BAIE WELKOM!

Deel in die ryk seëninge uit God se WOORD! Dit sal ook lekker wees om van jou te hoor! Neem dus vrymoedigheid om kommentaar te lewer (by OPMERKINGS), maar doen dit asseblief altyd op 'n smaakvolle en verantwoordbare manier. Onbeheerste galbrakery sal nie geplaas word nie... Die opinies hier uitgespreek is my eie tensy duidelik anders vermeld. Hierdie webjoernaal is nie 'n amptelike spreekbuis van die NG Kerk in Namibië of die Tsumeb gemeente nie.

Woensdag 21 Mei 2014

Van WEG na WEGdwaal?

- teleurgesteld met WEG tydskrif.

Ek was teleurgesteld met die onlangse uitgawe van die Afrikaanse reistydskrif WEG en het dit my Christelike plig geag om die onderstaande brief aan die redakteur Barnie Louw  te stuur.

Geagte Redakteur

WEGdwaal

WEG was nog altyd ‘n welkome tydskrif in ons gesin, een van die weinig Afrikaanse publikasies wat mens met ‘n geruste hart met jou kinders kon deel. Juis daarom is ons baie teleurgesteld met die artikel van Erns Grundling, “Die kus vir vrygeeste” wat oor ‘n klomp immorele hippies handel. Dit wil amper voorkom asof WEG nou ook op die wa van die gay agenda wil klim... Nee wat, hierdie soort gemors hoort in die HUISGENOOT.   Ons stel beslis nie belang in die doen en late van ‘n Amerikaanse lesbiese egpaar  of in Dekker se dekadente slaapkamerstories nie!

Ons hoop WEG kom weer op koers na hierdie WEGdwaal.

Groete

Johannes de Koning



(foto - WEG)

TERUGVOER :

Tot Barnie se krediet, ek het bykans onmiddellik die volgende terugvoer van hom ontvang.

Beste Johannes

Baie dankie vir die terugvoer en dat jy ons op die tone hou. Ek hoor graag weer van jou as jy meen ons raak die pad byster.

Groetnis

Barnie

2 opmerkings:

  1. Dankie Johannes vir jou brief aan WEG, en dankie aan Barnie vir sy reaksie. Kom ons hoop en vertrou dat dit die eerste en die laaste verdwaling was van WEG.

    AntwoordVee uit
    Antwoorde
    1. Dankie. Stem saam. Hoop WEG bly reg, dis 'n baie goeie tydskrif.

      Vee uit

Jy is welkom om kommentaar te lewer. Hou dit kort, beleef en op die punt af.
As jy nie iewers geregistreer is nie, gebruik die anonymous opsie.