- teleurgesteld met WEG tydskrif.
Ek was teleurgesteld met die onlangse uitgawe van die Afrikaanse reistydskrif WEG en het dit my Christelike plig geag om die onderstaande brief aan die redakteur Barnie Louw te stuur.
Geagte Redakteur
WEGdwaal
WEG was nog altyd ‘n welkome
tydskrif in ons gesin, een van die weinig Afrikaanse publikasies wat mens met
‘n geruste hart met jou kinders kon deel. Juis daarom is ons baie teleurgesteld
met die artikel van Erns Grundling, “Die kus vir vrygeeste” wat oor ‘n
klomp immorele hippies handel. Dit wil amper voorkom asof WEG nou ook op die wa van
die gay agenda wil klim... Nee wat, hierdie soort gemors hoort in die
HUISGENOOT. Ons stel beslis nie belang in die doen en late van ‘n
Amerikaanse lesbiese egpaar of in Dekker se dekadente slaapkamerstories
nie!
Ons hoop WEG kom weer op
koers na hierdie WEGdwaal.
Groete
Johannes de Koning
(foto - WEG)
TERUGVOER :
Tot Barnie se krediet, ek het bykans onmiddellik die volgende terugvoer van hom ontvang.
Beste Johannes
Baie dankie vir die terugvoer en dat jy ons op die tone hou. Ek hoor
graag weer van jou as jy meen ons raak die pad byster.
Groetnis
Barnie
Dankie Johannes vir jou brief aan WEG, en dankie aan Barnie vir sy reaksie. Kom ons hoop en vertrou dat dit die eerste en die laaste verdwaling was van WEG.
AntwoordVee uitDankie. Stem saam. Hoop WEG bly reg, dis 'n baie goeie tydskrif.
Vee uit