it is a human cultural product, the product of two ancient communities, biblical Israel and early Christianity. As such, it contained their understandings and affirmations, not statements coming directly or somewhat directly from God.” Oor Jesus se geboorte en kruisdood het hy die volgende te sê : “Jesus almost certainly was not born of a virgin, did not think of himself as the Son of God, and did not see his purpose as dying for the sins of the world.” Ook word die liggaamlik historiese opstanding van Jesus deur Borg ontken: “I do not think that the gospel stories of Easter require us to think of the resurrection in material physical terms. I see them as parables of the resurrection. Parables are about meaning. They are truth-filled and truthful stories, even as they may not be literally factual.” Borg aanvaar wel die opstanding, maar bloot as ‘n “ervaringsmatige werklikheid.”** Volgens hom beleef Christene Jesus na sy dood as iemand wat die kwaliteite van God het. 

Crossan is net so ver van die waarheid af. Sy siening van die opstanding word onder andere so beskryf : “He proposes that it is historically probable that, like all but one known victim of crucifixion, Jesus' body was scavenged by animals rather than being placed in a tomb.” (n.a.l.v. Jesus: A Revolutionary Biography -1994) Nou is die vraag net, kan sogenaamde teoloë wat al hierdie basiese leerstellings van die Christelike geloof ontken, nog hoegenaamd as Christene beskou word? (Wat sou jou sienings dan moes wees om as ongelowige geklassifiseer te word?) En hoe kan ‘n NG predikant in gloeiende terme oor diesulkes se boeke skryf? Wat verkondig sy dan? Mens wonder...

‘n Mens wonder ook of DIE KERKBODE nog enigsins aanspraak kan maak om ‘n Christelike tydskrif te wees, laat staan nog die amptelike koerant van ‘n kerk wat beweer om die Drie Formuliere van Eenheid te bely. Dwaling word dan nou positief gepropageer. Hoeveel "kerk" is nog oor of het dit dalk bloot 'n "bode" geword, en van wat?***

*My reaksie is bietjie laat, ek weet. Ons gemeente is egter nie ingeteken op DIE KERKBODE nie. Hier kom net so af en toe ‘n gratis promosie eksemplaar aan.

**Lees gerus Adrio König se “DIE EVANGELIE IS OP DIE SPEL” Hierin skryf hy duidelik oor die dwalings onder ons teoloë en die gevolge daarvan vir die kerk.

*** Ja, ek weet in die einste uitgawe van die Kerkbode is 'n inspirerende artikel oor sendingwerk in Papua Nieu-Guinee. Sulke mooi nuus kan egter nie mens se teleurstelling oor die Kerkbode uitkanselleer nie. Een vlieg bederf immers 'n hele bord kos!

KAN ONS IN DIE LIGGAAMLIK HISTORIESE OPSTANDING VAN JESUS GLO? (Kliek op SPOKE EET NIE VIS NIE)


Die sogenaamde Progressiewe Christendom wil soms suggereer dat Evangeliese Christene net bekommerd is oor siele en die hiernamaals. Dis natuurlik nie waar nie. Evangeliese Christene het nog altyd besef dat waar ons die evangelie bring daar ook aan mense se fisiese behoeftes en omstandighede hier en nou aandag gegee moet word. So is ons gemeente tans by die Boesmans op Tsintsabis betrokke deur verkondiging van die Woord, maar ook deur praktiese optrede om nood te help verlig!



22 opmerkings:

  1. BAIE dankie hiervoor Dominee – ek het pas 'n e-pos gestuur aan mede-besorgde lidmate oor sekere dinge wat in die Kerkbode van 5 Desember 2014 staan. Dit is goed dat mens op hoogte bly van wat in die kerk aan die broei is.

    Onder die "Twee konferensies (p 4) word ons weer gepeper met die "missionale" gedagte, en kom die BISKOP Graham Cray, leier van die Fresh Expressions Beweging in Engeland vir ons leer oor "missiologie".

    Op p 9 is daar 'n stuk deur Jaco Strydom "Jesus wou alles omkeer". Kyk wie haal hy aan en noem hy daar as voorbeelde ( Jesus was glo "soos Siddhartha Gautama") - eintlik Boeddha! Lees hier: http://www.ancient.eu/Siddhartha_Gautama/

    Dan verwys hy na Alan Roxburgh ( een van die bekendste Emergents) en Richard Rohr (hy is 'n Franciskaanse priester bekend vir sy misticisme en labarinte ).

    Ek was nie eers lus om die Kerkbode verder te lees nie!

    Die woord "missionaal" en verwante terme laat rooi ligte by my opgaan. Dit is duidelik in die nuutste Kerkbode en vir 'n geruime tyd nou al dat daar 'n sterk skuif in die "emergent" rigting is, soos hierbo verwys na Jaco Strydom se artikel in die laaste Kerkbode en na wie hy daar verwys.

    Die term "missionaal" en die Emergent Church ( EC) is tweelingbroers, of in sommige gevalle selfs 'n Siamese tweeling. Mens sien dit in hoe die EC die term “missional” sien. Hier is goeie inligting:

    http://www.svchapel.org/resources/articles/21-church-trends/506-the-emerging-church-part-3

    Hieruit blyk dat hulle nie meer die bring van die evangelie ( die bring van die ou-ou Tyding van verlossing) as belangrik sien nie, maar meer ‘n tipe social gospel:

    “Since the emergent church sees the gospel not merely as the redemption of lost souls but also as the restoration of the planet and salvation from man’s inhumanity to man, they comprehend their task as Christians differently from that of most evangelicals. They call it “missional”.”

    Hierdie stukkie kom uit ‘n boek van Bob DeWaay oor hoe die EC “missionary” of “missional” verstaan :

    “According to Emergent thinking, being missional means following the journey wherever it leads as long as it corrects society’s evils. In their view, missional is more like the opposite of apathy; it is zeal to right the wrongs of society. Because the eschatological end of the journey is assured for everyone, the path the journey takes doesn’t matter much. One mission to fight social evil is as good as another; what matters most is that we are missional together.”

    In verband met Jaco Strydom se verwysing na Richard Rohr wat 'n voorstander is van 'n spiritualiteit wat vreemd is aan die NGK - hier is 'n definisie van "Contemplative Spirituality" :

    "A belief system that uses ancient mystical practices to induce altered states of consciousness (the silence) and is rooted in mysticism and the occult but often wrapped in Christian terminology. The premise of contemplative spirituality is pantheistic (God is all) and panentheistic (God is in all). Common terms used for this movement are "spiritual formation," "the silence," "the stillness," "ancient-wisdom," "spiritual disciplines," and many others."

    AntwoordVee uit
  2. Baie dankie vir jou bydrae. Ek het die KB waarna jy verwys nie onder oë gehad nie, maar wat jy sê onderstreep net die redes tot ontsteltenis nog verder...

    Al hierdie dinge laat my net meer die kosbaarheid en uniekheid van die kruisevangelie besef...

    groete
    Johannes

    AntwoordVee uit
  3. Ek het 'n klomp jare gelede met D.A. Carson, die bekende Nuwe Testamenticus, gepraat oor John Dominic Crossan. Carson se kommentaar was dat Crossan so ver links is jy't 'n verkeker nodig om hom te sien. Selfs die liberale beskou hom as ekstreem! Crossan is hoegenaamd nie 'n Christen nie, en met sy publikasies wil hy die mees basiese waarhede van die Bybel en van ons geloof afbreek. Ons behoort hom glad nie te duld nie!

    Bruce Button

    AntwoordVee uit
  4. Ek het 'n skerp reaksie van Neels Jackson van DIE KERKBODE ontvaang, waarin hy dit van my verwag om die Blogpost te verwyder en 'n verskonig te plaas.

    Ek het soos volg gereageer :

    Beste Neels

    Baie dankie dat jy die moeite gedoen het om teenoor my, ‘n eenvoudige dominee op die platteland te reageer. Ek beskou jou as ‘n goeie joernalis, al sou ek nie altyd met jou inhoudelike beklemtonings saamstem nie.

    Broer Neels, die laaste paragraaf (wat ek toegee skerp gestel is) moet teen die agtergrond van die reaksie as geheel gelees word. Die resensent is buitengewoon positief oor Borg, soveel so dat sy haarself as ‘n “Borg meisie” tipeer en haar positiewe waardering by implikasie vir “al sy boeke” laat deurskemer. Onthou ook asseblief dat Die Kerkbode nie ‘n teologiese vaktydskrif is nie, maar die kerk se koerant vir gewone lidmate. As ‘n resensent haar in gloeiende positiewe terme uitspreek oor Borg se boek(e) dink jy nie tog eerlik, Neels dat die gemiddelde lidmaat die (gevaarlike) gevolgtrekking sou kon maak dat hierdie man se teologie in geheel suiwer en opbouend is nie? Is dit dan nie positiewe propagering van dwaling nie? Dis mos tog nou ook nie so dat Borg (en ek weet jy weet dit baie goed) net so effens hier en daar van ons Gereformeerde waarhede verskil nie. (Selfs die resensent het die duidelike aanvoeling en het dit by kollegas verneem, dat sy teologie “vrydenkend” is.) Die hele koers van sy denke, Neels is teen dit wat evangeliese Christene glo. Die gevare van sy (en ander) se liberale denke is mos onder meer deur ‘n bekwame teoloog soos Adrio König duidelik uitgewys.

    Neels, ons moet altyd oop vir oortuiging wees, maar ek voel dis reg om op te staan vir die waarheid en dis nodig om dit ‘n slag hard en duidelik te sê. Ek is nie ‘n eng persoon wat dink ons moet oor elke i se dotjie en t se kruisie saamstem nie, maar as dwaalleraars wat die liggaamlik opstanding van Jesus ontken se standpunte deur ons amptelike kerkblad(al is dit dan baie subtiel) bevorder word, gaan ek nie stilbly nie! As ek hieroor moet pak kry dan sal ek maar die pak vat!

    Vriendelike groete (en steeds oop vir gesprek)
    Johannes de Koning

    AntwoordVee uit
  5. Ek het groot waardering daarvoor dat u voet by stuk hou en nie hierdie plasing verwyder nie Dominee. Dis nie maklik om stroomop te swem nie. Hier is meer oor die Emergent-teologie en hoe dit besig is om die NGK te beïnvloed:

    http://hierstaanek.com/emergent-teologie-demoniese-rysmierdwaling-in-die-ng-kerk/

    AntwoordVee uit
  6. Johannes,
    Ek ondersteun jou volmondig! Ek het na die Algemene Sinode 'n artikel geskryf waarin ek gesê het die NG Kerk het sy liefde vir die waarheid vaarwel geroep: http://www.glodiebybel.co.za/index.php/geloofskwessies-m/55-ng-kerk-kat/781-die-ng-kerk-het-sy-liefde-vir-die-waarheid-vaarwel-geroep.html
    Te oordeel aan besluite by die afgelope Algemene Sinode is daar geen wil by die leierskap van die NG Kerk om op se staan vir die waarheid nie.
    Neels sal die werklikheid in die oë moet kyk dat die Kerkbode onder sy leiding besig is om verder uit te bou aan die teologiese doolhof waarin die NG Kerk hom nou bevind.
    Dit is harde woorde, maar dis ongelukkig die harde werklikheid.
    Jan Louw

    AntwoordVee uit
  7. “No person in history has provoked as much study, criticism, prejudice, or devotion as Jesus of Nazareth. In the theologian’s laboratory, Jesus is treated like a chameleon; He is forced to adapt to the backdrop painted by the theologian. The nineteenth-century liberals found a “liberal” Jesus; the existentialists found an existential hero; and the Marxists discovered a political revolutionary. Idealists found an idealistic Jesus and pragmatists discovered a pragmatic Christ. Then there is the scissors-and-paste Jesus. The things they see as unnecessary extras are excised by the scissors. It seems so scientific, but it is all done with mirrors. The magician’s art leaves us with an obscured Jesus. The scissors-and-paste method suffers from the problem of determining in advance what is authentic and what is myth in the biblical portrait of Jesus. The Christ we believe, the Christ we trust, must be true if we are to be redeemed. A false Christ or a substitute Christ cannot redeem. Ultimately our faith stands or falls with the biblical Jesus.” ~RC Sproul

    AntwoordVee uit
  8. “We need Christ—the real Christ. A Christ born of empty speculation or created to squeeze into the philosopher’s pattern simply won’t do. A recycled Christ, a Christ of compromise, can redeem no one. A Christ watered down, stripped of power, debased of glory, reduced to a symbol, or made impotent by scholarly surgery is not Christ but Antichrist.” ~RC Sproul

    AntwoordVee uit
  9. Johannes moet dit asb nie verwyder nie. Dit is 'n ou laai van die Kerkbode om net te publiseer waarvan hulle van hou en glo, en nie die standpunte wat van hulle verskil nie. Hiervan kan die NGKA getuig. Ek dink dit is ook wat gebeur in die sirkus rondom Belhar. Dit is uiters arrogant om te vra dat jy dit van jou blok moet vewyder. Sal NJ dinge uit die Kerkbode laat waarvan ek bv nie hou nie. Gerrie Lamprecht

    AntwoordVee uit
    Antwoorde
    1. Gerrie , baie dankie vir die bemoediging! Bloot om weer van jou te hoor, maak sommer my dag! Ek sal dit beslis nie verwyder nie, want dit sal dan vir my daarip neerkom dat ek die evangelie van die Gekruisigde en Opgestane Christus verloën. (die evangelie wat deur Borg en Crossan ontken en verdraai word)

      Groete
      Johannes

      NS Stuur 'n slag vir my 'n e-pos en vertel bietjie hoe dit met jou gaan en wat jy nog alles maak...

      Vee uit
    2. Beste Johannes,
      Dankie vir jou aanvanklike reaksie op die resensie in die Kerkbode en ook dat jy die waarheid onverskrokke verdedig. In die proses laat val jy ook 'n bietjie lig op die olifant in die kamer wat sinodes in die N G Kerk verkies om mis te kyk, en dit is die hele probleem van getrouheid aan die blydenis van ons kerk. Hoe op aarde is dit moontlik dat 'n persoon gelegitimeer kan word as leraar terwyl die Bybelse Evangelie van verlossing uit genade soos in ons Belydenisskrifte verwoord, glad in sy of haar denke funksioneer nie?

      Die vraag is: funksioneer die Woord en die belydenis nog enigsins in die kerk? Dankie dat jy in wat jy sê, wys hoe standpunte beoordeel moet word.

      Die redakteur van die Kerkbode sal die kerk en die Here se Koninkryk dien as hy jou reaksie hierbo net so publiseer.

      Vee uit
  10. Johannes, ja ek kan ook maar net amen se op wat jy geskryf het en die antwoorde wat daarop verskyn het. Jy moet dit nie verwyder nie. Hou so aan!!!

    Groete
    Boeta

    AntwoordVee uit
  11. Johannes, dankie vir jou getroue verdediging van die evangelie! Dit bou almal wat dit lees op om óf self te staan óf om weer te dink oor die rigting wat ons inslaan. Mag die Here dit gebruik om oë te open en siele te red/terug te ruk van die vuur!

    Seën vir julle!

    Jimmy Meyer

    AntwoordVee uit
    Antwoorde
    1. Dankie Jimme vir die ondersteuning! Mag God ons staande hou! En Hy sal...

      Vee uit
  12. "Woe to those who call evil good, and good evil, who put darkness for light, and light for darkness.... " (Is. 5:20). "Beloved.... I found it necessary to write to you exhorting you to contend earnestly for the faith, which was once for all delivered to the saints. For certain men have crept in unnoticed...... who turn the grace of God into lewdness, and deny the only Lord God and our Lord Jesus Christ" (jude 3,4)

    Miskien is Kerkbode 'n bode vir die Gnostiek. Gewis nie vir die leer van Jesus en die apostels nie. Mag hulle weer word wat hulle veronderstel was om te wees. Sterk staan broer. Die profete voor jou is veel erger beswadder. Die apostels het met hulle lewens betaal. Die Here Jesus het jou 'n kroon beloof! Stry die goeie stryd, Die Kerkbode sal wel weer die goeie lig sien, danksy die getroue getuienis van Christene. Christo

    AntwoordVee uit
    Antwoorde
    1. Dankie Christo vir die ondersteuning daar vanuit Kanada. Dis kosbaar vir my.

      Vee uit
  13. Groot dankie vir die inligting en ontbloting van sulke dwaling, en dat jy sterk staan Johannes. Dit is nou ontstelling om die dinge te lees. 'n Paar jaar gelede het ek van Borg en Crossan gehoor en toe besef hulle is heeltemal buite die kraal van enige Bybelgetroue kerk - en sowaar nou word hulle hier in ons eie Kerkbode aangeprys en gepropageer. Van hulle goed is lynreg teenoor wat ons nog altyd geglo het. Hoe op aarde sou dit so kon ontwikkel? Waar is die onderskeidingsvermoeë van diegene wat ons moet lei? Is daar dan geen toesig en (liefdes)tug meer in die NG Kerk nie?

    En aangaande die plasing van die resensie - is dit nou maar maar slegs net Ronell se eie ding of is dit 'n berekende en beplande ding as nog 'n (strategiee stappie om die NG Kerk in die rigting van dwaal- en/of liberale teologie te dryf? Of is dit dalk weer net 'n duiwelsadvokaat speletjie soos sommige akademici soms die gewoonte het om die kat in die hoederhok te gooi met die doel om reaksie te ontlok en aandag te geniet?

    Mens hoor van tyd tot tyd dat die kwessie van skeuring wat in die NG Kerk kan kom - en ek reken dat as sulke dwaalleer almeer aanvaar en verkondig gaan word dit verseker aanleiding gaan gee tot onenigheid en dan ook 'n skeuring; of ten minste dan 'n wegbreek van diegene wat sulke dwaalleer verwerp.
    En dit kan dan 'n uiteindelik 'n groot prys en opoffering van sulke protesterende lidmate en veral leraars en kerkamptenare verg wat deur die NG Kerk betaal word en waar hulle tot 'n pesioenfonds bydra. Mag die Here ons maar net baie genadig wees - ook deur die kerk te suiwer van valshede en skyngodsdiens.

    AntwoordVee uit

Jy is welkom om kommentaar te lewer. Hou dit kort, beleef en op die punt af.
As jy nie iewers geregistreer is nie, gebruik die anonymous opsie.